Die kerk is die liggaam van Christus

Predikant: 
Ds C Kleyn
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2010-04-18
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 21
Preek Inhoud: 

Sondag 21

Johannesburg, 18 April 2010

Lees: 1 Korinthiërs 12.
Sing: Ps 122; Ps 87; SB27; Ps 133:1,2.

Geliefde gemeente van ons Here Jesus Christus,

Hoe beskou julle die gemeente waarvan julle lid is? Watter plek neem jullein die gemeente in? Hoe staan jy teenoor die ander lidmate? Na elke viering vandie heilige nagmaal sê ons vir die Here: "Ons loof U omdat ons deur dieHeilige Gees geniet het van die vreugde van die gemeenskap met U Seun, sowel asmet mekaar." Die gemeenskap met Christus en met mekaar word ’n vreugdegenoem wat ons geniet. Is dit hoe jy dit ervaar: as ’n vreugde wat jy geniet?Klink dit nie te optimisties nie? ’n Genot om aan Christus en aan mekaarverbonde te wees? Veral dit band aan mekaar. Dit kan soms onder druk kom testaan. Dit blyk soms moeilik te wees om mekaar te waardeer. Laat staan dat jyvan mekaar sou geniet. Hoekom is dit so? Ons moet steeds weer leer om vanuitChristus na mekaar te kyk. Dit verander jou perspektief heeltemal. Dan word jouhouding teenoor jou medelidmate ook anders.

Ek verkondig vir julle: Die kerk is die liggaam van Christus

Paulus vergelyk die kerk met ’n menslike liggaam. Dis baie opvallend hoe hydit doen. Luister maar: "Want net soos die liggaam een is en baie ledehet, en al die lede van die liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ookChristus." Let op die onverwagse wending aan die einde van die vers:"so ook Christus." Ons sou verwag het: net soos die liggaam een is,so ook die kerk van Christus. Pleks daarvan lees ons: "so ookChristus."

Deur ‘Christus’ hier te noem benadruk Paulus die heerlikheid en eer van diekerk. Die kerk word met sy hoof Christus vereenselwig. Die kerk is so te sêChristus self. Wanneer jy met die kerk te doen het, het jy met Christus self tedoen. Wanneer jy die kerk smaad, smaad jy Christus self. Paulus het dit op padna Damaskus ervaar. Hy was besig om die kerk te vervolg. Maar wat sê die HereJesus wanneer Hy aan hom verskyn? Hy sê nie: Saul, Saul, waarom vervolg jy mykerk? Maar: Saul, Saul, waarom vervolg jy My? Christus vereenselwig hom met sykerk. Die kerk is nie net ’n menslike organisasie nie. Dit is baie belangriker,duursamer en kosbaarder. Dit is die liggaam van Christus.

Daarom, broeders en susters, besef waarmee julle te doen het wanneer julleoor die kerk praat. Julle het te doen met die liggaam van Christus. En waar jysy liggaam skend, skend jy Christus self. Dis immers Christus wat vir Hom ’ngemeente vergader, beskerm en onderhou. Die kerk behoort aan Christus, dis sy eiendom, ja selfs sy bruid.

Tipies vir ’n liggaam is sy verskeidenheid en eenheid. ’n Liggaam issaamgestel uit baie lede. Elke lid het sy onderskeie funksie. So is dit met dieliggaam van Christus. Elke lidmaat het sy/haar eie gawe en funksie. Jy het ookjou eie gawe en funksie. Besef jy dit wel? Weet jy wel watter gawe en funksiedit is? Dink maar eers daaroor na. Elke lidmaat is uniek, verskillend. Sonderdie verskeidenheid sou die liggaam nie bestaan nie. ’n Liggaam wat slegs oë enore is, is geen liggaam nie. Verskille in vermoëns en funksionering moet daarwees. Anders sou die liggaam ophou om te bestaan. Daarom moet jy die verskillewaardeer en leer om die te benut. Ons verskil van mekaar omdat God met dieverskille ’n spesiale eenheid wil laat vorm, die liggaam van Christus.

Geliefdes, Paulus pas hierdie werklikheid toe op die situasie in Korinte.Daar is mense wat hulleself oor ander verhef vanweë hul geestelike gawes. Hullewat die gawe van profesie of die onderskeiding van profesie het, of hulle watin tale kan spreek, beskou hulleself as eerste klas christene. Hulle het in elkgeval ’n duidelike bewys daarvan dat hulle met die Gees vervul is. So laathulle diegene wat nie die gawes het nie, minderwaardig en ontoereikend voel.Die mense word as tweederangs christene behandel. Jy kry dus groepe in diekerk: ’n geestelike elite wat selfvoldaan is en ’n groep wat minderwaardig geagword.

Die kerk het so ’n houding en verdeling van die gemeente altyd al moetbestry. Die pinksterbeweging maak hom skuldig aan dieselfde gees vanmeerderwaardigheid. Met hul nadruk op die geestelike gawes ontmoedig hulle baieopregte christene en diskwalifiseer hulle as tweederangs christene.

Maar geliefdes, moenie dink dat iets dergeliks nie in ons gemeente kangebeur nie. Dis altyd verleidelik om bepaalde geestelik gawes in die gemeentete benadruk ten koste van ander. Neem die gawe van kennis, die gawe vanverklaring van die skrifte, die gawe van onderskeiding van die geeste. Dispragtige gawes, baie belangrik in die kerk, selfs fundamenteel. Maar as ek ditas die gawes in die gemeente gaan beskou waaraan ek alle lidmate gaan meet, danis ek skuldig aan dieselfde kwaad as die elite in Korinte. Dan laat ek diegenewat nie of in minder mate die gawes het, minderwaardig en ontoereikend voel.Hulle kry dan die gevoel dat hulle slegs tweederangs christene is, onbelangriken waardeloos. So kry jy mense wat ontmoedig word. Mense wat die gevoel hê dathulle nie nodig of gewens is nie.

Dieselfde kan gebeur wanneer mense ander gawes oorbeklemtoon. Neem bv diegawe van empatie, fyngevoeligheid of die gawe om met groot vrymoedigheid tegetuig van die Here. As daardie gawes as die kenmerk van ’n ware christenbeskou word, wat gebeur dan met hulle wat die gawes nie so duidelik wys nie? Ishulle dan minderwaardige Christene?

Geliefdes, hoe reageer Paulus op so ’n verdeling van die gemeente inmeerderwaardige en minderwaardiger christene? In die vers 14-19 spreek Paulushulle aan wat hul minderwaardig voel. Wanneer die lyk asof jy minderwaardig is,beteken dit dat jy nie daarby behoort nie? Beteken dit dat jy net so wel diegemeente kan verlaat? Die voet is bv nie so handig as die hand nie. Jy kan asvoet teen die hand opkyk en jouself as waardeloos beskou: omdat ek nie ’n handis nie, is ek nie deel van die liggaam nie. Dis natuurlik dwaasheid. Die voetis deel van die liggaam en maak die liggaam kompleet. Voete is ook baiewaardevol. Wat moet ’n liggaam sonder die voete? Daar is geen rede om ’nspesiale geestelike gawe wat jy nie besit nie te beny nie. Daar is geen rede omjouself te laat neerhaal nie. Jy hoef jouself nie ontoereikend te voel nieomdat jy ’n sekere geestelike gawe nie het nie.

Paulus onderstreep dit met die voorbeeld van die oor en die oog. Diefunksie van die oog lyk belangriker. Daarom sou die oor kan dink: Omdat ek nie’n oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie. Dis natuurlik dwaas. Om goedte kan funksioneer het die liggaam alle lede nodig. Elke lid is belangrik. Ookjy, ook al voel jy jou miskien ontmoedig, misken. Die kerk het ook jou nodig omgoed te kan funksioneer. Volhard as ’n lewende lid van die kerk. Waardeer engebruik die talente wat God vir jou gegee het en die talente wat God vir andergegee het.

Gestel dat die liggaam net uit die oog sou bestaan? Hoe belaglik! Dit sougeen liggaam wees nie. So sou ook die kerk ophou om kerk te wees as allelidmate wat sekere gawes nie het nie, hulle sou onttrek. Dit sou ’n elite groepvan mense word en nie langer die kerk van Christus wees nie.

Gestel dat alle lidmate van die kerk presies gelyk sou dink, handel enpraat. Hulle sou slegs een bepaalde talent wys. Dan sou jy slegs een lid sienen nie ’n liggaam nie. Paulus vra letterlik: "As almal een lid was, waarsou die liggaam wees? Maar nou is daar wel baie lede, maar net eenliggaam." En iets later: "Maar julle is die liggaam van Christus enlede afsonderlik."

Hoe belangrik is dit, broeders en susters, om dit te onthou: elkeen vanjulle is slegs ’n deel van Christus se liggaam. Jy is nie alleen nie, jou gawestaan nie op homself nie. God gebruik meer geleenthede en moontlikhede as diegawes wat jy kan inbring. Daarom: beoordeel ander nie na jouself nie. Jy is niedie kerk nie. Jy is nie die model vir ander lidmate nie. Jy is slegs ’n deelvan die liggaam. Verhef dus nie jouself tot norm waaraan jy ander beoordeelnie. Pleks daarvan gebruik die norm van God se woord om eers jouself tebeoordeel.

Broeders en susters, in die verse 20-26 keer Paulus hom na die geestelikhoogmoediges. Die lidmate praat nie meer vanuit ’n posisie vanminderwaardigheid, soos in die vorige verse nie. Hier praat die lidmate in ’nvernederende toon. Geen woorde maak meer seer as die opmerking: ek het jou nienodig nie. Hier kan die hoogmoediges enige persone in die gemeente wees. Disdie houding wat Paulus afwys.

As jy ’n bepaalde gawe het, het jy geen reg om jou mede gelowige wat andergawes het, neer te haal nie. Besef tog: jy is self hulpbehoewend. Om goed metjou gawe te kan funksioneer, het jy die ondersteunende bediening van die andernodig. Binne die gemeente het elkeen van ons mekaar nodig. Hoekom lyk dit somsasof bepaalde lidmate met hul spesiale gawes in die gemeente nie goed tot hulreg kom nie? Dit kan veroorsaak word deur die feit dat die gemeente die gawesgewoon nie waardeer nie. As jy steeds neergehaal word, gekritiseer word,verloor ’n mens maklik die moed om nog aan te gaan, om sy/haar gawes diensbaarte maak.  Laat ons nie onderskat hoeafbrekend en ontmoedigend aanhoudende kritiek is nie. Ons kan mekaar so maklikdooddruk.  Die feit dat jou gawes niegoed tot hul reg kom nie kan ook wees omdat jy geen waardering vir ander segawes kan opbring nie. Wanneer ek geen vertroue in die gawes van ander het nie,dan beledig ek nie slegs God wat die gawes uitdeel nie, maar dan benadeel ekook myself. Dan weier ek mos die hulp wat ek van ander nodig het om behoorlikte kan funksioneer. Dan kan my eie gawes hulle volle potensiaal nie bereik nie.Hulle word muf en ineffektief. Dis slegs in die samehang van die liggaam datons kan funksioneer soos ons behoort. Besef ons dit wel voldoende?

Gemeente, Paulus wys daarop dat juis die dele van die liggaam wat dieswakste lyk noodsaaklik is. Dit kan bv gebeur dat ’n stil en teruggetrokke persoongeïgnoreer word deur hulle wat meer ekstrovert is en wat meer in die publiekoptree. Tog kan dit wees dat so ’n rustige persoon kragtig in die gebed is en’n held in die geloof. Hy of sy is ’n onmisbare lid van die christelikegemeente en keer skynbare swakheid in krag. Laat niemand enige lidmaat veragdeur hom of haar af te skryf nie, want hulle is noodsaaklik vir die welsyn vandie gemeente.

Paulus vervolg: "Die lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaarlyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike ledeoorvloediger sierlikheid, terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie".Ons kan dus sê dat die lidmate van die gemeente wat onbelangrik lyk, in ’nsekere sin juis die belangrikste is. Hulle ontvang groter sorg en eer. Is ditso in hierdie gemeente? Ontvang hulle wat minder belangrik lyk of swak is,groter sorg en eer? God se bedoeling is om hulle te eer wat ander onteer.

Die sogenaamde swak broeders en susters is feitelik onmisbaar vir diegesondheid van die liggaam. Diegene wat hulp ontvang is feitelik daar om hullewat hul hulp gee, te help. Ervaar ons dit dikwels nie wanneer ons mense wat inmoeite verkeer, besoek nie? Ons gaan om die ander te troos. Ons ervaar datonsself getroos word. Hulle wat besondere sorg nodig het, bv die siekes, hetdus hul eie spesifieke taak en funksie ook vanuit ’n siek of sterfbed. Laathulle hul gawes dan ook gewillig en met vreugde gebruik tot nut en saligheidvan die ander lede. So is beide hulle wat hulp ontvang en hulle wat hulp gee ’nseën vir mekaar. Deur die verskillende dele van die kerk saam te voeg, skep Godiets wat mooi en sterk is.

Soos in ’n liggaam, is die pyn van een lidmaat die pyn van almal. Wanneerek myself met ’n hamer op my duim slaan, dan voel my hele liggaam dit. Ek kan dansê: ek het my duim seergemaak. Maar ek kan ook sê: ek het myself seergemaak.Dieselfde beginsel geld wanneer ’n lidmaat geëer word. Paulus sê: "As eenlid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saambly." So behoort dit in die kerk te wees. Omgee vir mekaar word gewys deursaam te deel in die vreugde en verdriet van ander lidmate.

In ’n natuurlike, fisiese liggaam gaan dit outomaties. Jy moet maar ’nhewige kiespyn hê. Jou hele liggaam voel dit. Wanneer daar nie so ’n gevoel isnie, dan is daar iets fout. Ervaar julle dit ook so in die gemeente? Ja, kenons mekaar goed genoeg om bly te kan wees saam met hulle wat bly is, en om tely saam met hulle wat ly? Wat doen jy as individuele lidmaat vir hulle wat opeen of ander manier worstel? Wys jy dat jy saam met hulle worstel, dat jywerklik omgee?

As ’n gelowige behoort ek nie in individualistiese terme te dink nie, maarin terme van die liggaam. Julle is almal lede van ’n liggaam, Christus seliggaam. Dit behoort jou ervaring en reaksie te bepaal.

Geliefdes, die bestaan van die kerk as liggaam van Christus is werklikuniek. Waar anders kan jy so ’n liggaam vind? Dit was in die vroeg christelikekerk nog meer opvallend. Die kerk het mos bestaan uit mense van verskillenderasse, kulture en sosiale posisies. Jode en Grieke, slawe en vrymense hetsaamgekom. Mense wat anders in die samelewing niks met mekaar te doen sou wilhê nie. Die eenheid van sulke verskillende mense was ongehoord. Tog was hulleverenig in die kerk van Christus.

Wat het hierdie mense by mekaar gebring? Ja, wat bring ons by mekaar? Nie’n natuurlike aantrekkingskrag nie. Is ons ’n gemeente omdat ons so goed metmekaar oor die weg kom? Of vanweë ons gemeenskaplike belange en ideale? Daar isin die wêreld genoeg van sulke belangegroepe, genootskappe, verenigings, klubs.Maar dis nie die kerk van Christus nie. Die bestaan van die kerk kan nie uitdie gedrag van mense verklaar word nie. Sosiologie kan nie die geheim van diehierdie gemeenskap verklaar nie.

Nee, slegs God se aksie kan die kerk van Christus verklaar. Jy sal nooitdie bestaan van so ’n liggaam, met so ’n verskeidenheid van mense, kan verstaanen waardeer sonder dat jy die werk van Christus se Gees erken nie. Paulusverwys daarna in vers 13: "Want ons is almal ook deur een Gees gedoop toteen liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne."

Hulle wat tot geloof gekom het, Jode of heidene, het die doop ontvang asteken van hul inlywing in die christelike kerk. Hulle is gedoop tot eenliggaam. Nie dat die doop self die inlywing bewerk het nie. Die doop is slegs’n teken daarvan. Dit is die Heilige Gees wat ons aan Christus verbind en onsin Christus se kerk inlyf. Deur die Gees vorm mense van sulke verskillendeagtergronde en posisies een liggaam, die liggaam van Christus. Dis die geheimvan die kerk. Die Gees verenig sulke verskillende mense in een liggaam. Diswerklik ’n groot wonder, ’n wonder van genade. Mense wat van nature almalsondaars is, egoïste, wat slegs hul eie belange en eer najaag, word saamgevoeg.God die Heilige Gees keer ons natuurlike neigings om, oorwin ons natuurlikevoorkeure en gee ons ’n gemeenskapsgees. Hy bind ons as sondaars saam inonderlinge liefde. Hy bind ons aan Christus en aan mekaar. Daarom is diebelydenis van die vergewing van ons sondes so belangrik.  Die kerk is ’n klomp sondaars wat in Christusvergewing soek en vind.

Elke lidmaat het sy eie gawes en kragte ontvang om sy of haar plek enfunksie binne die liggaam te kan opneem. Paulus het aan die begin van diehoofstuk die geestelike gawes genoem. Hy noem die gawes opnuut aan die eindevan die hoofstuk. Die kerk word deur die Gees saamgevoeg en deur die Geestoegerus tot onderlinge diensbetoon. Dit verklaar die unieke karakter van diekerk van Christus. ’n Wonder van genade. ’n Nuwe skepping. Nie afhanklik vanjou of my keuse of voorkeure nie. Maar ’n gevolg van God se keuse. Dit het Godbehaag om jou en jou kinders af te sonder vir homself. Dit het Hom behaag omjou in die christelike kerk in te lyf. Hy wou jou met geestelike gawesbegiftig. Jy is vir God dierbaar. Gekoop met ’n dure prys. Christus se eiebloed. Daarom ook dierbaar vir mekaar. Saam is julle Christus se liggaam.

Gemeente, laat hierdie bybelse beeld van die kerk as liggaam julle houdingen reaksie teenoor mekaar bepaal. Waardeer die eenheid wat God in Christus totstand gebring het. Ondanks alle swakhede en gebreke. Waardeer die gawes wat Godvir jou gegee het. Neem met vreugde jou plek in in die gemeente. Waardeer dieplek wat ander ontvang het. Dien mekaar in liefde. Dan kan jy werklik genietvan die vreugde van die gemeenskap met Christus en met mekaar.

AMEN

 

 

Net ’n herinnering: Indien u diepreek wil gebruik kontak asseblief C Kleijn

 

 

Liturgie: 

(kyk in preek)