Sb 3

Skrifberyming 3

1.  Neem nou maar, Heer, u kneg
na u belofte weg,
en laat hom gaan in vrede -
nou hy die saalge dag,
so lank deur hom verwag,
gesien het op sy bede.

2.  'n Lig het opgegaan,
'n helder stralebaan
skiet deur die donker wolke.
Dit is Immanuel,
die Vors van Israel,
die Lig van alle volke.