Die doop is sowel ‘n lewensbeëindiging as ‘n nuwe lewensbegin

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Kolossense 2 : 11-12
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA,
22 Maart 2015 AD, 10:15

Voorsang: Sb 1:1,3,5,6

Votum

Seën

Ps 95:1,2,3

Wet

Ps 51:2,6

Gebed

Doopsformulier & gebed

Doopsbediening: Willem Johannes
van den Bout (Liam)

Psalm 105:1,5

Dankgebed

Skriflesing: Kolossense 1:1-2:15

Ps 124:2,4

Teks: Kolossense 2:11-12

Preek

Ps 136:12,14,19,20

Gebed

Kollekte

Ps 145:2,3,5

Seën

Preek:
Kolossense 2:11-12

In ons teks lees ons ‘n
merkwaardige uitspraak: begrawe in die doop.

Wat wil die Here hiermee sê?

Wat beteken dit vir Liam, wat
vandag gedoop is?

Dit is waaroor die preek
vanoggend gaan handel.

 

Tema: Die
doop is sowel ‘n lewensbeëindiging as ‘n nuwe lewensbegin

 

As daar iets is waaraan geen
enkele ouer wil dink nie, dan is dit dat sy kind sal moet verdrink.

Tog, as ons oor die doop praat,
is dit noodsaaklik dat hierdie beeld wel ter sprake kom.

Die doop was vanoggend ‘n baie
simboliese handeling.

Die gedagte het waarskynlik by
niemand opgekom, dat iemand hier verdrink word nie.

Liam se ouers het hom gretig
vorentoe gebring, om gedoop te word.

 

Iemand het ‘n keer ‘n boek
geskryf met die titel: die diep water van die doop.

Die doopvont hier in die kerk is
glad nie diep nie.

Tog bly dit die diepe water van
die doop.

En dit is die doel van die preek
vanoggend, dat ons hierdie ingrypende werklikheid verstaan.

Want die doop is in die eerste
plek ‘n simbool van afsterwe.

Soos ons nounet gebid het, met
woorde uit die doopsformulier:

‘laat hy deur die doop in
Christus se dood begrawe word’.

Hierdie woorde ontleen die
doopsformulier aan ons teks.

Jy word met Hom, Christus,
begrawe in die doop.

 

As ons nou na ons teks kyk, sien
ons dat ons teks begin om oor die besnydenis te praat.

Ook die besnydenis het ‘n
simboliese waarde.

Soos u weet word die
babaseuntjies in die Joodse volk besny.

Dit is ‘n simboliese handeling
wat bloed laat vloei.

Juis daarin lê die betekenis.

God maak duidelik: eintlik mag
hierdie nuwe mens, hierdie baba, nie lewe nie.

Nie net omdat sy ouers sondige
mense is nie, maar ook omdat hy self in sonde ontvang en gebore is.

Ook hierdie baba dra die straf op
die sonde, naamlik die sterflikhied, al is hy nog so jonk.

Al dink sy ouers op hierdie
oomblik dalk nie daaraan nie, dit is wel so.

Maar hierdie baba, sê God, mag
bly lewe.

Omdat Ek, as sy Skepper, hom
genadig is.

Omdat ek uit genade vir hom ‘n
hemelse Vader wil wees.

Die besnydenis was dus ‘n teken
dat iemand eintlik moes sterf – die bloed wat vloei.

Dat iemand eintlik nie die reg
het om te lewe nie.

Maar tog uit genade die voorreg
kry, van God die barmhartige.

Hy wat ‘n verbond met die kindjie
sluit.

En die teken van die verbond is
die besnydenis – die kindjie hoef slegs ‘n simboliese dood te sterf.

God bied hom uit genade ‘n
toekoms.

Met daardie besef mag hy deur die
lewe gaan.

Dit was dus die betekenis van die
besnydenis.

 

Nou lees ons in ons teks iets wat
spesiaal is.

Ook julle, sê Paulus vir die
Christene in Kolosse, ook julle is besny, naamlik met die besnydenis van
Christus.

Want Christus se bloed het
gevloei.

Sy lewe is geneem, geoffer, as
losprys vir ons lewens.

As betaling vir ons sondes.

Daarom het julle, en dit geld ook
vir Liam vanoggend, die besnydenis van Christus ontvang.

 

Wat is die besnydenis van
Christus?

Natuurlik, dis die doop.

Tog sê ons teks dit bietjie meer
presies.

Die besnydenis van Christus is
nie die werk van mensehande nie.

En as ons aan die doop terugdink,
dan is dit wel deur ‘n mensehand gedoen.

Ek eht met my hand Liam gedoop.

Hoe werk dit dan?

 

Dit is belangrik om in hierdie
verband onderskeid te maak tussen dit wat die simbool is, en die werklikheid.

Ja dit is korrek, die doop is die
besnydenis van Christus.

As mens maar besef dat die doop
net die simbool is, of soos ons dit ook noem, die sakrament.

Die werklikheid moet nog gebeur.

Die proses van begrawe word, soos
die doopsformulier sê, is iets wat in die toekoms nog moet plaasvind.

Dat ook Liam, as hy ouer geword
het, leer om vergewing vir sy sondes te vra.

Dat hy ook leer om sy ou sondige
mens te begrawe, te kruisig.

Dat hy, soos die doopsformulier
sê, sy ou natuur doodmaak en Godvresend begin lewe.

 

Dit is wat so mooi is aan die
doop.

Ons erken dat niemand self
daartoe in staat is nie.

Niemand kom sover om uit eie
beweging God te dien nie.

Dit kan nie as God eers vir jou
gekies het.

As God Homself aan jou gegee het.

En dit is wat Hy gedoen het, ook
vandag vir Liam.

Hy is gedoop in die Naam van
Vader, Seun en Heilige Gees.

As Liam vandag nie sou gedoop
gewees het nie, as sy gelowige ouers hom nie kerk toe sou gebring het nie, en
as hule hom nie gaan leer as hy opgroei om die Here lief te hê nie, dink u dat
hy dan vanself ‘n Christen gaan word?

Geen sprake van.

Elkeen van ons moet deur God
gegryp word, om ons lewe op die regte spoor te bring.

Dink aan hoe Paulus deur God
gegryp is, Paulus wat hierdie brief aan die Kolossense geskryf het.

God het in sy lewe ingegryp en sy
lewe op koers gebring, hom tot bekering gebring.

Paulus wat selfs Christus se kerk
vervolg het.

Maar ook vandag gryp God in in
mense se lewens.

Soms, soos vandag, in die lewe
van ‘n babatjie, maar soms ook in die lewe van ‘n volwassene.

En Hy het alle reg op elke mens,
om deur elke mens gedien te word, want Hy is ons Skepper.

 

Die doop is simbool dat die Here
ook in Liam se lewe ingryp

Hy mag nou aan die Here behoort.

Die doop beeld uit dat sy ou mens
begrawe moet word, verdrink, en dat hy as ‘n nuwe mens mag opstaan.

As ‘n baba gebore word, dan moet
direk na die geboorte die naalstring deurgeknip word.

Dit ly ingrypend, wat die
naalstring was die baba se lewensaar vir nege maande.

Maar mens kan na die toekoms, die
naalstring is nou nie meer nodig nie.

So kyk God ook na die toekoms.

Hy sien al, nog voordat die baba
dit self besef: al is jy nou nog so jonk en mooi, jou ou mens, jou sondige
karakter, sal ook begrawe moet word, begrawe in die diep water van die doop.

God is nie wreed nie.

Maar Hy beplan vir die toekoms.

Hy weet wat vandag al moet gebeur
met die oog op die toekoms.

Daarom gryp Hy in.

Nie dat sy bloed meer hoef te
vloei nie, want Christus se bloed het gevloei.

En deur die doop word hy saam met
Christus begrawe, maar mag hy ook saam met Hom opstaan, opgewek word tot ‘n
nuwe lewe.

Soos die tema van die preek dit
verwoord:

Die doop is sowel ‘n
lewensbeëindiging as ‘n nuwe lewensbegin.

Of meer spesifieL die doop is die
teken, die simbool van lewensbeëindiging en ‘n nuwe begin.

 

In die doopsformulier word ook na
die deurtog deur die Rooi See verwys.

Dat dit ‘n afbeelding van die
doop is.

Die Israeliete het afgedaal in
die Rooi See, omring deur die waters.

Maar hulle het nie afgedaal om te
verdrink nie.

Hulle het juis in die see
afgedaal om gered te word, en om die dood agter hulle te laat.

Hulle mog deur die see trek en
lewendig anderkant uitkom.

So wil God ook deur die doop vir
Liam red.

Die doopwater en die Rooi See
word dus met mekaar vergelyk.

Water wat normaalweg mens se dood
sou veroorsaak, word nou mens se redding.

Dit is wat God vir ons doen.

Ja gemeente, doop is nie iets wat
jy self doen nie.

God doen dit.

So staan God aan die begin van
ons redding.

Hy kies eerste vir jou, en ons
hoef Hom maar net te volg.

Die doop is die teken, dat Hy
eerste vir ons gekies het.

Dit is ‘n geweldige voorreg dat
Liam so met die lewe mag begin.

God wil hom red, vir hom sorg.

Hy mag God se kind wees.

En hy moet deur almal ook so
behandel word, deur sy ouers, sy oupas en oumas, ooms en tannies, almal.

Hy is God se kind, hy is baie
werd.

 

En as hy later groot geword het,
en die Here persoonlik leer ken het, mag hy amen sê op sy doop.

Dankie Here, dat ek in u naam
gedoop mog word.

Ja, ek hou ook van U.

Ek wil u kind wees.

Ek wil U dien, my lewe lank.

 

Gemeente, as ons ‘n doop sien
plaasvind, word ons weer hieraan herinner.

Daar is nie ‘n beter lewe nie.

Leeft met God, dan leef jy goed.

Ons mag mekaar hierop wys, ons
mag mekaar oproep, en aanspoor.

Dieselfde het Paulus gedoen, so
baie eeue gelede, met die Kolossense.

Julle behoort aan Christus.

Julle is in Hom begrawe.

Julle word met Hom opgewek.

Julle is ‘n nuwe skepping in Hom.

God het julle opgewek tot ‘n nuwe
lewe, net soos Hy Christus ook opgewek het.

En soos Christus opgestaan het in
‘n nuwe lewe, om nooit meer te sterf nie, in daardie rigting gaan julle lewe
ook.

Rigting die ewige lewe.

Wie aan Christus behoort, sal die
ewige lewe erf.

Jou siel sal nie sterf nie, maar
by Christus in die hemel wees.

En op die jongste dag sal selfs
jou liggaam opstaan uit die graf, soos Christus se liggaam opgestaan het.

Lewe vanuit hierdie besef!

Daar is ‘n ewige lewe wat wag,
waarop jy jou nou voorberei.

Jy is ontsaglik ryk, omdat jy
erfgenaam is van die ewige lewe!

Ontsaglik ryk...!

Iemand wat miljoene rande op sy
bankrekening het, hoef nie met ‘n houding te leef asof hy ‘n arm man is nie.

In Christus is jy ‘n miljoenêr.

Jy mag dit uitstraal!

Dit is wat Paulus vir die pas
bekeerde Christene in Kolosse sê.

In Christus is julle ‘n nuwe
skepping.

In Christus is julle skatryk!

 

Amen.

 

 

 

 

Liturgie: 

(kyk in preek)