Christus se brief aan die gemeente van Filadelfia

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-07-11
Teks: 
Openbaring 3
Preek Inhoud: 

Openbaring 3:7-13

Johannesburg, 11 Julie 2010

Lees: Openbaring 3:7-13.
Sing: Ps 87:1,2; Ps112:1-4; SB 43:1-3; SB 43:4-6; Ps 87:3-5.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Hoe ervaar julle dit om ’n klein gemeente te wees?  Volgens menslike maatstawwe beteken klein oordie algemeen ook swak wees.  Jy het danmin krag.  Wat kan ’n klein gemeente nogbeteken in ’n groot stad en wêreld.  So’n klein gemeente is nie in tel nie.  ’nGroot gemeente kan tenminste nog iets vermag, ’n sekere aansien of invloedhê.  Maar so ’n klein gemeente?  Mense sou jou vandag eerder aanraai om tekonsolideer deur te verenig met ander kerke in die omgewing.  Dan kan jy tenminste iets meer doen enbeteken.  Veral in ’n tyd waarin getalleso ’n groot rol speel.  ’n Mens sou in so’n klein gemeente hom minderwaardig kan voel.

In hierdie lig is Christus se brief aan die gemeente van Filadelfia welopvallend.  As jy let op getalle enaktiwiteite kan die gemeente nie vergelyk met ander gemeentes nie.  Maar Christus is juis vol lof oor hierdieklein gemeente.  In hul kleinheid leefhulle van Christus se moontlikhede. Hulle is sterk in Hom. 

Vanoggend wil ons dan kyk na die brief van Christus aan die klein gemeentewat van sy moontlikhede leef.

Ons let op drie dinge:

1.     Christus prys hul getroue belydenis van sy Naam;

2.     Hy wys op die geopende deur wat Hy aan hulle gee; en

3.     Hy belowe ’n plek van eer aan die oorwinnaars.

In die brief aan Filadelfia word ons onmiddellik getref deur die trant vandie brief. In hierdie brief is daar geen vermaning of waarskuwing nie. Christusnoem geen vreeslike sonde of tekortkoming nie. Nee, Christus is vol lof oorhierdie gemeente. Hy prys hul getroue belydenis van sy Naam: "jy het mywoord bewaar en my Naam nie verloën nie." Julle het aan my woorde, dieevangelie wat aan julle verkondig is, getrou gebly. Julle het nie daarvanafgewyk nie. En julle het volgehou om op te staan vir my Naam. "Nieverloën nie" beteken so veel as: verdedig, bely. Dit is negatiefgeformuleer om aan te dui dat dit nie outomaties was nie. Die gemeentelede isonder druk geplaas om die Een Naam te verloën. Ander het gepoog om hulle weg tetrek van die goeie belydenis. Die gemeente het egter volhard.

Die getroue belydenis van Jesus Christus se Naam was dus nievanselfsprekend nie.  In Filadelfia hetdie teenstand waarskynlik veral van die sinagoge se kant gekom. Van hulle watbeweer het dat hulle God se uitverkore volk was. Hoe durf die Christene daardietitel opeis. Sou die volgelinge van Jesus God se volk wees? Vergeet dit maar.

Geliefdes, die verheerlikte Heer vertel ons wie reg is in hul bewering. DieJode noem hulself kerk, maar in werklikheid is hulle ’n vergadering van diegroot teenstander Satan. Hul vyandigheid en haat teen die Christene lê hulwerklike karakter bloot – hulle staan in diens van God se teenstander. Satanprobeer om die kerk van Christus te verwoes deur middel van die sinagoge. Netsoos hy vandag die valse Christendom teen die kerk van Christus gebruik. Diefelste aanvalle kom gereeld vanaf die kant van hulle wat beweer dat hulle diekerk is, maar dit nie meer is nie.

Dit maak die lewe vir die Christene in Filadelfia moeilik. Bo en behalwedit is hulle ook so baie klein in aantal en krag: "jy het min krag"sê Christus. Hulle is slegs ’n klein groepie mense. Daar is geen groot eninvloedryke manne onder hulle nie.

Christus prys egter hierdie gemeente.

Hulle mag klein wees, maar hulle bewys groot lojaliteit. Ondanks die felleteenstand hou hulle aan om Christus te bely. Hulle laat hulself nie intimideernie. Hulle gee nie moed op en trek hulle nie terug nie. Selfs onder al dieteenstand en vervolging bly hulle rustig hul vertroue in hul Heer en VerlosserJesus Christus bely. Daarin lê hul krag. Hulle bly ’n kerk wat die evangelie inleer en lewe uitdra.

Broeders en susters, dit is des te meer opvallend as mens na die situasiein die stad kyk. Filadelfia was ’n redelik jong stad met ’n relatief klein bevolking.Die stad is gereeld deur aardbewings getref. Dit het dit nie baie aantreklikgemaak om daar te woon nie. Nou, in so ’n klein stad sou die felle stryd tussendie ware en valse kerk nie onopgemerk gebly het nie. Dit sou soos ’n baie swaksituasie vir evangelisasie lyk. Wat moet die buitestaanders van hulle dink?Beroep beide Jode en Christene hulle nie op dieselfde Ou Testamentiesegeskrifte nie? Roep hulle nie altwee dieselfde God aan nie? Dit moes baiemoeilik gewees het vir buitestanders om dit te verstaan, net soos dit vandagook moeilik kan wees. Hoe verduidelik jy vir buitestanders wat die verskil istussen die ware en die valse kerk? Sou dit nie beter wees om in so ’n situasiemaar te swyg nie? Die konflik tussen die ware en valse lyk soos ’n onoorbrugbarehindernis in die werk van evangelisasie. Mens sou dink dat die teenstand vandie Jode en die negatiewe indruk wat die buitestaanders ontvang die werkvrugteloos sou maak.

"Los dit maar," sou baie vandag sê. Trek jou terug in jouvertroude kring van gelykgesindes, binne die kerk. Buite loop mens slegs vasteen die harde mure van ongeloof, misverstand en teenstand.

Gelukkig is dit nie hoe die gemeente van Filadelfia redeneer nie. Hulle blyChristus se Naam publiek bely.

Wat ontdek ons dan, broeders en susters? Wat soos ’n onoorkomelike muurgelyk het, blyk ’n geopende deur te wees. Christus gooi die deure oop. Dit isdie tweede punt van die teks: Christus wys op die geopende deur wat Hy aan diegemeente gee.

"’n Geopende deur" – julle kan almal rofweg raai wat dit beteken.’n Geopende deur gee toegang. Daardeur kan mens ingaan. Hierdie beeld word ookin die Skrif gebruik om ’n opening vir die evangelie aan te dui. In Korintiërslees ons dat Paulus ’n geopende deur in Efese getref het. Met ander woorde: hykon die evangelie vrylik daar verkondig. Die mense was ontvanklik vir dieevangelie, hulle was bereid om te luister. Op ’n soortgelyke manier het diegemeente van Filadelfia ’n geopende deur ontvang. Christus skep ’n opening in diemuur van weerstand en ongeloof. Christus gee toegang tot die harte. Diegelowiges kan die evangelie vrylik verkondig en met resultaat. Hul getrouegetuienis dra vrugte, alhoewel dit in alle eenvoudigheid en met min kragtegeskied. Mense kom tot geloof en sluit aan by daardie klein en veragtegemeente.

Let wel, geliefdes, dit is Christus self wat hier werk. Alhoewel die Heredie getroue getuienis van sy kerk gebruik, beteken dit nie dat die kerk mensebekeer nie. Nee, die getroue kerk, wat die evangelie uitdra, kan nooit spog oorsy aktiwiteite nie. Jy maak nie die bekeerlinge nie. Dit is Christus wat harteverander. Dit is Christus wat deur die harde muur van ongeloof breek. Dit isChristus was die deur oop gooi.

Kyk net na die selfbeskrywing van Christus in hierdie brief: "dit sêdie Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak enniemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie." Christus stelHomself voor as die een wat die besluite neem. Hy dra die koninklike sleutel.Sy besluit is beslissend. As Hy ’n deur oopsluit dan word allerhande dingemoontlik. As Hy ’n deur toesluit dan word allerhande moontlikhede afgesny.Christus, die sleuteldraer, besluit oor elkeen se geleenthede en moontlikhede.

Wat ’n roemryke naam om Homself mee voor te stel aan daardie klein gemeentevan Filadelfia. Watter bemoediging ontvang die mense deur so ’n naam. As mensslegs op die uiterlike omstandighede let, sou mens sê: "hulle het geenenkele kans nie." Wat kan so ’n kerk in hierdie harde wêreld bereik? Dithet nie die sterkte van getalle nie. Nog die krag van kapitaal. Nog dievoordeel van buitengewone gawes. Mens sou sê die deure sal sekerlik vir so ’ngemeente gesluit bly. En as dit nie die geval is nie, dan sal die Jode met hulfel teenstand en hul laster veldtog wel daarvan seker maak.

Christus sê egter: Niemand behalwe Ek besluit hieroor nie. Niemand andersen niks anders besluit oor die moontlikhede nie. Die getalle is nie beslissendnie. Ook nie die kwaliteite nie. Die Jode, nog die duiwel het seggenskaphieroor. Ek alleen beslis daaroor. Daarom het Ek ’n geopende deur voor jullegestel. En julle mag seker weet: as Ek dit open sal niemand dit sluit nie. GeenJood of duiwel kan julle teenhou nie. Geen vyand – hoe magtig ook al – sal diedeur weer kan sluit nie.

Inteendeel. Ek sal daardie vyande op hul knieë dwing. Ons lees die meesverrassende woorde: "Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, vandie wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg – Ek sal maak dathulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het."

Ek sal veroorsaak dat selfs die mense van die sinagoge van Satan sal kom.Ek, wat die sleutel van Dawid het, Ek sal die opstandige vyande tot nederigemedediensknegte maak. Ek deurbreek die mure van halsstarrige weiering. Ek opendie deur en hulle kom en buig neer voor jul voete. Kan julle jul dit voorstel!

Geliefdes, die uitdrukking "voor jou voete neerbuig" kom dalkvreemd by jou oor. Christus gebruik hier ’n bekende Midde-oosterse beeld. Daarwas dit gebruiklik dat mense wat tydens die stryd oorwin is, voor die voete vanhul oorwinnaars neerbuig. Hoekom? Om aan te dui dat hulle hul nederlaag erken.In hierdie beeld sluit Christus ook aan by die Ou Testamentiese profesie. Dieprofeet Jesaja het geprofeteer dat die heidene, die vyande van Israel, innederigheid na hulle sou kom. Luister na Jesaja 60:14: "En die seuns vanhulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jouverag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad vandie HERE, Sion van die Heilige van Israel."

Geliefdes, wat hier die meeste tref, is dat dit wat Jesaja sê die heideneteenoor Israel sal doen, Christus nou sê die Jode teenoor die Christelike kerksal doen. Die Jode, wat spog dat hulle die volk van God is, hulle sal na dieChristelike gemeente gedryf word. Hulle sal op hul knieë gebring word. Hullesal erken dat die kerk, wat hulle eers so gehaat en vervolg het, werklik diekerk van die lewende God is. Christus sê: "Ek sal maak dat hulle kom envoor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het." Die rigting isnie van die heidene na die Jode, maar andersom. Die Jode sal aansluit by diegemeente wat van heidense oorsprong is.

Wat ’n groot bemoediging vir die gemeente van Filadelfia, die gemeente watly onder die felle Joodse teenstand. Terwyl dit lyk of die gemeente geengeleenthede het nie, open Christus ongelooflike moontlikhede.

Dit is ook ’n groot bemoediging vir ons vandag, geliefdes. Hoe maklik beginons nie om ons kanse te bereken. En as ons kyk hoe magtig die propaganda vandie groot kerke is of van die sogenaamde pinkster en charismatiese beweging –met sy indrukwekkende samekomste en programme – dan kan ons maklik dink datdaar vir ons geen kans is nie. Die mure om ons lyk dan hoër en groter as ooit.Wat is dan die nut daarvan om Christus in so ’n situasie te verkondig? Moet onsdan nie eerder dinge vir onsself hou en die taak oorlaat aan daardieselfgemaakte evangeliste nie? Ja, ons is gewillig om iets te doen, maar dan wilons eers ’n geopende deur sien voordat ons die stryd aanpak. As ons maar netsou weet dat ons gewillige ore en geopende harte sou vind – dan sou ons moeitedoen om onsself as gelowiges en as kerke te presenteer en dan sou ons dieevangelie aktief uitdra.

Geliefdes, deur hierdie brief aan die kerk van Filadelfia moedig Christusons egter aan. Ten spyte van haar klein kragte en die felle teenstand hethierdie gemeente getrou van Christus bly getuig. Volgens menslike maatstawwehet hierdie gemeente min hoop gehad om iets te bereik. Alles was daarteen. Dielidmate het egter rustig volgehou. Hulle het hulself nie laat afskrik nie.Hulle het getrou publiek vir hul Heer bly opstaan.

En wat sien ons wat Jesus Christus vir hulle gee: Hy gee hulle ’n geopendedeur. Hy breek deur die harte en gee bekering selfs onder die felsteteenstanders. Nee, geliefdes, dit beteken nie dat Christus ook vandag vir onsso ’n geopende deur sal gee nie. Dit hang van sy soewereine wil af. So lank aswat ons ten minste getrou bly en onsself nie deur die skyn en ons vrees laatlei nie. So lank as ons ons nie terug trek en ons roeping om die evangelie inwoord en daad uit te dra nie ignoreer nie. Ja, geliefdes, dit is maklik om tesê dat ander mense dit verkeerd doen en die mense mislei. Maar wat doen ons? Ommee te begin, in ons persoonlike lewe? Is ons lewe ’n lig? Lei ons woorde mensena Christus toe? Reik ons werklik uit met die evangelie?

Geliefdes, ons het nog baie om in hierdie verband te leer. Dit isbemoedigend om te weet dat Christus die moontlikhede bepaal. Geen vyand kan homdaarvan weerhou nie. As Hy die deur oopsluit kan niemand dit toesluit nie. Onsleef van Christus se moontlikhede.

Of ons sal toegang ontvang en vrugte sal sien is ’n saak wat ons inChristus se hande moet los. Hy roep ons slegs op om getroue getuies van Hom tewees. Die resultate is so te sê sy “probleem”. Hy weet wat Hy nog wil bereikdeur ons eenvoudige en aanhoudende belydenis van sy Naam.

Geliefdes, in die laaste plek sien ons dat Christus ’n belofte gee aan diewat oorwin. Hy belowe ’n plek van eer aan die oorwinnaars.

Eerstens hoor ons die belofte van beskerming: "Omdat jy die woord vanmy lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing watoor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef testel."

Johannes het die een na die ander visioen gesien oor die uur vanbeproewing. ’n Moeilike tyd staar die kerk en die wêreld in die gesig. En dieergste ding is dat God, gedurende die uur van beproewing, diegene wat Hom aanhoudendafgewys het, so te sê, aan Satan kan teruggee. Die wêreld wil nie sien nie,later kan dit gebeur dat hulle nie meer mag sien nie, want dan stuur God ’nmisleidende gees uit. Hier en daar het kerklede aan die slaap geraak. Later salhulle miskien nie meer wakker kan word nie as God ’n gees van diepe slaap oorhulle versprei. Dit is die ding wat ons die meeste vrees vir die kerk en diewêreld. Dink jou net in dat ons land of ons weer heeltemal aan Satan oorgegeesou word. Dan is alle hoop verlore. Die lewe word dan ’n hel en ryp vir dielaaste oordeel.

Sal ons staande bly? Christus belowe sy getroue getuies in Filadelfia datHy hulle sal bewaar in die uur van beproewing. Die belofte geld vandag ook.Maar dan moet ons getrou bly: "Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroonkan neem nie." Hou vas aan die evangelie, aan die Skriftuurlike leer  – moenie enige deel daarvan opgee nie sodatniemand jou kroon wegneem nie.

Christus vervolg: "Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel vanmy God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie." Christus gee dieoorwinnaars ’n vaste plek in sy tempel, ’n plek van eer. Hulle sal pilare in sytempel wees, pilare waarop die dak rus. Wat ’n groot belofte vir daardieeenvoudige kerklede in Filadelfia. Hulle het maar min krag. Wat kan hulle virdie Koninkryk van God bereik? Maar hulle sal die eer ontvang om die pilare,waarop die gebou van God rus, te wees.

Nee, nie slegs die groot kerkleiers kan iets doen of iets beteken vir Godse Koninkryk nie. Almal wat getrou is, is waardevol vir God, almal mag pilarevan God se tempel genoem word.

Volgens tradisie moet ’n pilaar ’n inskripsie daarop hê. Daarom vervolgChristus: "en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van diestad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal,en my nuwe Naam."

Wat beteken dit dat Christus hierdie name op hulle skryf? Hoekom skryf jyjou naam voorin ’n boek? Om aan te dui dat die boek aan jou behoort – so skryfChristus die naam van sy God op daardie pilare om aan te dui dat hulle aan Hombehoort. Hulle behoort aan God die Vader. Hulle is sy kosbare besit.

Dit word verder aangedui dat hulle aan die stad van God, die nuweJerusalem, behoort. As jy aan God behoort, dan behoort jy ook aan die kerk vanGod. Daardie twee moet jy nooit van mekaar skei nie, soos mense vandag gereelddoen, asof die kerk onbelangrik sou wees.

Laastens word die oorwinnaars aangedui as Christus se eiendom. Hulleontvang sy nuwe naam, die naam bo alle name wat Hy by sy verheerliking ontvanghet. ’n Roemryke naam.

Geliefdes, watter groot vooruitsig vir die kerk, vir die gelowiges watgetrou bly. Hou daarom vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie.Behou Christus se woord en bely sy naam. Laat niemand jou daarvan aflei nie.Gaan daarmee voort. Fokus op Hom, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak enniemand sluit nie, en Hy sluit en niemand maak oop nie. Leef van symoontlikhede. Dien Hom. Dan mag jy seker wees van jou volharding en oorwinning.Deur Hom wat jou krag gee.

AMEN

 

Liturgie: 

(kyk in preek)