In die verwagting van die koms van die Here moet elkeen sy diens trou vervul.

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-05-28
Teks: 
Matthéüs 25
Preek Inhoud: 

Matthéüs 25:14-30
Ds C Kleyn - Sondag 28 Mei 2000

Lees: Matthéüs 24:45-25:13;
Matthéüs 25:14-30.
Sing: Ps 119:1,2; Ps 119:3,4; SB
43:1,2; SB 43:4,5,6; Ps 72:10,11.

Tema: In die verwagting van die koms van die
Here moet elkeen sy diens trou vervul.

  1. Die taakverdeling;
  2. Die taakvervulling;
  3. Die eindafrekening.

 

Gaan na preek

English summary of the sermon

Text: Matthew 25:14-30.
Read: Matthew 24:45-25:13.

Christ calls all of us to serve Him. Everyone receives tasks
en responsibilities in Gods kingdom. Even those who are sick or
aged. Not just officebearers.

Theme: fulfil your service faithfully in expectation
of the Lord’s return.

  1. The division of tasks;
  2. The fulfillment of tasks;
  3. The day of reckoning.

1. What is the lesson of Christ’s story? Is it the
general rule: you must make good use of your abilities? Look at
the context. The parable is part of Christ’s discourse on
the day of his return (Mt 24:1 to Mt 25:46). Shortly before his
death and departure Christ urges his disciples to be watchful and
active in anticipation of his return. The parable must therefore
be understood in this light.

The kingdom of heaven is compared to an important person who
has to go on a journey and will be away for a long time. He
entrusts his property to his servants. He is free in distributing
what he wishes to whom he wishes. He does not distribute
arbitrarily however. He knows his servant’s history and
abilities. Thus he distributes to each according to his ability (verse
15). To manage the master’s property demands more than just
willingness and faithfulness. The Lord does not want to demand
too much from anybody. Everyone receives responsibilities
according to his ability. Note that the Lord places great
confidence in all of his servants, also in the one who receives
one talent. A talent was a huge amount of money.

In the context it is clear that the man of the parable is
Jesus himself. He will by going to heaven. What do the talents
mean? Not their individual abilities. After all, the talents are
distributed according to each person’s ability. Note that
the master entrusts his property to his servants. In the context
his servants are, first of all, the disciples. What does Christ
entrust to his disciples? His gospel, the young Christians, the
church. They have to look after the household of God (see Mt 24:45)
and to give his people food at the proper time. They must work
with Christ’s word so that there is growth in faith and in
numbers.

Christ also gives the disciples different responsibilities. He
only takes Peter, John en James with him on the mountain of
transfiguration. Those three are called the pillars of the church
in Gal 2:9. Each receives responsibilities according to his own
ability. This also applies for us today. Not just officebearers.
The Word of Christ is entrusted to the whole congregation and we
are all responsible for the care of each other. Christ puts a
great trust in all of us, according to ability. The issue is not
how many talents you have received but what you do with those
talents, with those treasures of Christ. All of you are servants
of God. What do you do with that word of your Lord? Do you serve
others with it, so that it bears fruit for your Lord?

2. The first servant, with the five talents, immediately goes
to work as a faithful steward, with thankfulness and joy. He
increases the value of his master’s property by 100%. The
same applies for the second servant who received 2 talents. He
appreciates his master’s care in giving him only two talents.
His master is fair on him. More would be too much for him. Thus
he works with what he has with joy and fruitfully.

The third servant is however dissatisfied and lazy. He does
not see that one talent as a proof of trust the master places in
him. He is jealous and he can’t be bothered exerting himself.
He safely hides his master’s money. He is not prepared to
take any risks. This third servant is not a stranger in the
church of Christ. There you also have those who shirk their
duties, those who are satisfied when they don’t do anything
really bad. They sit back and criticize. There is no love and
zeal for Christ’s cause here on earth. They prefer to let
the leaders with their 3, 4 or 5 talents do all the work. Yet in
the church we need more than just leaders. Christ also wishes to
use humble members, those conscientious housewives, those manual
workers, and those young people. All are called to service
according to ability. Christ judges you according to your
faithfulness. If you can’t preach Christ’s word from
the rooftops, preaching Him under the rooftops in the families
and among the peers remains a noble task. What a power the church
would display if all of us would accept our God-given
responsibilities with joy and thankfulness.

3. After a while the master returns. The first two servants
are happy to meet him and give account. The master praises them.
"Well done, good and faithful servant, you have been
faithful over a little, I will set you over much; enter into the
joy of you master." Compared to that eternal joy their work
on earth was only little.

The third servant is totally different. He begins with
accusing the master for being hard. No thankfulness for the trust
the master put in him. Only complaining. Isn’t this how it
often goes. We hide our own laziness and lack of love by giving
the other person the blame. And why should the master complain?
He receives what He has given in the first place. But the Lord
hasn’t entrusted his property, his gospel, to us to leave
that unproductive. Every word the third servant uses witnesses
against him. If he knew that his master was so hard why didn’t
he exert himself to win the masters favor? It is clear that he
has no love for the master. Thus he is not prepared to serve.
That is how it still goes today. If you don’t love your Lord
Jesus, you will not be prepared to serve Him.

The sentence for the third servant is frightening: Take his
talent and cast him into the outer darkness. Such an unthankful
and lazy servant cannot share in the joy of his master. Christ
refuses those who refuse service. Yet if you faithfully fulfil
your God-given service then you will receive in abundance (verse
29).

Let this parable incite you to faithful service. During his
stay in heaven Christ entrusts his treasures, his word and his
people, to your care. Do not shirt your duties. Do not give up in
despair. Christ doesn’t ask too much. He gives to each
according to ability. Christ has not put great trust in you for
the fun of it. Accept your responsibilities willingly and
cheerfully, for the promotion of Christ’s cause in this
world.

 

Die Preek

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Christus roep u almal tot sy diens. U ontvang
almal u take en verantwoordelikhede in God se koninkryk. Niemand
is oorbodig nie. U is almal nodig. Op watter manier dan? Wat kan
ek maak met my beperkte moontlikhede? Kan my lewe in God se
koninkryk nog vrugbaar wees as ek bv siek of oud is; terwyl ek
nie in staat is om aktief deel te neem aan die kerklike
aktiwiteite nie? En hoe sit dit met die lidmate wat aan die kant
staan, hulle wat hulle afsydig hou van allerlei kerklike
aktiwiteite? Kan ’n mens wel sê dat elkeen sonder
uitsondering verantwoordelikhede in die diens van die Here het?
Nie slegs die besondere ampsdraers nie, maar ook alle lidmate? En
hoe moet ons omgaan met ons verantwoordelikhede?

Laat ons daartoe luister na die woorde van die
teks. Ek verkondig aan u: In die verwagting van die koms van die
Here moet elkeen sy diens trou vervul.

  1. die taakverdeling
  2. die taakvervulling
  3. die eindafrekening

Wat is die moraal van ons verhaal? Is dit, soos
dikwels gesuggereer word, dat ek met my talente moet woeker? Dat
elkeen sy gawes en vermoëns goed moet gebruik? Is dit ’n
algemene aanmoediging om jou persoonlike gawes goed te gebruik?

Laat ons eers kyk na die verband van die teks.
Die teks word met die voorgaande verbind deur die woord ‘want’
waarmee dit begin. Die gelykenis blyk ’n onderdeel te wees
van die toespraak wat Christus in hoofstuk 24 begin het en wat
eers eindig in hoofstuk 25: 46. Die gelykenis is dus deel van die
toespraak oor die laaste dae. Alles staan in die perspektief van
die dag van Christus se wederkoms. Onmiddellik voor ons teks lees
ons: "Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet
waarop die Seun van die mens kom nie." En onmiddellik na ons
teks lees ons: "wanneer die Seun van die mens in sy
heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy
op sy heerlike troon sit." Ons word voortdurend opgeroep om
ons goed voor te berei op die koms van Jesus Christus in
heerlikheid. In verband daarmee word die woorde ‘waak dan’
meermale gebruik, wees gereed. Die woorde is die motto van die
hele gedeelte. Kort voor sy sterwe roep Christus se dissipels op
om waaksaam en werksaam te wees in verwagting van sy wederkoms.

Gemeente, as u die verband van die teks sien
dan kan dit duidelik wees dat Christus hier nie spreek oor die
gebruik van talente sonder meer nie. Die gelykenis moet gelees
word in die lig van die jongste dag. Christus wil ons nie ’n
algemene houding voorskryf sonder dat daarby rekening gehou word
met die dag van die Here nie. Christus roep ons juis op om besig
te wees in die besef van die komende afrekening by sy koms.

Die koninkryk van die hemele word vergelyk met
’n belangrike persoon wat op reis moet en lank weg sal bly.
By sy vertrek roep hy sy knegte. Hy wil sy besit aan hulle
toevertrou. Hy dra alles aan hulle oor. By sy afwesigheid moet
hulle dit beheer. Die belangrike meneer dra nie alles aan een
persoon op nie. Hy sorg vir ’n taakverdeling. So kry een
kneg 5 talente, een 2 talente en een 1 talent.

By die uitdeling van die talente is die heer
volkome vry. Hy is aan niemand iets verplig nie. As eienaar kan
hy met sy goedere doen wat hy wil. Hy kan self bepaal of en
hoeveel hy aan sy ondergeskiktes sal toevertrou. Hy verdeel die
take egter nie willekeurig nie. As ’n goeie baas ken hy sy
knegte. Hy weet wat elke kneg kan hanteer. Hy ken hul geskiedenis
en hul vermoëns. Daarom gee Hy aan elkeen na sy vermoë lees ons
in vers 15. Om die besit van die heer te beheer is meer nodig as
slegs gewilligheid en trou. Die Heer wil dan ook niemand oorvra
nie. Elkeen kry verantwoordelikhede wat pas by sy persoonlike
vermoëns. Nie soos in ons land by die regstellende aksie gebeur
waar mense soms verantwoordelikhede ontvang wat bo hul vermoëns
uitgaan. So onbarmhartig is die heer nie.

U moet daarop let, gemeente, dat die heer in
elke kneg ’n groot vertroue stel. Dit geld ook vir die man
wat een talent kry. Een talent was naamlik ’n munt van groot
waarde. Die Heer vertrou so ’n groot som toe aan sy sorg. Hy
stel groot vertroue in hom!

In die teksverband is dit nie moeilik om in die
man wat op reis gaan die Here Jesus te sien. Kort voor sy sterwe
en heengaan spreek Christus tot sy dissipels. Christus sal lange
tyd weg wees – in die hemel. Voordat Hy terugkom om die
lewendes en die dooies te oordeel.

Wat is dan die talente wat Hy sy knegte gee?
Wys dit op ons vermoëns, soos dikwels gesuggereer word. Dis
opvallend dat hierdie talente egter duidelik onderskei word van
die persoonlike vermoëns. Ons lees dat die heer aan elkeen
talente gee na sy vermoë. In die gelykenis is die talent dus nie
dieselfde as ons natuurlike vermoëns, begaafdhede nie.

Wat is dit dan wel? Let daarop dat dit sy besit
is wat die heer in beheer van sy knegte gee. Tydens sy
afwesigheid moet hulle vir sy besittings, sy skatte sorg dra. Ons
moet hier dus dink aan skatte wat Christus aan sy volgelinge
toevertrou. Ons kan dan dink aan die evangelie, wat aan die
dissipels toevertrou is of aan die vrugte van God se koninkryk op
aarde, naamlik die gelowiges.

Dit word duideliker as ons sien aan wie
Christus in eerste instansie die beheer van sy goedere toevertrou.
Die talente word aan sy knegte gegee. En wie is in hierdie
konteks in eerste instansie sy knegte? Dis die dissipels.
Christus is besig om afskeid van hulle te neem. Hy is besig om
aan hulle allerlei take op te dra. Hulle moet beheerders van God
se huis word. Dink maar aan wat ons lees in Mt 24: 45 "Wie
is die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy
diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?"
Die Here het kennelik sy dissipels op die oog. Hulle is sy knegte.
Hulle taak is om die diensvolk van hul heer op tyd hul voedsel te
gee. So het die Here in hoofstuk 24 hul taak omskrywe. Ons teks
sluit daarby aan wanneer Hy spreek van ’n in beheer gee van
die besittings van die heer. Christus vertrou sy skatte toe aan
sy dissipels, waaronder Sy woord, die gelowiges, en die kerk.
Hulle moet met die skat aan die werk. Daarmee wins maak as ‘t
ware. Hulle moet daarmee werk sodat dit vrugte dra, vrugte van
geloof en bekering, sodat die kerk kan groei geestelik en in
getal.

Maar geliefdes, kan ons wel praat van ’n
ongelyke verdeling onder die dissipels? Het hulle nie dieselfde
verantwoordelikheid as Christus getuies nie? Die evangelie is tog
aan hulle almal op gelyke mate toevertrou? In ’n sekere sin
is dit waar. Tog maak Christus tydens sy omwandeling verskil
tussen die dissipels en vertrou Hy aan die een meer toe as aan
die ander. Dink maar aan die verheerliking op die berg waarby
Christus alleen Petrus, Johannes en Jakobus saamneem. Juis die
drie apostels word in Gal 2 pilare van die kerk genoem. Daar is
onderskeid in wat die Here hulle toevertrou, daar is onderskeid
in verantwoordelikheid. En dit vir elkeen na sy vermoë.

Gemeente, hoewel die woorde van die teks in
eerste instansie dus sien op die dissipels, moet u dit nie tot
hulle beperk nie. Hierdie woorde bly van krag tot aan die
wederkoms van Christus. Na die apostels is daar ander dienaars
wat die taak oorneem. Christus se besittings word ook vandag aan
die sorg van mense toevertrou. Ons kan dink aan die besondere
ampsdraers. Maar ook aan alle gemeentelede. Die ryke
pinksterevangelie is aan die gemeente toevertrou. Die sorg vir
die individuele lidmate is ook aan die gemeente toevertrou. U mag
almal die titel dra van dienaar of dienares van Christus. Daar is
in God se koninkryk geen werklose nie. Elkeen word ingeskakel,
elkeen word geroep tot diens. God se skatte is nie slegs aan
’n enkeling toevertrou, sodat alle take op dieselfde skouers
teregkom nie. Maar almal word vir hul deel verantwoordelik gestel.
God gee aan elkeen verantwoordelikhede in ooreenstemming met sy
of haar vermoë. Hy plaas vertroue in u almal, sonder
uitsondering. Hy gee sy besit in u hande, gawes wat tegelyk
’n opgawe beteken. Die apostel Petrus skryf dan ook in 1 Pt
4:10 "Namate elkeen ’n genadegawe ontvang het, moet
julle mekaar daarmee dien soos goeie bedienaars van die
veelvuldige genade van God." As elkeen dit sien, wat is daar
dan ’n kragte in die gemeente beskikbaar. Dan is daar nie
gou ’n tekort aan werkers nie. Beslissend is dan: wat doen u
met die talente. Dit bring ons by die tweede gedagte: die
taakvervulling.

Die man met die 5 talente gaan onmiddellik in
aksie. Hy wys dat hy die vertroue van sy meester werd is. Hy word
’n ware beheerder van die goedere van sy meester. Sy houding
word gekenmerk deur dankbaarheid en eerbied. Hy is dankbaar vir
en bly met die vertroue wat sy meester in hom geplaas het. Wat
’n eer! Sy meester het sommer ’n deel van sy besit aan
hom toevertrou. Hy wil so ’n vertroue nie beskaam nie. En
dit mag ook nie. Sy meester is immers sy eienaar. Hy is dit
teenoor sy meester verplig om sy belange trou te behartig. Die
belange van sy meester is ook juis sy belange. Daarom gaan hy ook
bly en dankbaar aan die werk met die goedere wat sy meester aan
hom toevertrou het. Dit het tot gevolg dat hy die besit van sy
meester verdubbel.

Dieselfde geld vir die kneg met die twee
talente. Ook hy verdubbel die kapitaal deur troue diensvervulling.
Dat hy twee pleks van 5 talente ontvang het maak vir hom nie saak
nie, maak hom nie ontevrede nie. Inteendeel. Dit is juis ’n
bewys van die goeie sorg van sy meester. Hy wil niemand oorvra
nie, maar gee aan elkeen na sy vermoë. Daarom kan die man met
die twee talente juis bly en dankbaar aan die werk.

Die derde kneg met sy een talent benader die
saak egter anders. Hy is ontevrede en lui. Hy neem dit sy meester
kwalik dat hy slegs een talent ontvang het, terwyl die ander meer
ontvang het. Hy wil nie insien dat die een talent reeds ’n
blyk van groot vertroue is wat sy meester in hom plaas nie. Hy
sien ook nie die liefde en sorg van sy meester in die uitdeling
na vermoë nie. Hy sou immers nie meer kan hanteer nie. "En
elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en
aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger
eis." (Lk 12:48). Hy wil dit egter nie sien nie. Hy is
ondankbaar en lui. Hy is nie lus om hom in te span nie. Hy soek
wat die maklikste is. Hy dink dat daar niks op hom aangemerk kan
word nie as hy maar daarvoor sorg dat sy meester weer terugkry
wat hy ontvang het. Daarom steek hy sy talent weg in die grond.
Hy wil geen risiko neem nie.

Gemeente, hierdie kneg is nie ’n vreemde
in die kerk van Christus nie. Dit dui op die mense wat hul
verantwoordelikhede ontduik. Mense wat tevrede is as hulle nie te
veel kwaad doen nie. Daar gaan egter niks positiefs van hulle uit
nie. Hulle is nie aktief betrokke nie. Hulle laat al die werk in
God se koninkryk aan ander oor. Hulle suggereer bv "laat die
ampsdraers met hul 3,4 of 5 talente maar al die werk doen."
Hier is geen vrugbare diensbetoon nie, geen liefde en ywer vir
God se saak nie. Slegs passiwiteit. Die een talent bly onbenut.

Dis opvallend dat die Heer in die gelykenis
juis die man met die minste talente teken as ’n luie kneg.
Dit het ook iets vir ons te sê. Daar is nog steeds mense wat die
5 talente van ander bewonder en beny. En dat terwyl hulle daar
nie aan toekom om met die een talent wat God aan hulle gegee het
te woeker nie. Waarom nie? Omdat dit maar een is. Uit
ontevredenheid.

Tog het die gemeente meer nodig as slegs die
leiers wat op allerlei gebied hard werk. Christus het die
eenvoudige man of vrou net so hard nodig, die ywerige huisvrou,
die nederige werker of versorger. In die gemeente is daar nie
leke wat agteroor kan sit nie. Almal word tot diens geroep, na sy
of haar vermoë. Christus het sy Woord aan ons almal toevertrou.
So gee Hy aan elkeen van ons sekere verantwoordelikhede. Laat
niemand aan die kant bly staan nie en sy een of meerdere talente
wegsteek nie. U is immers almal dienaars of dienaresse van
Christus. ’n Groot eer. Sou ek dan my roem en adel prysgee?
In God se koninkryk kan ons almal van diens wees, of ons nou een
of 5 talente het. God kyk nie na die grootheid of omvang van ons
roeping en werksaamheid nie. God kyk na ons hart, na ons trou.
Vervul u trou u verantwoordelikhede? As u die Christus nie kan
verkondig op die dakke nie, dan is die verkondiging van Christus
onder die dakke, soggens en in saans, in die gesin, ’n
waardevolle bydrae in God se koninkryk. Daarvan verwag God wins
en vrugte.

Wat sou daar tog baie gebeur, wat sou daar
’n krag van die gemeente uitgaan as elkeen so sy talente sou
sien en daarmee aan die werk sou gaan. As elkeen van ons die
verantwoordelikhede wat God ons gegee het gewillig en met vreugde
sou aanvaar.

Na ’n lange tyd kom die heer terug en hou
afrekening. Hy roep elke dienaar ter verantwoording. Die eerste
twee is bly om die heer weer te ontmoet. Hulle is bly dat hulle
die meester kan vertel dat sy besittings verdubbel is. Die heer
prys hulle vir hul trou: "Mooi so, goeie en getroue
dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel.
Gaan in in die vreugde van jou heer". Groot is die loon vir
trou. In vergelyking daarmee was al ons arbeid maar min. Die
vreugde van ons Heer sal mateloos en onpeilbaar wees.

Die eindafrekening van die eerste twee word
kort en sober genoem. Daarenteen word die eindafrekening van die
ontroue kneg breed uitgewerk. Let daarop hoe die 3e kneg begin om
te praat. Dis onmiddellik ’n beskuldiging. "Meneer ek
het u geken, dat u ’n harde man is" ens. Daar is
heeltemal geen dankbaarheid vir die vertroue wat die meester in
hom gestel het nie. Een talent was immers ook ’n groot
bedrag. Daar is enkel ’n beskuldiging. Die meester sou
skuldig wees. Ja, so gaan dit ook vandag nog dikwels. Ons is
daarin bedrewe om onsself vry te pleit en die blaam by ander te
plaas. Eintlik sou die meester nie ontevrede met so ’n kneg
hoef te wees nie. Hy gee immers terug wat hy ontvang het. Die
heer hoef tog nie meer te ontvang as wat hy gegee het nie?

Asof die heer sy besittings daartoe aan mense
toevertrou het. Om dit veilig weg te steek en onproduktief te
laat. Asof Christus sy evangelie aan ons gegee het om dit vir
onsself te hou. Met elke woord waarmee hy homself trag te
verontskuldig, veroordeel hy in feite homself. Die Here gryp dan
ook sy eie woorde aan. Hy sê: gestel dat dit inderdaad so is dat
jy my geken het as ’n harde man, dan moes jy juis des te
meer jou ingespan het om my gunstig te stem. Die allerminste wat
jy kon doen was om die geld by die wisselaars te stort sodat ek
my geld met rente kon opvra.

Selfs dit het die kneg nie gedoen nie. Hy het
sy eie standpunt nie eens waargemaak nie. Hy het geen enkele
moeite gedoen om sy sogenaamde strenge meester terwille te wees
nie. Hy ken geen liefde vir sy meester nie. En vanuit ’n eie
gebrek aan liefde beoordeel hy sy meester. Wie self nie liefhet
nie, verstaan ook moeilik die taal van die liefde. Hy is nie
bereid om in liefde iets vir ander te doen nie. Hy weier om te
dien. So ’n dienaar is onbruikbaar vir die Here: "Jou
slegte en luie dienskneg".

Dan hoor ons die vonnis van die Here: neem dan
die talent van hom weg. So ’n kneg is die vertroue van sy
heer nie langer werd nie. En: werp die nuttelose dienskneg uit in
die buitenste duisternis. So ’n kneg hoort nie tuis by die
feesvreugde van sy heer nie. Diensweieraars word deur die Here
geweier. Hulle ontvang hul verdiende loon.

Wie egter bereid is om te dien, wie hom of haar
werklik inset vir die saak van die Here, die sal veelvuldig meer
ontvang. "Want aan elkeen wat het, sal gegee word, en hy sal
oorvloed hê."

Gemeente, laat hierdie gelykenis u dring om
trou u diens te vervul. Tydens Christus se afwesigheid vertrou Hy
sy skatte aan u toe, aan elkeen na sy vermoë. Hy gee aan elkeen
sy eie verantwoordelikhede. En Hy kom terug vir die
eindafrekening. Laat ons almal in die verwagting van sy koms ons
diens trou vervul. Ontvlug u taak nie. Gee die moed nie op nie.
Die Here oorvra u immers nie. Hy hou by die taakverdeling
rekening met elkeen sy moontlikhede. Maar Hy vra wel iets van u.
Hy vertrou sy besittings nie verniet aan u sorg toe nie. Hy stel
nie verniet sy vertroue in u nie. Aanvaar dan u taak, bly en
dankbaar, tot bevordering van sy ryk.

AMEN

 

Kopiereg word voorbehou.
Indien u die preek wil gebruik kontak asseblief ds. C. Kleyn.

Liturgie: 

(kyk in preek)