Aan die Nagmaal vind ons rus in die een offer wat Christus aan die kruis volbring het

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-07-18
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 30
Preek Inhoud: 

Sondag 30

Johannesburg, 18 Julie 2010

Lees: Hebreërs 10:1-18.
Sing: Ps 105:1,2;Ps 40:3,4; Ps 40:5,8; Apostoliese Geloofsbelydenis; Ps 148:1,5.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

In Sondag 30 bely ons dat ons ons rus vind in die verlossingswerk watChristus volbring het. Deur ’n konfrontasie met Rome bely ons dat slegs eenoffer vir ons sondes nodig was en dat Christus dit eens en vir altyd aan diekruis volbring het.

Na Christus se dood en opstanding het hy opgevaar na die hemel. Dit was geenbykomstigheid nie. Dit was noodsaaklik. Waarom? Wel, hoe het dit gegaan met dieOu Testamentiese hoëpriesters? Hulle moes die bloed van die offer in dieallerheiligste van die tempel bring. So moes Christus die ware en hemelseheiligdom binnegaan om sy offer voor die troon van God te bring. Daar in dieware heiligdom moet Hy as ons Hoëpriester dien. Hy bid daar vir ons. Hy wys dieVader steeds weer op sy een offer aan die kruis. Daarom word ons by die vieringvan die nagmaal opgewek om ons harte op te hef na die hemel, waar JesusChristus ons voorspraak aan die regterhand van sy hemelse Vader is.

Brood en wyn wys terug na Christus se offer aan die kruis. Maar dit wys ookna bo, na ons hoëpriester in die hemel. Alleen in Hom vind ons rus. In Hom watJoh in die middel van die troon gesien het as ’n Lam wat geslag was. Daaraanherinner sondag 30 ons.

Ek verkondig aan julle: aan die Nagmaal vind ons rus in die een offer watChristus aan die kruis volbring het.

1.     Die rus word teenoor Rome bely;

2.     Die rus word deur die geloof geniet; en

3.     Die rus word aan die ongelowiges ontsê.

Waarom gee ons nog soveel aandag aan die roomse leer? Die meeste RoomsKatolieke weet nie eers wat die mis presies beteken nie. Bowendien, is ditnodig om te bly praat van afgodery wat vervloek is?

In die laaste dekades is daar ’n sekere toenadering tussen rooms Katoliekeen protestante. Daarom is dit goed om aandag aan hierdie saak te gee. Baieprotestante het moeite met die uitdrukking van die kat. Hulle onderskei dieleer van Rome nie meer nie. Wat vroeër as afgodery afgewys is, het nou ’nsekere bekoring gekry. Die liturgie van Rome maak indruk op mense. Menseprobeer om die armoede van hul kerkdienste deur liturgiese vernuwinge tekompenseer. Asof die kerk van Christus deur die liturgie gered kan word en niedeur die lewende woord van God nie. Die oortrokke aandag vir die liturgie hetweer alles te make met die gronddwaling van Rome waaroor ons straks hoop tespreek, naamlik die dwaling dat ’n mens self kan bydra tot sy verlossing.

In die liturgie van Rome staan die altaar sentraal. Wat daar gebeur vormdie hoogtepunt van die roomse erediens. Alles is gefokus op die offer wat daargebring word. Die prediking is ook daaraan ondergeskik.

Wat is dan die waarde van die offer? Dit is nie slegs ’n herinnering aandie offer van Christus nie. Dit vorm in wese ’n onbloedige herhaling daarvan.Of soos hulle dit teenwoordig sê: ’n representasie daarvan. Die offer vanChristus word daarin opnuut teenwoordig gestel. Brood en wyn verander volgens hullein die liggaam en bloed van Christus. So word Christus dan nog daagliks deurdie priesters geoffer. Sonder die mis is daar geen versoening nie. Slegs deurdie mis kry die kruisoffer daadwerklik die krag om ons met God te versoen.Christus se versoeningswerk is dus afhanklik van die medewerking van die roomsepriesters. Hulle is die onmisbare middelaars van die nuwe verbond. Asof ons nievoldoende het aan die een Middelaar van die verbond, Jesus Christus nie.

Ja, Rome leer nog steeds dat die lewendes en die gestorwenes (en daarmeebedoel hulle diegene wat in Christus gesterf het) nie deur die lyding vanChristus vergewing van sondes het nie, tensy Christus nog daagliks vir hulledeur die priesters geoffer word. Die een offer van Christus is blykbaar nievoldoende nie. Selfs die gelowiges wat gesterf het, het nog geen rus nie. Hullesug in die sogenaamde vaevuur. Die werk van Christus moet eers aangevul word.Deur die priesters.

Hier sien julle by die hoogtepunt van die roomse liturgie die dwaling vansinergisme, dws God en mens moet saamwerk aan die verlossing. Die sinergisme isdie gronddwaling van die RK leer. Die menslike verlange om self iets tot syverlossing by te dra word bevredig. Dit is nie Christus alleen nie, maarChristus plus die mens, verteenwoordig deur die priester. Dis nie sonder rededat die kat die gevolgtrekking maak dat die mis in wese niks anders as ’nverloëning van die enige offer en lyding van Jesus Christus is nie. Die menswil homself bly red. Sonder die kerk sou Christus se werk geen aktuele waardeof krag hê nie, nie effektief wees nie. Christus moet daagliks deur diepriesters geoffer word, anders is daar geen vergewing, geen versoening nie.Ander bly daar vir jou ’n skrikwekkende God.

Broeders en susters, hierdie dwaling van sinergisme lê sedert die sondevalna aan ons hart. Ons vind dit baie moeilik om met leë hande na God te gaan. Onswil so graag self iets bydra. Ons wil Christus halfpad tegemoet kom. Diedwaling van Rome staan dus nie ver van ons af nie, soos ons weleens dink. As ekrus wil vind in die offer wat Christus eenmaal gebring het, dan moet ek allemenslike hoogmoed radikaal laat vaar. As ek maar enigsins roem in my geloof, myvroomheid, my gedrag of my trou, dan is ek skuldig aan dieselfde dwaling asRome: dit is ’n verloëning van die enige offer van Jesus Christus en ’nvervloekte afgodery. Waarom afgodery? Omdat ek dan naas Christus iets andershet waarop ek my vertroue stel, naamlik die mens, die kerk, die priesters,myself. Sien Sondag 34 van die HK waar afgodery soos volg gedefinieer word: ditis om in die plek van die enige ware God of naas Hom iets anders uit te dink ofte hê waarop jy jou vertroue stel.

Gemeente, wat ’n verskil tussen die eenvoudige viering van die nagmaal endie indrukwekkende liturgie van die roomse mis. Tog het die sober viering vandie nagmaal ’n rykdom en krag wat ver uitgaan bo die indrukwekkende handelingevan die roomse priesters. Ons het geen altaar nie en ons wil nie weet van ’naanvullende offer van die kerk nie. Ons het geen priesters meer nodig nie. Onsenigste hoëpriester het in die hemelse heiligdom binnegegaan. My sonde watskeiding tussen God en my gemaak het, is versoen. Met sy een offer aan diekruis het Christus die versoening bewerk. En Hy het dit ingedra in die hemelse heiligdomvoor die troon van God. Die pad na die Vader is nie meer toe nie maar oop. Daaris rus vir God se kinders.

Die eenvoudige nagmaal wys ons op Christus volkome offer wat Hy eens en viraltyd aan die kruis volbring het. Dit is die enigste grond van ons saligheid.Ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus (1 Kor 5:7). Rome, en ook diemoderne liberale teologie, ontneem ons die enigste grond van ons heil. Hulledink dat hulle met hul liturgie veel ryker as ons is. Christus vlees en bloedword naby die mense gebring, hulle mag die ware vlees van Christus eet. Maarwat is hulle in feite arm. Daar is nog geen vaste grond onder hulle voete nie.Die versoeningswerk moet nog steeds deurgaan. Elke dag is daar weer die muurwat skeiding bring tussen God en die mens. Daarom moet elke dag die soenoffergebring word. Die grond van die heil moet nog steeds gelê word. En die mensmoet daarby te pas kom.

Broeders en susters, julle mag egter rus vind in Hom wat alles reedsvolbring het. In Hom wat ’n einde gemaak het aan alle priesterdiens en offers.Julle het elke oomblik, elke dag vaste grond onder jul voete. Die grond van jouheil is reeds vasgelê. Geen mens hoef daarby te pas kom nie. Gelukkig nie. Wantdan sou alle vastheid weer verdwyn. Christus is die middelaar van die verbond,die enigste grond van ons heil. Dit gee ons rus vir ons siel en sekerheid elkedag weer. Jy staan nie voor ’n afskrikwekkende God wat nog daagliks versoenmoet word nie.

Nou die tweede gedagte: die rus in die volbragte werk van Christus worddeur die geloof geniet.

Aan die nagmaalstafel gebeur daar niks magies of geheimsinnig nie. Jy krydaar nie outomaties deel aan Christus nie. Dit sou wel die geval wees as diebrood inderdaad in die liggaam van Christus sou verander. Maar Christus is liggaamlikin die hemel. Hy bly daar totdat Hy terugkom op die laaste dag. Die brood endie wyn is slegs tekens en seëls van sy liggaam en bloed. Hoe kan jy dan metChristus verenig word, sodat wat Christus gedoen het ook vir jou geld? Disslegs deur die geloof. Deur die geloof pluk jy die vrugte van dienagmaalsviering. Jy word versterk in jou vertroue op Christus se offer. Jy wordbevestig in die rus van die kinders van God. Die seëls verjaag die twyfel."Dit is my liggaam vir u." "Dit is die nuwe verbond in mybloed." Die gelowige verstaan hierdie taal en geniet van die rus wataangebied word.

Gemeente, hoe die gelowiges lyk, beskryf die kat in antwoord 81. Asgelowige word jy gekenmerk deur die kennis van jou ellende, van jou verlossingen van jou dankbaarheid.

Hierdie kenmerke het niks te make met bepaalde voorwaardes wat jy self eerssou moet vervul nie. Dit is nie so dat jy voor elke nagmaal sou moet kan sê:dit het ek van my kant gedoen. Daarom is ek nou waardig om aan te gaan. Sulkegedagtes lyk eerder op die sinergisme waarvan ons netnou gepraat het.

As ons praat van die voorwaardes vir die deelname aan die nagmaal, dan gaandit feitelik oor die bewyse van God se genade. Die geloof is geen eie prestasienie, maar ’n bewys van God se verlossingswerk. So roem ons uitsluitend in God,wanneer ons praat oor die kenmerke van die gelowiges.

Christus het sy nagmaal slegs ingestel vir hulle wat deur ’n ware geloof inHom ingelyf is. Hy wil deur die Nagmaal die geloof versterk. Hoe weet jy dat jydie geloof besit? Uit die vrugte. Eers is daar sprake van ’n afkeer van onsselfhê vanweë ons sondes. Jy moet jouself ken in jou ellende en verlorenheid. Jymoet alle krone voor Christus neerwerp. Jy moet aanvaar dat jy hulpbehoewend is.Dat jy ’n pasiënt is.

So het Jesus Christus tydens sy omwandeling op aarde met die tollenaarMatteus en sy soortgenote aan een tafel gesit. Vir Hom was die eetsaal ’n soortsiekesaal waar mense sy hulp dringend nodig gehad het. So verklaar Hy sy optredeteenoor die Fariseërs: "Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodignie, maar die wat ongesteld is" (Mt 9:12). Jesus haal nie sommer sondaarsaan nie. Hy wil dat die gaste hulle by Hom aanmeld as siekes, sodat Hy hullekan help. Slegs hulle wat aanvaar dat hulle siek is, laat hulleself behandel.

Die gasheer van die nagmaal is dieselfde wat eens soos ’n arts by dietollenaar en sy vriende aangesit het. Aan sy tafel wil Hy julle, wat aanvaardat julle siek is, behandel. Sy maaltyd is spesiaal vir sulke pasiënteaangerig. Elkeen wat vanweë sy sondes ’n afkeer van homself het, is aan sytafel welkom. Hierdie afkeer is chronies van aard. Ek bly immers worstel metdie swakhede wat nog in my oor is. Met die swakhede kom ek na dienagmaalstafel. By my is daar ook nog slegte gedagtes en verkeerde gevoelens.Tog vertrou ek dat my groot skuld met Christus se lyding en sterwe bedek is. Asek daarop vertrou dan is ek aan die tafel hartlik welkom.

Dit klink ruimhartig. Maar wanneer is jou vertroue in die vergewing grootgenoeg om die nagmaal te mag vier? Jy het ’n afkeer van jouself. Dit plaas jouvertroue in die vergewing onder druk. Juis vanweë jou afkeer het jy nie altyddie sekere gevoel dat jou sondes bedek is nie. Wanneer is jou vertroue in dievergewing dan vas genoeg om daarmee na die nagmaal te mag gaan?

Broeders en susters, gelukkig word niemand opgeroep om na te gaan hoe vassy geloof is nie. Die formulier vir die viering van die heilige nagmaal praatdaarvan dat jy jouself moet ondersoek of jy die vaste belofte van God glo datal jou sondes jou vergewe is. Die vraag is dus nie hoe vas jou geloof is nie,maar hoe vas God se beloftes vir jou is. Dis nie beslissend hoe vas jou glonie, maar of jy opreg in God se belofte glo. Om die nagmaal te vier hoef jy geengroot of sterk geloof te hê nie, maar moet jy ’n opregte geloof hê. Of jygeloof opreg en dus waar is, kan elkeen by homself nagaan. Jy wil jou swakgeloof hoe langer hoe meer versterk. Jy wil jou lewe verbeter. Vir sulkepasiënte is die nagmaal ingestel.

So het ons dan die drie kenmerke van die gelowiges: Jy ken jou ellende, jouverlossing deur Christus alleen en jou dankbaarheid. Jy soek en vind die rusvir jou siel in die enige offer wat Christus aan die kruis volbring het. Dit iswat die nagmaal vir jou wys. Dat is wat die nagmaal vir jou bevestig enverseker. Daar is rus vir sondaars by die offer wat Christus eens en vir altydvolbring het. Ons vier daar aan die tafel wat Ps 130 so mooi vir ons verwoord:

As U, o Heer, die sonde

Na reg wou gadeslaan,

Wie sou een enk’le stonde

Voor U, o Heer bestaan?

Maar nee, daar is vergewing

Altyd by U gewees;

Daarom word U met bewing

Reg kinderlik gevrees.

Nou kortliks die laaste gedagte: die rus word vir die ongelowiges ontsê.

Ongelowiges het geen deel aan Christus nie. Hulle behoort nie aan dienagmaalstafel nie. Daarom waarsku die kat die huigelaars en onbekeerdes om vandie nagmaal weg te bly. Hulle eet en drink ’n veroordeling oor hulleself.

Daarom moet ook elkeen homself beproef. Ons mense kan nie in die hart kyknie. God wel. En Hy let op die gesindheid van die hart. Dit is vir Hombeslissend. Wat die mense van ons sê of dink is nie die maatstaf nie. Die menselaat hulle dikwels mislei deur uiterlike gedrag of mooi woorde. En selfs diehuigelaars kan hulle mooi voordoen. Hulle maak asof hulle glo. Hulle gaan troukerk toe. Hulle neem ook deel aan die nagmaal. Omdat hulle huigelaars is, kanons hulle nie van die nagmaal afhou nie. Ons kan hulle slegs in algemene termewaarsku. Daarna lê die verantwoordelikheid by hulle.

Geliefdes, dis ook maklik om ware gelowiges verkeerd te beoordeel deurslegs op uiterlikhede te let. In daardie geval sien ons die persoon se sondes,swakhede, struikelinge raak. Op grond daarvan veroordeel ons hom. Ons neem niedie moeite om die persoon werklik te peil nie. Daardeur weet ons nie hoemoeilik die persoon self dit daarmee het, hoe hy daarom ook ’n afkeer vanhomself het nie. Die intense geloofsstryd met die Here staan buite onsgesigsveld. Daarom, wees versigtig in die beoordeling van jou naaste. Let opjouself. Ook ons struikel nog daagliks. Maar dit maak ons tog nie totongelowiges nie? Die kat praat nie van mense wat hulle volmaak tot God bekeernie. Niemand sal immers tydens hierdie lewe volmaak in sy bekering wees nie.Die sonde het ons so afgestomp sodat ons dikwels maar ’n gebrekkige kennis vandie verkeerde en sondige dinge in ons eie lewe het. Daarom moet ons bly jaag nadie volmaaktheid. Beslissend is egter nie ’n volmaakte bekering nie, maar datons ons van harte bekeer. Dat ons van harte oor ons sondes berou het en werklikbegeer om ons lewe te beter.

As iemand hom egter deur sy belydenis en lewe wys dat hy ongelowig engoddeloos, is dan het die kerk die taak om hom van die nagmaal te weer. Ditgaan dan nie noodwendig oor mense wat soveel slegter is as die ander kerkledenie. Hul skuld is ook nie te swaar vir die offer van Christus nie. Die eenoffer is immers voldoende om die sonde van die hele wêreld te versoen. Dit gaanoor mense wat in hul hart nie wil breek met hul ou bestaan nie. Hulle weier omhulle te bekeer. Hulle weier om hul kwaal te erken en om genesing daarvan tesoek. Hulle kan dan nie genesing vind by die enige offer van Christus nie.Hulle hoort nie aan die tafel nie.

Gemeente, God se genade is groot. Hy wil jou rus vir jou siel gee, in dieoffer wat Christus eens en vir altyd volbring het. Daar is egter niks soernstig as God se genade nie. Daar kan ’n mens nie mee spot nie. Deur waregeloof kan jy van die rus geniet. Wee my egter as ek Hom en sy beloftes nie ingeloof aanneem nie. Dan verbrand ek my aan die heilige sakrament. Want dan isGod vir my ’n verterende vuur.

AMEN

 

Liturgie: 

(kyk in preek)