Sb 14

Skrifberyming 14

1.  "Water sal ek op hul sprinkel,
water uit 'n springfontein".
En van alle onreinighede
was die HEER sy volk dan rein.
"Nuwe harte gee 'k aan julle,
en Ek gee 'n nuwe gees;
'k sal die hart van klip verwyder,
aan jul gee 'n hart van vlees.

2.  "'k Gee my Heil'ge Gees aan julle,
wat die krag verleen en trou
om te wandel in my weë
en my wet te onderhou.
En jul sal die land van seën
deur my seën weer verkry
waar 'k 'n God sal wees vir julle,
jul 'n volk sal wees vir My."