God se kind is regverdig voor God

Predikant: 
Ds JR Visser
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
1999-12-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 23
Preek Inhoud: 

Preek Ds J R Visser - Sondag 23

ORDE VAN DIENS

Opening; Vrede/Seëngroet; Psalm 84: 3,6; Gebed; Skriflesing: Sagaria 3; SB
18: 5,6,7,8; Skriflesing: Romeine 3:21-4:8; SB 7: 8-10; Teks: Sondag 23; Preek;
Geloofsbeleidenis (Sing); Dankgebed; Kollekte; Psalm 32: 1,6; Seën

PREEK

Gemeente
van ons Heiland Jesus Christus, geliefdes

Wat
is nou die verskil tussen ‘n mens wat alles glo wat 
in die Apostoliese Geloofsbelydenis staan en ‘n mens wat dit nie glo
nie? Wat is nou die verskil tussen ‘n gelowige en ‘n ongelowige? Dit is die
vraag wat die kategismus in vraag 59 vra.

Is
dit so dat ons later moet agterkom dat 
dit vir ‘n mens se lewe en vir sy toekoms nie ‘n verskil maak dat hy
‘n gelowige of ‘n ongelowige was nie?

As
ek nou van glo praat, praat ek van 
‘n lewende geloof. Dit is nie dat ‘n mens die Apostoliese
Geloofsbelydenis kan opsê en self nie weet wat dit beteken nie. Dit is ook nie
dat ‘n mens weet wat die inhoud van hierdie belydenis is nie maar nie werklik
in liefde vir die Here Jesus daaruit lewe nie. Die geloof 
waarvan die Kategismus hier praat is die ware geloof wat in alles na God
se woorde wil luister en die kennis daarvan indrink en in liefde vir God 
volgens Sy goeie en heilige wil wil lewe. Dit is die mens wat in diepe
vertroue op die HERE wil lewe..

Dit
is heeltemal iets anders as dit 
wat in die geskiedenis die kolebrandersgeloof 
genoem is. Kolebranders was ‘n groep eenvoudige mense wat in die
Middeleeue iewers in Italië gewoon het. Die Roomse Kerk het ook hierdie mense
laat doop. Dit was vir die eenvoudiges volgens die Roomse Kerk genoeg om die
Apostoliese Geloofsbelydenis te kan opsê. As vir hulle gevra word: Wat beteken
dit  was
dit genoeg dat hulle sou sê: Ek glo wat die priester glo, ek glo wat die kerk
glo.

‘n
Mens sien hier hoe die geloof 
vermink word. Dit is geen geloof nie. Dan bestaan geen werklike verskil
tussen ‘n gelowige en ‘n ongelowige nie.

Die
groot verskil vir ‘n gelowige en ‘n ongelowige is dat ‘n ongelowige voor
God onregverdig is en ‘n erfgenaam van die ewige dood. Die gelowige mag weet 
dat die baat van die geloof vir hom is: dat hy voor God regverdig en ‘n
erfgenaam van die ewige lewe is. Ons wil nou sien wat dit beteken. Ek verkondig
daarom vir julle God se Woord 
onder die tema:

GOD SE KIND IS
REGVERDIG VOOR GOD

1.    
al kla my gewete my aan

2.    
vanweë
Christus se werk

3.    
deur
middel van die geloof

-al
kla my gewete my aan

Ons
lees in antwoord 59 groot woorde. Regverdig voor God en ewige lewe. Hierdie twee
het ook alles met mekaar te doen. Baie mense op hierdie aarde glo op een of
ander manier in ‘n bestaan, in ‘n lewe na die dood. Dit is nie net christene
wat daarvan praat nie. Ook in ander godsdienste speel dit ‘n rol. Dit is selfs
so dat mense wat nie werklik godsdienstig is nie, vir jou kan sê: Ek glo dat na
die dood ook iets bestaan maar wat dit is 
kan ek nie weet nie.

Dit
is verseker dat 
na die lewe op aarde, lewe na die dood bestaan. Dit is selfs nie so dat
net die gelowiges na die dood 
bly lewe nie. Elke mens wat op aarde geleef het, bly na sy dood bestaan.
Nie op die manier van voorouergeeste wat iewers rondom ons onsigbaar ronddwaal
nie. Elke mens gaan na sy sterwe na ‘n sekere plek waar sy of haar bestaan
verder gaan. Die plek waarna ‘n mens gaan word daardeur bepaal of jy in God se
oë regverdig is of 
dit nie is nie. Dit is die samehang tussen die regverdig voor God wees en
die ewige lewe.

Laat
ons nou oor die regverdig wees voor God nadink. Ons begin nou almal by onsself.
Jy let op jou lewe en begin om dit wat jou lewe tot op hierdie oomblik is aan
die HERE se goeie wet te toets.

Ons
kyk kort na die 10 Gebooie:

1.     
Een
van die dinge wat die HERE in die eerste gebod van jou en my vra is dat ek op
Hom alleen vertrou en ek met my hele  hart
Hom liefhê, vrees en eer. Kan jy sê dat jy daarin nooit struikel nie?

2.     
Die
inhoud van die tweede gebod is dat ons die HERE nooit op ‘n verkeerde manier
dien nie. Dit gaan hier ook om die motiewe waarmee ons die HERE dien en Sy naam
in ons mond neem. Is jou motiewe altyd suiwer? 
Gebruik jy Christus se naam nooit 
om jou eie saak te regverdig nie? Onderwerp jy jou in alles aan die HERE
se Woord  of
dien jy Hom somtyds ook op jou eie manier omdat dit vir jou lekkerder voel?

3.     
Die
HERE wys ons in die derde gebod op die gebruik van sy Naam. Gebruik ons sy Naam
altyd met genoeg eerbied? Noem jy Sy Naam, Christus se Naam en werk altyd as dit
nodig is,  getuig
jy van Hom as mense op jou werk en in die skool 
van allerhande dinge praat?

4.     
Die
HERE vra van ons om op die Sondag 
te rus van ons daaglikse werk. Om die dag te rus en aan Hom te wy. Hoe
moeilik is dit baiekeer vir ons om tog nie met ons daaglikse werk besig te wees
nie. Die vierde gebod beteken ook dat ek elke dag van my bose werke rus. Kan jy
sê dat jy daarin volmaak is?

5.     
Die
vyfde gebod wys daarop dat ons ons ouers en elkeen wat bo ons gestel is alle eer,
liefde en trou moet bewys. Nie net uiterlik nie maar ook in ons hart. Staan jy
altyd suiwer teenoor jou ouers, jou onderwysers, jou ampsdraers, die owerheid
wat God oor ons gestel het?

6.     
Jy mag
nie doodslaan. Dit beteken dat die HERE van my vra om my naaste lief te hê. Om
alle haat en vooroordeel en wantroue uit my hart weg te doen. Om selfs jou
vyande lief te hê en so te behandel. Ontbreek daaraan in jou lewe niks nie?

7.     
Jy mag
nie egbreek nie. Is jou gedagtes en gevoelens op die seksuele terrein altyd
suiwer? Behandel jy jou vrou of man altyd vanuit liefde? Ken jou verhouding in
die huwelik nooit struwelinge nie?

8.     
Jy het
dalk nog nooit iets van ‘n ander gesteel nie maar hoe staan dit met die beheer
oor jou geld. Gee jy graag weg? Gee jy graag rojaal in diens van Christus se
Koninkryk en vir hulle wat dit slegter as ons het? Of 
is nuwe en mooi klere, 
die verdere verfraaing van ons huis, lekker eet en drink 
vir ons partykeer tog belangriker?

9.     
Jy mag
geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. 
Vertel jy nooit ‘n wit-leuentjie om jouself uit ‘n moeilike posisie
te red nie? Skinder jy nooit oor ander mense nie?

10.  
Die
HERE wys in die 10 gebod nog in die besonder op ons gevoelens. Is jou gevoelens
in alle dinge suiwer teenoor die HERE en Sy wil?

Ek
het nou net ‘n enkele opmerking gemaak. As ons net hierdie opmerkings eerlik
op ons laat inwerk, wie van ons durf dan nog om te sê dat hy regverdig vir God
is?! Dan kan ek net vir die HERE sê: Ek ellendinge, sondige, onregverdige mens.
Dan kan ek net sê: HERE, ek is vir U niks anders as ‘n goddelose nie. Hoe
voel ek nou wat ek in Sondag 23 bely: “al kla my gewete my aan dat ek teen al
die gebooie van god swaar gesondig en nie een daarvan gehou het nie en dat ek
nog gedurigdeur tot alle kwaad geneig is”.

As
ek op my verlede let en as ek let op hoe ek nou lewe staan ek met leë, selfs
met diep skuldige hande voor God. Ek kan nie op myself wys en sê: HERE, hier
staan ek as regverdig, ek kan nie sê: Vader ek het al ver op die pad van
regverdigheid gevorder, ek is nou wel regverdig genoeg in U oë nie. Ek staan
voor God as arme sondaar. Die HERE regverdig geen regverdige mense nie. Ek het
self geen verdienste by my nie. Hoe duidelik wys Paulus daarop in Rom 4: “Wat
sê die Skrif? 
Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken. Maar
aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;
aan hom egter wat nie werk nie maar glo in Hom wat die goddelose
regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken." (3-5)

Wie
dink dat hy deur sy inspanning regverdig vir God is, kom eendag bedroë uit. Die
HERE slaan elke werkheiligheid onder ons voete weg. Ons kan op niks van onsself
bly staan nie. Nogtans mag God se kind wat sy sondes sien en bely en in geloof 
aan Christus vashou die sekerheid hê dat hy regverdig voor God is. Dit
vanweë Christus se werk. Ons let daarop in die tweede plek.

Vanweë
Christus se werk

My
gewete kla my aan. My gewete roep as ek my lewe aan God se wet toets: 
Onregverdig, jy kan die ewige lewe vergeet.

God
se kind wat  tot
God, wat tot Christus vlug mag 
die aanklaende stem van sy gewete tot rus bring. Dit is die enigste goeie
manier waarop dit kan sonder om jou gewete te laat afstomp.

Wie
op homself let en op sy gehoorsaamheid aan die wet 
kom tot die ontdekking dat die wet en die probeer hou van die wet ‘n
mens nie regverdig voor God kan maak nie. Paulus wys daarop in Romeine 3 en wys
dan ook die regte pad: “Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder
die wet, terwyl die wet en profete daarvan getuig, 
die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir
almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het
gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.” (21-23)

Jy
en ek moet na die Here Jesus gaan. Wie vir Hom in liefde volg, wie met Hom as
die draer van sy sondeskuld lewe mag sien watter wonder die HERE in jou lewe
doen. Jy is van jouself onregverdig. Van jou kant is daar niks wat jou
regverdigheid in God se oë verdien 
nie. In my is niks wat verdien dat ek nie as ‘n goddelose veroordeel
word nie en nie in die hel 
kom nie.

Wat
doen die HERE uit goedheid alleen?

Hy
gee vir die gelowige wat sy leë, skuldige hande as ‘n bedelaar by die HERE
ophou dit wat ‘n ander, wat die Here Jesus gedoen het. Die Here Jesus het die
helse straf gedra en nou gee Vader dit wat Hy verdien het 
vir die mens wat by Hom wil skuil. Ek kan nie betaal nie. Die HERE gee
die betaling wat die Here Jesus verdien het vir Sy kind. Asof ek self my skuld
betaal het. Ek 
is ‘n mens wat sondig en daardeur onregverdig en onheilig is. Die Here
Jesus se lewe was een en al regverdigheid en heiligheid. Nooit het daaraan iets
mankeer nie. Die HERE gee vir 
Sy kind Christus se heiligheid en regverdigheid. Hy lê dit so oor jou
lewe dat jy voor God se oë een en al regverdigheid en heiligheid is. Asof jy
nooit een sonde gedoen het nie, asof jy elke oomblik van jou lewe met groot
blydskap Vader se wil gedoen het en selfs nooit daarop gemopper het nie.

Die
Here Jesus se werk 
bevry die gewete van God se kind van wanhoop en angs. Die duiwel kan
probeer om jou deur jou gewete tot wanhoop te bring. Hy kan probeer om jou so
moedeloos te maak dat jy begin dink: Ek kan net so goed voluit sondig want ek is
tog onregverdig, ek kan die hel tog nie vryspring nie.

Die
duiwel sal ‘n mens altyd weer raadop wil maak. Ons het dit ook in Sag 3 gelees.
Dis die duiwel wat die hoëpriester Josua daar aankla. Wat wys op sy sondes al
is hy die HERE se hoëpriester. Dan wys die HERE dat 
‘n mens nie vanweë sy eie dade deur en voor Hom regverdig verklaar
word nie. Die HERE beklee Josua dan met die regverdigheid wat Christus later sal
verdien. Die HERE se dan: “Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en ek
beklee jou met feesklere.”

Josua
se vuil klere wat op sy sondes wys, het die HERE hom laat uittrek en hy kry nou
klere wat van die vergifnis van sy sondes getuig. Wit klere wat getuig van
Christus se heiligheid waar die gelowiges in mag deel. Dis die gelowiges
wat daarin deel. Ander mense deel nie daarin nie. Ons let nou nog op die
voordeel en die noodsaak van die geloof.

deur
middel van die geloof

Regverdig
wees voor God en nou weet dat jy eendag die volle ewige lewe ontvang is die deel
van die gelowiges. Sonder geloof in Jesus Christus kry ‘n mens dit nie. Sonder
hierdie geloof in die Drieenige God is 
God se veroordeling en die hel die enigste vooruitsig vir ‘n mens.

Hoe
groot is die belang en die baat van die geloof 
broers en susters! Hoe groot is die verskil tussen 
geloof en ongeloof.

Die
geloof is die middel waardeur die HERE vir jou en my dit wil gee. Wie ander
mense liefhet en weet dat hulle nie met Christus lewe kan dan ook eintlik nie
anders as dit met geesdrif en klem vir hulle te vertel nie.

Die
geloof  maak
jou nie beter as ander mense nie. As ek dit sê bedoel ek daarmee dat 
‘n mens homself nou nie vanweë sy geloof bo ander mense mag verhef nie
en dink dat jy vanweë jou geloof 
nou die ewige lewe van God verdien. As jy op jou eie geloof begin vertrou
is jy op 'n sondige pad want dan bou jy weer op iets in jouself en nie op die
Here Jesus nie. Hy is dit wat alles verdien het wat nodig is. Glo is dat 
jy altyd weer na Hom toegaan, op Hom vertrou, by Hom skuil. Dat jy nie
vir jouself sê nie: 
Ek doen meer vir die HERE as ander mense, my geloof is sterker en daarom
sal die HERE my verseker regverdig verklaar. Dit is ‘n sondige gedagte en
siening wat juis weer om God se oordeel roep. Gaan steeds weer in geloof tot
Christus, laat Hy vir jou alles wees, dan ontvang jy, wonder van God se genade!,
al die goeie uit God se hand. Dan veroordeel Hy jou nie maar laat jou deel in
die ewige verloste lewe.

AMEN       

    

Liturgie: 

(kyk in preek)