Christus wil deur sleutelbediening in Sy kerk, die verlossing inskerp

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2017-12-20
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 31
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor sondag 31 H. K.

Sleutel bediening in die kerk: die verlossing inskerp.

Lees: Jesaja 22: 15 - 25 & Mattheus 16: 13 - 20
Teks: Sondag 31 H. K.
sing: Ps. 122: 1 en 2
na wet Ps 106: 2
na belydenis Ps 65: 3
Ps 101: 1, 2, 5, 6
Ps 85: 3 en 4
Ps 46: 1 en 6

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Die roomse kerk het in pous Johannes Paulus II 'n goeie ambassadeur. Hy reis die hele wereld rond. Waar hy ook maar kom is daar duisende mense wat hom inwag en toejuig. Die roomse kerk beweer dat hy 'n wereldkerk is. Daardie besef is ook deur hierdie pous, vir hulle met krag bygebring. Hy is nie alleen 'n goeie ambassadeur nie, maar ook 'n bekwame propagandis. Hy huiwer nie, om die spesifieke roomse dogma's met krag te verkondig nie.

Vir sover die pous die sondes van hierdie tyd bestry, soos abortus, seks-vergoding, dwelm en drank verslawing, mag ons daarvoor dankbaar wees. In die roomse kerk is daar 'n krag wat die samelewing van sedelike verwildering en wetteloosheid weerhou. Tegelyk moet ons beslis raaksien dat aan die pous, 'n mens van vlees en bloed, 'n geweldige mag toegeken word. Hy bepaal die koers van die roomse kerk.

Vir die Maria verering en eucharistie viering is die pous 'n vurige propagandis wat hierdie en ander roomse dwalings met krag verdedig. As protestante moet ons dit wel raaksien, die dwalings en heel die hierargiese stelsel van die roomse kerk word mos deur ons met hart en siel verwerp.

Ja, se die roomse teoloe: Christus het immers die sleutels van die hemelryk vir Petrus gegee, wat hulle aan sy opvolgers die pouse gegee het. Dis daarom dat die pous, oor die hoogste wetgewende en lerende gesag in die kerk beskik. Met reg staan in die Sint Pieterskerk in Rome bo die troon van die pous geskrywe: "Jy is Petrus, en Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee. " Die pous is as opvolger van Petrus met die onfeilbare werking van die Heilige Gees toegerus, wanneer hy die leer vasstel en verkondig.

Met hierdie dwaling is in die reformasietyd al geworstel. In hierdie tyd, waarin baie rooms-katholieke in verwarring verkeer, is hierdie sleutelmag weer hoog aktueel. Daar le vir ons die roeping om hulle die pad na die evangelie te wys en te laat sien hoe die evangelie oor die sleutelmag spreek.

Die feit dat die kategismus in hierdie sondag 31 die sleutels van die koninkryk so nadruklik aan die orde stel, is 'n bewys dat die manne van die reformasie die regte siening op hierdie sleutels baie belangrik geag het. Let dan ook daarop dat hulle die vraag oor die sleutels van die koninkryk van die hemele aan die slot van die grote deel oor die verlossing geplaas het.

Die hele deel oor die verlossing word hier nog eenmaal ingeskerp. Dis wat nou aan die orde kom en wat ons wil oorweeg, as ons spreek oor:

CHRISTUS WIL DEUR SLEUTELBEDIENING IN SY KERK, DIE VERLOSSING INSKERP.

Ons sien dit

  1. met betrekking tot die prediking;
  2. met betrekking tot die tug;
  3. met betrekking tot God self.

I In die belydenis aangaande die sleutels van die hemelryk het ons met 'n voluit Bybelse term te doen. Onse Here Jesus Christus het dit self, in die Skrifgedeelte van Matt. wat ons saam gelees het, gebruik. Ons Heiland is daar op die hoogtepunt van sy Messiaanse werk onder Israel, sal sy volk Hom as die beloofde Messias herken? Toe Jesus in die streke van Sesarea-Filippi kom, het Hy vir sy dissipels gevra: "Wie se die mense, is die Seun van die mens? " Sal hulle Hom nou as die verlosser bely?

Daar heers egter nog onsekerheid, party se Johannes die Doper, party Elia, party Jeremia of een van die profete. Hulle eie standpunt word nie blootgegee nie. Die eie standpunt is juis wat Christus by hulle soek, maar julle, het Hy op die man af gevra, wie se julle is Ek? Simon Petrus het geantwoord: "U is die Christus die Seun van die lewende God. " Die hoe woord is uit, Petrus, die visserman, het sy Heiland as die Christus, die deur God Gesalfde, bely.

Hoor hoe ons Heiland op daardie belydenis antwoord: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

Nou Petrus, nie uit homself nie, tot hierdie alles beslissende belydenis gekom het, vervolg Christus: "Jy is Petrus, en op hierdie rots sal ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee, en wat jy op aarde mag bind, sal in die hemele gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemele ontbonde wees. "

Vir die Israeliete was die beeld van die sleutels van die koninkryk uit die Profesie van Jesaja 'n bekende beeld. Jesaja moes daar vir Sebna die hofmaarskalk van koning Hiskia die oordeel aankondig: Die Here sal jou weggooi, Hy sal jou ver weggooi, jou verwaande vent, en jou behoorlik toepak. Volgens die verklaarders het Sebna sy amp misbruik om homself te verryk en hoogmoedig geword. Sebna word nie alleen weggeslinger nie, maar die Here sal sy dienaar Eljakim seun van Gilkija in sy plek aanstel.

In pragtige bewoording word dit vir Sebna aangese: Ek sal die sleutel van die huis van Dawid op sy skouer le; en hy sal oopmaak, en niemand sal sluit nie; en hy sal sluit, en niemand sal oopmaak nie. Ons sien dit voor ons oe gemeente, die hofmaarskalk wat as teken van sy amp, die houtsleutel op sy skouer dra. Hy het oor die toegang tot die paleis van die koning te besluit. As iemand by die troonsaal van die koning wou ingaan, dan was dit die hofmaarskalk wat oopgesluit het, of die deur toegesluit het. Het hy oop gemaak, dan was die toegang oop, niemand kon dit sluit nie. Het hy iemand nie waardig gekeur om tot doe koning toegelaat te word nie, het hy die deur gesluit en daar was niemand wat kon oop maak nie. 'n Sprekekende beeld van wat sleutelmag beteken!

Hierdie beeld het Jesus geneem, om dit op die bevoegdheid wat Hy vir Petrus gee, toe te pas. Soos Eljakim die bevoegdheid had, om ten opsigte van die koning van Sion te bepaal, wie tot die hart van die ryk, tot die koning toegelaat, of nie toegelaat word nie, so ontvang Petrus dit vir die koninkryk van die hemele. Wat Petrus op die aarde sal bind sal in die hemele gebonde wees, en wat jy op die aarde mag ontbind sal in die hemele ontbonde wees.

Die uitdrukking "bind" het Christus van die rabbi's van sy dae oorgeneem. Bind het daar beteken: met gesag die leer afkondig, tegelyk hou dit in dat wie die leer nie aanvaar nie, die toegang tot die hemel ontse is. Ontbind is iemand na boete en berou weer tot die tempel toelaat.

Soos Eljakim die bevoegdheid vir die oop en toemaak in die ryk van koning Dawid gekry het. So het Petrus dit vir die Nuut-Testamentiese kerk ontvang. Na sy opstanding het ons Heiland dit nog eens bevestig, toe sy dissipels op die eerste aand van sy opstanding saamvergader was. In sy opstandingsheerlikheid het Hy in hulle midde verskyn, en vir hulle gese "Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. En nadat Hy dit gese het, blaas hy op hulle en se vir hulle: Ontvang die Heilige Gees. As julle die mense hul sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou".

Dis 'n hoe bevoegdheid wat Christus aan sy apostels gee. Let op; nie aan Petrus alleen nie, nee op alle apostels het Hy geblaas en Heilige Gees gegee. In meervoud, vir alle apostels, gese: "as julle mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe. "

Dis hier waar die paaie van rome en die reformasie vir goed uiteen geloop het. Want die roomse kerk leer dat die bevoegdheid van die sleutels wat Christus vir Petrus geskenk het, net vir Petrus en sy opvolgers gegee is. So het vir rome die sleutels by die huidige pous Johannes Paulus uitgekom. Daar het alleen die pous die bevoegdheid om sondes te vergewe wat hy op sy beurt aan alle priesters skenk.

Die sleutel wat Christus vir Petrus gegee het, word by rome almal klein sleuteltjies wat die priesters hanteer. Wie in die biegstoel sy sondes in die oor van die priester bely, ontvang van hom vergewing. Die priester se dan: "Absolvo et" ek vergeef jou die sondes, daarby kan hy straf ople wat die sondaars volgens hom verdien het.

Nogmaals dis hier waar rome en reformasie skei. Die sogenaamde sakrament van die bieg het tot groot misstande gelei. As jy jou sondes maar aan die priester bely, dan is jy daarvan ontslae. Wat word daarin 'n groot moontlikheid vir huigelary oop gemaak. Johannes Calvyn het in sy Institusie daaroor sy toorn uitgespreek.

Wie is dit anders wat sondes vergewe as God alleen? Aan wie anders moet sondes bely word as aan God? Wie peil die berou van die sondaar wat sondes bely sa net God alleen? Op watter gronde vergeef God die sondes anders as net op die volbragte werk van ons Heiland alleen? Nee, sondes moet nie in die oor van 'n priester bely word nie. Sondes moet vir die aangesig van die heilige, barmhartige God bely word. Dit bely ons met antwoord 84 op die vraag: Hoe word die koninkryk van die hemel deur die verkondiging van die heilige evangelie oop- en toegesluit?

Daardie antwoord is sorgvuldig uitgewerk! Die eerste sleutel wat Christus in Matt. 16 eers aan Petrus en daarna in Joh. 20 aan alle apostels toevertrou het, word nie in die biegstoel, in die geheim bedien nie. Die reformasie het die Goddelike boodskap van vryspraak van sondes uit die biegstoel weggevat. Dit uit die hande van die priester geruk en op die preekstoel sy plek gegee. Openlik laat God die koninklike vryspraak in die midde van die gemeente verkondig.

Calvyn se: God het 'n nietige mansmens wat uit die stof van die aarde gemaak is, op die preekstoel geset, om die blye boodskap van Jesus Christus aan sy gemeente te verkondig. In opdrag van Christus word deur hom die eerste sleutel, die prediking van die evangelie, bedien. Die sleutel maak oop en sluit toe! Deur die prediking word die gelowiges verkondig dat hul sondes om Christus ontwil vergewe is.

Nadruklik word daar gese: aan die gelowiges gesamentlik en afsonderlik verkondig. Dit raak elkeen van ons persoonlik! Alleen wie met 'n ware geloof, dit is boetvaardig en met skulderkenning, die prediking aanhoor sal die vergewing aan sy hart ervaar. Wat word hier die laaste keer die deel van die verlossing vir ons ingeskerp! Ja gemeente, hier word 'n beroep op ons geloof gedoen! Ons word vergewing verkondig so dikwels as ons dit met 'n waar geloof aanneem.

Ons word opgeroep om die beloftes aktief te glo. Geloof is geen hoeveelheid geestelik besit wat jy het of nie het nie. Elke sondag opnuut wil God ons in die prediking ontmoet en oproep om sy beloftes te glo. Anders gaan die verlossing van Christus aan ons verby!

Hoe die deel van die verlossing hier vir ons ingeskerp word, leer ons uit die slot van antwoord 84: Daarteenoor aan al die ongelowiges en huigelaars verkondig en betuig word dat die toorn van God en die ewige verdoemenis op hulle rus, solank hulle hul nie bekeer nie. Volgens hierdie getuienis van die evangelie sal God sowel in hierdie as in die toekomstige lewe oordeel. Gemeente, dit gebeur nou deur die een prediking van die evangelie, wat na twee kante werk. Die geloof van hulle wat die evangelie met 'n boetvaardig hart aanneem, word versterk. Alle ongelowiges word deur dieselfde evangelie ontmasker.

Sondag 31 sluit nou by sondag 30 aan, daar is reeds gese dat daar vir huigelaars geen plek aan die tafel van die Here is nie. Hier gaan ons met ons belydenis nog 'n stap verder. Aan ongelowiges en huigelaars in die kerk word verkondig dat die toorn van God en die ewige verdoemenis op hulle rus. Die kategismus het nie bedoel dat ongelowiges en huigelaars apart in die preek aangespreek word nie. Vroeer jare is dit wel gedoen.

Na die tussensang, in die preek, het die predikant hom dan tot die onbekeerdes en onbekommerdes gerig. So het antwoord 84 dit virseker nie bedoel nie. Die een gepredikte evangelie sal die een toehoorder tot lewe wek en 'n ander tot oordeel wees. Soos Paulus in 2 Kor. 2: 15 en 16 skrywe: "Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur die bereik wat gered word, sowel as die wat verlore gaan. Vir die wat verlore gaan, is dit 'n doodsreuk wat dood bring; vir die wat gered word, is dit 'n lewensgeur wat lewe wek. " Dit bewerk daardie een evangelie wat aan almal verkondig word!

Christus het die evangelie aan al sy dissipels, aan Petrus sowel as aan Judas, verkondig. Maar as Judas die evangelie verwerp, se die Heiland in toorn vir hom: "Wat jy doen, doen dit haastig. " In Hebr. 4: 12 word van die evangelie gese: "Die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en van gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. " Kan dit skerper gestel word?

Die Woord open die koninkryk vir elkeen wat glo, deur die deur na die skatkamer van God wawyd oop te maak. Die deur word gesluit vir elkeen wat dit in ongeloof verwerp. Die evangelie is geen present nie, dit vra telkens opnuut die beslissing tot oorgawe. Dit dwing tot ja- of nee se. Daarom is die prediking geen referaat, geen stuk dogmatiek, of politieke toespraak nie. Dis bediening van die Woord, verklaring en toepassing tegelyk.

Die prediking stel die skatte van Christus vir ons uit en dring ons om te kies. Se jy ja of nee? Gemeente hoe sit ons in die kerk? Hoe luister ons na die gepredikte Woord? Waarom gaan ons kerk toe? Ons vaders het gespreek oor heilbegerig kerk toe gaan. Dis nie outyds nie, ons Heiland het die koninkryk van die hemel met 'n skat in die saailand, en met baie waardevolle perel, vergelyk. Plotseling het die skat aan die voete van die landbouer gele, soos ook die handelaar in perels die baie waardevolle perel raakgeloop het. So gaan dit ook in die prediking, wie heilbegerig luister sal telkens weer die skat van die koninkryk in die prediking ontdek, die baie waardevolle perel vind. So word elke sondag die skat van die vergewing van sondes deur die prediking gebring.

II Tot nou toe het ons oor die eerste sleutel van die koninkryk van die hemel gespreek. Die tweede waaroor ons moet spreek is die kerklike tug. Deur die prediking en deur die tug word die hemelryk oop en toegesluit. Christus het ook die tug aan die gemeente gegee om dit deur die oudstes te laat bedien. Daar is gese dat Calvyn met die pion van die ouderling die beslissende skuif op die skaakbord van die kerkgeskiedenis gemaak het.

Vir die kerk van die reformasie is dit van groot betekenis. In die plek van die gesprek met die priester in die biegstoel, het langs die preek, die huisbesoek gekom. Daarin word deur die ouderlinge van die gemeente met die skape van Christus wat aan hul sorg toevertrou is, gespreek. Hulle kom met dieselfde evangelie wat ook in kerk verkondig word na die gelowiges in hul woonplek toe. Saam met die dienaars van die Woord tree hulle as rentmeesters op. Christus het in Lukas 12 daaroor gespreek. As troue rentmeester deel hulle die gawes van Christus in die gemeente uit.

Dis 'n heerlike roeping om ouderling te wees, maar tegelyk geen maklike opdrag nie. Dit maak jou nog geen goeie ouderling as jy goed van die tongriem gesny is nie, of oor die laaste kerklike moeites 'n goed gesprek kan voer nie. Vir 'n goeie ouderling is 'n herderlik hart noodsaaklik. Luther het geskryf dat 'n ouderling 'n gevoelige hart en blymoedige gees moet he. Ons mag se: in die ouderling kom die gemeente by homself op besoek. Die kerk het die vinger aan sy eie pols gele. Ouderlinge kom in opdrag van ons Here, met dieselfde Woord en beloftes wat sondag in die kerk verkondig word.

Woord en beloftes is vir ouderlinge hul kragtigste instument en wapen om hul amp te bedien. In leed en rou kom hulle met die evangelie vertroos. Waar ongeloof en verlating van die verbond is word met die selfde evangelie vermaan en tot geloof geroep. Hulle kom as broeders onder die broeders en staan saam met die gemeentelede wat hulle besoek, midde-in die lewe. Hulle weet van die aanvegtings wat na die kinders van God kom. Uit eie ervaring weet hulle hoe skape van Christus getroos en bemoedig moet word. Ook word deur hulle aan die gemeentelewe stuur en rigting gegee. In opdrag van Christus word dit amptelik gedoen!

In Spreuke 27: 17 lees ons 'n mooispreuk: "Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander. " Die ou Statevertaling het dit nog beter vertaal: "so skerp die mens die aangesig van sy naaste. " Om twee messe aan te skerp word hulle teenmekaar geskuur. So slyp ampsdraers die aan hulle toevertroude skape met die evangelie en word in die proses self ook geslyp. Ook in die kerklike tug word die kategismusdeel oor die verlossing opnuut ingeskerp!

Nee, maklik is die amp nie, dit vra baie liefde, standvastigheid, takt en kennis van die lewe. Veral besoeke aan tugwaardiges is nie maklik nie. Hier kry ons 'n goeie vingerwysing as in antwoord 85 eers herhaalde kere broederlike vermaan vereis word. Sowel die woord "herhaalde" asook "broederlik" is hier goud werd. Die kerk oefen geduld met die lede wat dreig om af te dwaal. Die geduld het die kerk van die grote Herder van die skape geleer en moet steeds opnuut geleer word. Ons het 'n geduldige, lankmoedige God gemeente. Hy het daar die tyd vir geneem, om Farao met tien plae te beweeg om sy volk te laat trek.

God toon baie geduld, eers by die tiende plaag het die engel van die verderf toegeslaan. Hoelank het God nie geduld geoefen as die volk Israel sy verbond verlaat het nie. Hoor Jeremia in die Naam van God vir Israel se: "Ek het julle voorvaders voortdurend vermaan, vandat EK hulle uit Egipte gebring het tot nou toe en gese: Luister na My!" Ook met Judas het ons Heiland lank geduld gehad voordat hy uit die paassaal uitgestuur is.

Ouderling wees is maar nie reelmatig 'n aantal huisbesoeke afle nie, die gemeente moet om so te se aan hulle herderlike hart gebind wees. Vandaar dat daar van herhaaldelik vermaan gespreek word. Dis veral vir die swakke en dwalende skape van die kudde belangrik. In die besoeke van hul ouderling moet die trekking van liefde gevoel word. Die woord broederlik is van groot betekenis, dit wil se: hulle as broeders aanspreek en laat merk dat hulle aanvegtinge en moeites geken word omdat in eie lewe dieselfde stryd teen sonde en ongeloof gestry word. Ja, dat hulle die stryd ook alleen in die krag van Christus kan stry.

As die ampsdraers dan al die moontlike gedoen het en niks help nie word hulle van die sakramente uitgesluit wat uiteindelik op uitsluiting uit die gemeente en deur God self op uitsluiting uit die Ryk van Christus, uitloop. As ampsdraers daartoe kom dat hulle hierdie vreeslike vonnis moet vel, moet hulle in hul hart oortuig wees, dat die allerlaaste in die broederlike vermaan, gedoen is. Daarby word die tug nie soos by rome aan die kerklike hierargie oorgelaat nie. Dis 'n saak van die gemeente, dat lidmate en ampsdraers, hulle aan die Here en sy Woord onderwerp.

Vanaf die begin het die gereformeerde kerk in alles die gemeente betrek. Immers hemel en hel is op die spel. In die openbare erediens word kinders gedoop. Na approbasie deur die gemeente kan jonge lidmate hul geloof bely. Die gemeente beroep sy dienaar van die Woord en kies die ouderlinge en diakens, wat na bewilliging deur die gemeente, in die midde van die gemeente, in hul amp bevestig word. Atteste word eers is samekomste van die gemeente afgekondig voordat dit afgegee of aanvaar word. Word hierdie verantwoordelikheid nog wel raak gesien, of laat ons in die praktyk alles maar aan die kerkraad oor?

In 'n bloeiend kerklik lewe, leef die gemeente met sy ampsdraers mee is hulle 'n eenheid, waar yster deur yster geslyp word. Daarby moet nog op een ding gewys word: die uitsluiting uit die gemeente is nie die laaste waaroor die kerk spreek nie. Die deur na die koninkryk kan vir hulle wat uitgesluit is weer oop gemaak word. God sy dank is die moontlikheid daar, dat die gemeente hulle kan toeroep keer terug julle afkerige kinders, en julle dwaling sal genees word.

As daar beterskap beloof en bewys word kan hulle weer as lede van Christus en sy gemeente aangeneem word. Die laaste van die kerklike tug is nie uitsluit nie maar aanneem! Soos in Jeremia 3: 22 geskrywe is: "Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal jul afkerighede genees. " Mag dan die antwoord van hulle wat die Here verlaat het of dreig om te verlaat wees: "Hier is ons, ons kom na U toe, want U is die Here onse God. " Solank 'n mens lewe kan hy hom tot God bekeer. Op berou gaan die deur van die koninkryk wyd oop. Ons God, is 'n barmhartige en vergewende God wat groot van goedertierenheid is!

III Ons het gesien hoe Christus in die sleutel bediening die verlossing deur die prediking en die kerklike tug inskerp. Nou spreek ons nog met betrekking tot God self. As sondag 31, een ding toon, dan is dit dat God self by dit alles nou betrek is. As swaar klok gelui klink deur hierdie sondag die uitdrukking: "deur God" kyk antwoord 84: deur God vergewe, die toorn van God, God sal oordeel! en antwoord 85: deur God self uit die ryk van Christus uitgesluit.

God is in die samekomste van die gemeente teenswoordig. Ook in kerkraadsvergaderings is die broeders voor die aangesig van God byeen. Dit moet ook in ons gebede uitkom nie alleen in die kerkraadskamer nie, maar ook in die huise van die gemeente-lede moet die werk aan Hom opgedra word. Iemand het geskryf dat die verval, in die Hervormde kerk van Noord-Holland, Nederland, begin het toe die gebed in die kerkraadskamer nagelaat is. Dit gaan om die sleutels van die koninkryk van God wat Hy self aan sy gemeente toevertrou het. Dit moet by die prediking en tugoefening goed bedink word. Dis God wat deur daardie sleutels werk!

Dink nou nogeens aan die Pous van Rome wat orals in die wereld optree. Die nederige visserman uit Kapernaum aan wie God die sleutels van sy ryk toe vertrou het, hy sou sy oe uitkyk! Hy noem homself 'n dienskneg en apostel van Jesus Christus. (2 Petr. 1: 1) en skryf aan die wat net so kosbaar geloof as hy verkry het: "Ek vermaan die ouderlinge onder julle ek wat 'n mede-ouderling en getuie van die lyde van Christus is, wat ook 'n deelgenoot is van die heerlikheid wat geopenbaar sal word: Hou as herders toesig oor die kudde van God wat onder julle is, nie uit dwang nie, maar gewilliglik; nie om vuil gewin nie, maar met bereidwilligheid; ook nie as heersers oor die erfdeel nie, maar as voorbeelde vir die kudde. " (1Petrus 5: 1-3) Laat hierdie woorde vir predikers, ouderlinge, diakens en gemeente in die hart geskrywe staan. Dan sal ook die belofte wat Petrus daaraan verbind aan ons vervul word: Dan wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang. (1Petrus 5: 4) Is dit, in ons kategismus, van die grote en koninklike deel van die verlossing geen heerlike afsluiting nie?

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)