God het jou vrygemaak om sy dienaar te wees.

Predikant: 
Ds DM Boersma
Gemeente: 
Pretoria
Datum: 
2021-09-26
Teks: 
Efésiërs 2: 10
Preek Inhoud: 

Doel:

-    Om te verstaan dat lewensvernuwing (goeie werke) volledig deel is van die geskenk van die verlossing wat God in Christus en deur sy Gees vir ons gee.
-    Om die kontras met die sondige lewenswandel raak te sien
-    jy word aangemoedig om op met vreugde die pad van die nuwe lewe te stap.

Bybelgedeelte:

    Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke
    wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel. 

Inleiding:

Hoe verander mense en gaan ons die goeie doen?
Hoe spoor ons mekaar aan?
Hoe kan ons mekaar aanspoor om in die kerk aktief te wees en om in ons daaglikse lewe goeie keuses te maak?

Baie predikers het ’n oplossing:
God het soveel vir jou gedoen, nou moet jy dit beantwoord en jou kant bring!
En dan volg instruksies, gebooie, veroordelings vir ‘n heilige lewe.
Hulle dink die Bybel ondersteun dit: daar is mos baie instruksies in die Bybel wat sê: ‘Moenie hierdie sonde doen nie!’ Of: ‘Streef hierdie deug na!’

Baie mense probeer die gebooie uitvoer omdat hulle skuldig voel: ‘ek doen nie genoeg nie. Môre maar weer probeer, en meer moeite doen!’

Hierdie denkwyse veroorsaak dat mense gedrewe wor deur pligsbesef en skuldgevoel. Ek moet iets terugdoen vir God!
Is dit dalk hoe jy dink? Is dit jou motivering?

‘n Ander verwerp dit en sê: ‘Nee, dit klink te negatief. Daar is ‘n beter motivering om in die kerk aktief te wees: dit is mos goed vir jou! Hulle roep mense op: ‘Kom met jou hele gesin kerk toe - ons het vir elke ouderdomsgroep ’n programma. Vir jou kinders is daar engaging bybelklub, hier vind hulle goeie vriende en voorbeelde! 
Ons gee vir jou preke wat jou help om jou daaglikse uitdagings te kan hanteer en om ’n goeie lewe te leef. 
So ’n kerk is aantreklik vir mense en baie vind dat die kerk relevant vir hulle is.
Die christelike lewe is ’n betere lewe. Dit is ’n vervullende en opwindende manier van lewe! Jy wil tog nie dit misloop nie?

Wat is die motief wat hierdie mense dryf? Hulle motiveer mense deur in hulle behoeftes te voorsien.

Beide benaderings maak gebruik van brokkies waarhede uit die Bybel, en klink aannemelik.
- Ja, dit is inderdaad goed vir jou om deel van ’n gemeente te wees. 
- En ja, die Bybel is relevant vir jou daaglikse situasies en keuses.
- En die Bybel bevat inderdaad gebooie en instruksies.

Maar.. die motiewe is verkeerd.
Paulus wys vir ons ’n derde pad.
Dis die pad van Gods genade, van A tot Z.

Tema:    God het jou vrygemaak om sy dienaar te wees.
1 -    Done! Dis alles Gods werk (“ons is Gods skepping”)
2 -    Gehoorsaamheid is die doel (“geskape in Christus Jesus tot goeie werke”)
3 -    Wandel net op die pad! (“God het dit voorberei om daarin te wandel”)

1    Done!

•    Alles is genade

Om lidmate te motiveer om aktief te wees in die kerk, is slegs ‘n voorbeeld. Ons praat eintlik oor die hele christenlewe. Goeie werk is alle goeie dinge wat in die lewens van christene gebeur: bekering, opregte berou oor die sonde, liefde vir Christus, opbouende of bemoedigende woorde wat jy praat, liefde wat jy gee, die tyd wat jy spandeer om te bid en na God te luister, jou selfverloëning, jou diensbaarheid, liefde vir jou naaste: hoe gebeur dit? Hoe kom dit tot stand? Hoe kry christene dit reg?

•    Goeie werke

Ek dink by ‘goeie werke’ gaan daar by Gereformeerde mense ’n rooi liggie brand: goeie werke is mos ‘n roomse dwaling? Mense probeer hulle saligheid verdien! Dis fout…!

Ef2 maak dit baie duideliks dat ons niks aan ons redding kan bydra nie. In vs103 gebruik Paulus ‘n heel duidelike beeld: jy was dood in jou sonde en misdade: tot niks goeds in staat nie. ’n Dooie persoon kan homself / haarself nie nuwe lewe inblaas nie.
Daarom is v. 4 so mooi en verrassend: Maar God het ons lewend gemaak saam met Christus!

Jesus se geregtigheid (=gehoorsaamheid aan die wet van God) is die rede vir ons redding. Daarom sê Paulus dit oor en oor: uit genade is julle gered, nie deur die werke nie.
Die regverdiging uit genade alleen is een van die kernwaarhede van die christelike geloof. Die kerk het dit herontdek in die tyd van die Reformasie. Hierdie hoofstuk, en die brief aan die Romeine leer dit baie duidelik.
Bv Romeine 5,19: Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.
Ons kan dus ons redding in een woord saamvat: done! Afgehandel. Dis klaar gedoen.
Die leer van die genade, dat ons deur geloof in Jesus alleen gered word, sonder werke, is ’n kosbare geskenk. Glo dit. Hou dit vas!

Dis klaar gedoen. Jy kan niks daaraan toevoeg nie. Dis ’n geskenk wat jy verniet ontvang. Dit gee jou ook ‘n sterk sekerheid: Jesus het alles vir jou gedoen!

Om hierdie rede is die christelike geloof uniek: alles - jou geloof en jou toekoms - alles hang af van wat Jesus vir jou gedoen het. Jy kan nie iets vir God doen, waarvoor hy jou dan moet beloon nie!
Alle ander religies werk andersteom: die mens moet self iets doen om die hulp van hulle gode te kry: goeie dade (islam); jouself leeg maak van alle begeertes totdat jy nirvana bereik (Boeddhisme); ens.
Die godsdienste in Israels tyd het ook so gewerk: offers bring, selfs kinderoffers. Mense moes iets gee om die gode te beweeg om jou te help. (dink aan die Baalspriesters wat gedans en gehuil en hulle liggame gekerf het om Baal te beweeg om hulle te hoor en te help – en niks het gebeur nie..)

•    Nou

Ek het goeie nuus vir jou. Hier is ‘n unieke waarheid wat jy net in die Bybel vind: 
Jesus sê vir jou: it’s done. Ek het dit vir jou gedoen. Glo in my, vertrou dat my offer voldoende is.
God wag nie met sy goedkeuring, liefde en aanneming tot jy goeie dinge vir hom gedoen het nie.
Gelowiges kry sekerheid en bevestiging: God het jou aanvaar. Hy wag nie daarmee tot die einde van jou lewe nie, om jou eers ’n kans te gee om te wys jy is dit werd nie. Jy is nou Gods kind, volledig aanvaar vanweë Christus.
Done!

Paulus sê dit oor en oor in Ef2,1-9: uit genade is jy gered, nie uit werke nie.
Die bedoeling is, dat ons God sal eer en nie in ons eie krag of goeie werke sal roem nie.
Moenie net bloot daarvan kennisneem en aangaan met jou lewe nie.
Rom in God se genade - dit beteken: eer God. Prys hom!

Hierdie geskenk van genade verander alles in jou lewe.
Paulus wys dat dit ook die bron is van alle goeie dinge wat christene nog gaan doen.
Lees maar in v. 10:
Want ons is sy maaksel (skepping), 
geskape in Christus Jesus tot goeie werke
wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

•    Sy skepping / maaksel

Maaksel beteken ‘skepping’. Jou nuwe lewe as christen is in dieselfde mate die werk van God as die hele skepping.

Dink aan ’n pottebakker. Hy neem klei, sit dit op die draaiwiel, draai dit vinnig rond, en druk dan met sy nat hande die klei in die regte vorm. Die pottebakker is volledig in beheer. En hierdie pottebakker maak geen foute nie. Die produk wys sy groot skill.
Maar God kry iets in ons reg wat geen pottebakker kan regkry nie: hy maak die potte lewend, en ons gaan weer vir God gehoorsaam.
God maak mense wat dood was in sonde, lewend. Dit behels nie net ‘n uitspraak dat ons onskuldig is nie, maar beteken ook dat ons van binneuit verander. Ons hele christenlewe is die werk van God!
Om twee bekende woorde te gebruik: die regverdiging is ‘n geskenk, en die heiligmaking is net so ‘n geskenk van Gods genade.

So is ons die produk van God se verlossingsplan, van Christus se verlossingswerk, en van die Heilige Gees se vernuwende werk in ons.
Wie Ef1 lees, moet beindruk raak met Gods verlossingsplan: alles wat God vir ons gedoen het om ons te red.
As jy daarna Ef2 lees, raak jy beindruk met Gods verlossingswerk wat hy in ons werk: hy maak ons lewend, hy laat ons opnuut gebore word, en hy vernuwe ons hart en ons wil, sodat ons 
So is ons sy maaksel, sy herskepping: ons is ’n nuwe skepping deur Christus en sy Gees.

Ons is baie ryker as wat ons besef.
Ons weet almal dat ons deel in die opstanding van Christus en dat onssal nuwe, geestelike liggame sal kry by die opstanding op die laaste dag.
Maar ons vergeet dikwels dat dieselfde opstandingskrag van Christus nou reeds in ons werk. Ons het alreeds ’n nuwe lewe ontvang! Die dag dat jy jou vertroue in Christus geplaas het, daardie dag, dadelik, het dit gebeur.

2    Gehoorsaamheid is die doel 

“geskape in Christus Jesus tot goeie werke”

•    in Christus Jesus: nooit los van hom nie!

“in Christus Jesus”: nou begin jy seker raaksien dat ons nooit los van Christus kan bestaan nie. Sonder hom is daar geen ‘ek’ of ‘jy’ nie. Sonder hom is ons dood. (onthou v. 1!)
Dis net van hom dat ons die lewe ontvang, van begin tot einde: die regverdiging, die vernuwing, en die toekomstige lewe in heerlikheid.
Dit is dus sinneloos om te praat van ‘kan ek iets op my eie doen of bydra?’

•    Tot goeie werke

Dit word ook duidelik uit hierdie woorde: 
“geskape in Christus Jesus tot goeie werke
Tot = sodat/opdat: met die doel, dat ons goeie werke sal doen.
God gee vir ons die lewe van Jesus as ’n genadegeskenk.
Wat is die doel van ons redding en ons nuwe lewe, nou en tot in die oneindige toekoms?

Ons kan dit op verskillende maniere sê:
Die doel van ons redding en ons nuwe lewe is…
-    … om goeie werke te doen;
-    … om God te eer, tot lof van sy heerlikheid;
-    … om aan Jesus gelykvormig te word.
En ons sê aldrie kere dieselfde ding. Dit is die doel.

Ons is ’n nuwe skepping in Christus, God het ’n proses in ons begin om ons gelykvormig te maak aan Jesus. Die Gees van Christus doen dit in ons, en die resultaat is: goeie werke = nuwe gehoorsaamheid = die heiliging van ons lewe.

•    Geloof lei tot gehoorsaamheid

Ons is dus gered uit genade, sonder werke, net vanweë die gehoorsaamheid van Jesus in ons plek.
Ons is gered deur die geloof, sonder werke, sodat ons nie sou roem in ons aktiwiteit nie, maar Christus se naam sou verheerlik.
Ons is gered tot goeie werke: met die doel dat ons lewens toegewy is aan God, dat ons sy dienaars is.

Die Reformatore (Calvyn ens.) het dit só gesê:
“Ons word geregverdig deur geloof alleen, maar die geloof bly nie alleen nie.”
Ware geloof in Christus is nooit alleen, maar veroorsaak, produseer goeie werke: gehoorsaamheid aan Christus ons Heer.
Geloof wat nie gehoorsaamheid oplewer nie, is nie die ware geloof nie.
Almal wat deur geloof in Jesus gered is, sal goeie werke doen.

•    Kan die wêreld verandering sien na Jesus se dood en opstanding?

Mense vra kritiese vrae: het Jesus regtig die wêreld verander? Gaan alles nie net so aan? Wat het nou verander?
Dis ’n belangrike vraag: wat is die gevolg van die opstanding van Jesus? Kan jy dit raaksien?

As jy die natuur en die wêreldgebeure kyk, dink ek jy sal nie verbetering sien nie. Maar dis ook nie wta God beloof het nie.
Die skepping lê onder die vloek, en jy kan nog rampe, siektes en sterftes in die wêreld verwag. Die skrif is aan die muur: dit is nie ver van verdwyning nie.

Maar God het ’n nuwe skepping beloof. En gelowiges is die eerstelinge van die nuwe skepping.
Wie wil verneem of Jesus se opstanding ’n verskil maak, moet gaan kyk na die mense wat Jesus gered het.

Ef2 wys vir ons wat God vir hulle gee, en in hulle lewens regkry.
Dit is met val en opstaan. Dit is met sonde bevlek.
Maar tog is dit verstommend: daar is opregte liefde, behulpsaamheid, omgee vir ander, aanvaarding van mense wat van jou verskil.
Kyk na al die deugde, die mooi dinge wat Paulus in Ef 4 noem: dit is onmoontlik vir mense wat nie van Christus die lewe gekry het nie.
God is besig om nou reeds ons lewens te verander.

3    Die pad wat God aangelê het

“Geskape tot goeie werke wat God voorberei het”

Hier dink ek aan ’n pad wat klaar aangelê is.
Die christenlewe is nie soos ’n wildernis waarin jy self met jou kapmes ’n pad moet uitkap nie.
Nee, hierdie pad is soos ’n Romeinse heerbaan.
In Paulus se tyd was daar 29 deurpaaie wat die hele Romeinse ryk met die hoofstad verbind het. Dit was ‘n tegnologiese deurbraak: hulle het ’n hele padstelsel aangelê, en hulle paaie het plaveisel gehad. Kinders wat Asterixboeke lees, kan dalk die paaie onthou: dit is met klippe gebou, sodat waar ossewaens en strydwaens vinnig daaroor kon beweeg. So het die afstande binne díe wêreldryk korter geword: hulle weermag kon vinnig van die een na die ander land beweeg om opstande in die kiem te smoor. Die administrasie van die ryk en handel baie gemakliker en vinniger plaasvind.

Hierdie paaie help my om Ef2,10 duideliker te sien: die goeie werke, ons nuwe lewe van gehoorsaamheid is soos ’n pad wat God al klaar vir ons aangelê het. Jy hoef dit nie self uit te figure nie, maar net daarop te stap.

•    Gods geskenk

Daardie pad is nie moeilik in die sin dat jy dit self moet gaan regkry nie. Elke gelowige het die Gees van Christus ontvang. Hy bring die opstandingskrag van Jesus in jou lewe.
Ons heiliging is deel van Gods plan; dit is Gods geskenk vir ons, wat ons in geloof mag aanvaar. Navolging van Jesus beteken dat jy stap op hierdie pad van goeie werke.

Ons gehoorsaamheid is nie iets wat ons op ons eie gaan doen, asof ons nou ons kant moet bring nie.
God het dit vir jou voorberei en klaargelê, jy moet net daarop stap. In vertroue op die Gees van Christus: laat jou deur die Heilige Gees verander deur in geloof aan God se wil gehoorsaam te wees.

•    Duidelik: lewenswandel

Dalk sukkel jy om aan te wys hoe jou lewe verander as jy Christus volg.

Dalk word dit veroorsaak omdat ons nie ’n dramatiese bekering beleef het na ’n lewe wat totaal aan die sonde oorgelewer was nie.
Daarom beskryf Paulus vir ons die pad van God, en wys ’n groot kontras met die pad van die sonde.

Beide paaie word beskryf met die woord lewenswandel 
Kyk maar in v. 2 en 3: sien jy die woord ‘wandel’ raak?
“Die sondes waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld.”
“ons almal het vroeër gewandel in die begeerlikhede van ons vlees” 

Die lewenswandel van die sondige mens lyk aangenaam en klink soos vryheid, maar God sê: ons was gevangenes van die bose magte, en almal slawe van die sonde.

Hierdie pad van sonde is ’n sondige houding: alles draai rondom ons, ons behoeftes, ons eer, en ons wil in beheer wees – en dit word sigbaar in gedrag: ongebondenheid, onreine dade, hebsug, steel, leuen, ens.
Hierdie lewenspad loop uit op die dood.

Moenie dink dat hierdie sondes vir ons volledig vreemd is nie.
As ons mooi kyk, sal ons die neiging tot hierdie sondes in ons eie hart raaksien. En onthou hoe moeilik dit is om van slegte, sondige gewoontes ontslae te raak! Daar is gedrag of persoonlikheidskenmerke wat ons reeds so lank beoefen het, dat dit sy groewe in ons karakter getrek het.

Paulus het natuurlik daardie sondige lewenswandel in gedagte gehad, toe hy v. 10 geskryf het. Hy gebruik weer die woord ‘wandel’, en nou vir die nuwe lewe: hierdie lewenswandel, die pad wat God vir ons voorberei het, beteken dat ons in vryheid, in die lig wandel.

•    Produktief / vrugbaar

Kyk mooi na die christenlewe soos Paulus dit vir ons teken. Dit is ’n mooi en produktiewe lewe!
Die genade van God en die opstandingskrag van Jesus bring vrugte in ons harte voort. (Ef4: )
-    Die waarheid praat
-    Toorn maak plek vir geduld en vergewing
-    Pleks van om te steel, werk jy met jou hande en deel uit
-    Bitterheid verdwyn en ontferming en vergewing oorheers.

Dit is dieselfde as die vrug van die Gees, wat Paulus in Gal5,22-23 noem.
“Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.”
Kyk hoe mooi dit is: hierdie dinge weerspieël Gods karakter. Hy verander ons na sy beeld. Ons begin meer en meer lyk soos Christus, wat die ware mens is soos God dit bedoel het.

Dit is pragtig! Dit is wat ons ontvang.
God maak jou lewe mooi.

Die vrug van die Gees bring ook harmonie tussen mense. Dit gooi wal teen die sloopwerk en sabotasie van die sonde. Die Gees dring die skade van die sonde terug in die lewens van Gods kinders.
Jy ken tog die sloopwerk van die sonde in ‘n goddelose, selfgerigte lewe? Paulus noem dit in die verse net daarvoor (Gal5,19-21): jaloersheid, owerspel, ongebondenheid, moord, dronkenskap.
Daardie dinge vernietig verhoudings en veroorsaak pyn, verdriet en dood.

Maar die vrede en liefde van God maak die lewe weer gesond!
So word in ons nuwe lewenswandel die genade van God nou reeds sigbaar.

Aan die begin Efese 2 het Paulus ons slawe genoem, wat met kettings om hulle voete voortstrompel en nie vry is nie, en op pad is na die dood.
God het ons in Christus die lewe gegee.
Ontvang dit as ’n geskenk.
Geniet die vryheid deur in geloof op die pad van goeie werke te stap.

Amen

Liturgie: 

Psalm 100

Lees:
- Efésiërs 2:1-10;
- Galasiërs 5:16-26;
- Efésiërs 4:17-32;

Psalm 43:3,4,5;

Preek: Efésiërs 2:10;

Psalm 119:11, 14, 20;

Geloofsbelydenis;

Psalm 116,5.9.10