Sondag 2

3.  Vraag: Waaruit ken jy jou ellende?

Antwoord: Uit die wet van God (a).

    (a)Rom 3:20.
 

4.  Vraag: Wat eis die wet van God van ons?

Antwoord: Dit leer Christus ons samevattend in Matteus 22:37-40: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelyk staan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete (a).

    (a)Deut 6:5; Lev 19:18; Mark 12:30; Luk 10:27
 

5.  Vraag: Kan jy dit alles ten volle nakom?

Antwoord: Nee (a), want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat (b).

    (a)Rom 3:10, 20, 23;1 Joh 1:8, 10. (b) Rom 8:7; 2:3; Tit 3:3; Gen 6:5; 8:21; Jer 17:9; Rom 7:23.