Kontakte

Die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika strewe na eenheid in leer, diens en tug met die kerke elders in die wêreld wat die kenmerke van die ware kerk (soos aangedui in Art.29 van die Nederlandse Geloofsbelydenis) nie net op papier handhaaf nie, maar ook in die praktyk van die kerklike lewe vertoon. Daar is susterkerk verhoudings met:

Na 2017 was daar slegs ‘n beperkte susterkerkverhouding met die GKv. Sinode Belhar 2021 van die VGKSA het die volgende besluite geneem oor die verhouding:

  1. Dat die GKv deur die besluite van die Sinode Goes 2020 oor die vrou in die amp en die eenwording met die Nederlands Gereformeerde Kerke van die Woord van God afgewyk en die gesag daarvan ondermyn het.
  2. Hierdie besluite van die GKv sinodes gee voldoende gronde om die susterkerkverhouding te verbreek (in lyn met Sinode Soshanguve Noord 2017, art 44).
  3. Om terwille van die plaaslike kerke en lidmate in die GKv wat besware teen die besluite van die Sinodes Meppel en Goes het, die beperkte susterkerk-verhouding voort te sit ooreenkomstig Sinode Soshanguve-Noord 2017, art 44.17.
  4. Op die VGKSA Sinode 2024 sal ‘n finale besluit geneem word, alternatiewelik sal die susterkerkverhouding beëindig word wanneer die GKv met die NGK verenig, welke ook al eerste kom.
  5. Hoewel die reëls vir susterkerk-verhoudings dit nie toelaat nie, gee Sinode aan Deputate die opdrag om met bekommerde gemeentes en lidmate wat besware teen die besluite van GKv sinodes het, in verbinding te tree met die doel om die pad vorentoe te bespreek

Die Vrye Gereformeerde Kerke is ook lid van die International Conference of Reformed Churches (ICRC), waarvan tientalle gereformeerde kerke van dwars oor die wêreld lede is. Hierdie Internasionale Konferensie is in die lewe geroep deur kerke wat geen moontlikheid (meer) gesien het om lid te wees van die Gereformeerde Ekumeniese Raad (GER) nie. Broederlike kontakte word onderhou met die ICRC lidmate, spesifiek met: