Die kerk van Christus gee Hom rekenskap van dit wat hy in die nagmaal ontvang

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2018-01-20
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 28
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 28 H. K.

Vlees van sy vlees en been van sy gebeente.

Lees: Lukas 14: 15 - 24
Teks: Sondag 28 H. K.
Sing: Ps. 111: 1 en 3
na wet Ps 112: 1 en 2
na belydenis Ps 117
Ps 43: 1, 3 en 4
Ps 116: 7
Sb. 9: 3

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Het u weleens die mooie verskil in formulering in die sondae oor die doop en die nagmaal opgemerk? In vraag 69 word gevra: Hoe word jy in die heilige doop daarop gewys en daarvan verseker dat die enige offerande van Christus wat aan die kruis gebring is, JOU TEN GOEDE KOM? Hier in vraag 75 word gevra: Hoe word jy in die heilige nagmaal daarop gewys en daarvan verseker DAT JY GEMEENSKAP HET AAN die enige offerande van Christus wat aan die kruis volbring is, en aan al sy goed?

Het ons die verskil raakgesien? By die doop hoe die offer van Christus jou te goede kom, na ons toekom. Maar hier by die nagmaal word 'n stap verder geset: Hoe het jy aan die enig offerande Gemeenskap? In die doop is ons passief ons word gedoop! In die nagmaal, is ons aktief, daarin word deur ons, die gemeenskap met Christus en sy offer beoefen. Ons het daar deel aan! Met ons doop is ons na die doopfont toe gedra, dis ons ouers wat ons laat doop het.

In die nagmaal is dit onsself wat aan die tafel ons plek inneem. Ons neem die brood en ons drink uit die beker. Ons het deel aan al die goed wat ons Heiland aan die kruis verwerf het, die vergewing van sondes en die ewige lewe, daar kry ons in die nagmaal deel aan. So staan Christus met al sy goed in doop en nagmaal sentraal.

Wat is dit nou wat sondag 28 doen? Daar word in geloof van Christus en al sy goed rekenskap gegee. As ons reg nagmaal vier het ons vir onsself verantwoord wat ons doen, as ons aan die tafel van die Here gaan aansit. Sondag 28 is lank, met lange vrae en antwoorde, Katkisante het daar somtyds moeite mee. Maar hierdie sondag is baie ryk, dis die moeite werd!

Minstens elke drie maande is dit die nagmaal wat ons lewe binnedring. Dit gaan met ons saam van die dag wat ons belydenis gedoen het tot aan die eind van ons lewe toe. Sal ons dan nie die moeite neem om, saam met die kerk van alle tye en plekke, rekenskap te gee van dit wat Christus ons in sy nagmaal wil skenk nie? Kom gemeente, laat ons vandag aan daardie vreugdevolle werk spring. Ons spreek oor:

DIE KERK VAN CHRISTUS GEE HOM REKENSKAP VAN DIT WAT HY IN DIE NAGMAAL ONTVANG

Ons gee aandag aan drie punte:

  1. Christus het dit self ingestel;
  2. Daarin oefen ons gemeenskap met Hom;
  3. Dit wys op sy wederkoms.

I Ons gaan nou eerste aan die instelling van die nagmaal aandag gee, soos ons Heiland dit die eerste keer met sy dissipels gevier het. Ons is reeds daaraan herinner deur antwoord 77 wat die woorde van Paulus in 1 Kor. 11: 23-26 weergee: In die nag waarin Hy verraai is, het die Here Jesus die brood geneem en gese: dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Dit was 'n bewoe nag, die nag waarin ons Heiland oorgelewer is, die nag wat aan die joodse pasga vooraf gegaan het.

Die Heiland self het vir sy dissipels gese: "Ek het baie daarna uitgesien om hierdie paasmaaltyd saam met julle te eet voordat Ek ly. " (Lukas 22: 15) Alle dinge het ons Heiland al deur sy dissipels gereed laat maak. Die Israelitiese pasga het in al sy dele aan die eerste pasga in die donker nag voor die uittog uit Egipte, herinner. Onthou ons nog, daardie nag wat die verderfengel alle eersgeborenes in Egipte dood gemaak het, maar die Israeliete in die land Gosen oorgeslaan het? Nie een eersgeborene van die Israeliete het gesterf nie.

Waarom gemeente, omdat die Israeliete beter as die Egiptenaars was? Het Israel die vloek van God nie verdien nie? Moontlik dink ons nou: Die Egiptenaars het die vloek dubbel en dwars verdien. Immers hulle het die volk van God verdruk! Farao en sy wyse manne het God geterg en uitgedaag hulle verdien die vloek, maar Israel tog nie? Dink ons nou nie te goed van Israel nie? Hulle het in Egipte ook die Egiptiese afgode gedien. Die wet van die Here nie volkome onderhou nie, daarom was dit nodig dat die wet op die Sinai opnuut aan hulle gegee is. En het hulle as een man in geloof agter Moses gestaan toe Moses met Farao vir hulle bevryding gestry het? Immers nee glad nie.

As die verderfengel die Israeliete oorslaan dan is dit vanwee die bloed waarmee die deurkosyne van die Israelitiese huise rooi geverf was. Daardie bloed moes geneem word van die een jaar oud rammetjie van die skape of bokke sonder liggaamsgebrek wat hulle laat middag moes slag en in die nag eet, saam met ongesuurde brood en bitter kruie. Soos die Here dit in Ex. 12 voorgeskryf het. Suurdeeg is in Israel as gis gebruik. Deeg wat versuur was het die baksel deeg laat rys. Suurdeeg is daarom die beeld van die sonde wat alles deurtrek. Weg met die suurdeeg! Die bitter kruie was die beeld van die verdrukking waaronder hulle in Egipte gely het. Onder die ou verbond het God met aanskoulike beelde gewerk, so ook hier by die pasga. Pasga beteken verbygaan. Die verderfengel het vanwee die bloed aan die deurkosyne, vanwee die geslagte lam en sy bloed aan Israel verbygegaan.

Bloed versoen en beskerm. So is die pasga deur die Here vir Israel ingestel. Hulle en hul nageslag moes die dag as 'n vaste instelling elke jaar vier. (Ex. 12: 17) 'n Mooie besonderheid wat nog tot vandag toe deur die jode onderhou word, is die gebod van God dat: "As julle kinders sou vra: wat beteken hierdie verpligting? moet julle se: Dit is 'n paasoffer aan die Here omdat Hy in Egipte die Israeliete se huise oorgeslaan het. Terwyl Hy die Egiptenaars getref het, het Hy ons huise gespaar". (Ex. 12: 26-27)

So het Israel die paasfees van Jaar tot jaar gevier. So het ook ons Heiland aan tafel gegaan en die dissipels saam met Hom in die laaste nag van sy lewe. In Jerusalem was ook daardie jaar duisende lammers geslag. Die bloed teen die altaar uitgegooi. Die Paaslam geslag en geeet. Langs die ongesuurde brood en bitterkruie het die beker met feeswyn gekom. Nog later het die Jode 'n ekstra beker by geset vir Elia wanneer hy terug sou kom. Selfs tot vandag toe word daar 'n deur oop gelaat en 'n ekstra stoel sodat Elia welkom kan voel.

Ons wil nou weer ons aandag op die laaste Paasmaaltyd van ons Heiland rig. Die Evangeliste het die aanwesigheid van die paaslam nie vermeld nie, maar alles wys op die gewone viering van die fees van bevryding en verlossing. Mattheus vermeld dat hulle die lofsang gesing het. Dit was 'n gewoonte wat ook in die loop van die tyd bygekom het, om die Psalme 111 tot 118, die grote Hallel na die Pasga te sing. Hoor ons Heiland sing: God het ek lief want die getroue Heer........ Om my was bande en strikke van die dood; en angste van die hel het my laat bewe. (Ps. 116) En ook ek sal nie sterf deur vyandshande, maar al Gods werke bly vertel. (Ps. 118) Wat het daardie psalms Hom nie van die lyding en dood gespreek wat vir Hom wag, maar deur die magtige hand van God ook van redding en bevryding.

Daar het 'n lam op die tafel gele. Geen been daarvan was gebreek nie. Daardie lam het vir Hom van bloedvergieting gespreek. Daardie lam sou Hyself wees. So sou Hy vir hulle wat aan Hom behoort geslag word. Paulus skrywe later in 1 Kor. 5: 7: "Ons paaslam is immers geslag: dit is Christus. " In die Paassaal het dit stil geword. Die Meester het 'n stuk van die ongesuurde brood geneem om aan sy dissipels uit te deel. Hoor Hy praat! Woorde van Heil en diepe betekenis. Sou die dissipels die diepe betekenis verstaan het van die woorde: "Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. " Nou is die ongesuurde brood uitgedien, more sal Hy die regte Paaslam, gebreek word, soos nou die brood gebreek is.

Dis nou tyd om die beker rond te gee. Eintlik is daar twee bekers, soos dit by die pasga gewoonte geword het. By die eerste beker voor die breking van die brood het Christus gese: "Neem dit en gee dit vir mekaar aan. Ek se vir julle: Ek sal van nou af nie weer wyn drink voordat die koninkryk van God gekom het nie. " Die dissipels het hul ore gespits, wat se die meester: is die Messiaanse ryk so naby? Nie weer wyn drink voordat die grote ryk kom nie? As die dissipels aan 'n aardse vrederyk gedink het, dan het die woorde van ons Heiland by die tweede beker hulle wel uit die droom gehelp, met die woorde: " Hierdie beker is die nuwe verbond, beseel deur my bloed, wat vir julle vergiet word. Maar kyk, die hand van die man wat My verraai, is saam met Myne hier op die tafel".

Nee, die meester het glad geen aardse vrederyk bedoel nie. Hy het van sy dood en van sy bloed wat vergiet sou word gespreek. Rooi het die wyn in die beker geflonker, so sou more sy bloed vir ons sondes langs die kruishout afdruip. Gemeente so het Jesus Christus met 'n magtige hand soewerein die paaslam eenkant geskuif. In die loop van eeue was daar duisende paaslammers geslag. Nou word ons Heiland eenmaal en genoeg vir almal wat in Hom glo, geoffer. So het ons Heiland in die nag waarin Hy verraai is die ou-testamentiese pasga eenkant geskuif en die nuut-testamentiese nagmaal ingestel. Doen dit tot my gedagtenis.

Die kerk het die nagmaal vanaf die apostels tot vandag toe tot sy gedagtenis onderhou. Die Kerk het die Woord van die Meester verstaan. Van geslag tot geslag is die brood gebreek en is die beker vir mekaar aangegee, om daarmee die lyding en sterwe van hulle Here te gedink. Met groot vreugde word hier in sondag 28 oor die nagmaal gepraat. Die kerk van die reformasie het die rykdom van die nagmaal herontdek. In die eeue na die apostels het die nagmaal tot die misoffer verval met alles wat daaraan verbind is. In sondag 29 en 30 sal daar nader oor gespreek word, maar reeds oor hierdie sondag le die feesgloed van die rykdom wat weer gevind is. Die kerk het tot die eenvoud van die eerste nagmaal soos die Here dit ingestel het teruggekeer, soos die apostel Paulus daar in 1 Kor. so instruktief oor geskryf het.

Lees nogeens die mooie antwoord 75 Christus het beveel en het belowe. In enkele sobere woorde: doen dit tot my gedagtenis. Ag dit is maar gewone brood en egte wyn uit druiwe gepars wat deur gegee word. En tog: hoe groot en heerlik kry ons, ons Heiland as ons verlosser te sien.

Dit begin reeds as die lange repe brood vir ons oe gebreek word. Dit gaan aan as die skinkkan opgehef word en die wyn sigbaar in die beker gegiet word. Dit kom na ons toe as die gebreekte brood by ons kom en ons daarvan eet en as ons uit die beker drink wat vir ons aangegee word. Dit doen ons op die bevel van Christus. Daardie bevel geld vir ons, vir alle gelowiges se die kategismus. Hoe kom dit dat daar gelowiges is wat moeite het om nagmaal toe te kom? Terwyl juis Christus my en alle gelowiges beveel om tot sy gedagtenis te eet en te drink. Die nagmaal is deur Christus nie vir 'n bepaalde groep gelowiges wat ingewy is, die sogenaamde gekendes ingestel nie, maar vir almal wat glo! Vir almal wat glo het Hy sy liggaam laat verbreek en sy bloed vergiet.

Ja, in die nagmaal is ons in die teenswoordigheid van die heilige God. God is daar in ons midde. Maar in Jesus Christus, ons Heiland is Hy daar in ons midde. Die heiligheid van God is daar geen verterende vuur nie, maar 'n barmhartige heiligheid. Soos die vader die verlore seun aan sy hart gedruk en hom gekus het. So wil God in die nagmaal ons die kus van sy liefde skenk.

Nogmaals Christus het alle gelowiges beveel om sy dood te gedink. Daar is geen ekumeniser saamwees as in die viering van die nagmaal nie. Maar ook nerens word die verdeeldheid onder christene in hierdie wereld meer openbaar as in die viering van die nagmaal nie. Wanneer 'n kerk iemand van die nagmaal afhou, mag dit alleen gedoen word as daar die sekere oortuiging is dat God van die nagmaal afhou. Maar ook ieder kind van God wat die Here opreg vrees, het op 'n plek aan die nagmaalstafel reg.

II Christus het ons beveel om die nagmaal vreugdevol te vier. Daar het Hy ook nog 'n tweede belofte aan verbind, naamlik dat Hy self my siel met sy gekruisigde liggaam en vergote bloed tot die ewige lewe voed en laaf. Dis nie maklik om die diepte van hierdie woorde te peil nie, maar gelukkig kom antwoord 76 ons tot hulp, dit is om deur die Heilige Gees wat en in Christus en in ons woon, so met sy heilige liggaam hoe langer hoe meer verenig te word dat al is dit dat Christus in die hemel is en ons op die aarde, ons tog vlees van sy vlees en been van sy gebeente is, en dat ons deur een Gees - soos die lede van een liggaam deur een siel - ewig lewe en geregeer word.

Gemeente, ons het 'n heerlike God en by die nagmaal is daar alle rede om daaroor te spreek. God het om so te se, nog 'n pyl op sy boog om ons hart te raak. Hy wil die hart deur die Woord raak, maar ook deur die sakrament van die nagmaal. Die Here weet hoe swak ons geloof is. Hy weet hoe die sondes ons geweldig kan pla. Deur prediking en deur die Woord in die nagmaal sigbaar te maak wil Hy ons hart bereik.

'n Seun kan die hart van sy nooi tref deur sy liefde in woorde uit te druk. Hy kan dit ook deur 'n geskenk van geringe waarde maar wat die hart raak doen. 'n Moeder kan haar kind met woorde troos, maar ook deur die kind hartlik te soen. So is die nagmaal die kus van God wat Hy by die evangelie voeg. Dis 'n hemelse geskenk van God vir ons dat Hy sy liefde vir ons so tasbaar maak. Die geheim word ons deur antwoord 76 duidelik gemaak in die woorde 'bowendien ook' Die diepgang le nie alleen in die lyding en sterwe van Christus vir ons, aanneem nie. Dit reik verder!

In die nagmaal word ons steeds meer met die liggaam van Christus verenig. Antwoord 76 beweeg hier tussen twee dwalings. Aan die eenkant Die roomse en lutherse dwaling dat Christus liggaamlik in die brood en wyn aanwesig is, en aan die anderkant die reaksie dwaling van Zwingli dat dit in die nagmaal net die lyding en sterwe van Christus gedink word. Daar word die nagmaal van sy sakramentele waarde gestroop. Die kategismus styg in antwoord 76 bo die beide dwalings uit, deur op die ongelooflik noue band te wys wat die Heilige Gees tussen ons Heiland in die hemel en ons hier op aarde le.

Ja, dis die Heilige Gees wat in die nagmaal werk. Dink maar aan sondag 25 waar ons bely het dat die Heilige Gees in die sakramente in die weg van die middel werk. Nou, dis wat Hy ook in die nagmaal doen. Die Heilige Gees verenig ons so nou aan ons Heiland in die hemel dat ons eg vlees van sy vlees en been van sy gebeente is. Meesterlik word deur die kategismus op die huwelik terug gegryp, toe God Eva na Adam bring se Adam: "Dis nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. " (Gen. 2: 23) So nou was daardie twee aan mekaar verbind. Paulus herinner die Efesiers in 5: 30-32 daaraan, met die oog op Christus en sy gemeente. Dis wat die Heilige Gees in die nagmaal nou ook doen.

Die kategismus voeg daaraan toe: dat ons deur een Gees ewig lewe en geregeer word. In antwoord 75 het ons persoonlik bely wat die rykdom van die nagmaal vir ons is. Christus het MY beveel, vir MY geoffer, die bloed vir MY vergiet. Antwoord 76 gaan in die ons vorm oor. Ons vier die nagmaal nie individualisties nie, die kategismus staan teenoor die egosentriese tydperk waarin ons vandag lewe.

Saam as gemeente, as liggaam van Christus word deur ons die nagmaal gevier. Dis een Gees wat ons almal saam verbind en regeer. Ons almal saam liggaam van Christus vlees van sy vlees en been van sy gebeente. Ons vaders het dit vroeer mistieke unie genoem. Deur die Heilige Gees vereniging met Christus, kan beter gese word.

Ja, die nagmaal gryp diep in ons lewe in. In die begin van antwoord 76 bely ons dat ons in die nagmaal met 'n gelowig hart die ganse lyde en sterwe van Christus aanneem en daardeur vergewing van sondes en die ewige lewe verkry. Hoor ons dit 'daardeur', deur die eet van die liggaam van Christus en die drink van sy bloed, daardie klein stukkie brood en die slukkie wyn. Baie mense dink dat hulle met God in die reine moet wees voordat hulle die nagmaal mag vier. Maar ons vier die nagmaal juis om daardeur vergewing van sondes en die ewige lewe te verkry.

In die nagmaal kom God tot ons, om ons te verseker dat Hy met ons reg gekom het, ons skuld uit sy boek weggedoen het. Ook verseker God ons dat Hy ons deur sy Gees regeer, sodat ons as sy kinders gaan lewe. So kry hierdie heilig nagmaal sy vaste plek in ons lewe en gaan heel ons lewe met ons saam. Ons jeug is saam met ons aan die tafel van Christus en verkry daardeur vergewing van hul jeugsondes wat vir hulle benouend kan wees. Ouers vier saam met hul kinders wat hul geloof bely het nagmaal, wat een van die ryk momente in die lewe is. Daar teenoor is dit een van die smartelikste dinge wanneer dit nie, of nie meer kan nie. Ook in ons ouderdom, verseker die nagmaal ons van die vergewing van sondes en gee uitsig op die ewige lewe, die bruilof van die Lam.

Dis van groot belang vir ons lewe om reelmatig met Christus die nagmaal te vier. Dink aan die man wat 'n groot maaltyd gegee en baie mense uitgenooi het. Toe die maaltyd gereed was, stuur hy sy slaaf om vir die genooides te se: Kom die maaltyd staan klaar. Maar hulle begin almal, verskonings maak. Die een het 'n stuk grond gekoop. 'n Ander een het vyf paar osse gekoop. Nog 'n ander een se: Ek is pas getroud. Hulle het die pligte in hul lewe, as landbouer, as koopman en hul huwelik ernstig opgeneem. Een ding het hulle nie ernstig geneem nie, naamlik: Die uitnodiging tot die maaltyd. Toe het die man kwaad geword en gese: Nie een van die mense wat genooi is, sal sy mond aan my kos sit nie.

Gaan dit partymaal by die nodiging tot die nagmaal ook nie so nie? Die een neem die moeite met sy naaste ernstig op. 'n Andereen die kerklike moeites. Nog 'n ander moet so nodig vakansie hou. Maar die uitnodiging van ons Heiland tot sy nagmaal word nie ernstig geneem nie! Hoor nou wat die man in die gelykenis gedoen het: Hy het die armes en kreupeles en blindes en verlamdes laat inbring. Hy het nie gerus voordat sy huis vol was nie.

Gemeente as daar onder ons een is wat een van hierdie soort verskonings het, om die nodiging tot die nagmaal nie ernstig te neem nie, kom dan tog tot die maaltyd van Christus. Neem die pakket van jou skuld teenoor God, jou rusie met jou broeder, jou kerklike moeites, en le dit onder die kruis van Golgota wat daar aan die nagmaalstafel in die tekens van brood en wyn voorgestel word. Ja, ons kan oor baie dinge verskillend dink. So selfs dat vir ons moeilik is, om in hom of haar ons broeder of suster te eien of ons ampsdraers as onderherders van Christus te herken.

Wanneer ons saam as gemeente van Jesus Christus die brood gebreek en die drinkbeker gedrink het. Wanneer ons saam gemeenskap met ons Heiland in die hemel geoefen het, dan mag ons mekaar daar ook aan hou. Dan mag ons na die nagmaal mekaar aanspreek op grond dat ons saam bely het dat ons deur een Gees geregeer word. Die nagmaalstafel is die magtigste wapen wat God ons gegee het, as die duiwel probeer om broers en susters van dieselfde huis teen mekaar te laat draai.

Nog een vraag: Wanneer is die pad vir ons jeug oop om nagmaal te vier? Die antwoord is duidelik wanneer jy as jongmens in staat is om die liggaam van die Here te onderskei. So het Paulus dit in 1 Kor. 11: 29 vir ons geleer. Dit wil se wanneer jy in geloof sover is dat jy verstaan waar dit in die nagmaal om gaan. Daarom verwerp ons as gereformeerdes dat die nagmaalstafel vir kinders oopgestel word. Die nagmaal is geen familiemaaltyd nie, dis die maaltyd van ons Here Christus! Heerlik is dit as jy die beslissing kan neem, om Hom as jou Here en Heiland te bely. Vra dan toegang tot die nagmaal en gaan dan saam jou Here en Heiland as jou enigste troos in lewe en sterwe bely.

III Ons het begin met antwoord 77 ons sal ook daarmee eindig. Antwoord 77 siteer Paulus in sy eerste brief aan die Korintiers, waar hy die instelling van die nagmaal deurgee. Let dan op die sterk klem wat die apostel op die gemeenskap met Christus le. Die beker, die gemeenskap met die bloed van Christus, die brood, die gemeenskap met die liggaam van Christus. Die apostel leer ons dat ons by die beker dank. Ons se daarin Here ons dank U hartelik dat U vir ons gesterf het, dat ons as bewys U liggaam in hierdie brood en U bloed in hierdie wyn mag eet en drink.

By die viering van die nagmaal sal ons hart oorvloei van dankbaarheid. Ja, as ons so in dankbaarheid nagmaal vier verkondig ons die dood van die Here totdat Hy kom. Die dood van Christus en sy opstanding word hier reguit met sy wederkoms verbind. Eers die bittere dood van ons Heiland vir ons skuld, maar dan ook direk die ander woord oor sy wederkoms. Totdat Hy kom, wil se: tot aan die moment van die grote fees van die bruilof van die Lam!

Die kort formulier vir die viering van die heilig nagmaal het die uitsig op die wederkoms van ons Heiland pragtig onder woorde gebring. Dit se: Ons geniet aan die tafel 'n voorsmaak van die oorvloedige vreugde wat Hy ons belowe het. Ons sien met groot verlange uit na sy verskyning in heerlikheid, na die bruilofsmaal van die Lam, wanneer Hy die wyn saam met ons sal drink in die koninkryk van sy Vader.

Dit le in die verlengde van mekaar, die instelling van die nagmaal in die nag waarin ons Heiland verraai is, en aan die einde: die fees van die bruilof van die Lam. As die gemeente van God is ons op pad na daardie einddoel, as ons by brood en beker die Here prys. Sal ons dan nie sing nie: Wat kan 'k die Heer vir al sy guns vergeld? Wat kan 'k Hom bring uit dank vir sy genade? Ek sal Hom prys vir sy verlossingsdade en by die kelk van heil sy Naam vermeld.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)