Ons daaglikse brood en die Koninkryk van God

Predikant: 
Ds FJ van Hulst
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 50
Preek Inhoud: 

Ps 126: 1
Ps 126: 2, 3
Ps 91: 1, 2, 5, 6
Ps 106: 1, 2
Ps 106: 20
Lees: Luk. 10: 1 - 20
Teks: Sondag 50 H.K.

Broeders en susters,

Vanoggend sal dit gaan oor die 4e bede wat die Here Jesus ons leer bid het.

Gee ons vandag ons daaglikse brood. In hierdie bede kom dus ter sprake ons voedsel, ons lewensonderhoud, ens. Die sake wat ons elke dag nodig het.

As ons 'n poging sou doen om hierdie bede so kort as moontlik te formuleer, dus as ons elke woord skrap wat nie beslis noodsaaklik is nie dan bly daar as kern net die woorde oor: Gee ons brood.

Dit is die allerkortste weergawe van die vierde bede wat ons kan bedink. Die interessante van so 'n aanpak is dat ons dan amper vanself by die vraag uitkom: Maar hoekom sê die Here Jesus dit dan meer uitgebreid? Ofwel, Waarom voeg Hy in hierdie bede nog die woorde 'vandag' en 'daaglikse' toe.

Gee ons vandag. Dis nou opvallend dat oor môre nie gepraat word nie. Dis hierin opvallend omdat die evangelie juis so dikwels oor die toekoms praat. Heel die gebed, heel die Ons Vader veral is vol daarvan.

Van die toekoms van die koms van God se Koninkryk.

In al die bedes wat ons tot nou toe bespreek het: laat U Naam geheilig word, laat u koninkryk kom, laat u wil geskied, vra ons iets soos: gee dat ons vandag 'n begin sal maak met wat eendag in volkomenheid sal kom.

Ons begin nou reeds u naam te eer. Gee dat ons dit in die toekoms in volkomenheid sal doen. U Koninkryk waarvan ons tans die begin sien, laat dit eendag tot voltooiing kom. Laat u wil geskied - gee dat by ons 'n begin van gehoorsaamheid sal wees wat eendag volmaak word. So by bedes 1 - 3

Maar hier in die vierde bede vra ons net iet s vir vandag. Dit word nog onderstreep deur die ander toevoeging: daagliks.

'Daagliks' beteken hier mos: Voldoende vir 'n dag.

'n Dagrantsoen. Genoeg om van te lewe, maar nie juis 'n oorvloedige maaltyd nie.

En ook dit is weer opvallend. Immers van al die gawes wat God in Sy koninkryk wil gee belowe Hy oorvloed. Hy skenk 'n oorvloed van vreugde. Hy betoon 'n oorstelpende genade. Hy stroom oor van liefde.

Maar op hierdie punt: Ons amg nie meer as net 'n dagrantsoen vra nie. Genoeg vir 'n dag. Wel oor hierdie sake sal dit gaan in die evangelieprediking aan die hand van Sondag 50.

Ons tema: ONS DAAGLIKSE BROOD EN DIE KONINKRYK VAN GOD.

  1. God belowe daardie brood as 'n geskenk van sy Koninkryk wat kom.
  2. Ons vra daardie brood vir ons diens van sy Koninkryk wat kom.
  3. Ons ontvang daardie brood as 'n waarborg van sy Koninkryk wat kom.

In die voorgaande Sondae, broeders en susters, seuns en dogters, het ons wel gesien dit gaan in die 'Ons Vader' om groot sake. Ons leer bid om die heiliging van die Naam van die Vader, en die koms van Sy Koninkryk, om die gehoorsaamheid aan Sy wil.

Dit is 'n gebed op 'n baie hoe vlak wat die Here Jesus ons hier leer uitspreek. Deur ons hierdie bedes voor te sê, hef die Here Jesus ons uit bo die dinge van die dag waarmee ons altyd so besig is.

Daarom was dit ook heeltemaal tereg dat die dissipels vir die Here Jesus gevra het: Here, leer ons bid. Ons weet nie goed wat om te vra nie.

Om te bid dit moet 'n mens leer.

Daarom is dit nodig dat ook gereeld vir die gebed gepreek word, anders verval ons sommer weer in 'n gebed waarin ons net vra om dinge wat vir 'n mens so vir die hand lê; voedsel, gesondheid, vryheid.

Dus ons behoort dankbaar te wees dat die Here Jesus ons inskakel by so groot sake soos die koms van God se Koninkryk, die heiliging van die Naam van die Vader ens.

Maar nou kom dan die vierde bede. Gee ons vandag ons daaglikse brood. Tuimel ons nie nou 'n hele ent af nie. Daal ons nie nou meteens af na 'n heel ander vlak, na 'n veel meer kleinmenslike vlak nie?

Is die oorgang hier nie al te groot nie, dat ons eers praat oor daardie groot sake van die Koninkryk van God en dan skielik oorgaan na ons eie menslike behoeftes van "kos"(eet? ) en "drink".

Nou sal ek vir u sê: Die mense was ook nie altyd in staat om die oorgang te maak nie. In die kerkgeskiedenis is die vierde bede dan ook dikwels vergeestelik. Dan het hulle gesê: Die brood wat Chritus bedoel is natuurlik Sy woord. Daardie woord het ons elkeen nodig.

Die Here Jesus het mos self gesê: Ek is die brood van die lewe. Wel daarom moet 'n mens dan vra.

Ook is dikwels gesê: ( Maarten Luther b. v. ): Die brood waarom dit hier gaan d. i. die Nagmaalsbrood. Die voedsel vir die ewige lewe.

Maar broeders en susters, wie so praat, hy praat geesteliker as die Here Jesus self. Want Hy bedoel tog die gewone brood. Ons daaglikse voedsel vir ons liggaam. Soos 'n kind by die huis sy ma vra vir 'n stukkie brood, net so kom die kinders van die koninkryk tot hul hemelse Vader en sê: Vader, kan ons ons brood kry? Met die selfde vanselfsprekendheid, met dieselfde vertroue. Dit is die eerste wat ons hier wil sien:

Dit is die Here Jesus wat die gebed om die daaglikse brood in die 'Onse Vader' opgeneem het. Dit is 'n pragtige saak. Dat 'n mens daarom kan vra. Dat jy by jou hemelse Vader kan kom, om 'n aardse stuk brood. Onse God is daarvoor nie te hoog, nie te verhewe nie.

Eintlik is dit onvoorstelbaar. Menslikerwys sou 'n mens sê: God die Vader wat hemel en aarde moet regeer het darem iets anders om te doen as om te luister na my vrae om daaglikse brood.

En tog mag ons die brood wat ons nodig het, voor sy aangesig bring. Temidde van die bedes wat op 'n hoe geestelike vlak staan, staan daar die bede om die aardse brood.

Eintlik moet 'n mens dit so sê: Deur die Here Jesus word 'n aardse nood op 'n geestelike vlak gebring.

Dit is die mooie wat gebeur as ons van die Here Jesus leer bid.

In hierdie gebed leer die Here Jesus vir ons om te vra oor die groot sake in God se Koninkryk, 1. Naam. 2. Koninkryk. 3. Wil.

Op daardie wyse maak Hy ons hart oop vir die sake van God se Koninkryk. Maar tewens wys Jesus dit: Die hart van die Vader staan oop vir die sake van sy kinders en vir die node (behoeftes? ) van sy kinders.

Een van daardie node (behoeftes? ) is ons daaglikse brood. Ons kan nie daarsonder, solank as wat ons op hierdie aarde lewe nie. En ons Vader weet dit. Hy is die Skepper van hemel en aarde. Ook van die mens. God het die mens so gemaak dat hy kos odig het en nog 'n hele paar dinge meer.

En daarom sal die Here dit wel vir u gee. Juis as u u hoofaandag (? ) gerig hou op die sake van God se Koninkryk. Dit is wat so treffend is in die Skrifgedeelte wat ons gelees het.

As die Here Jesus sy leerlinge uitstuur om te verkondig dat die Koninkryk van die hemele naby gekom het, dan bestee Hy op 'n opvallende wyse aandag aan wat hulle tydens die diensreis nodig sal hê.

Hulle hoef nie self hul kos saam te neem nie. As die Here Jesus hulle uitstuur met 'n opdrag dan waarborg Hy dat hulle onderweg(oppad? ) kan eet en drink.

So is ons almal uitgestuur in die Koninkryk van God. Daardie Koninkryk moet ons lewensdoel bepaal.

Wel, waar dit die geval is daar sal u vanself ook wel u daaglikse brood ontvang. As 'n geskenk van daardie Koninkryk. En so kan ons eintlik nie meer praat van ons brood verdien nie. Immers in God se Koninkryk kan jy niks verdien nie. Daar kan jy slegs ontvang.

Selfs ons daaglikse brood val onder die geskenke van God se Koninkryk. En daarom is al ons brood uiteindelik genadebrood. Brood wat vanuit die liefde van God na ons toekom.

Genadebrood - wonderbrood!

Reel is dat 'n mens in hierdie wêreld moet werk vir sy brood. Tereg spreek die Kategismus hier van sorg en arbeid. Inspanning om ons daaglikse brood by mekaar te maak. Dit is die weg waarlangs God vir ons brood wil gee. Natuurlik kan 'n mens teenoor 'n aardse werkgewer wel praat van reg op loon. Die arbeider is sy loon werd, sê die Here Jesus. Hy verdien dit.

Maar tegelyk weet ons dat ons dit alleen kan ontvang deur God se genade. Want wat help dit in brood te hê maar geen seen van God nie? Soos die Kategismus sê: " Al ons sorg en arbeid kan ons sonder u seen nie baat nie. " 'n Gelowige wat sy brood eet, ontvang daardie seen van God. Hy ontvang dit as 'n geskenk in sy Koninkryk. Natuurlik kan 'n mens ook eet sonder daardie seen van God. Dis miljoene mense op aarde wat so eet.

Hulle ontvang wel gawes van God, maar hulle sien daarin nie 'n geskenk van 'n hemelse Vader nie. Wel dan ontvang hulle daardie geskenk ook nie. Jou oordeel kan maar net swaarder word as jy weier om God die eer te gee vir al Sy gawes.

2. ONS ONTVANG ONS BROOD VIR DIE DIENS IN DIE KONINKRYK WAT KOM

Ons het al gesien dat dit by die vierde bede nie skielik om 'n totaal ander saak as vby die eerste drie bedes gaan nie.

Jy kan ook nie sê: In die Onse Vader kom eers die sake van God self ter sprake: Sy Naam, Sy Ryk, Sy wil. En dan vanaf die vierde bede kom onsself aan die beurt: Gee vir ons brood. Vergewe ons.

Nie die bede om ons daaglikse brood is 'n onderdeel van die een diens in die Koninkryk van God.

Die Kategismus verklaar so: Versorg ons met alles wat vir die liggaam nodig is. Dus daarby is ingesluit my voedsel, my huis, my kleding, my gesondheid. Dit alles het ek nodig.

Alleen die vraag is nou: Hoeveel het ek nou regtig nodig? Wat is die minimaal noodsaaklike? En wanneer is iets b. v. luukse? Wel, die antwoord daarop hang af van die tyd en die wêreld waarin jy lewe.

Wat 25 jaar gelede luukse was, dit vind ons nou 'n eerste lewensbehoefte. As mense nou gaan trou soek hulle eers 'n yskas, 'n stoof en 'n wasmasjien. 25 Jaar gelede was dit sake vir rykmense, en 50 jaar gelede moes hulle nog uitgevind word. Toe moes almal sonder daardie sake regkom. Wat is nou noodsaaklik en wat is luukse?

Dit hang maar net af waaraan jy self gewoond is. Iemand wat deur die week nooit vleis eet nie, maar op Sondag 'n stukkie gebakte spek eet sal sê: Dis darem 'n regte feesmaaltyd hierdie! Maar iemand wat gereeld 'n goeie stuk vleis eet en dan op sondag 'n stukkie gebakte spek op sy bord sien sê: Is dit al?

Voel u die verskil?

Ek wil maar net dit verduidelik - Dit is 'n baie subjektiewe saak om te bepaal wat nodig is en wat 'n luukse is. Daar is mense wat royaal lewe en sê: Ek sien absoluut nie kans om met minder rond te kom nie. Maar daar is ander mense wat al met baie minder tevrede is.

Maar hoeveel vra jy nou as jy bid: Gee vir my wat ek nodig het? Wat is dan nodig?

Wel, by die beantwoording van die vraag moet ons maar nie uitgaan van onsself nie. Wat is nodig vir my? Dan stel ek my behoeftes in die middelpunt. My vereistes vir 'n menswaardig bestaan.

Maar die Here Jesus bring hierdie bede heel duidelik i. v. m. die Koninkryk van God! Daardie Koninkryk bepaal die maat van my behoeftes. Die vierde bede is nie 'n bede om 'n onbesorgde bestaan nie, maar dit is 'n bede om wat ek nodig het in die diens van my hemelse Vader! Wat ek behoef vir my werk in Sy Koninkryk!

En daarom is hierdie bede ook so baie beskeie. Gee my vandag my daaglikse brood. Gee my wat ek nodig het om vandag my diens in U Ryk te kan vervul. Wel, die taak wat ons dan het is vir elkeen anders. En daarom is elkeen se behoeftes ook nie dieselfde nie.

Die een het vanwee sy werk of gesin 'n groter huis nodig as 'n ander. Iemand wat vir sy werk langs die pad is, benodig 'n goeie motor. Iemand wat 'n verteenwoordigende funksie het het meer en beter kleding nodig as iemand wat sy werk in 'n oorpak doen.

Elkeen se taak is anders en daarom ook elkeen se behoeftes. Maar almal mag vir wat nodig is by die Here aanklop. Dit moet 'n beskeie vraag wees. Ons daaglikse brood. Die rantsoen wat ons nodig het om te kan lewe en om te kan werk.

Dan kan die Here baie gee of Hy kan min gee.

Maar een ding weet ons: Dit is genoeg vir die diens wat Hy van ons vra. Gee ons vandag ons daaglikse brood. Dit mag wees dat ons dan 'n skraal porsie ontvang, maar dan bly dit ons taak om daarmee die Here te dien.

Dit kan ook gebeur dat ons siek word en aan ons bed gebonde bly. Ook dan bly dit ons taak om die Naam van God met eer te roem. Dit is dan ons diens op die siekbed.

Dit kan selfs gebeur dat ons deur gebrek aan werkgeleentheid ons taak in die maatskaplike lewe verloor mt al die probleme wat daarmee saamkom. Maar nog steeds bly ons diensbaarheid in die koninkryk van God. Hoe die diens dan ingevul moet word, is in die geval 'n baie moeiliker vraag as wanneer jy gewoon jou daaglikse werk kan doen.

Maar daar is 'n taak. En God gee die middele vir die taak wat Hy van jou vra.

God vra nooit meer as wat Hy gee nie. Troos vir hulle wat min ontvang. Maar God vra ook nooit minder as wat Hy gee nie. Aan hom wat baie gegee is, van hom sal baie gevra word.

Ook van ons broeders en susters, seuns en dogters, wat in 'n situasie van groot materiele welvaart lewe sal God vra: Wat het jy met my gawes gedoen?

Wat het jy b. v. met jou salaris in die kerk beteken? Wat het jy met jou gawes vir jou naaste beteken? Jou naaste naby jou. En jou naaste 'n bietjie verder weg.

Het jy al jou gawes ook in My diens bestee?

Of het jy net jouself daarmee gedien, net jouself daarmee bederf. Kies wie jy wil dien? Maar................ twee here dien nie.

Dis of die Here of jouself!

3. ONS ONTVANG ONS BROOD AS WAARBORG VAN SY KONINKRYK WAT KOM

Dikwels het ons maar die neiging om sake van die koninkryk van God en ons daaglikse brood as twee heel verskillende sake te beskou. Ons dink in terme van: daar is geestelike node: Soos vergewing van sondes deur Jesus Christus, die gebed en die diens in die Koninkryk ens.

En bo en behalwe dit is daar ook nog materiele behoeftes. Kos, kleding, gesondeheid. En dikwels dink ons dan so verder:

geestelike behoeftes - daarin word voorsien danksy Jesus Christus deur God as Verlosser.
maar materiele behoeftes - God en Skepper en Onderhouder.

Die laaste gaan vir ons gevoel buite Jesus Christus om. Vir ons materiele sorge het ons niks met die kruisdood van Christus te doen nie.

En tog is dit nie 'n regte onderskeiding nie. Ook die eet van ons brood is 'n volop geestelike saak. Ook daarvoor het Jesus Christus sy lewe gegee. Immers die enigste groot geskenk wat God vir ons wil gee en waarom ons moet vra kan ons in twee woorde sê: Jesus Christus.

Hy is die groot gawe van God in ons lewe. Ons brood is nie 'n aparte bykomende geskenk nie maar ons brood lê in daardie gawe opgesluit.

Alles wat ons het, het ons in Jesus Christus!

Dus ook ons daaglikse brood.

Want sinds Golgota is die Here Jesus Christus die Eienaar van al wat is op hierdie wêreld. En daarom is Hy ook die Middellaar van elke maaltyd. As Jesus Christus nie deur Sy Vader na hierdie wêreld gestuur was nie, dan was hierdie wêreld nie meer daar nie. Dan was daar ook op hieride aarde niks meer om te eet of te drink nie.

Dat hierdie wêreld nog steeds aangaan, dat daar op hierdie aarde nog steeds mense kan bly dit is nie dinkbaar sonder die genade van God wat in Jesus Christus verskyn het nie.

Uit Hom en deur Hom en tot Hom is mos alle dinge.

En dis hoekom ons in elke sonstraal wat ons verwarm die warmte van God se genade moet voel.

En in elke stuk kos wat ons geniet moet ons die liefde van Christus ervaar.

Juis in daardie sake, in die daaglikse lewensonderhoud proef 'n mens dat God nog baie meer het om te gee. En so word ons daaglikse brood wat ons van ons hemelse Vader afbid tot 'n waarborg van Sy Koninkryk wat kom.

'n Waarborg dat God vir ons nog baie meer sal gee.

Hy wat vandag God wil dank vir wat hyself dalk tog as 'n sobere lewensonderhoud ervaar, hy sal waardig geag word om ook die meerdere wat God wil gee te ontvang.

Die volle gawes van sy Koninkryk.

Immers die gelowiges sal eendag heel die aarde as 'n geskenk van die Vader erwe.

Op daardie allergrootste geskenk berei Christus ons elke dag voor deur ons steeds om die allereenvoudigste te laat vra. Brood. Vir een dag.

En daaruit sal ek leer om dankbaar te wees. Dankbaar vir al die gawes wat God wil gee.

Want hoe sal vir iemand wat nie dankbaar vir sy daaglikse brood is nie, die groot gawe van God, die burgerskap van Sy Koninkryk geskenk kan word?

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)