Die skok van die eeu is pragtige nuus!

Predikant: 
Ds DM Boersma
Gemeente: 
Pretoria
Datum: 
2022-04-17
Teks: 
Markus 16:6-8
Preek Inhoud: 

Inleiding

Wat is mooi aan die dag van Jesus se opstanding?
•    ’n Engel het verskyn!
•    Die graf was leeg!
•    Jesus het self verskyn. Die dissipels kon hom self aanraak.
Vir ons is dit ’n feestelike dag. Ons wens mekaar ’n vrolike of geseënde paasfees.
Daar is enkel blydskap omdat Jesus leef!

Wat dink jy: die mense wat altyd by Jesus was, het seker ook dadelik opgewek gekyk en hulle was natuurlik entoesiasties: ‘Jesus is nie meer in die graf nie! Geweldig, hy het opgestaan. Hy leef!’

Ons het die geskiedenis gelees van drie vroue wat eerste by die graf gekom het. Hulle het die graf leeg gevind. Was hulle bly?

Nee, hulle het geskrik! Hulle was bang.
Maar hoekom?
Gelukkig was hulle verwarring en angs maar tydelik.
Ons mag feesvier vandag. Jesus het regtig opgestaan!

Tema:    Die skok van die eeu is pragtige nuus!

1 -    ’n skokkende dag.
2 -    die reddingsmissie gaan voort.

1    ’n skokkende dag

1.1    Na die haastige begrafnis

Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme was ook by die kruisiging aanwesig.
Hulle het van ver af by die kruis gestaan en kyk; die vroue was die enigste volgelinge wat gedurf het om daar op te daag (Markus 15:40)
In vers 47 het hulle gesien waar Josef Jesus se liggaam gelê het. 

Sodra die sabbat dit toelaat, is hulle op pad.
Daarom gaan hulle na die graf toe om speserye oor die doeke wat om Jesus se liggaam gedraai is, te smeer. Dit sou die ontbindingsgeure van die liggaam wegsteek.

1.2    backhanded nuus: die opstanding het reeds plaasgevind

Maar selfs die eerste besoekers was het nie vroeg genoeg opgestaan om die opstanding van Jesus mee te maak nie!
Jesus het reeds by dagbreek opgestaan. 

Opvallend: die gebeure van die opstanding self word nie vertel nie.
Dit het al klaar gebeur!
Die evangelieë beskryf hoe die mense daarop reageer en hoe hulle terugkyk op die unieke, wêreldveranderende daad van God.
Jesus het by die heel eerste begin van die derde dag opgestaan. Niemand was daar om getuie te wees van daardie gebeure nie, maar die vroue sien die gevolge: die leë graf in die rots. Die steen is weggerol om die volgelinge van Jesus te wys dat die graf leeg was.
En God het ’n engel gestuur wat vir hulle vertel wat gebeur het.

Julle soek Jesus die Nasaréner wat gekruisig is. Hy het opgestaan. Hy is nie hier nie. Dáár is die plek waar hulle Hom neergelê het.

Die engel lig die vroue in as a matter of fact.
Jy kan dit amper ’n understatement noem.
Die grootheid, die uniekheid van die opstanding blyk nie uit die woorde van die engel nie. Hy noem net die feite.
Hy sê eintlik: natuurlik is hy nie hier nie: hy het opgestaan. Hy is nou weer deel van die land van die lewendes, nie die dooies nie.
Julle is te laat. Kyk maar, die graf is leeg.
En dit is die bewys dat hy opgestaan het en weer leef!

Die impak moes nog deurdring. Dit sal later gebeur: deur die verskynings van Jesus later op die dag, en nóg later gaan die apostels die volle betekenis verstaan en vir ons neerskryf in die res van die NT.

1.3    Verskrik: hoekom?

In hierdie eerste verse beklemtoon Markus dat die 3 vroue (Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Jakobus, en Salóme) geweldig geskok was deur wat hulle sien en hoor.
Markus gebruik wel vier verskillende woorde:
•    Hulle was ontsteld,
•    Hulle het gebewe en was vol verwondering (of selfs ontsetting?).
•    En hulle was bang.
Ons vertaling gebruik baie sterk emosionele woorde: bewing en ontsetting het hulle aangegryp”, “hulle het gevrees.”

Die eerste woord ‘ontsteld’ gebruik Markus net 3 maal.
Eerder reeds in Mk9,14: menigte is baie verbaas wanneer Jesus opdaag na die verheerliking op die berg.
En in Mk14,33: Jesus in Getsemané: Ontsteld en benoud.

Al hierdie woorde beskryf dus baie sterk emosies: hulle was geskok, ontsteld, en bang.

Hoekom?
Dit was natuurlik in die eerste plek ’n skok dat hulle die liggaam van Jesus verwag het maar nie daar gevind het nie. 
Onthou: hulle het met hul eie oë gesien waar Josef die liggaam van Jesus gelê het (hs 15,47). En daardie eienste plek is nou ... leeg! Jesus se liggaam is weg!
Wat het met sy liggaam gebeur?!

En dan is daar die engel.
In die plek van die lyk van Jesus sien hulle ’n lewende persoon. Dit is duidelik ’n engel!

Om ’n engel te ontmoet is skrikwekkend. Hulle bring iets van die hemelse heerlikheid op aarde. 
Hulle is dienaars van die almagtige God, en verteenwoordig hom.
Telkens wanneer engele aan gelowiges verskyn, stel hulle die mense gerus. Bv Gabriël het dit gedoen toe hy met Maria praat.
Hierdie engel sê ook: 
   Moenie verskrik wees nie. 

Maar dit lyk nie asof dit help nie. Die vroue is teveel geskok, deurmekaar.
Angs en ontsetting oorheers by die eerste getuies van die opstanding.

Hulle het huis toe gegaan om vir die ander dissipels Jesus se boodskap te gaan vertel. Oppad huis toe het hulle deur die stad gestap. Het hulle die opwindende nuus van Jesus se opstanding vir die hele stad vertel?
Nee, hulle het met niemand gepraat nie!
Hulle was oorweldig, verbyster!

Daarom gaan die hoofstuk aan na vers 8. 
Markus vertel vir ons wat Jesus self die res van die dag gedoen het.

Markus vertel die verhaal nogmaals vanaf vers 9: 
wat Jesus self gedurende die res van die dag gedoen het.
Hy het aan Maria Magdaléna verskyn. Daarna meermale aan die dissipels, om hulle te wys dat hy regtig weer lewend is en dat die vroue die waarheid gepraat het.

Dis hoe verrassend en skokkend die opstanding van ons Heer Jesus was.
Hoewel Jesus dit vir hulle aangekondig het, het die werklikheid van die opstanding hulle oorrompel.

Daar is mense wat die reaksies van Jesus se volgelinge beskou as bewyse vir die outentisiteit van die opstandingsverhale. Ek dink hulle is reg. 
Die verslag van hoe hulle gereageer het, laat hulle nie mooi lyk nie. As die opstanding hul eie versinsel was gewees, sou hulle natuurlik hulself ’n mooier rol toebedeel het.
Ek dink dit is reg, maar die teks sê dit nie vir ons nie.
Daar is wel iets anders wat belangrik is en uit die teks afgelei kan word.
Markus het die prediking van Petrus neergeskryf. En Petrus was na die vroue een van die eerste persone wat dieselfde dinge gesien het.
Die woorde wat hy gebruik wys dus hoe geskok die vroue was.

Dit laat ons besef hoe uniek en skokkend die opstanding was.
Jesus het dit vooraf aangekondig. Dit was ook in die profeteboeke geskryf.
Maar nog steeds, toe dit daadwerklik gebeur en Jesus se volgelinge met die werklikheid van die opstanding van hul Heer gekonfronteer is, was dit te wonderlik vir hulle. 

Die krag van aardbewings word met die Richterskaal van 1-9 beskryf.
Die opstanding sou ’n 12 of 20 wees: dit oortref alles! Die meetapparatuur kan dit nie hanteer nie, dit sou ontplof!

Jesus skakel die vroue in om die opstanding bekend te maak.
Hulle hoor nie net nie, maar Maria Magdalena sien Jesus met haar eie oë. Sy was ’n betroubare getuie, omdat Jesus haar van die oorheersing van 7 duiwele bevry het.

In hierdie verse beskryf Markus die skok en ontsteltenis baie sterk. Die vroue wat Jesus as sy getuies stuur, was só deur angs en ontsteltenis oormeester dat hulle sonder ’n woord deur die stad geloop het om die dissipels te gaan vertel.

2    Missie

Wat is die boodskap?
“… gaan sê vir sy dissipels en vir Petrus dat Hy voor julle uit gaan na Galiléa. Daar sal julle Hom sien soos Hy vir julle gesê het.”
Om te verstaan hoekom Jesus die vroue met hierdie boodskap na die ander dissipels toe stuur, moet ons terugblaai en daardie gedeelte in hs 14 lees.

2.1    “soos hy gesê het”

Jesus het op die laaste aand voor sy dood die paasmaaltyd saam met die 12 dissipels gevier. Op daardie moment het hy gesê: (Markus 14:27–30)
“Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My; want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape sal verstrooi word.”
Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.
En Petrus sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot neem, dan tog nie ek nie.
Daarop sê Jesus vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag, in hierdie nag, voordat die haan twee maal gekraai het, sal jy My drie maal verloën.”

Hoor jy?
- Petrus reageer net op die eerste woorde ‘Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My.” en hy beweer dan dat hy Jesus nooit sal verloën nie.
- Maar Jesus het meer gesê: “Ek sal die herder slaan, en die skape sal verstrooi word. Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.”

Daardie woorde oor sy lyding en opstanding het hulle dalk nie mooi gehoor nie, en in elk geval nie verstaan nie.
En nou stuur Jesus die vroue om vir hulle te herinner.
Onthou, net die 12 dissipels het hierdie woorde toe gehoor.
Niemand anders het hierdie inligting gehad nie. 
Dit was dus ’n bewys dat hierdie boodskap regtig van Jesus afkomstig was, en dat hy regtig opgestaan het!

Die manlike dissipels het almal gevlug (14,50) en Petrus het na sy bravado tog Jesus gelos en verloën, uit angs om sy lewe te verloor.
Maar presies hierdie drie vroue, Maria Magdelena, Maria die moeder van Jakobus, en Salome, het Jesus gevolg tot by die kruis, en het van ‘n afstand toegekyk (15,40).
Hulle word nou die getuies en aankondigers van die opstanding.

2.2    Galilea

En dan die inhoud van die boodskap: ‘verlaat Jerusalem, gaan Galilea toe. Jesus gaan julle voor.’
Maar later op die dag is hulle steeds in die stad. Jesus verskyn eers aan hulle in Jerusalem.
Die bedoeling is dat hulle teruggaan na die gebied waar Jesus met hulle begin het.
Uiteindelik gaan hulle soontoe, en hulle ontmoet Jesus daar.
Dis letterlik wat hy vir hulle geprofeteer het in 14,28: 
Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan.

En wat maak hy daar?
Gedurende 40 dae leer hulle alles wat hulle oor sy koninkryk moet weet.

Hier ontdek ons in die eerste deel van hs 16 die troos en blydskap van Jesus se opstanding.
Jesus gaan voort met sy mission op aarde, dadelik nadat hy opgestaan het.

Sy koninkryk is seker! Hy het ons vrygekoop met sy dood en ons oorgebring na die koninkryk van die lig.
Dit gaan oor sy koninkryk.
En die hele wêreld is sy teiken. Hy stuur die dissipels uit om die koninkryk orals te verkondig.

So is Jesus se missie op aarde voltooi.
Markus het in hoofstuk 1:1 gesê: 
Die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God, begin só.
Johannes het hom aangekondig.
God die Vader het hom sy goedkeuring gegee.
God die Heilige Gees het hom aangegryp en in hom kom woon.

En dit alles loop uit op die kruisiging en opstanding, en dit alles, die hele evangelieboodskap, word steeds op aarde bekengemaak:
“Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word; wie nie glo nie, sal veroordeel word.”
Almal moet die goeie nuus hoor!

Die boodskap is dat die gesalfde van God gekom het.
Daar is redding!

2.3    Jesus: God met ons!

En Jesus word wel opgeneem na die hemele, maar na sy hemelvaart gee hy sy Gees vir die disspels, en hulle gaan oral naartoe.
Die ontmoeting van Jesus met sy dissipels was nie die enigste en nie die laaste een gewees nie.
Die liggaamlike ontmoeting in Galilea gaan aan in alle christelike gemeenskappe / kerke: “Ek is met julle, tot aan die voleinding vd wêreld.”

Die kerk van Christus moet in beweging bly met daardie evangelie. 
En teselfdertyd ontvang ons die voorreg en die rus van Jesus se aanwesigheid.

Die opgestane Heer is dus by ons.
Inderdaad: God met ons!

Amen

Liturgie: 

Markus 16,6-8