Ons geloofsbelydenis aangaande die Heilige Gees

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 20
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 20 H. K.

Ook my gegee

Lees: Johannes 16: 5 - 22
Teks: Sondag 20 H. K.
Sing: Ps. 122: 1 en 2
na wet Ps 51: 1
na belydenis Ps 150: 1 en 2
Ps 119: 59, 62, 63
Sb. 8: 5
Ps 24: 7

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Een van die mooiste onderdele van die pastorale werk is om te katkiseer. Elke week op 'n vaste dag, ontmoet die katkiseermeester die jong skape van Christus, die lammers van die kudde. Hy probeer hulle te leer waar dit in die evangelie en in die kerk op aan kom. As die katkisante dan volwasse word gaan hulle hul geloof bely. Deur die ampsdraers word daar partykeer heel indringend met die jonge kerklidmate gespreek. Net nou moet hulle in die kerklike lewe op eie bene staan.

Die sorg vir die jong skape laat die ampsdraers hul hart weleens vashou. Wat sal daar van hul geloof word as hulle buitekant die beskerming van die gereformeerde gesin te staan kom? As hulle as troepie grensdiens moet doen of as student op hulself gaan woon. Daar is van die jong lidmate wat vir korter of langer tyd oor see moet gaan.

Ouers verkeer somtyds in groot sorg, die een kind is nie aan die ander gelyk nie. Daar kan regtig sorgwekkende kinders wees.

Gemeente, Vanmiddag/more bely ons: Ek glo in die Heilige Gees. Die opskrif bo sondag 20 se nadruklik: oor God die Heilige Gees. So ken ons Hom tog? In sy naam is ons en ons kinders gedoop! Nadruklik het ons Heiland in die doopbevel aan sy dissipels die Heilige Gees daarby genoem: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

Nou bely ons hier: dat die Heilige Gees ewig by ons bly. Hy het die teuels van ons lewe in sy hand geneem. Ook die teuels van die lewe van ons kinders het Hy in sy hande geneem. Hy lei en stuur ons skip oor die lewensee met die golwe van hierdie tyd heen. Wat is ons belydenis met antwoord 53 direk dat Hy ook aan my gegee is, om ewig by my te bly. Hierdie bemoediging in hierdie tyd wat storm van ongeloof is vir almal oud en jonk bedoel. Die storm van ongeloof en van God is dood geloof, het al baie christene ontwortel.

Hoe sal ons as gemeente van God in hierdie tyd vas bly staan? Is dit geen bemoediging om in hierdie tyd te kan bely: Ek glo in die Heilige Gees nie? Nie aan Hom nie, maar in Hom! Dis met heel ons hart dat ons op Hom steun. Op my lewe het die Gees beslag gele. Sien nou raak hoe sentraal Jesus Christus in antwoord 53 staan. Oor die Heilige Gees kan ons geen verstandig woord buite Christus om se nie. Hy verbind ons aan Christus. Hy troos ons met die skatte van Christus. Hy laat ons aan Christus vashou. Ons spreek oor:

ONS GELOOFSBELYDENIS AANGAANDE DIE HEILIGE GEES.

  1. Hy wat ons aan Christus verbind;
  2. Hy wat ons met Christus troos;
  3. Hy wat ons aan Christus laat vashou.

I Hierdie sondag is nog korter as sondag 17 wat die antwoord nog in drie punte bespreek. Sondag 20 het maar 2 punte. Korter kan dit amper nie. Hoekom is hierdie sondag so kort? Het die manne van die groot reformasie die Heilige Gees minder belangrik gevind? Oor God die Vader word in twee omvangryke sondae gehandel. Oor God die Seun word in nege sondae gespreek. Hoekom oor God die Heilige Gees so min woorde?

Wel gemeente, ons moet twee dinge raaksien. Eerstelik is nie alles oor die Heilige Gees in sondag 20 opgeneem nie. Lees maar die opskrif bo hierdie sondag: Oor God die Heilige Gees en ons heiligmaking. Ons heiligmaking sluit in: Die vergadering van die kerk, die gemeenskap van die heiliges, opstanding van die vlees, die ewige lewe, die regverdiging en heiliging wat die Gees ons toeeien. Tot sondag 24 word oor die werk van die Heilige Gees gespreek. Ten tweede is hierdie beknopte sondag swaar gelaai. Die opstellers van die kategismus het die kuns verstaan, om met weinig woorde veel te se.

Kyk wat onder eerstelik gese word: Dat Hy saam met die Vader en die Seun waaragtige en ewige God is. Daar is verklaarders wat se dat sondag 20 ons nogeens op die hart wil bind dat die Heilige Gees soos die Vader en die Seun God is. Dan sou dus opnuut bely word wat ons in sondag 8 al bely het, maar dis nie waaroor dit in sondag 20 gaan nie.

Antwoord 53 se nie dat die Heilige Gees eweso as die Vader en die Seun God is nie, maar dat die Heilige Gees SAAM met die Vader en die Seun God is. Hierdie fyne nuansering moet nie oor die hoof gesien word nie. Dis nie eenvoudig om uit te le waarop dit in die God wees van die Heilige Gees aankom nie. Laat ons daartoe 'n bietjie aandag aan die opskrifte gee waarmee ons belydenis die twaalf artikels indeel.

Die eerste deel handel oor God die Vader en ons skepping. Wat dit inhou is vir ons duidelik. Ons sien dan die gebeure van Genesis 1 voor ons oog afrol: Die lig, die uitspansel, die diere en die mens. Dit alles kom uit die hand van die Skepper voort en word nog deur Hom onderhou. Die tweede oor God die Seun en ons verlossing wat ons ook goed kan verstaan. Die werk van die Seun van God sien ons in die artikels 2 tot 7 aan ons oog verby gaan: Nederige geboorte, lyding, sterwe, neergedaal na die hel, opgestaan uit die dood en die hemelvaart. In die sondae 11 tot 19 word daar uitvoerig oor gespreek.

Nou egter die opskrif bo die sondae 20 tot 24: Oor God die Heilige Gees en ons heiligmaking. Wat is die bedoeling van die kategismus met die woord heiligmaking? Wat is nou die spesifieke werk van die Heilige Gees wat daarin tot uitdrukking kom? Die woord heiligmaking of heiliging is geen gemaklike woord nie, katkisante het partykeer moeite om die inhoud te verstaan. Die woord beteken beslis nie dat ons deur die Heilige Gees tot heilige, in die sin van sondelose, mense gemaak word nie. Dit is ons nie en dit sal ons in hierdie bedeling ook nie word nie. In die heilige Skrif het die woord heilig altyd as grondbetekenis: Afgesonder van die wereld en aan die diens van God toegewy.

By die doop van ons kinders bely ons dat hulle in Christus geheilig is. Dit wil se: onder die krag van Christus en sy versoeningswerk gekom het en aan sy diens toegewy is. In Christus in die verbond van God opgeneem. In hierdie rigting moet gedink word as dit oor God die Heilige Gees en ons heiligmaking gaan. Ons mag hier ook dink aan die verklaring in die formulier om die heilige doop aan kinders te bedien: Dat die Heilige Gees ons tot eiendom maak wat ons in Christus het, naamlik: die afwassing van die sondes en die daaglikse vernuwing van ons lewe.

Daarmee staan ons nou in die hart van die saak wat ons in hierdie kategismus-sondag bely. Al die skatte wat Christus vir ons verwerf het, wat Hy verdien en met sy kosbaar bloed betaal het word deur die Heilige Gees na ons toe gedra. Dis die agtergrond van die eerste kort sin van antwoord 53: Die Heilige Gees is SAAM met die Vader en die Seun eg en ewig God, nie om teoreties vas te stel dat die Heilige Gees net so goed God as die Vader en die Seun is nie. Nee, ons bely dit, om daarmee duidelik te maak dat die uitdeel en die toeeiening van die heil in Christus alleen 'n werk van God die Heilige Gees kan wees! Of soos ons formulier om die doop aan kinders te bedien se: Ons tot eiendom maak wat ons in Christus het.

Die Vader het ons geskep, dit kon Hy doen en het Hy as God gedoen. Die Seun verlos ons, dit kan Hy en doen dit as God. Die Heilige Gees eien ons die heil in Christus toe, dra dit na ons toe. Dit doen Hy en kan Hy as God doen! Hy is immers saam met die Vader en die Seun waaragtig God. Die verdorwe hart van 'n sondaar met die towerstaf van die genade van God aanraak en herskep kan alleen God die Heilige Gees doen.

Nee, die Heilige Gees is nie net maar 'n krag van God of net maar 'n goeie engel, soos party vrysinniges beweer nie. Wanneer Hy maar net 'n krag van God was, hoe sou Hy dan in die binnenste van die verdorwe mensehart kan deurdring? Hoe sal Hy dan die dooies uit die stof van die aarde kan opwek? Hoe sal Hy dan op die dag van Christus lewewekkend oor die akkers van die dood kan stryk?

Die heerlike belydenis van die drie-eenheid in die rangorde van Vader, Seun en Heilige Gees is hier betekenisvol. Dit sluit aan by wat ons Heiland in Joh. 17 vir sy Vader bely Hy se daar in vers 4: "Ek het U op die aarde verheerlik deur die werk te volbring wat U My gegee het om te doen. " Op sy beurt sal die Heilige Gees die Seun verheerlik. In Joh. 16: 4 se Christus van die Gees van die waarheid: "Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig. "

Die Vader het die Seun uitgestuur om sy middelaarswerk op aarde te verrig. Die Gees weer neem uit die volbragte werk van die Seun en dra die volheid daarvan na ons toe. Dis nie verniet dat die kerk van die reformasie hier bely dat die Heilige Gees waaragtig en ewig God is. Die grondslag vir die werk van verlossing is in die ewig oorleg van die Vader, die Seun en die Heilige Gees gele. Dis 'n ewig en onverwoesbaar fondament wat daar onder ons verlossing le!

Noudat ons oe vir die waaragtig en ewig God wees van die Heilige Gees saam met die Vader en die Seun oop gemaak is, gaan ons kategismus nog 'n tree verder. Opnuut word dit wat gese moet word in 'n kort beknopte sin gese, waar onvoorspelbaar veel in opgesluit is.

Gemeente, ons bely ten tweede dat Hy ook aan my gegee is. Dis 'n feestelike belydenis: Hy, die Heilige Gees wat saam met die Vader en die Seun waaragtig en ewig God is, is ook aan my gegee.

Opnuut staan ons in die hart van ons reformatoriese belydenis wat ons verlossing aangaan. Ook al is antwoord 53 kort en beknop, tog is dit 'n radikale afwysing van die leer van heil en verlossing soos die Roomse-kerk dit leer. Die Roomse-kerk waar die Reformasie mee gebreek het, het geleer dat Christus tot die gemeente deur die bediening van die mis gekom het. As 'n mens die mis maar bygewoon en gevier het, en daarby nie die genade van Christus teenstaan nie, het hy Christus ontvang. Daar het by Rome 'n seker outomatisme in die leer van die heil ingedring.

Die reformasie daarteenoor het die evangelie soos die ou christelike kerk dit in die twaalf artikels bely het, onder die stof van eeue te voorskyn gebring. Daarin bely ons: Ek glo IN die Heilige Gees. Nie AAN die Heilige Gees nie. Daardie glo IN die Heilige Gees hou in dat Hy ook aan MY gegee is. Dit is wat ons van die Heilige Gees glo.

Wat is daar baie in die een sin opgesluit. Ons mag se: daarin is die hele Pinksterevangelie vervat. Met Pinkster is die Gees in sy volheid oor die kerk van God uitgestort. Dink aan die magtige tekens: Die geluid uit die hemel soos van 'n geweldige stormwind, wat die hele vertrek vervul het waar die kerk vergader was; iets soos vuur wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het. Almal is met die Heilige Gees vervul en het in ander tale begin praat.

Dis onjuis om daardie Pinkstergeweld en Pinkstervervoering ook nou nog, soos die Pinkstergroepe, te verlang. Hulle het tot die eerste uitstorting van die Heilige Gees behoort, met die tekens het God die uitstorting van die Heilige Gees eens en vir goed gemarkeer. Gemeente, dis soos 'n rivier. Daar waar dit hoog in die berge ontspring hoor ons hom in watervalle bruis en raas, maar kom dit in die vlakte dan stroom dit kragtig en rustig verder.

Na Pinkster sien ons die Heilige Gees rustig en kragtig deur die eeue heen verder stroom. So het die Gees ook ons in die hede bereik. Dit bely ons nou met die woorde: ook aan MY gegee. Sondag 20 spreek hier heel persoonlik en tegelyk die hele kerk omvattend. Elkeen verklaar dit heel persoonlik vir homself, maar tegelyk weet elkeen dat hy met die: "ook my" in heel die kerk van God opgeneem is. So mag ons dit as lidmate van Christus se heilige katolieke kerk se!

Die een sin is vol verwondering en ootmoed. Met diep verwondering bely ons dat ons daarby mag behoort. Dat God die Heilige Gees in die gemeenskap van die kerk van God ook ons opgeneem het en beslag op ons hart gele het. Hier pas vir ons ook net maar diep verwondering en aanbidding dat God ons, in sonde ontvange en gebore mense, verkies en sy heilstem laat hoor, ja, woon in sy huis.

Hier klink dieselfde verwondering deur as by sondag 7 toe ons bely het: dat God nie alleen aan ander nie maar ook aan MY vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid geskenk het. Nogmaals in hierdie belydenis staan die kerk van die reformasie teenoor die Roomse-kerk.

In die sakrament by Rome 'n nagenoeg outomaties ontvang van die heil, sonder dat hulle hulself voor God as sondaar geplaas weet. Hier in die kategismus die streng persoonlike belydenis dat ons uit genade daarby behoort. God die Heilige Gees het immers beslag op ons gele? Elkeen van ons mag kind van God wees. Die kerk van die reformasie spreek hier die apostel Paulus na wat in Gal. 4: 16: Abba, Vader uitroep!

Gemeente, ons mag Abba, Vader se, moenie net ander dit laat se nie. God self het ons daartoe die vrymoedigheid gegee. Dis nie net woorde van die kategismus nie, maar dit moet ook die belydenis van ons hart wees. Miskien wil ons dit wel se, maar ontbreek die durf. My bose hart en al my sondes is in die pad. Op papier lyk dit alles pragtig en heerlik, maar wat kom daar in die praktyk van my lewe van tereg?

Inderdaad ons as kinders van God kom partykeer midde in aanvegtinge te staan. Die duiwel sit dan alles in om ons van die vaste beloftes van God los te breek. Dink dan aan die belofte van Joel wat Petrus op die Pinksterdag gesiteer het: "Ek sal my Gees uitstort op alle mense". God se daar nie dat Hy sy Gees op mense wat al rein en heilig is uitstort nie. Nee, God sal op alle mense uitstort. Op mense wat van hulself sondig en verdorwe is, maar waar God in soewereine genade, op grond van die deur Jesus Christus volbragte werk, beslag op le.

Nog het antwoord 53 nie klaar gepraat nie, dit se Hy is my gegee "om": Hierdie woordjie "om" moet ons in die sin van "met die doel" verstaan. Hy is my gegee, met die doel, my deur 'n ware geloof Jesus Christus en al sy weldade deelagtig te maak. God werk saam met die Heilige Gees.

Dis ook 'n aksie van God om my deur God die Heilige Gees die Here Christus en al sy weldade deelagtig te maak. Ja daar is 'n onlosmaaklik verband tussen Christus en al sy weldade, hulle is nie van mekaar te skei nie.

Die weldade, dit is skatte van die verbond, of soos iemand geskryf het die saligheid van die verbond van God, wat Christus deur sy dood en opstanding vir ons verwerf het. Elkeen wat Christus met 'n waar geloof as sy Heiland en Verlosser aangryp, het daarmee tegelyker tyd die weldade van Christus gegryp. Wat die gawes is? Vergewing van sondes, die ou mens wat gekruisig word en die nuwe mens wat opstaan, ewige geregtigheid en heerlikheid. Noem hulle broeders en susters en gee hulle deur aan elkeen wat hulle nie ken nie.

Ons het nou oog in oog met die eintlike werk van die Heilige Gees te staan gekom: Hy le die verbinding tussen Christus, ons Voorspraak bo aan die regterhand van God en ons wat hier onder op aarde bly. Soos die nagmaalsformulier se: "Deur die Gees, wat in Christus as die Hoof en in ons as sy lede woon kan ons in ware gemeenskap met Hom lewe. " Is dit nie heerlik nie? Christus ons Heiland is nie ver en vir ons onbereikbaar nie. Deur die Heilige Gees is ons met Hom verbind. Dis uit sy hand dat ek vergewing van sondes en ewige lewe ontvang. My lewe word van dag tot dag deur sy Gees vernuwe.

Nou moet ons nog raaksien dat die Gees ons deur 'n ware geloof aan Christus verbind, soos antwoord 53 se. Elk woord in die kort sin is onmisbaar, ook hierdie ware geloof waarna verwys word.

Daar is verklaarders van die kategismus wat daaroor twis of eers die Heilige Gees ons gegee moet word om daarna in Christus te gaan glo, of dat die geloof vooraf gaan en ons daarna die Heilige Gees in die weg van die geloof geskenk word. Dis 'n glad onnodige twis. Die twee: die Heilige Gees en die ware geloof gaan onlosmaaklik saam. Die Heilige Gees werk die geloof in ons harte deur die verkondiging van die heilig evangelie en ek kom tot geloof deur die evangelie te hoor. Paulus se in Rom. 10: 17: Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. Sonder geloof is daar geen verbinding tussen ons en Christus nie, terwyl die geloof 'n vrug van die Heilige Gees is.

Laat ons aan die begin van die preek terugdink, waar ons oor die sorg ten opsigte van die jeug van ons gemeente gespreek het. Hierdie woorde van antwoord 53 is vir jong en oud bedoel. Katkisasie is maar nie net 'n les uit jou hoof leer nie. Die jeug word net soos die oueres alleen deur 'n ware geloof en die Heilige Gees, Christus deelagtig. Dis Christus wat hulle deur katkisasie tot die geloof wil bring. Daarom is dit vir ons jong mense so belangrik om kerk toe te kom en moet die twee katkisasie en kerkdiens soveel moontlik opmekaar ingestem wees.

II Ons het nou by die tweede hoofdeel van die werk van die heilige Gees gekom. Daar is nog baie meer te noem wat ons in die sondae 21 tot 24 sal hoor. Daarom is dit in antwoord 53 tot 3 hoofdele beperk. Die dele is dan ook met sorg gekies. Kyk maar, die antwoord vervolg: om my te troos. Die Griekse woord "Parakleet" wat in die Nuwe-Testament vir die Heilige Gees gebruik word beteken eintlik Trooster.

Die Here Jesus het self die Heilige Gees so genoem en as die Heilige Gees trooster genoem word spreek dit vanself dat om te troos een van sy belangrikste werke is. Gaan aanstons by die huis Joh. 14 maar lees: Daar het die Heiland met indringende woorde van sy apostels afskeid geneem, en gese: "Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: Die Gees van die waarheid wat die wereld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien nie en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. "

Belofte ryke woorde word deur Jesus aan die apostels gegee en in hulle aan die hele kerk wat na hulle sal kom. As ons Heiland se Hy sal 'n ander Trooster gee wil dit se dat Hy wat heengaan ook Trooster is. Christus is ons Parakleet. By Vader in die hemel neem Hy dit vir ons op. Voor die hemelse regter is Hy ons advokaat, ons voorspreker. In ons guns sal Hy daar op die deur Hom vir ons volbragte werk wys. Om so te se: Hy is ons voorspraak nommer een.

Langs Hom het Christus nou 'n ander Trooster, ons voorspraak nommer twee gegee. Nee, nie om ons daaroor te troos dat ons Heiland hemel toe gegaan het nie. Die inhoud is veel ryker: Die Gees gaan ons hier onder op aarde met die volbragte werk van Christus troos. Die beloftes van die evangelie word deur Hom in ons harte gele. Hy troos ons as ons in hopelose lewensomstanddighede beland het. Hy sal ons op die enigste troosgrond wys wat daar in ons lewe is: Op dit wat Christus vir ons aan die kruis volbring het. Dit mag ook so gese word: Die Heilige Gees is Hy wat ons met sy troos, uit die offer en lyding van ons Heiland aan die kruis, bedien.

Pragtig word hier in sondag 20 op sondag 1 terug gegryp. Daar het ons as enigste troos bely: Dat ek met liggaam en siel, in lewe en in sterwe aan my getroue Saligmaker Jesus Christus toebehoort. Antwoord 53 se nou vir ons dat daardie troos deur die Heilige Gees aan ons bedien, aan ons geskenk, word. Die Heilige Gees verseel in ons harte dat ons eiendom van Jesus Christus is!

Gemeente, die manne van die kategismus het geweet hoe 'n christen in sy geloof aangeveg kan word. Om die woorde van sondag 52 te gebruik: Die duiwel, die wereld en ons eie vlees hou nie op om ons aan te val nie. In die stryd word ons deur die Heilige gees vertroos en bemoedig. Hy doen dit deur die beloftes van die evangelie in die prediking aan ons harte te verseel. Daar kan nie genoeg nadruk op gele word nie hoe belangrik dit is om kerk toe te gaan. Daar is in die bediening van die Woord, die Heilige Gees volop in aksie. Dis troosvol dat ons midde-in die golf van godverlating en God is dood teologie 'n Trooster het. 'n Parakleet wat ons troos met Hom wat dit bo aan die regterhand van God vir ons opneem.

III So het ons tot die laaste gekom. Antwoord 53 het nog een sin om die werk van die Heilige Gees te skets. Die Heilige Gees is met die doel gegee om ewig by my te bly. Ons het gesien hoe die Heilige Gees ons aan Christus verbind en met Christus troos. Nou sien ons hoe Hy ons aan Christus laat vashou. Die kategismus gebruik hier die lering van Joh. 14: 17 oor die Gees van die waarheid wat...... by julle bly en in julle sal wees. Wanneer die Heilige Gees ons eenmaal vas gegryp het laat Hy ons nooit meer los nie.

Ons bely hier met die kategismus die volharding van die heiliges. 'n Halwe eeu nadat die kategismus opgestel is het die Dordtse sinode van 1618-1619 definiteif en uitgebreider die leer van die volharding van die heiliges vasgestel, met hierdie troosvolle woorde: "Want God wat ryk is in barmhartigheid, neem volgens die onveranderlike voorneme van die uitverkiesing die Heilige Gees van sy eiendom, ook selfs in hulle droewige val, nie heeltemal weg nie". (DL V par. 6) Daarby word ook voorbeelde van die droewige val genoem, soos Dawid, Petrus en andere heiliges. (Par. 4)

Wat in Dordrecht in die stryd teen die remonstrante uitgewerk is word in antwoord 53 met die sobere woorde: om ewig by my te bly, weergegee. Waar sou ons wees as daar geen volharding van die heiliges sou wees nie? Wanneer die heilige Gees nie ewig by ons sou bly nie? Ek weet dit gaan nie buitekant ons eie verantwoordelikheid om nie. Dit is nie vanselfsprekend dat die Heilige Gees by die gemeente en by die gelowiges bly nie. Laat ons maar aan die gemeente van Laodisea dink. Christus dreig hulle om hulle uit sy mond te spoeg, om dat hulle nie warm of koud is nie. (Openb. 3: 16) Jeremia waarsku Israel om geen vertroue in bedrieglike woorde te stel nie, soos: "Dit is die Here se tempel, dit is die Here se tempel. " (Jer. 7: 4)

God volhard in sy kinders in die weg dat hulle in die beloftes van God volhard. Daar is in die Skrif duidelike voorbeelde hoe God sy kinders vashou. Jakob het by Bethel 'n droom gekry van 'n ladder waarlangs engele opgeklim en daarna afgedaal het. In die droom het God vir Jakob gese: Ek hou jou vas ondanks dit wat jy jou vader Isak aangedoen het.

Dink ook aan die profeet Natan wat koning Dawid aan sy sonde met Batseba ontdek het. Eers daarna het Dawid Psalm 51 kan dig. Petrus het sy Heiland verloen. Christus het hom vasgehou en hom by die verskyning aan die see van Tiberias in sy amp herstel. Ja die Heilige gees sal ewig by my bly. Hy gaan ook met ons saam die donker tonnel van sterwe en dood deur. Dit le in die ewig by my bly, opgesluit. In sondag 22 oor die ewige lewe en opstanding van die vlees sal ons nog meer daarvan hoor. Nou het ons daar 'n voorproef van gekry.

Gemeente, hierdie sondag 20 oor die Heilige Gees is kort en kragtig, en tog ryk aan inhoud. Die Heilige Gees verbind ons aan Christus, Hy troos ons met Christus, en Hy laat ons in lewe en in sterwe aan ons Heiland vashou. Dwars deur die dood neem Hy ons op in sy skoot! Loof Hom in ewigheid! Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)