Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie.

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-06-13
Teks: 
Psalms 23
Preek Inhoud: 

Johannesburg,13 Junie 2010

Lees: Psalm 23.
Sing: Ps 100:1-4; Ps38:15,17; SB 15:4-7; Ps 23:1-3; Ps 121:1,4.

Geliefdegemeente van ons Here Jesus Christus,

Hoe hartseer isdit om skielik ’n geliefde te verloor. Laas Sondag was ons broer Aart Blokland nog hier in ons midde.  Vrydagoggend het die Here hom uit ons middeweggeneem,  hom tuis gehaal.  Hy mog sy aardse woning met sy hemelse woningverwissel.  Die woorde van Ps 23 vers 6mag nou volle werklikheid vir hom wees: ek sal in die huis van die Here bly inlengte van dae.  Hy bly nou letterlik indie huis van die Here, by die Here tuis. 

Vir ons watagterbly lyk dit nog so onwerklik, so vinnig as alles gegaan het.  Tog is dit volle werklikheid.  Ons sal hom mis.  Hy mog op allerlei maniere nog soveel betekenvir Leny, sy kinders en kleinkinders en vir ons as gemeente.  Veral vir hulle wat die mees naby aan homwas, beteken dit ’n drastiese verandering in hul lewe.  Dit kan baie onrus en onsekerheidveroorsaak.  Hoe moet dit nou sonderhom?  Sal ons dit kan hanteer?  Hoe gaan nou ons toekoms wees?  Allerlei vrae kan ons pla.  Kan ons in so ’n situasie nog rus en vredevind? 

Gemeente, Ps 23kan ons help om perspektief te behou, hoe ons persoonlike situasie ook al magwees.

Ek verkondigvir julle: die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie.

1.     Ons behoort aan Hom

2.     Hy sorg vir ons 

Psalm 23 is 'nmooi herderspsalm. Eenvoudig en treffend. Dawid gebruik 'n duidelike beeldwanneer hy die Here as Herder van die skape voorstel. In die landskap van Juda,ook in ons land, byvoorbeeld in die Karoo, kon jy dit baie raakloop: dieherders met hulle skape.

God gebruik diebeeld verskeie kere in die Bybel om sy verhouding met sy volk duidelik te maak.Hy is die Herder. Ons is die skape, die kudde wat Hy wei. Psalm 23 is egterbaie persoonlik: die Here word My herder genoem. Dit wat die Here vir sy volkas geheel is, dit is Hy ook vir my persoonlik. Ek verdwyn nie in die menigtenie. Vir die Here tel elkeen van ons. Hy ken elke skaap afsonderlik. Ook virons sr Leny. Hy roep jou en my by die naam. Hy ken jou lewe, jou blydskap enjou hartseer, jou stryd en jou oorwinning.

Wat tipeer nou'n herder? Wat maak iemand ’n Herder? Tereg dink ons onmiddellik aan die versorging en beskerming van dieskape. 'n Ware herder is iemand wat die skape versorg, lei en beskerm. Tog isdit nie die eerste wat van 'n herder gesê kan word nie. 'n Herder is iemand watvolledige seggenskap oor die skape het. Die Herder is hy wat die skapebesit.  Hy het nie net seggenskap oor dieskape nie, maar die skape behoort ook aan Hom. Christus maak onderskeid tussendie huurling en die Herder.  Die huurlingis iemand wat gehuur word om vir die skape te sorg.  Die skape behoort nie aan hom nie.  Maar die herder kan dit wel sê, want hy isdie eienaar van die skape.  Hy het ineerste instansie daarvoor betaal.  Dieskape het baie geld gekos.  En vir dieuitbreiding van sy kudde het hy baie moeite moet doen.  Sy kudde is sy kosbare besit.

Dawid sing: dieHere is my Herder.  Wat hou dit eerstensin?  Dit: die Here is ons Eienaar.  Ons behoort nie aan onsself nie.  Ons is nie ons eie baas nie. Die herder hetseggenskap oor ons.  Ons behoort aanHom. 

Maar geliefdes,is dit nie ’n vreemde belydenis nie?  Wiegaan nou bely dat hy die eiendom van ’n ander is en dat iemand andersseggenskap oor hom het?  Ons hou daarvanom ons eie pad te kies.  Ons wil doen watons pas.  Dit is ons aard.  Dit is wat ons moderne samelewing onsvoorhou: wees jouself.  Kies wat jy wilen doen wat jy wil.  Mense wil self in beheerwees.   En as jy beheer verloor, dan worddit as ’n groot bedreiging beskou, ’n verskriklike ervaring.  Jy moet self jou toekoms maak.  Dis jou saak. Ja, dis wat ons samelewing ons leer. En nou bely jy: Die Here is my Herder. Ek behoort aan Hom.  Hy het oor myseggenskap.  Vorm hierdie belydenis geenbelemmering vir jou ontwikkeling en vreugde in die lewe nie?

Brs en srs, dieantwoord daarop hang af van wie die Eienaar is. Wie is hier die Herder, die persoon wat seggenskap oor jou het?  Indien Hy aan ons gelyk sou wees, soudit  inderdaad ’n bedreiging kanwees.  Indien hy net ’n mens sou wees,sou sy seggenskap inderdaad op jou persoonlike lewe en ontwikkeling inbreuk kanmaak.  Maar wie is hierdie Herder?  Die HERE is my Herder.  Die HERE met hoofletters: Jahwe: Ek is wie Ekis.  Die God wat kan sê: Ek is regtigdaar, altyd aanwesig; die een wat aktief aanwesig is.  Die God van die verbond.  Die God wat nie ’n onbekende is nie.  Maar die God wat bewys het wie Hy is.  Die God wat wonders doen, wat sy beloftesvervul.  Die Skepper en Verlosser van syvolk.

Julle ken mosdie HERE?  Die Bybel is vol van Hom.  Let op sy werke.  Lees daagliks jou Bybel.  Op daardie manier leer jy jou God ken, dieHERE, jou Eienaar.  So sal jy Hom leerken as jou magtige Verlosser, op wie jy altyd kan staatmaak.  Let op sy verlossingsdade. Byvoorbeeld, dieverlossing uit Egipte, Christus se koms op aarde, sy sterwe vir sy skape, syopstanding en hemelvaart, die uitstorting van sy Gees.  Oorvloedige bewyse van die troue God van dieverbond, van sy aktiewe aanwesigheid tot verlossing van sy volk.

Wat vir menseonmoontlik gelyk het, het Hy steeds weer tot stand gebring.  Niks is vir Hom te wonderlik nie.  Sou daar dan nog iets wees wat Hy nie kandoen nie?  Sou Hy wat die aarde uit niksgeskape het, Hy wat dooies lewend gemaak het, sy beloftes nie kan waarmaak nie?

So ’n Herder,so ’n eienaar het julle: die Here, die almagtige en getroue Verbondsgod.  Sou so ’n Herder vir jou ’n belemmeringwees?  Hy is jou Skepper.  Jy is sy skepsel.  Sonder Hom kan jy niks doen nie.  Wie weet wat vir jou die beste is? Tog Hy wat jou gemaak het? 

Ja, hoe is dielewe sonder hierdie HERE?  Die eersteindruk is dat die lewe vryer en vroliker is. Jy kan lewe soos jy lus voel.  Jyis jou eie baas, tenminste so lyk dit. Maar hoe arm en benoud.  Vergelykdie situasie van die skape wat probeer om sonder die herder reg te kom.  Skape kan nie vir hulleself sorg nie.  Hulle benodig voortdurende versorging.  Sonder die herder raak hulleverwaarloos.  So is dit met die lewenssonder die HERE as Herder.  Dit lyk ryk,maar dit is verskriklik arm en bedreigend. Jou lewe verloor sy glans.  Jy verloorperspektief.  Jy raak gevange in ’nwêreld wat gesluit is, met ’n geslote hemel. Is dit mooier?  Wat gebeur in so’n wêreld wat gesluit is.  Jy raak al hoemeer verblind.  Jy besef nie meer diewaarde van jou lewe nie.  Ook sien jyminder raak hoe om met God se gawes en met mekaar om te gaan.    Vandaar al die selfsug in onssamelewing.  Mense sien nie meer raak hoeryk jy as Christen is juis daarin dat jy die eiendom van Christus is, waaroorHy die seggenskap het.  In so ’n geslotewêreld het jy geen God waarnatoe jy kan gaan nie.  Jy het geen God wat jou oë verlig en jou kraggee om aan te gaan, ook by moeite en stryd nie. Jy raak verstrik in jou ellende, sonder uitsig.

Hoe heerlik isdit dan om te weet dat jy, dat julle, aan de Here behoort.  Jul lewe word daardeur beslis nie armernie.  Julle verloor daarmee nie jul eiewaarde nie.  Inteendeel, daardeur kry jullejuis ’n groter waarde.  Julle is immersdie eiendom van die Here.  Julle isvoorwerpe van sy oneindige liefde.  HetHy nie baie vir julle verdra nie?  DieHere het die bloed van sy geliefde Seun gegee. Wat ’n dure prys.  Hoe kosbaar isdan daardie skape, elkeen van julle afsonderlik.  ’n Kosbare besit van die Vader.  En so ook dierbaar vir mekaar. 

Geliefdes, asons die kosbare besit van die herder is, dan spreek dit vanself dat die herderlief vir ons sy skape is en vir ons omgee. So kom ons by die tweede gedagte vandie teks: Die Here sorg vir ons.

Daaroor singDawid wanneer hy sê : die Here is my herder, niks sal my ontbreek nie.

Is dit wel so:niks sal my ontbreek nie? Ons is dalk bereid om te bely dat die Here ons herderis. Maar kan ons ook werklik sê dat niks my sal ontbreek nie? Gaan dit nie tever nie? Is dit nie in stryd met die werklikheid nie? Ervaar ons werklik geenenkele gebrek of gemis nie? Wie besit hier op aarde volmaakte gesondheid engeluk? Kyk maar na die gebrokenheid in ons eie midde.  Ons ervaar juis op hierdie oomblik dat ietswel ontbreek.  Na Aart se afsterwe misons juis vir ons man, pa, oupa, broer. Ons moet nou sonder hom verder. Kan jy dan sê: Niks sal my ontbreek nie?

Geliefdes,moenie dink dat Dawid te maklik daaroor praat nie. Of dat hy vanuit 'ngerieflike posisie oor God se sorg roem. Nee, hy het waarskynlik as vlugtelinghierdie Psalm gedig. Hy moes alles agter laat. Dawid ken die dodelike gevare.Koning Saul het hom vervolg, asook sy eie seun Absalom.  Hy het baie ontberings geken, armoede, lydingen geestelike kwellings. Hy praat in ons Psalm ook van 'n gaan in 'n dal vandoodskaduwee. Moenie dink dat jy as God se skaap of as God se kudde altyd 'nmaklik lewe sal hê nie. God het ons nie 'n lewe op rose belowe nie. Let maar opdie lewe van die mense van die Bybel. Selfs Paulus praat van 'n doring in dievlees wat hom voortdurend pla.  

Hoe kan Dawiddan sê: my sal niks ontbreek nie? Dawid bely hier sy onbegrensde vertroue indie Here. Hy is bly en tevrede met sy Eienaar. Ja, wie sou nie tevrede wees metso 'n Eienaar nie! Die almagtige God waarop jy altyd kan staatmaak. Niksontbreek aan sy goeie versorging nie.

Maar watdaarvan as jy deur 'n diep dal moet gaan? As daar groot hartseer en pyn is,armoede, siekte ens? Dan nog sing Dawid: Selfs al gaan ek deur 'n dal vandoodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie. Hoe kan hy dit sê? Wel, hy het dieHere: "Want U is met my." Ek is nooit sonder U nie. U is altyd metmy. As ek dit maar bly raaksien. In so 'n Herder besit ek werklik alles. Synabyheid is meer as enige aardse hulp of rykdom. My sal dus niks ontbreek nie -ook al moet ek hier op aarde miskien baie loslaat, afstaan, mis. Ons het dieHere, die almagtige en troue Verbondsgod. Ons is nie sonder versorging nie.  Die Here is die Herder vir wie geen moeite teveel sal wees in die versorging van ons sy skape nie. Het Hy nie sy eie Seunvir ons sy skape gegee nie? Ons is vir Hom dierbaar. Hy sal alles vir ons doensodat ons as skape goed versorg sal wees.

Vir ons as NuweTestamentiese gemeente geld dit des te meer. Ons ken mos vir Jesus Christus,die goeie Herder wat die Vader vir ons gegee het en deur wie die Vader onsregeer en versorg.  As goeie Herder hetChristus sy lewe vir ons sy skape afgelê. Ons tot sy eiendom gemaak.  As Hydan soveel vir ons oorgehad het, sy eie lewe vir ons opgeoffer het, sal Hy onsdan in die krisis aan ons lot oorlaat? Dis onmoontlik.  Wat Dawid in dieOT in geloof mog bely en beleef, mag ons vandag des te meer bely enbeleef.  Dink aan Paulus se jubellied vanRom 8, waarin hy o.a. sing: “Wat sal ons van hierdie dinge sê?  As God vir ons is, wie kan teen onswees?  Hy wat selfs sy eie Seun niegespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam metHom ons ook alles genadiglik skenk nie.” Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie. 

Die Psalmiswerk dit pragtig uit: hierdie Herder laat my neerlê in groen weivelde, nawaters waar rus is, lei Hy my heen. So het God ons in die verlede ookvoortdurend versorg, ons rus gegee in die groen weivelde van sy woord.  Hy verkwik my siel. Hy laat my herleef. As Hynie nuwe fisiese kragte gee nie, dan wel nuwe geestelike kragte. Sodat ons kanaangaan.   

Hy lei my indie spore van geregtigheid, op die regte pad na die groen weivelde en waterswaar rus is. Sonder sy leiding sou ons vasloop in ons teleurstelling enverdriet. Sonder sy leiding sou ons die pad verloor. Sou sondige gedagtes byons die oorhand kry, sou ons struikel. Die Here lei ons egter op die pad naware lewe en oorvloed.

Hoe merk ek dansy leiding in my lewe? Ek hoor sy stem. Die woord van die lewende God, wat ekmag lees, waaraan ons mekaar mag herinner, wat ek hoor verkondig. Ja, God laatnog steeds van homself hoor. Deur sy woord en Gees. Hy is daar met sy sorg.  Sodat dit met julle goed mag gaan.  Dawid praat ook van God se stok en staf watmy vertroos. "Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee, ek sal geenonheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf die vertroos my."

Wanneer dieherder sy skape deur 'n nou en donker kloof lei, kan dit gebeur dat die skapehom nie meer kan sien nie. Hulle hoor net die klop of tik van die staf.Daardeur weet hulle dat die herder daar is en voorop gaan. Dit gee reeds 'nveilig gevoel. Tydens ons lewe kan daar ook dae wees waarin ons die Herder nieso duidelik sien nie. Donker wolke, hartseer, bekommernis, pyn kan ons sigbelemmer. Maar die klop of tik van die Herder se staf kan nog op 'n afstandgehoor word. Sy woorde kom steeds weer in ons gedagtes op. Dit is voldoende. Ditherinner ons: die Herder is nog daar, en wys die pad, ook al het ons moeite omHom te sien.

Kan julle,broers en susters dan ook trots en bly uitroep: die Here is my Herder, niks salmy ontbreek nie, ook wanneer julle deur ’n diep dal gaan, deur moeilike tyegaan en die toekoms so onseker lyk?  Kanjulle vol vertroue bely: ons behoort aan die Here, Hy sorg vir ons?  As jy aan die Here – die almagtige en getroueVerbondsgod – behoort, dan is jy ryk, sy dierbare eiendom.  Jy is mos gekoop deur Christus se kosbarebloed.  Dan mag jy verseker wees van syhulp en beskerming.  Dit beteken nie datjy altyd volgens aardse maatstawwe voorspoedig sal wees nie.  Die teendeel kan waar wees.  Om Hom konsekwent te volg kan beteken dat jybaie verloor, dat allerlei beproewings op jou pad kom.  Tog is jy wonderlik ryk met so ’nHerder.  Goedheid en guns sal jou volg aldie dae van jou lewe.  Jy het immers altyddie Here by jou, in lewe en sterwe. Jy mag as kind by Hom tuis wees – in diehuis van die Here bly in lengte van dae.

Natuurlikgaan dit nie vanself nie.  So ’ngeweldige belydenis het ook ’n keersy: ken julleself as skape van hierdieHerder.  Aanvaar sy leiding.  Wys in julle lewe van elke dag dat julle Homnodig het.  Bly steeds in gebed endanksegging na Hom toegaan.  En volg Homwaar Hy julle lei.  Langs die weg is dietroos van Ps 23 julle troos, is die vreugde van Ps 23 julle vreugde en is dieheil van Ps 23 julle heil.

Die Here,jul Herder, sal sorg.

Liturgie: 

(kyk in preek)