Die bediening van die sleutels van die koninkryk

Predikant: 
Ds FJ van Hulst
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2017-11-17
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 31
Preek Inhoud: 

Ps 122: 1, 2
Ps 65: 1, 2, 3
Geloofsbelydenis
Ps 32: 1, 2, 3, 6
Lees: Matt 16: 13-20
Teks: Sond 31 H.K.

Brs en srs, sns en dgtrs,

Sal ek wel in die hemel kom?

Ek dink dit is 'n vraag wat elke gelowige nou en dan kan besighou. Hoewel ek meen dat vroeer meer in daardie terme gedink is as nou. Sal ek wel in die hemel kom?

Om hierdie vraag te stel openbaar 'n sekere manier van dink. As ek goed sien is die agtergrond van so'n vraag die visie dat 'n mens tydens sy aardse lewe min of meer aan 'n proef onderwerp word. As jou lewe hier aan die vereistes wat God stel voldoen, dan sal jy later vir jou die hemelpoort oop vind. Maar as jou lewe nie aan die vereistes voldoen nie, dan ontdek jy later tot jou teleurstelling dat die hemelpoort vir jou toe is. Nou is hierdie manier vanb dink nie heeltemal onsin nie, maar tog meen ek le daaragter 'n sekere misverstand. 'n Ou Roomse suurdesem seker maar, waarby aan die hand van jou werke later besluit word of jy toegang tot die hemel gaan he of nie. Dan bly 'n mens sy hele lewe op aarde onseker: Sal ek in die hemel kom of dalk nie?

Die Bybel leer vir ons egter dat ons die hemelpoort nie eers na ons dood moet deurgaan nie, maar dat daardie poort in hierdie lewe geneem moet word.

Die Koninkryk van die hemele het naby gekom!, predik die Here Jesus. Daarmee bedoel Hy: Die ingang tot die Koninkryk is hier en nou bereikbaar.

Dieselfde gedagte kry ons in Sondag 31. Daar gaan dit oor die sleutels van die Koninkryk van die hemele. By sleutels is die beeld natuurlik iets van 'n deur of poort wat oop gemaak moet word.

Wel, die bewering van Sondag 31 is dat die poort in die kerk staan. En dat die sleutels in die gemeente van Jesus Christus gehanteer word.

Dit wil se gemeente, hier en nou soos u hier sit kyk u na die poort van die Koninkryk. Vir 'n deel van u sal die poort vanmiddag oopgaan, vir 'n ander deel sal dit gesluit bly.

Ons tema vir die verkondiging van God se Woord is:

Die bediening van die sleutels van die Koninkryk

  1. Christus' opdrag daartoe
  2. Christus' erns daarmee

Sondag 31 gaan dus oor die sleutels van die Koninkryk. Die bedoeling van 'n sleutel is dat nie almal sommer 'n sekere plek kan binnegaan nie, maar dat daar 'n deur is wat net hulle toelaat wat binnekant welkom is. Die slot op die deur moet onwelkome besoek buitekant hou. Wat nou belangrik is is dat daar sekere mense in beheer van die sleutels is. Hulle moet bepaal wie toegelaat gaan word en wie buitekant moet bly.

Omdat dit in hierdie sondag gaan oor die sleutels van die Koninkryk van die hemel is dit vir ons 'n belangrike vraag: Wie is eintlik in beheer van daardie sleutel?

Wie kan bepaal wie in die Koninkryk toegelaat kan word en wie nie?

Die antwoord is nie so moeilik nie. Wie maak dit vir mense moontlik om die Koninkryk van die hemel te kan binnegaan? Wie kan sondaars hul skuld vergewe sodat hulle weer welkom is by God?

Dit is mos alleen Jesus Christus. Hy is die bringer van die Koninkryk van die hemel op aarde. Hy is die Seun van die lewende God! En dit gee vir Hom die bevoegdheid om die Koninkryk oop te sluit vir wie Hy wil.

Tot sover heel duidelik. Maar hoe kom ons nou by sondag 31? Want daardie sondag, weet ons, gaan oor die kerklike tug.

Wel daarvoor het ons nou vanmiddag saam Mattheus 16 gelees.

Dit is die hoofstuk waarin die Here Jesus self die beeldspraak van die sleutels van die Koninkryk introduseer.

Kom ons kyk 'n bietjie na die verhaal.

Dit begin met 'n vraag van Jesus aan sy dissipels: Wie, se die mense, is die Seun van die mens?

Daarop kom eers 'n hele paar verskillende antwoorde: Party se Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of nog 'n ander profeet.

Maar dan vra Jesus: En julle, wie se julle, is Ek?

En dan is Petrus die eerste met die pragtige belydenis: U is die Christus die Seun van die lewende God.

Daarop reageer die Here Jesus dan weer: Dit het jy nie self bedink nie Petrus. Dit het die hemelse Vader vir jou geopenbaar.

En Ek se vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal ek my kerk bou.

Ons kan hoor almal hierin hoe dit vir die Here Jesus 'n plegtige en ontroerende oomblik is. Hier kom die eersteling van die kerk.

Dit het iets van die plegtigheid van 'n eerste steenlegging. Hier word 'n fondamentsteen gele van die latere kerk.

As God die Vader in mensemond so'n belydenis kan le, dan, besef Jesus, het sy koninkryk 'n geweldige sprong vorentoe gemaak.

En daarom gee die Here Jesus op hierdie oomblik 'n sleutel van die koninkryk uit hande. Petrus Ek gee die sleutels van My koninkryk vir jou.

Verstaan u watter indrukwekkende oomblik dit is?

Hier word 'n mens betrek by die bou van die Koninkryk van God.

En nie sommer op 'n onbelangrike plekkie nie, maar hy kry 'n sleutelposisie.

Die eerste belyder van Jesus Christus as die seun van God sien sy belydenis beloon met die toekenning van 'n vertrouenspos in God se Koninkryk.

Die Koninkryk staan hier nog maar aan die begin. Die eerste steen is gele. Maar dit is die begin. Van nou af sal 'n lang geskiedenis begin. Die geskiedenis van die Kerk van Jesus Christus. 'n Geskiedenis van prediking van die evangelie, van ontwikkeling van die gemeente, van wonders van blydskap en geloofstrou. Maar ook 'n geskiedenis van teleurstelling en frustrasie, van sonde en ontrou.

Petrus staan hier aan die begin daarvan. Met 'n sleutel in sy hande. Hoe moet hy dit hanteer?

Maar Jesus laat hom nie alleen staan nie. Hy ge e vir Petrus 'n geweldige belofte.

'Wat jy op aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly. En wat jy op die aarde oopsluit sal in die hemel oopgesluit bly. '

Dit beteken: Petrus ek gee vir jou 'n taak, maar ek staan volledig agter jou.

Jy moet met jou woord die wereld bekeer. Maar dit is nie jou woord nie, dit sal My woord wees.

As jy die evangelie van die Koninkryk moet verkondig, hoef jy nie te se: Mense luister na my woord nie, maar moet jy hulle so tegemoet tree: Ek verkondig julle die Woord van God.

Petrus is die eerste wat hierdie bevoegdheid ontvang, maar hy is nie die enigste nie.

Jesus bou mos verder. Na hierdie eerste steen le Hy 'n komplete fondament. Die fondament van apostels en profete. En op die fondament bou Hy 'n hele gemeente.

Die bevoegdheid om gesaghebbend die woord van God te verkondig le Hy by die gemeente self. En binne die gemeente word dit weer in hande gele van hulle wat daarvoor spesiaal aangestel is. Die ampsdraers in die kerk.

Hulle moet die evangelie as Woord van God aan die gemeentye voorhou. En as hulle dit doen, dan werk hulle met die sleutels van die Koninkryk.

En nou begryp ons heel goed dat die Kategismus op die vraag na die sleutels van die Koninkryk allereers verwys na die prediking van die evangelie.

Die Here Jesus het die bevoegdheid om die evangelie van die Koninkryk te verkondig eerste aan Petrus toevertrou en vervolgens oorgedra aan die gemeente. Daar mag met die gesag van 'n woord van Christus self verkondig word: Jou sondes is vir jou vergewe!

Want dit is al waaroor dit gaan in die Koninkryk.

Wie die woord van vergewing van sy sondes aanvaar gaan in in daardie Koninkryk.

En binnekant die Koninkryk kan jy enkel en alleen leef van genade.

Dit is die boodskap wat die kerk aan almal moet verkondig.

Jou sondes is vir jou vergewe!

Salig is jy as jy dit glo!

Maar as jy dit nie aanvaar nie, dan bly jy onder die oordeel!

Gemeente laat niemand meen dat jy net deur in die kerk te sit of deur lid van die gemeente te wees, outomaties ook in die Koninkryk is nie. Dit sou 'n tragiese vergissing wees.

Daar is geloof nodig om die Koninkryk in te gaan.

En elke keer as die evangelie weer verkondig word vra dit van jou 'n bewuste aanvaarding daarvan.

Kyk maar in antwoord 84: die sondes is vergewe so dikwels as wat hulle die belofte van die evangelie met ware geloof aanneem.

So dikwels as wat hulle die belofte aanneem...

Hoe dikwels is dit?

Gemeente dit is so dikwels as dit vir jou verkondig word. Dit is elke sondag in die prediking.

Elke keer weer moet jy heel bewus die boodskap vir jouself aanvaar en se Amen Here, ek glo.

Dit kry 'n mens nie sonder gebed nie. Daarby kan ons dink aan die gebed in die diens, maar ook moet ons self van tevor e by die huis bid om 'n seen oor die diens. En dan nie net dat dit alles rustig en ongestoord mag verloop nie, ja dit ook maar tog veral dat jy jouself vir die evangelie sal oopstel, dat jy die Heilige gees in jou sal laat werk.

Dan word elke diens vir jou 'n bron van groot seen. Jesus Christus het self belowe.

2. Christus' erns (met die bediening van die sleutel)

'En wat jy ook op die aarde mag bind sal in die hemel gebonde wees. '

Hierdie toesegging aan Petrus is 'n woord van ongelooflike erns. Ons het al gesien dat dit in die eerste plek beteken dat evangelie verkondiging deur 'n dienaar van Christus, dieselfde krag het as 'n woord van Christus self.

As die dienaar vir jou verseker jou sondes is vergewe, dan is hulle vergewe. Soos die apostel Paulus iewers in die Korintiersbrief ons verseker: Ons spreek as gesante van God. In Godsnaam laat u met Christus versoen.

Nou vind u dit dalk nog aanvaarbaar as dit gaan oor die boodskap van vergewing van sondes. U kan die woord van die predikant aanvaar asof Christus u persoonlik sy woord van vergewing geskenk het.

Maar nou die geval as u vermaan word in die Naam van Christus om met 'n sekere sonde te breek? Hoe reageer u dan?

Se u dan ook: hier kom 'n boodskap as uit die mond van Christus na my toe. Ek moet luister.

Of se u liewers: Nou ja, dit is die mening van die prediker. Ek stem glad nie saam nie. En vervolgens le jy die vermaan langs jou neer.

Bedink goed wat jy dan doen. Dan verwerp jy die gepredikte woord van God. Die Here maak mos gebruik van sy dienaar om Sy woord te laat hoor.

Hierdie erns van die boodskap maak die siening van die predikant nie onfeilbaar nie. Asof hy maar kan se hoe hy dink en dan spreek hy altyd met goddelike gesag. Nee nie so nie.

Eerder die teendeel. Juis die feit dat Christus so'n enorme bevoegdheid gegee het aan die amp in die kerk, behoort die ampsdraer baie versigtig te maak in wat hy se. Veral die predikant wat elke week die geleentheid het om die gemeente toe te spreek.

Hy moet in die konkrete toepassing van die preek altyd kan se: So se die Here!

En as hy dit nie kan se nie, dan moet hy maar baie versigtig wees in sy konkretisering. Want die Woord van God op sig is konkreet en duidelik genoeg. Daarby het die gemeente 'n verantwoordelikheid wat jy as prediker nooit mag probeer oorneem nie.

Op die huisbesoek deur die ouderlinge geld eintlik maar dieselfde. Ook daar moet 'n ouderling as hy 'n konkrete eis stel baie seker wees dat hy kan se: So se die Here.

As hy dit nie doen nie en oor tal van sake sy mening gee met 'n gesig asof hy alleen namens die Here kan praat, dan gooi hy sy eie vensters in. Want dan word hy deur die gemeente nie meer gesien as 'n dienaar wat namens die Here kom praat nie, maar as een wat sy eie meneing so verskriklik belangrik vind.

So se die Here. Dit is die vlak waarop die prediking hom moet beweeg. Want deur die prediking wil die Here self praat.

As ons dit verstaan het kan ons baie kort wees oor die kerklike tug.

Seker ook die kerklike tug is 'n saak van die hoogste erns.

Maar werklik nie veel ernstiger as die prediking nie. Jy kry mense wat so dink. Mense wat rustig die prediking elke week langs hulle neerle en hulle daaraan glad nie steur nie. Elke oproep tot bekering gaan aan hulle ore verby. Die opwekking tot geloofsoorgawe hoor hulle nie eers nie.

En hulle meen, hulle kan maar rustig so aangaan. Kyk as hulle nou onder die tug kom, dan word dit 'n ander ding. Dan raak dit ernstig.

Maar dit is 'n misverstand. Ons het gesien as jy die boodskap van die prediking langs jou neerle dan staan jy reeds buite die Koninkryk. Die tug verander daaraan niks nie.

Die tug kan alleen maar bevestig wat jy eerder jouself aangedoen het. Jy het jouself klaar buite die Koninkryk gestel. Al wat die kerklike tug doen is dit nog 'n slag heel duidelik vir jou se en as jy jou nie bekeer nie dan word daarvan 'n publieke saak gemaak.

Dan word jy sigbaar vir almal buite die gemeente gesluit. Jy mag nie meer deelneem aan die Nagmaalviering nie.

Daar die Nagmaalviering maak iets duidelik. Ons onthou uit die vorige preke nog wel wat dit is. Die Nagmaal is die lewende bewys van ons gemeenskap met Jesus Christus. Daar is geen plek waar ons die gemeenskap met Christus duideliker gedemonstreer sien as juis aan die Nagmaalstafel nie.

Wel, dan spreek uitsluiting van die Nagmaal ook 'n duidelike taal. Dan is dit die sigbare bewys: Jy het geen gemeenskap met Christus nie!

Dus sowel in die bediening van die evangelie as in die bediening van die kerklike tug handel die ampsdraers met die hoogste erns.

Besef dit gemeente.

Christus is doodernstig met jou as sy dienaar jou verseker: Jou sondes is vir jou vergewe. Glo dit, elkeen van julle.

Maar wee jou as jy hierdie boodskap van vergewing en oproep tot bekering veronagsaam. Dan is die Koninkryk van die hemele werklik vir jou toe.

Die uitnodiging om die Koninkryk van die hemel in te gaan kan ons werklik nie bewaar vir later nie.

Die poort van die Koninkryk is hier. Hier in die kerk waar die evangelie van Jesus Christus verkondig word.

Ook vandag is weer gewerk met die sleutels tot daardie ryk.

Het die deur vir jou oopgegaan of toegebly?

Dit is die vraag waarop elkeen van u 'n antwoord moet gee.

Jesus Christus wag op daardie antwoord.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)