Ons omgang met die Naam van die Here

Predikant: 
Ds FJ van Hulst
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2018-01-21
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 36
Preek Inhoud: 

Ps 75: 1, 2, 6
Skb 26: 1, 2, 3, 4, 5
Geloofsbel
Ps 147: 1, 2, 5, 7
Lees: Psalm 147
Teks: Sondag 36

Brs en srs,

Vanmiddag gaan dit oor die derde gebod van die Wet. Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydel gebruik nie.

As ek nou vir die kinders sou vra: kinders, waaroor gaan dit in hierdie gebod, dan sal hulle vermoedelik almal se: Dit wil se dat jy nie mag vloek nie.

En inderdaad 'n vloek soos Jesus ! of Godallemagtig ! of watter variasie ook al waarin die Naam van God of Christus voorkom is 'n oortreding van hierdie derde gebod.

Maar laat ons die derde gebod asseblief nie beperk tot 'n verbod op die gebruik van vloekwoorde nie. Want dan sou ons die betekenis van hierdie gebod geweldig versmal.

Vam hierdie versmalling sou die ergste wees dat ons in die geval sou dink dat ons nie teen hierdie gebod oortree nie.

Ons vloek mos nie. Ek moet toegee, ook onder kerkmense kry jy ongelukkig ook mense met slegte taalgebruik of wat selfs vloekwoorde in die mond neem. Maar dis tog uitsonderinge. Altans ek hoop dit maar.

Maar die moeilikste van die derde gebod kry jy in die slot van vraag 99. Daar word saamgevat hoe ons die Naam van God dan wel moet gebruik. 'Kortom ons mag die Heilige Naam van God nie anders as met vrees en eerbied gebruik nie., sodat Hy deur ons reg bely, aangeroep en in al ons woorde en werke geprys word. '

Nie anders as met vrees en eerbied nie...

Gemeente, as ons die kere dat ons sonder die vereiste eerbied die Naam van God in die mond neem moes optel, dan sou ons skrik.

In 'n gebed bv roep jy die Naam van die Here aan.

Maar hoeveel keer het jy werklik besef dat jy jou daarmee voor die aangesig van die heilige God stel? Hoe dikwels was dit eintlik slegs 'n outomatiese woordestroom?

Ydel, die woord beteken leeg, hol, niksseend.

Jou woorde kan leeg, hol wees.

Jou lewe kan ook leeg wees. As daar geen lof op die Naam van God uit jou dade klink, ook dan is die heiligheid van die Naam van die Here in geding.

Kortom, bo en behalwe oor vloekwoorde het ons in verband met hierdie gebod 'n hele paar sake waaroor ons moet besin.

Die tema vir die preek is:

Ons omgang met die Naam van die Here

Vereis word:

  1. sorgvuldigheid met die Naam
  2. vrymoedigheid met betrekking tot die Naam

Dit is nogal opvallend dat die derde gebod in die derde persoon gestel is.

Ek bedoel dit: die Here se nie, Jy mag My Naam nie ydel gebruik nie. Maar daar staan: Jy mag die Naam van die Here jou God, nie ydellik gebruik nie.

Die Naam van die Here.

Op hierdie wyse val daar dus baie nadruk op die Naam Here of Jahwe soos dit in Hebreeus geklink het.

Hierdie is 'n kosbare Naam. 'n Naam met 'n geweldige inhoud.

En as dit gaan oor die inhoud, dan moet ons nie slegs let op die betekenis van die Naam nie. Die betekenis is ook pragtig. Ek is wat Ek is.

Dit beteken: Ek is die God wat doen wat Ek belowe het.

Dit is die betekenis van die Naam.

Maar daardie Naam het inhoud gekry deurdat inderdaad God gedoen het wat Hy belowe het.

U onthou seker nog wel dat in die tyd van die uittog uit Egipte van die volk Israel hierdie Naam so 'n groot rol gespeel het.

Die Farao sal weet dat Ek die Here is, klink dit amper soos 'n refrein.

Al die volke sal agterkom met wie hulle te doen het in die God van Israel.

Hulle het geweet wie Jahwe is.

Hy is die Magtige God wat sy krag wys in die skepping van die wereld en in die verlossing van sy kinders.

Daardie twee, Skepping en verlossing, daarin het die Here vir Hom 'n Naam verwerf.

'n Naam wat ons moet hooghou en moet gebruik vir die doel waarvoor dit bestem is.

As dit gaan om die Naam van die Skepper kan ons bv dink aan 'n psalmwoord: O Here, onse Here, hoe heerlik is U Naam oor die hele aarde.

En dan gaan dit in die psalmwoord oor die mens wat hom klein voel word as Hy die wonders van God se Skepping raaksien. Die gedagte loop ons raak in die psalm wat ons netnou saam gelees het. Psalm 147.

Die digter kyk rondom hom en se: 'n loflied is gepas!

God bepaal die getal van die sterre;Hy gee vir hulle almal name. Onse Here is groot en ryk aan krag ;sy verstand is oneindig.

Hoe weet die digter dit? Hy kan inderdaad sy oe oopmaak en die wonders van die skepping rondom hom raaksien, maar hoe weet hy wat die Here daarmee te doen het?

Wel, die Hee het self so gese.

Hy het sy Naam daaraan verbind.

Kyk na die Skepping en jy sien die naamtekening, die handtekening van die Here!

En van die Verlossing kan ons maar dieselfde se. Ons het al genoem die Here het vir Hom 'n Naam gemaak in die uittog van die volk Israel uit Egipte, maar daarby het dit nie gebly nie.

Die Here het sy Naam as Verlosser steeds weer bevestig.

Totdat Hy Sy Naam verbind het aan die van Jesus Christus.

In Hom het Hy definitief sy Naam gevestig as 'n Naam vol goddelike verlossingskrag.

Wel, so'n volle Naam kan jy nooit leeg, ydel gebruik nie.

En daarom is met die Naam die grootste sorgvuldigheid vereis.

Jy mag as mens die Naam gebruik, maar dan altyd vir die doel waarvoor die Naam gegee is. Namelik om iets te kan se in verband met God se grootheid en goedheid.

Gebruik rustig my Naam se die Here dan. Daarvoor is die Naam. Ek is nie 'n God wat wegskuil in geheimsinnigheid nie, jy mag weet wie is Ek.

Maar moet nooit my Naam gebruik vir sake waarmee Ek niks te doen wil he nie.

Dit kan natuurlik gebeur. Jy kry mense wat probeer om die Naam van Jesus as 'n soort towerspreuk te gebruik. 'n Voorbeeld uit die Bybel kry u in die boek Handelinge, waar ons in hoofstuk 19 duiwelbesweerders ontmoet wat die Naam van Jesus gebruik vir hul eie doeleindes. Hulle probeer besigheid te doen met die Naam.

Ag vandag gaan dit op 'n bietjie ander manier maar wat dink u van die Amerikaanse televisiedominees, wat in die Naam van Jesus miljoenebesighede begin. Die Naam van Jesus Christus word gebruik, die geld stroom in, en kort voor lank raak die verleiding te groot om gelde vir eie dinge te gebruik. Die name van die betrokkenes verander, maar die geskiedenis herhaal hom oor en oor.

God wil dit!

U herken miskien hierdie slagspreuk uit die geskiedenis van die kruistogte in die Middeleeue. Sekere leiers in die kerk het gedink dat Jerusalem uit die hand van die heidene bevry moes word. 'n Heilige oorlog moes gevoer word. God wil dit!

En die tienduisende het gekom en ten stryde getrek en gewoonlik 'n ellendige dood gesterf. Misbruik van die Naam van God. Jy verbind die Naam aan dinge waarmee God niks te doen wil he nie.

God wil dit!

Mense kan soms 'n manier van doen he in die kerk asof hulle alleen weet wat God vra. Jy kry fanatiese mense wat graag hul sin wil deurdryf en dit doen met behulp van die Naam van God. God wil dit! God eis dit van jou!

Op die manier het vervolgings en kerkskeurings tot stand gekom. Met sy tallose slagoffers vanwee misbruik of ondeurdagte gebruik van die Naam van God.

Onsorgvuldige gebruik van die Naam van die Here. Selfs ouers loop die gevaar om dit teenoor hul kinders te doen.

Dis heel goed dat hulle hul kinders so goed as moontlik opvoed en daarby hulself ook steeds afvra: wat vra die Here hier?

Maar jy kan ook op 'n ongesonde manier jou wil afdruk op die kind met gebruikmaking van die Naam van die Here. God wil dit!

As jou argumente nie voldoende krag het nie, mag jy hulle nie probeer versterk deur te se: Die Here wil dit so en so.

Want dit kan wees dat jy daarmee net jou eie sin deursit met al die skade wat daaruit vir die kind kan voorkom.

Misbruik van die Naam van die Here!

Laat ons tog asseblief baie sorgvuldig met sy naam omgaan broers en susters. Laat ons nie sommer maklik sy Naam verbind aan allerhande doelstellinge waarvan ons later moet erken, ons het dit toe tog nie heeltemal reg beoordeel nie.

Nog 'n laaste ding in verband met sorgvuldigheid ten aansien van die Naam van God.

As dit gaan oor vloekwoorde waarin die Naam van God of Jesus Christus gebruik word, weet ons wel waar ons moet staan. Ons moet daardie afskuwelike vorm van misbruik van God se Naam help keer waar dit vir ons maar moontlik is.

My katkisante het dikwels die neiging as dit oor hierdie Sondag gaan, aan te kom met 'n hele serie bastervloeke en kragterme. Of die dominee maar wil se wat se woorde jy nog wel en wat se woorde jy nie kan gebruik nie.

Ek weier altyd 'n antwoord daarop te gee.

In die plek daarvan probeer ek te vertel dat 'n christen vir wie werklik Jesus Christus baie belangrik in sy lewe is steeds minder behoefte het aan daardie tipe woorde in sy taalgebruik.

As christen moet jy 'n christelike lewensstyl vertoon.

En dit het ook te doen met jou taalgebruik.

Daarin moet steeds meer hoorbaar word dat jy jou woordgebruik laat beheers deur ander dinge as straatterme.

Dit geld spesiaal vir die jeug. Hulle taalgebruik is nog in ontwikkeling. Jy kan nie jong genoeg daarmee begin om ook in die opsig te ontwikkel as 'n kind van die Here nie.

As Paulus se dat ons moet leer in alle fyngevoeligheid om te onderskei waarop dit aan kom dan kan ons ook hieraan dink.

As ons boeke lees waarin die Naam van God deur die slyk gehaal word dan behoort dit vir jou as christen so seer te maak dat jy so'n boek liewers wegle. Net omdat die Naam van die Here vir jou 'n te mooie Naam is om deur spotters te laat misbruik.

2. vrymoedigheid m. b. t. tot die Naam

Ons het nou gehoor hoe ons die Naam van God nie moet gebruik nie. Geen onsorgvuldige gebruik van die Naam.

Maar inmiddels moet ons wel bedink dat God sy Naam aan ons bekendgemaak het vir ons om te gebruik.

Ons het psalm 147 gelees.

Dit is nou 'n psalm vol van die Naam van die Here.

Die psalm begin om te se dat 'n loflied op die Here gepas is.

Sy Naam verdien dit.

En dan begin die psalm vertel oor die dade van die Here.

Hoe Hy omsien na mense wat in nood is.

Maar ook hoe Hy die magtige Skepper is wat die heelal bedink het en alles op sy plek gestel het.

En verder hoe Hy op aarde vir Hom 'n eie volk vergader en vir hulle sy woord bekendgemaak het.

En dan eindig die Psalm: So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie. Hulle ken nie sy verordeninge nie. Halleluja!

Halleluja. Loof die Here, beteken dit.

Prys Sy naam!

Gemeente hier praat 'n gelowige wat die grootheid van die Here in die wereld en in sy lewe raakgesien het.

En dan juig hy: So het God aan niemand anders gedoen nie.

Die seeninge wat ons as volk van God ontvang is ongelooflik.

Gemeente, dit is nou 'n taal wat ons moet leer.

Dat jy jou so laat beindruk deur die grootheid en goedheid van die Here dat jy Hom net wil prys.

Kan ons dit ook?

Durf ons dit wel?

Wanneer se ons 'n slag vir mekaar: Die Here is goed vir ons!

Seker, in 'n gebed kan ons dit se, of in 'n psalm kan ons dit sing, maar dit is van die welvertroude vorme. Daar doen jy dit niemand verwag anders nie, maar wat verder?

Se dit 'n slag vir mekaar vandag. Die Here sorg goed vir ons. Ons is bly daaroor. Ons geniet daarvan.

Leer dit vir jou kinders om so te dink en te voel en te praat.

Onse God is goed vir ons. Dit ervaar ons.

Ek besef, dit is nie juis in ons tradisie nie. Vir baie mense het dit maar baie moeilik geword om buite die vaste vorme ooit die Naam van die Here in die mond te neem.

En die probleem is as jy dit self by die huis nie geleer het nie, dan is dit later soveel moeiliker.

Dus begin maar gou by die huis om saam gereeld te sing.

Of om voor die tafelgebed te vra of daar spesiale dinge is waarvoor die Here gedank moet word. Dan leer jy vroeg om die Naam van die Here te gebruik. En dan is dit later soveel gemakliker.

Ons moet onsself maar eens afvra in hoeveel gesprekke onder ons op kuierbesoeke die Naam van die Here met ere genoem word.

Of as ons vir iemand 'n brief stuur, hoeveel vrymoedigheid het ons om die Here te betrek by wat ons vertel oor ons belewenisse?

Iemand wat werklik die grootheid van die Here ervaar in sy lewe kan dit nie laat om daaroor ook te vertel nie. En terwyl jy daaroor leer praat, groei ook die bewuste belewing daarvan.

Veral in jou gebedslewe kom dit uit.

In jou gebede is jy geroep om die Naam van die Here te verheerlik. Jy prys Hom oor sy grootheid en goedheid.

En as jy iets nodig het mag jy ook rustig pleit op sy Naam. Soos die gelowiges in die Bybel ook altyd gedoen het.

Moses is die man wat altyd gebid het: Here gedink tog u Naam. U het die Naam dat U die God is wat omsien na sy volk. Wat nooit laat vaar wat U hand begin het nie. Here denk tog aan die Naam. Doen die Naam gestand en red ons!

En dan mag jy ook bid om verdere glorie vir daardie Naam.

Jy is geroepe om die Naam groot te maak.

En daarom maak jy daarvan 'n saak van gebed om te vra vir verheerliking van die naam van die Vader.

So bid ons namelik met 'n opening na die toekoms.

Ons bid na 'n wereld toe waarin die aarde heeltemal vervul sal wees met die heerlikheid van die Naam van die Here.

Dan sal daar definitief 'n einde gemaak wees aan alle ydele gebruik van die Naam. Dan sal ons self ook so vervul wees met die heerlikheid van die Naam van God dat ons hele lewe een loflied is op die Naam van die Here.

Die pad daarnatoe begin hier vandag.

Daarom wil ons met mekaar sy Naam met 'n loflied grootmaak.

Halleluja!

Prys die Naam van die Here! Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)