Die weg van die middele word deur die Heilige Gees nie geminnag nie

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2018-01-20
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 25
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor sondag 25.

Die Heilige Gees werk middellik.

Lees: Markus 7: 24 - 37
Teks: Sondag 25 H. K.
Sing: Ps 106: 1, 19, 20
na wet Ps 105: 23, 24
na belydenis Ps 111: 1
Ps 27: 1, 3, 6
Ps 107: 1
Sb 18: 1, 2, 3, 4

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Ons het netnou in Markus 7 gelees, hoe die Heiland 'n doofstomme man genees het. Die mense het 'n dowe man wat ook 'n spraakgebrek het gebring en gevra dat Jesus sy hand op hom sou le. Wat het Christus gedoen? Die Here het sy vingers in die man se ore gesteek en spoeg aan sy tong gesmeer. Daarna het ons Heiland na die hemel toe opgekyk, gesug en vir hom gese: "Effata", 'n aramees woord wat "gaan oop" beteken. Die uitwerking van hierdie handelinge gee Markus as volg weer: "Sy ore het dadelik oop gegaan, die belemmering van sy spraak het verdwyn, en hy het reg gepraat. "

Waarom het die Here gesug? Daar is verklaarders wat se dat Jesus diep onder die indruk van die leed van hierdie man was. In daardie tyd was daar nog geen enkel middel om doofstomme mense te help nie. Hulle was dus volkome van die buitewereld afgesluit. Christus was beslis oor die lot van hierdie man bewoe. Tog is ons van oordeel dat die sug van ons Heiland, daaruit nie verklaar kan word nie. Ons Heiland het net, deur die oe en gevoel van hierdie dowe man, kontak kan maak en deur daardie middel gewerk.

Eers het Hy sy vingers in die man se ore gesteek, wat moes duidelik maak: Ek gaan jou ore oop maak. Daarna spoeg aan sy tong gesmeer, dit wil se: Ek maak jou tong los. Eers toe het Hy na die hemel opgekyk en gesug. So het ons Heiland vir die dowe man duidelik gemaak dat hulle saam met hul bede voor God die Vader verskyn. Daarna het ons Heiland die koninklike woord: effata, gaan oop, gespreek. Daardie 'gaan oop' was nie alleen op die ore en mond van die man van toepassing nie. Dit was voor die hele mens bedoel. Met daardie magswoord het Christus ook sy hart vir God en die evangelie oop gemaak.

Natuurlik was dit vir Christus moontlik om die man sy hart direk vir sy Woord oop te maak. Maar ons Heiland gaan middellik te werk. So wil Hy tot die hart van die man deurstoot. Gemeente so werk God vandag nog. Deur die middel van Woord en sakrament wil God ons hart bereik. Die volgende sondae sal dan ook oor Woord en sakrament handel. Ons vaders het daarom oor Woord en sakrament as middele van die genade gepreek.

Dis deur die poort van die oor waardeur God ons met die evangelie wil bereik. Met die sakrament wil Hy dit deur die poort van die oog doen. Langs die pad van prediking en bediening van die sakramente gaan die Heilige Gees tot ons hart deurstoot. Die Heilige Gees minnag die middele nie. In teendeel, alleen so wil Hy ons hart bereik. Daaroor spreek sondag 25, sodat ons tema is:

DIE WEG VAN DIE MIDDELE WORD DEUR DIE HEILIGE GEES NIE GEMINNAG NIE.

  1. Vandaar die preek;
  2. Vandaar die sakramente;
  3. Vandaar die konsentrasie op doop en nagmaal.

I Gemeente, die kategismus het by vraag 65 agtertoe en vorentoe gekyk. Immers die vraag is: Aangesien alleen die geloof ons Christus en al sy weldade deelagtig maak, waar kom so 'n geloof vandaan? Deur te vra: waar die geloof wat ons in die voorgaande sondae bely het vandaan kom, word duidelik agtertoe gekyk! Let daarby op die woordjie 'alleen' wat ons in die sondae 23 en 24 met krag bely het. Alleen deur die geloof in Christus word ons geregverdig. Nou dit die enigste pad is, nou is dit vir ons ook 'n saak van lewe of dood om te weet waar daardie geloof vandaan kom!

As alleen die geloof ons deel aan Christus gee dan het dit vir ons tot 'n lewensvraag geword hoe ons aan daardie geloof deel kry? Dis beslis geen teoretiese vraag, soos waar kom die regte hout vir 'n braai vandaan nie. Of 'n andere interessante vraag waar nie ons lewe van afhang nie. Met die antwoord op hierdie vraag is heel ons mens wees voor die aangesig van God gemoeid. Hoe kom ons aan daardie geloof, waardeur alles tussen God en ons weer reg word? Waardeur ons vergewing van ons sondes ontvang? Vol spanning gaan ons daarom vorentoe kyk, na die antwoord wat vir heel ons lewe van die grootste belang is.

Antwoord 65 laat ons dan ook nie in die onsekere nie, en antwoord: Van die Heilige Gees wat die geloof in ons harte werk deur die verkondiging van die heilige evangelie. Die antwoord het 'n juigende toon: Die Heilige Gees is dit wat die geloof deur die heilig evangelie werk! Die herhaalde heilig vertel ons dat God hier aan die werk is. Die geloof kom nie uit onsself, soos water uit 'n oog opkom nie. Ons kan dit ook nie self produseer nie.

God die Heilige Gees gaan met die verkondiging van die heilig evangelie in ons werk. Die kategismus wys hier nie net op die evangelie nie, maar nadruklik word van die verkondiging van die evangelie gespreek. Dis niks anders as die preke op sondag, die bediening van die Woord van God nie. Dis deur die doodgewone sondagse prediking dat die Heilige Gees die geloof in ons harte wil werk. Die prediking sondag na sondag is baie belangrik, ja, lewensbelangrik moenie dit misloop nie!

Nou ja mag iemand dink, dis die kategismus wat so se, so het die opstellers dit eeue gelede gesien. Is die preke van die sondag nog steeds so belangrik? Moet 'n mens om die geloof te ontvang elke sondag kerk toe kom? Inderdaad gemeente is dit die kategismus wat so praat. Maar het die opstellers dit self versin? Of word hier heel uitdruklik die Bybel met krag nagespreek? Kom laat ons na die Skrif luister.

Ons begin by die eerste Pinksterdag wat ons daar oor die werk van die Heilige Gees berig word. Ons weet almal uit Hand. 2 hoe die Heilige Gees daar geweldig in aksie gekom het. Dink maar aan die Pinkster tekens, die geluid uit die hemel soos van 'n geweldige stormwind en iets soos vuur wat in tonge verdeel op elkeen van hulle gekom het. Tekens dat die Heilige Gees hulle vervul het. Kyk nou hoe die Heilige Gees daar gewerk het: Hulle het in ander tale begin praat oor die groot dinge wat God gedoen het! Verkondiging van die heilige evangelie soos die kerk dit in antwoord 65 bely. Petrus staan op om die Woord te bedien. Midde-in die menigte wat feestelik saam gekom het en vanwee die geluid saamgedrom het gaan Petrus preek. Ja, doodgewoon preek en lank daarby. Die Skrif word oopgemaak en bedien!

Petrus het die lig van die Woord oor die gebeurtenisse van daardie dag laat straal: Christus het die Heilige Gees wat belowe is, van die Vader ontvang en uitgetort. Dit is wat julle nou sien en hoor. Die Ou- Testament het gespreek die profesie van Joel het oopgegaan en Psalm 16 is in die preek toegepas. Voordat Petrus begin het was daar verwarring en is gevra: Wat kan dit tog beteken? Maar by die aanhoor van die preek is die mense diep getref en het vir Petrus en die ander apostels gevra: Wat moet ons doen broeders? Nie deur 'n besondere werking het daar omtrent drieduisend mense tot geloof en bekering gekom nie, maar alleen deur die prediking van Petrus en die ander apostels het die Heilige Gees dit bewerk.

Die hele heerlike boek: Die Handelinge van die Apostels, is vol van die werk van die Heilige Gees wat Hy deur die prediking van die evangelie tot stand bring. Dink aan die begin van die kerkvergadering in Europa hoe die Here in Filippi 'n vrou, Lidia vir die woorde van Paulus ontvanklik maak. Sy en haar huisgesin is toe gedoop. As Paulus in sy brief aan die Romeine in hoofstuk 10 sy ervaring as evangelie prediker beskrywe, se hy: "Die geloof kom dus deur die prediking wat 'n mens hoor, en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus. " Nee, dis nie net die kategismus wat se dat die geloof deur die evangelieprediking in ons gewerk word nie. Die hele Skrif is daarvan vol!

Ja, nou wonder ons, en dink: werk die Heilige Gees net alleen deur die evangelie die geloof in my hart? Kan God dit nie langs 'n ander pad doen nie? God die Heilige Gees is tog magtig genoeg om sonder die verkondiging van die evangelie mense te behou?

Virseker gemeente het God die mag om dit te doen. Hy doen dit ook in ons kinders wat sterf voordat hulle een woord evangelie prediking kon gehoor het. Daar is ook verbondskinders wat so min verstand gekry het dat hulle die evangelieprediking nie kan opneem nie. Dis die gevalle wat uitsonderlik is. Die vraag is nie wat God almal kan doen nie, maar dit gaan daarom hoe God dit normaal vir mense wat preke kan hoor en verstaan ingestel het. Die Bybel leer ons dat God, deur die verkondiging van die evangelie die geloof in ons harte wil werk.

Gemeente, sien ons die groot wonder, waaroor ons hier praat raak? Die Almagtige, heilige God, wat die dinge wat daar nie is nie roep asof hulle daar is. God wat gese het: Laat daar lig wees! En daar was lig. Wat die see met deure afgesluit en 'n grens vir die trotse golwe gestel het. Daardie God het Homself aan die heel gewone middel van die gepredikte Woord gebind. Is dit nie verbasend groots nie, dat God 'n gewone mens met 'n menslike stem op die kansel sit? God laat daardie mens sy blye boodskap van vergewing en versoening verkondig. Daar het God ons aan gebind. So wil Hy die geloof in ons werk.

In die mooie antwoord 65 is elke woord van groot betekenis. Daar staan dat God die geloof in ons harte werk. Nie in ons verstand nie maar in ons hart. Dit gaan nie buite ons verstand om nie. Om te glo moet wel deeglik die verstand gebruik word. Die geloof is nie net 'n saak van die verstand, 'n stuk teorie nie. Die geloof raak ons hart, die diepste van onsself, met heel ons bestaan is ons daarby betrek. Ons natuurlike hart is vir die evangelie totaal toegesluit, ons wil van God en sy evangelie niks weet nie.

Maar dan kom God met die eenvoudige middel van die gepredikte Woord na ons toe. Daardie weerbarstige hart word daarmee oopgebreek. Jesus Christus word as ons Heiland verkondig. Dis evangelie, blye boodskap waar die hele Bybel van vol is. In die Ou-Testament word vanaf die moederbelofte in Gen. 3: 15 tot die laaste woorde van die profeet Maleagi van Christus gespreek. En in die Nuwe-Testament word Hy van begin tot die einde verkondig. Die Bybel is die boek van die geloof, van Jesus Christus en sy blye boodskap is dit vol.

Daar staan ook in Sondag 65 dat die Heilige Gees die geloof WERK, nie WEK nie. Die verskil is maar een letter tog is dit van groot betekenis. In die dertiger en veertiger jare van hierdie eeu is veral in Nederland geleer dat die 'werk', as 'wek' verstaan moet word. Daar is gese die Heilige Gees wek die geloof wat Hy eers as 'n kiem van geloof buite die middel van die Woord om in ons harte gewerk het. Gemeente, antwoord 65 spreek in die teenwoordige tyd en se dat die Heilige Gees nou in ons hart werk. Hy breek dit met die woord oop en maak dit deur die Woord vir die Woord ontvanklik.

Partymaal word ons geloof deur die duiwel aangeveg. Partymaal is ons swak en op moedverloor se vlakte. Juis in daardie tye is dit so belangrik om ons ore vir die prediking wyd oop te maak. Juis dan moet ons die blye boodskap indrink, want daarmee wil die Heilige Gees in ons hart werk. Onder die prediking is Hy daarmee voltyds besig, om ons Christus, met sy kosbare weldade van vergewing van sondes en ewig lewe, deelagtig te maak. Dit wil nie se dat die preek volmaak is en die prediking soms te lank aan hou of langdradig word nie.

Gemeente, God het geen engele op die preekstoel gesit nie. Predikante kan in hul preek die plank ook weleens mis slaan. Ook 'n dominee kan nie altyd op sy stukke wees nie. Maar een ding het die bedienaars van die Woord gesien en dit hou hulle, in opdrag van hul Sender, aan hul gemeentes voor, naamlik: Dat God die sondes uit genade vergewe en ons lewe deur die Heilige Gees vernuwe. Dit straal hul uit die oe en gee vuur en krag om sondag na sondag die evangelie te verkondig. Die preek word nie uit die mou geskud nie, daar word elke week opnuut, stewig vir gestudeer. Uit die enige bron, die heilig Woord van God, word die water van die lewe geput en gemeente daar word u mee geseen.

Die erediens mag dan partymaal lank wees, maar hoe lank word daar voor die beeldradio deurgebring as daar iets wat jou interesseer verskyn? Is daar klagtes oor vreemde woorde in die preek, maar hoeveel vreemde woorde word in sport, by ekonomie en tegniek deur ons gebruik? Soms kan in 'n preek die boodskap van die Woord swak deurkom, is daar dan glad geen voeding vir die week wat kom in nie? Ons Heiland het gese: "Pas dus op hoe julle luister" nadat Hy die gelykenis van die saaier verklaar het. (Lukas 8: 18) Dit kom dus daarop aan hoe daar geluister word. Wat word van die preek verwag? Waar is ons met ons gedagtes? By ons besigheid, by ons verloofde, of by ons duiwe? Dis tog seker wel die verkondiging van die blye boodskap waarvoor ons 'n oop oor het?

Nogmaals let ons op die antwoord van die vraag: waar kom so 'n geloof vandaan? Maak die antwoord nie lydelik, soos party christene se: God die Heilige Gees moet dit doen en so wag ek maar vir die teken dat God die werk begin het. Sekerlik nie gemeente, die eerste deel van antwoord 65 mag nie van die tweede deel losgemaak word nie. Beslis: die geloof is 'n geskenk wat van bo kom. Maar God die Heilige Gees minag die middels nie. Heilbegerig moet ons die verkondiging van die heilig evangelie aanhoor. In die gesteldheid van die digter van Psalm 130: "Ek stel my vertroue op die Here, ek vertrou op Hom, ek wag op die vervulling van sy woord". As ons so kerk toe kom sal die Here ons seer seker sy woord nie onthou nie.

II Tot nou toe het ons die slot van antwoord 65 nog uitgelos, daar het ons nou egter aan toe gekom. Die Heilige Gees werk die geloof in ons harte, maar versterk die geloof ook deur die gebruik van die sakramente. Asseblief! Die Heilige Gees het meer peile op sy boog om ons hart by te kom. Elke week vuur Hy ons swakke geloof deur die prediking aan. Daar word dit egter nie by gelaat nie. Daar is nog 'n spesiaal middel om die geloof te versterk, naamlik: Die sakramente. Vandaar vr. 66 Wat is sakramente?

A, hoor ek iemand se weer so'n abstrakte vraag wat geskik is om katkisante te leer wat sakramente is. Vir die sorge en aanvegtings in my lewe beteken dit niks nie. Wat dink ons, le hierdie vraag in dieselfde vlak as wat is 'n atoom, of wat is 'n kristal? Seker nie, antwoord 66 leer ons dat God ons deur die gebruik van die sakramente die belofte van die evangelie beter laat verstaan. Weer gaan dit om die evangelie! Bowedien word deur die sakramente die belofte van die evangelie beseel.

God ken ons van voor tot agter, ons totale mens wees le vir Hom oop. God hou wel deeglik met ons stompsinnigheid en swakheid rekening, soos ons dit met art. 33 NGB bely. Dink ook aan Psalm 139: "Here, U sien dwarsdeur my, U ken my...... U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom. " Ja ons hemelse Vader weet, hoe ons deur twyfel en ongeloof telkens weer aangeveg word. Ook weet HY hoe die duiwel ons beloer. Daarom het ons goeie God, soos ons in art. 33 NGB bely die sakramente vir ons verorden. Wat is dit in die geloofsbelydenis raak geformuleer!

Om te verstaan wat sakramente is, kan dit maklik verstaan word as ons op die verskil tussen Woord en sakramente let. By die Woordbediening gaan dit on die hoor. Deur die poort van die oor stoot die Heilige Gees tot in ons hart deur. By die sakramente word veral die oog deur die Heilige Gees gebruik. Deur die poort van die oog word dan die hart bereik. So le die Heilige Gees in die skenk van die heil op die hele mens beslag. Ons is daar heeltemal by betrek as die Heilige Gees deur die sakramente in ons werk.

Dink aan die nagmaal wat is daar baie te sien. Die tafel van die Here wat te midde van die gemeente staan. 'n Helderwit tafeldoek daaroor gesprei, met in die middel die skaal met brood wat in repies gesny is. Daaromheen is die skinkkan en die bekers gegroepeer. Dan kom die belydende lidmate as gaste van Christus by die tafel aansit. Almal verskillende mense, maar almal verwag hul heil alleen van Christus wat aan die kruis vir hulle gesterf het. Die bedienaar neem dan die brood en breek dit voor ons oe; So is die liggaam van Christus vir ons verbreek tot 'n volkome versoening van al ons sondes. Daarna word die skinkkan opgehef en sigbaar sien ons die rooiwyn in die beker vloei, so is die bloed van Christus vergiet tot volkome versoening van ons sondes.

Ons eet die brood en drink die wyn, ons proe en ruik dit. Ons sing 'n lied: God het ek lief, want die getroue Heer hoor na my stem uit vrye welbehae; ek roep Hom aan in al my lewensdae, Hy skenk my hulp hy red my keer op keer. So le die Here God in sy grote goedertierenheid die belofte van die evangelie deur die sakrament van die nagmaal in ons harte.

Dink ook aan die Heilige doop. Ons sien 'n vader en moeder met 'n kind voor in die kerk sit. Daar is spanning by die doopouers en by die gemeente want daar gaan iets gebeur! Die ouers gaan staan en gee antwoord op die vrae wat die dienaar stel. Die ouers kom met die kind doopfont toe en die dienaar gaan water op die hoof van die kind sprinkel. Daarby word die doopformule uit gespreek wat die kind onder die beslag van God die Vader, Seun en die Heilige Gees le. Die gemeente sing: Die Heer wat van geen wankel weet nie, sal nimmer sy verbond vergeet nie. Daarin is die Heilige Gees oorvloedig aan die werk, om die genade van die verbond van God sigbaar te maak.

Gemeente, ons kan die Vader van ons Here Jesus Christus nie genoeg dank dat Hy sy genade deur die sakramente so naby bring nie. Hy het immers die belofte, dat Hy ons die enig offer van Christus aan die kruis volbring, vergewing van sondes en ewig lewe uit genade skenk, vir ons sigbaar en tasbaar gemaak. Nou kan ons ook verstaan waarom die kategismus oor die sakramente spreek, as heilige en sigbare waartekens en seels. In die sakramente het God sy koninklike grootseel aan die beloftes van die evangelie geheg. Daarmee kom God ons stompsinnigheid en die swakheid van ons geloof verreikend tegemoet.

Dink ons, ons het nie die teken en seel nodig nie? Kyk na Abraham die vader van die gelowiges. As daar een man groot en sterk in die geloof was, dan is dit Abraham gewees. Dis nie vir niet dat hy die vader van die gelowiges genoem word nie. Toe God vir hom 'n eie nasaat belowe, het God vir Abraham buitekant toe gevat en gese: Kyk op na die hemel en tel die sterre as jy kan, .... so baie sal jou nageslag wees. (Gen. 15: 5) As dit selfs vir Abraham nodig was om 'n teken te ontvang, sal ons dan geen teken nodig he nie?

Dink ook aan Ex. 17 toe Israel teen Amalek geveg het. Op die top van die heuwel het Moses met sy staf boontoe gewys. Solank Moses sy hand opgehou het was Israel sterk, wanneer sy hand gesak het en die Israeliete die staf nie kon sien nie het hulle moed ingegee en was hulle aan die verloor kant. Maar as die staf weer op gekom het, het hulle weer moed gegryp, want hulle het geweet daar word vir ons gebid. So is in die stryd hul geloof versterk deur die teken wat God vir hulle gegee het.

So is ook die Nuut-Testamentiese gemeente op pad, gesterk deur Woord en sakramente. Wat staan die Woord- en sakramentdienste sentraal in ons lewe. In ons christelike lewenswandel kan ons daarsonder nie klaarkom nie. Weer staan ons in die hart van die reformasie: evangelie, doop en nagmaal, meer het ons vir die skenking van heil en saligheid nie nodig nie. God die Heilige Gees minnag hierdie middels nie, sal ons hulle dan nie op hoe prys stel nie?

Nou ons die oorsprong van die geloof ken beweeg ons na die kritiese vraag 67 Is die Woord en sakramente altwee dan daarvoor bedoel om ons geloof op die offerande van Jesus Christus aan die kruis as op die enigste grond van ons saligheid te wys. Die leerling bedoel: het ek dit goed verstaan dat in Woord en sakramente dit net om Christus gaan, soos Hy Hom, een maal, genoeg vir altyd en almal op Golgota geoffer het? Staan in die evangelie en in sakrament net die een offer van Christus sentraal en is daar geen enkele rede om die misoffer sentraal te stel nie, soos Rome dit doen? Ja seker, se die antwoord, want die Heilige Gees leer ons in die evangelie en verseker ons deur die sakramente dat ons volkome saligheid in die enige offerande van Christus gelee is, wat vir ons aan die kruis volbring is.

'n Goeie verstaander het 'n halve woord nodig. Gemeente, dit geld hier ook, die sakrament staan nie voorop nie, maar die evangelie. Dis die evangelie wat ons leer dat die offer van Christus die grond vir ons saligheid is. Die sakramente wat daarna genoem word, bevestig dat die grond van ons heil in die kruis van Christus le. Is dit nie indrukwekkend? Deur die eeue word deur Woord en sakramente soos met 'n uitgestrekte vinger na die kruis van Golgota gewys. Daar moet ons wees, daar is die heil vir ons verwerf, daar het die bloed gevloei wat Woord en Sakramente as die enigste grond vir ons heil, ons op die hart bind. Daar is geen andere grond nie!

III Die laaste vraag van sondag 25 lyk 'n simpel vraag: Hoeveel sakramente het Christus in die Nuwe Verbond ingestel? Die antwoord kan ons droom: Twee, naamlik die heilige doop en die heilige nagmaal. Tog is daar 'n stuk polemiek in die slotvraag. Immers Rome hou daar sewe sakramente op na, te wete: Doop, nagmaal, die bieg, die priesterwyding, die vormsel, die laaste oliesel en die huwelik. Die reformasie het vyf van daardie sakramente een kant toe geskuif en twee behou. Die kragtige begronding daarvoor lees ons al in die vraag: Hoeveel sakramente het Christus ingestel. Die twee kan naamlik met die vinger aangewys word. Die doop in Matt. 28: 19 en die nagmaal: Gebruik dit tot my gedagtenis, het Christus gese. (Lukas 22: 19) Van geen van die ander sakramente van Rome kan dit gese word nie.

Daarin het die Heiland Hom nou by die Ou-verbond aangesluit. Die bloedige sakrament van die besnydenis, het Hy deur die onbloedige sakramente van die doop vervang. So het ook die onbloedige sakrament van die nagmaal die bloedige Paaslam vervang. Deur die tweede sakrament word ons in die huisgesin van God gevoed, die eerste een lyf ons by die huisgesin in. In alle vier, besnydenis en doop, Pasga en nagmaal, staan die kosbare bloed van ons Heiland sentraal.

Wens ons nou nie, om nog meer oor doop en nagmaal te hoor nie? Die sondae wat kom sal die wens in vervulling laat gaan. Dank inmiddels God die Heilige Gees dat Hy die middels nie minag nie, en gebruik hulle ywerig in hier die sware tyd van ongeloof en Godsverduistering! Hulle dra die enigste troos in lewe en in sterwe deur oor en oog na ons hart toe. Gemeente verlang ons nog meer?

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)