Ons Godgegewe Loflied vir die Sabbatdag

Predikant: 
GJ Meijer
Gemeente: 
Pretoria
Datum: 
2020-08-16
Teks: 
Psalm 92:1
Verwysing: 
GJM (GK-OM) - opsomming en audio
Preek Inhoud: 

ONS GODGEGEWE LOFLIED VIR DIE SABBATDAG 

1.  Aanbidding (vers 2-5)
Psalm 92 is ’n lied vir die sabbatdag.  In die lied staan die aanbidding van die HERE in die sentrum.  Dit is goed (reg) om die HERE te loof en tot eer van sy Naam te psalmsing, om in die môre sy goedertierenheid te verkondig en sy getrouheid in die nagte. 
Altyd en oral moet God aanbid word – dan rus ons en vind ons rus in God se genade.  Op die Dag van die Here (Open. 1:10) aanbid ons Hom in besonder. 

2.  Stryd (vers 6-12)
Rus gaan gepaard met stryd.  Dit kan nie anders nie.  Daar is soveel vyande wat ons rus wil versteur of ons daarvan beroof.  In die Psalm word die rusverstoorders dom en dwaas en goddelose mense genoem.  Dit is mense wat geen erns met die lewende God maak nie.  Ons eie ou natuur is eweneens ’n vyand wat die Godgegewe rus uit ons midde wil wegneem.

3.  Oorwinning (vers 13-16)
Die laaste verse wys op die oorwinning wat die gelowige nou reeds in Christus het (sien Rom. 8:37).  Ons mag soos bome wees wat ingeplant is in Christus se kerk.  Ons is bome wat vrugte dra om God se reg te verkondig.  Die finale oorwinning kom as Christus weer kom om oor die lewendes en die dooies te oordeel.

Liturgie: 

Psalm 122:1,2
Psalm 51:1
Psalm 36:2,3
Psalm 133:1,2
Psalm 43:1,4

LEES: Psalm 92

TEKS: Psalm 92:1