Sb 10

Skrifberyming 10

1.  Wie kan ons voor die regter daag?
Gods uitverkore kind verklaag?
Waar is die mond wat durf verdoem
as God sy kind regverdig noem?

2.  Dis Christus wat die skuld wou dra,
die dood vir ons gesterf het, ja,
wat, opgewek, in glorie sit
en altyddeur vir ons wil bid.

3.  Wie sal ons, van die skuldstraf vry,
van Christus en sy liefde skei?
Verdrukking of vervolgingsnag?
Benoudheid wat ons hier nog wag?

4.  Of honger, naaktheid of gevaar?
Die swaard van die geweldenaar?
(As skape word ons nou geag,
klaar vir die mes wat ons wil slag!)

5.  Maar nee, ons sal oorwinnaars bly
deur Hom vir wie ons leef en ly.
Ja 'k weet gewis, geen lewe of dood,
geen eng'lemag, bo-menslik groot,

6.  geen skepsel in die skepping wyd,
geen ding in tyd of ewigheid -
niks kan ons van Gods liefde skei
wat ewig-vas in Christus bly.