Hoe die kerk in die derde geloofsartikel die wonder van die heilige ontvangenis en geboorte van Christus bely

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2017-12-20
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 14
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 14 H. K.

Die geheimenis van die Godsvrug is groot.

Lees: Jesaja 8: 23 - 9: 6 & Lukas 1: 26 - 38
Teks: Sondag 14 H. K.
Sing: Sb. 1: 1 en 2
na wet Ps. 32: 1
na belydenis Ps. 96: 1
Sb. 27: 1, 2, 4, 5
Ps 3: 2
Ps. 98: 2 en 4

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Die seksuele voorligtting is een van die dinge wat in ons tyd baie aandag kry. In tydskrifte en boeke word daaroor geskrywe en radio en televisie bly nie in die voorligting agter nie. Op veel maniere word die wonder van die bervrugting en geboorte van 'n mensekind vir ons uitgebeeld. Selfs jong kinders word reeds ingelig. Die wetenskap het diep in die geheim van die ontstaan van menslik lewe deurgedring.

Tog is en bly dit 'n groot wonder dat God uit die geslagtelike gemeenskap van twee mense 'n nuwe mensekind skep. Ja, God skep die lewe! Daar word mense vir gebruik en dokters mag daarby hulp verleen. Al word die lewe deurmiddel van 'n proefbuis of reageerbuis verwek, dan is dit nog God wat die lewe skep.

Daarom is die geboorte van elke kind 'n groot wonder en tegelykertyd 'n geskenk van God. Wat 'n blydskap is daar telkens as God vir ons kinders gee. Want ons neem mos geen kinders of neem nou nog geen kinders nie, maar ons ontvang hulle as kinders van God. Salomo sing daarvan in Psalm 127: 3: Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee. Met blydskap gee ouers daarvan kennis as die Here hul met die voorspoedige geboorte van 'n kind geseen het.

Nou is dit so dat Sondag 14 van ons kategismus ook oor die geboorte van 'n kind spreek. Oor die geboorte van ons Heiland wat tegelyk God en mens is. In die derde artikel van die apostoliese geloofsbelydenis word deur die Kerk van God oor hierdie Kind bely: Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria. Die geboorte van die kind Jesus is 'n besondere geboorte! Die grote wonder van die ontvangenis van die heilige Gees staan daaragter. Deur die heilige ontvangenis en geboorte van Hom, word ook die geboorte van ons kinders geheilig!

Daarom geld in hierdie diens vir ons: Trek uit jou skoene, want die plek waarop ons staan is heilige grond! In die ontvangenis van Christus is dit God die Heilige Gees wat aanbiddelik en magtig werk. Dit is ook 'n noodsaaklik godlik wonder. Daar is geen andere manier vir die Seun van God om die vlees van die mens aan te neem nie. In die derde plek is dit ook 'n wonder dat dit ons die nut van 'n ryke geloofsvrug skenk! Vanmiddag/more sal ons hoor hoe

HOE DIE KERK IN DIE DERDE GELOOFSARTIKEL DIE WONDER VAN DIE HEILIGE ONTVANGENIS EN GEBOORTE VAN CHRISTUS BELY.

  1. Daardie wonder is aanbiddelik;
  2. Daardie wonder is noodsaaklik;
  3. Daardie wonder dra ryke vrug.

I Het die vorige vrae oor die geloofsartikels meestentyds met waarom begin, hier in Sondag 14 kom die leerling vir 'n wonder te staan wat hom direk laat vra: Wat beteken die woorde: Wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria. Indringend soek hy by sy leermeester die antwoord. Maar die leermeester maak dit vir hom nie gemaklik nie. Dis hoog heilige sake waaroor gespreek word. Ons kan dit direk in die antwoord raaksien: Dat die ewige Seun van God, wat waaragtig en ewig God is en bly, 'n ware menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria deur die werking van die Heilige Gees, aangeneem het.

Die antwoord set gelyk hoog in, het ook iets triomfantliks. In die sondae 11 tot 13 het ons bely dat ons Heiland die eie eniggebore Seun van God is. God uit God en Lig uit Lig. Moenie dink dat dit gaan verander as ons oor die werk van ons Heiland gaan spreek nie. Ook daarin sal ons Heiland die ewige Seun van God bly. Maar nou moet ons raaksien hoe naby Hy tot ons gekom het! Hy het ware egte menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria aangeneem.

Tog is en bly Hy die die Seun van God. Met die woord "bly" balanseer die kategismus op die rand van ons belydenis. Want dit mag immers nie in diskussie kom dat Hy nie alleen God is maar ook bly nie? Dis mos onlosmaaklik aan sy God wees verbind? Om alle misverstand uit te sluit word die woord "bly" tog in ons belydenis gebruik. Die kategismus wil daarmee se: Voor sy geboorte in Betlehem was ons Heiland reeds God. Hy bly dit ook as Hy ons vlees en bloed by sy geboorte aanneem en sal tot in ewigheid God wees.

Gemeente hierdie derde geloofsartikel verplaas ons na Betlehem en nog verder terug tot in Nasaret. Dis die eerste hoofstukke van die Lukas Evangelie wat ons daaroor spreek. Die hoofstukke 1 en 2 het vir ons die bly berig oor ons Heiland gebring. Wat het die boodskap ook Maria ontroer! Jy sal swanger word en 'n seun in die wereld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee, het die engel Gabriel vir haar gese.

Die verwondering straal ons uit die antwoord van Maria teen as sy vir die engel se: "Hoe is soiets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met 'n man gehad het nie? " As jong nooi wat wel verloof is maar nog nie getroud nie is die boodskap vir haar nie verstaanbaar nie. In die gesprek met Maria gaan Gabriel dan nog 'n stap verder, deur die wonder te verkondig wat aan haar voltrek gaan word en se: "Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God. "

Wat moet Maria nou antwoord? Gemeente die antwoord word uit haar geloof gebore. Vol vertroue en geloofsoorgawe het sy gese: "Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gese het. " Hoe is dit moontlik sal u moontlik se? Hoe kan so 'n jong dogter die boodskap van die engel in daardie kort tydjie verwerk? Waarop het sy haar geloof gebou? Gemeente agter die dogter en haar woord van geloof moet ons die Ou-Testament sien.

Ons mag en kan die Nuwe-testament nie van die Ou-Testament Isoleer nie. Met haar antwoord staan Maria in geloofsgemeenskap met die heilsgeskiedenis soos dit in die Ou-Testament tot ons kom. Daar is geen ander manier om die geloofstaal van Maria anders te verklaar nie.

Die nuwe teologie wil van hierdie wonder niks weet nie. 'n Ned. teoloog Prof. Berkhof het op pagina 308 van sy boek: "Christelijk geloof" van 1973 die ontvangenis van ons Heiland uit die Heilige Gees as 'n historiese gebeurtenis verwerp. Hy ontken dat die heilsfeit met die Ou-Testament in verband staan. Die verhaal is volgens hom later aan die oorlewering oor die lewe van Christus toegevoeg, om daardeur tot uitdrukking te bring dat ons Heiland die Seun van God is. Helaas word die selfde geluid hier in ons land ook al gehoor!

Dis te meer rede om hierdie aanbiddelike wonder juis in verband met die werk van God in die heilsgeskiedenis te sien. Vanaf die allereerste begin het God in die moederskoot ingegryp, om die heilige geslag, waaruit die Messias moes voortkom, in die lewe te roep. Na die geboorte van Kain het Eva uitgeroep: "Ek het 'n man in die wereld gebring met die hulp van die Here!" In Kain het sy al die begin van die vroue saad gesien wat die Here beloof het. Eva het by die eerste geboorte al met die werk van God rekening gehou.

Toe Kain deur broedermoord eenkant toe geskuif is het sy die seun wat na die dood van Abel gebore is, Set dit is plaasvervanger genoem. Die Here het so in die heilige linie deurgewerk. Dink maar aan die wonder van die geboorte van Isak uit die afgeleefde en onvrugbare Sara. Spreek ook die profesie van Jesaja nie van die wonderbare ingryp van God nie, in hoofstuk 7: 14: " 'n Jong vrou sal swanger word en 'n seun in die wereld bring en sy sal hom Immanuel noem. " En in 9: 5: "Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige vader, Vredevors? "

Ons mag die geboorte van ons Heiland nie uit die heilsgeskiedenis uitlig nie. Herhaaldelik word van die hand van God gespreek wat sy hand op mense le, om sy Seun uit die heilige geslag in die wereld te bring. Ten onregte verklaar Prof. Berkhof dat die geboorte van ons Heiland uit Maria, alleen maar in die evangelies van Matteus en Lukas verhaal word. Ons mag ook dink aan wat Paulus in Galate 4: 4 skryf: "Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit 'n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word. "

Die christelike kerk mag en moet hierdie groot wonder nie prysgee nie, dat God die Heilige Gees oor Maria gekom het en in haar die heilige Seun van God verwek het. Maria wat in die kennis van die Skrif opgevoed was, het verstaan dat sy deur God tot hierdie groot wonder verkore is. Lees die lofsang van Maria daar maar op na. Sy het haar Seun deur die geloof in die Heilige Gees ontvang. Vra u nog hoe is dit moontlik?

Alleen deur die krag van die Heilige Gees wat die moederskoot van Maria in diens geneem het om die Seun van God ons vlees en bloed te laat aanneem.

Let daarop gemeente hoe sorgvuldig die kerk in hierdie derde geloofsartikel haar heilig en katoliek geloof geformuleer het. Daar word nie gese dat ons Heiland "uit" die Heilige Gees ontvang is nie, maar "van" die Heilige gees ontvang is. Die Heilige Gees het nie met die menslike natuur saamgesmelt nie, maar het op die natuur beslag gele en so ons Heiland uit Maria verwek. Maria het haar ter beskikking van die Here gestel en gese: "Laat met my gebeur wat u gese het. " Daarom bely ons met die kategismus: "Dat die ewige Seun van God wat God is en bly, 'n ware menslike natuur uit die vlees en bloed van die maagd Maria deur die werking van die Heilige gees aangeneem het. "

Antwoord 35 gebruik hier die woord wat Paulus in Filippense 2: 7 geskryf het: "maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem. " Nee, ons Heiland het by sy mens wording nie opgehou om God te wees nie. Soos Paulus dit ook aan Timotheus in sy eerste brief hoofstuk 3: 16 skryf: "En onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees. " Terwyl ons in Joh. 1: 14 lees: "Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. " Hy was God en Hy het God gebly, maar het daarby ons menslike natuur uit Maria aangeneem. Nimmer het Hy opgehou om te gelyk stralend en heerlik God te wees nie.

Ons belydenis keer hom hier teen Rome wat onder punt 2 aandag sal kry en teen die dwaling van die dopers. Hulle het die menswording van Christus uit vlees en bloed van Maria met alle krag verwerp. Soos die gnostiesie uit die eerste eeue van die christelike kerk, het hulle dit onmoontlik geag dat God werklik in ons wereld ingekom het. Die wereld is mos veel te sondig dat God daar in kan kom? Vir hulle staan die wereld van God onversoenbaar teenoor ons aardse wereld. As christen moet 'n mens die sondige wereld soveel moontlik vermy. Dit le in die bose en as christen moet jy jou daarvan losmaak. Daarom het die doperse geleer dat God homself al in die hemel 'n menslike natuur van Christus geskep het. Hierdie natuur sou dan deur Maria heengegaan het, sonder enige werklike aanraking met haar mens wees. Soos water deur 'n watervoor loop. Dus geen werklike vleeswording van die Woord nie.

Die gereformeerdes het hulle met alle mag teen daardie dwaalleer verset. Uitdruklik word in antwoord 35 die ware menslike natuur van ons Heiland bely en daaraan toegevoeg: sodat Hy ook die ware nakomeling van Dawid sou wees. Stel jou voor Christus net skynmens, hoe sal Hy ons dan ooit kan verlos? Gelukkig is ons Heiland werklik uit die geslag van Dawid. Gabriel het by die aankondiging van sy geboorte reeds gese: "Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee. " Die propfesie van Psalm 132 is vervul: "Die Here het aan Dawid gesweer in waarheid Hy sal daarvan nie terugkom nie: Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon. "(vers 11) En Paulus skrywe: "aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid. "(Rom. 1: 3)

Moenie dink gemeente dat hierdie dwaling vandag nie meer aktueel is nie. Ons saligheid hang daarvan dat Christus werklik ons vlees en bloed aangeneem het en tot ons wereld is ingegaan. As regte baba het Hy in Krip in Betlehem gele. In ons strate het Hy as een van ons geloop. As waaragtige mens het Hy vir ons aan die kruis van Golgota gehang. As waaragtige mens het Hy vir ons die dood oorwin. Die Paasvors Jesus Christus is die grote Seun van Dawid deur God aan sy regterhand op die troon oor die hele wereld geset. Met sy waaragtig menslike bloed het Hy ons van die skuld en die mag van die sonde vrygekoop.

In die waaragtige menswording van die Seun van God is deur Hom die fondament van ons verlossing en vir die van die hele wereld gele. Nie vir niet het die engele in die veld van Efrata gesing: Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het! Hulle het dit kan sing omdat die Kind in die krip waaragtig God en waaragtig mens was. Hulle het God geprys, vanwee die aanbiddelike wonder dat die Woord vlees geword het. Telkens as ons met heel die heilige katolieke christelike kerk bely dat Jesus Christus, die eniggebore Seun van God en ons Here, ontvang is van die Heilige Gees en uit die maagd Maria gebore, mag oor hierdie aanbiddelike wonder van God, in ons hart die lof oprys. Sing dan met die engele saam, en loof en prys God.

II Ja hierdie wonder is aanbiddelik. Die wonder is ook noodsaaklik. Die nuwe teologie verwerp die wonder omdat hulle dit onnodig ag. Waarom hou julle ortodokse belyers so met alle mag aan die wonder vas? So vra hulle vir ons. Waarom kan God nie verlos deur bloot die mens Jesus tot ons verlosser te heilig nie? Waarom kon Christus Josef nie langs sy moeder as vader he nie? Waarom is dit nodig dat Hy van die Heilige Gees ontvang is en uit die maagd Maria gebore, sonder dat Josef meegewerk het?

Ons kom nou by die laaste woorde van antwoord 35 waar die kerk van die reformasie die sondeloosheid van ons Heiland bely. In die sondae 3 en 4 het ons die realiteit van die erfsonde bely. Ons het uitgespreek dat ons almal in Adam geval het en God ons die sonde van Adam ons vader toereken. Almal staan ons skuldig aan die sonde van Adam, ons hoof in die verbond. Almal word ons in sonde ontvang en gebore. Daar by ons verwekking word ons aan die verrotte wortel van ons geslag verbind. Daarom se Paulus in Rom. 5: 12: "Deur een mens het die sonde in die wereld gekom en deur die sonde die dood, ...... omdat almal gesondig het. " En Job kla: "Wie kan rein uit onrein laat voortkom? Niemand nie! Wie kan voor die heilige God vryuit gaan? "

Daar by die begin van ons bestaan, by die wortel van ons lewe, le die begin van ons sondaar voor God wees. Tot daardie begin, die wortel van ons lewe, het die Seun van God ingegaan. Met die woorde van Maria: Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gese het, is Christus deur die Heilige Gees in haar verwek. Op Hom was egter nie van toepassing nie wat Dawid in Psalm 51 bely: "Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. "

God het daar by die allereerste begin van lewe ingegryp, Josef eenkant geskuif. Elkeen is deur geboorte uit sondige ouers aan die sondige wortel van die menslike geslag verbind. Deur ons eie vader en moeder het ons uit die versiekte boom van die menslike geslag voortgespruit. Maar hier, hier by die allereerste begin van die lewe van Jesus het God die band wat ons almal aan Adam verbind, deurbreek.

Ons Nederlandse geloofsbelydenis het dit in art. 18 soos volg onder woorde gebring: "Hy is ontvang in die liggaam van die geluksalige maagd Maria deur die krag van die Heilige Gees, sonder toedoen van 'n man. " Alleen God is daarin groot, alle mensekragte het Hy eenkant geskuif. Deur die Heilige Gees het God die ketting van sonde wat ieder mens aan sy ouers verbind deurbreek. Uit die vlees en bloed van Maria het God die heilig Kind geskep. Die vrug in die skoot van Maria het God so geheilig dat ons Heiland nie alleen aan die sonde daad van Adam onskuldig gestaan het nie, maar self van die smet van die sonde wat ons almal die lewe deur saamdra, vry gebly het.

Luister gemeente wat Jesaja in hoofstuk 43: 19 oor God se: "Kyk ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom. " Met die geboorte van Christus is werklik 'n nuwe begin gemaak. Dit is eenselfde wonder as wat hom met die skepping van die wereld voltrek het, en ook met die opstanding van Christus gebeur het. God het vir Hom 'n egt mensekind uit die vlees en bloed van Maria geskep, dit was haar kind maar tegelyk die kind van God. Daardie kind is nie deur twee kinders van Adam voortgebring nie, maar slegs uit een deur die wonderkrag van God.

Opnuut: Is dit geen magtig wonder nie? Heel die menslike geslag van Adam was verderflik en verrot, maar toe ons Heiland gebore is, was Hy werklik 'n nuwe begin. Nie aan die sonde van Adam onderwerp nie, was Hy heilig en onbesmet van sondaars afgeskei. Die loopbaan waarin Adam gestrand het sal Hy nou gaan loop, as werklik heilig mens die skepping van God uit die verderf verlos.

Die noodsaak van hierdie heilige ontvangenis en geboorte van die Seun van God sal ons so bly bely, dan sal die derde artikel van ons geloofsbelydenis 'n lofsang op die vrye en soewereine guns van God word. God het sy skepping nie weggewerp of aan die duiwel prys gegee nie, maar die skepping in die ontvangenis en geboorte van Christus begin vernuwe. Satan het nie die laaste woord in hierdie wereld nie.

Daardie kind wat Maria in die stal van Betlehem in doeke toegedraai en in 'n krip gele het, is die heilige skuldlose Seun van God, 'n nuwe begin in 'n goddelose mensheid. So het Hy ook die ware saad van Dawid geword sy broeders in alle opsigte gelyk, uitgesonderd die sonde. Hierdie Seun van Dawid het sy koningskap waargemaak, deur skuld en sonde van sy onderdane op Hom te neem en dit met sy kosbare bloed versoen. Dit kon Hy doen omdat Hy anders as Dawid heilig en onbesmet was. Daarom kan ons saam met die psalmmis sing: "Maar op sy hoof sal wonderskoon en ewig blink die gloriekroon. "

Aan die geboorte van ons Heiland uit die geslag van Dawid word deur die evangelieskrywers groot waarde geheg. Matteus begin daarmee om aan te toon dat die kind van Maria uit die geslag van Dawid voortgespruit het. Hy bou van Abraham oor Dawid die geslagregister op na Josef wat volgens die wet die Vader van Christus is. Lukas laat in hoofstuk 3 sien dat Christus ook vanuit Maria aan die huis van Dawid verbind is. In Christus het die ou koningsgeslag sy hoogtepunt en eindpunt bereik. Daar het God, deur al die geslagte heen wat op Dawid gevolg het, na toe gewerk. Christus het die troon van Dawid beklim en dit het vir Hom 'n wereldtroon geword.

'n Wereldtroon gemeente, want Jesus het reeds voor sy hemel vaart gese: Aan my is alle mag gegee in die hemel en op die aarde! Die engel het by die geboorte al van Hom verkondig: Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! Wat deur die magtige lied van die engele gevolg is, oor die vrede die sjaloom wat die Seun van Dawid sal aanbring.

U se: Daar sien ons in hierdie wereld nog niks van nie. Dis net oorloe, terreur en geweld wat in die wereld gesien word. Tog gemeente le in hierdie belydenis dat Hy die ware saad van Dawid is, die magtige belofte ingesluit dat Hy die vrede oor hierdie wereld sekerklik tot stand sal bring. Aan die eind van die boek openbaring het Johannes die nuwe hemel en aarde vir ons reeds gesien.

Ek het reeds gese dat artikel drie hom teen twee dwalings keer, die dwaling van die dopers het ons reeds bespreek. Nou wil ons die dwaling van Rome bespreek wat Maria as heilsmiddelares verheerlik. Ja sondag 35 handhaaf voluit dat Christus uit die maagd Maria gebore is, maar Maria word daarom nie verheerlik nie. Dit doen Rome wel, in 1854 is selfs die dogma afgekondig dat Maria ook onbevlek ontvang sou wees. Daarmee het Rome die wonder een generasie agter toe verskuiwe. Waarom? Daar is in die heilige Skrif niks van te vind nie! Maria het as sondares ter wereld gekom en het dit tot die dood toe gebly. Sy het ook alleen deur die bloed van haar Seun salig geword.

Ook is daar in die Skrif geen enkele grond vir die Roomse leer dat Maria altyd maagd gebly het. Volgens hulle sou Christus by sy geboorte as deur 'n wonder uit die skoot van Maria uitgegaan het. Om so te se 'n onsigbare keisersnee geboorte. In Lukas 2: 7 staan dit egter so sober SY het haar Eerstelingseun in die wereld gebring. Gewoon soos elke moeder dit in bloed pyn en angs volbring. Daar is geen sprake van dat Maria altyd maagd gebly het nie, eerder die teendeel as Lukas in hoofstuk 8: 20 vertel dat iemand vir Jesus se: U moeder en u broers staan buite en wil met u praat. Weer vra ons waarom, waarom ontken Rome dat Josef en Maria na die geboorte van Jesus met mekaar nie hartlik gemeenskap gehad het nie?

Dis die gevolg daarvan dat die huwelikstaat minder geag word as die staat van hulle wat ongetroud bly. Gemeente ons mag hierdie dwaling met krag verwerp want die Skrif leer: Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel. (Hebr 13: 4) Die huwelik is 'n heilige staat. As getroudes mag ons mekaar hartlik liefhe en gemeenskap hou. Ons kinders is deur die Kind van Betlehem geheilig. Juis vanwee daardie heilig Kind laat God sy Aangesig oor al ons kinders in die wieg lig. Die gemeenskap van man en vrou is 'n gawe wat God ons Skepper aan getroudes geskenk het. Daar mag ons ook oop en eerlik met ons kinders oor spreek.

III Ons het nou by die tweede vraag van hierdie sondag gekom. Opnuut mag ons luister na die grandiose loflied in die veld van Efrata: Ere aan God in die hoogste hemel. So het die engele begin, hulle was van die aanbiddelike wonder vervul, wat ons as kerk in Christus ontvangenis en geboorte bely. Vrede op aarde het hulle vervolg, hulle het die noodsaak van die wonder erken. Die sjaloom van God het oor die wereld gekom. In sy heilige ontvangenis en geboorte het die Seun van god daarvoor die fondament gele. Nou eindig hulle met: vir die mense waarin Hy 'n welbehae het. Daar is nou die ryke vrug van die wonder, waarvan ook antwoord 36 spreek. Heel persoonlik word elkeen van ons aangespreek: Dat Hy ons Middelaar is en met sy onskuld en volkome heiligheid my sonde waarin ek ontvang en gebore is, voor die aangesig van God bedek.

In hierdie spoor loop ook ons nagmaalsformulier, daar word ook steeds verband gele tussen wat ons Heiland gely het, en die vrug wat ons persoonlik daaruit ontvang.: Hy het Hom laat boei om ons vry te maak; Hy het ontelbare smaadhede gely, opdat ons nooit meer in skande sou raak nie; Hy is onskuldig tot die dood veroordeel, sodat ons voor die gerig van God vrygespreek kan word. Soos ook antwoord 35 die onskuld en heiligheid van ons Middelaar teenoor ons sondes stel. Met sy onskuld en heiligheid word my sondes vir God bedek.

So is Christus ons Middelaar. So raak die welbehae van God in mense ook die oorsprong van my lewe. By die allereerste begin by die vuile bron van my ongeregtighede het die welbehae van God al begin werk. Ons is geneig om by ons sondes net aan ons sondige dade te dink, maar die kategismus vat ons saam na die oorsprong van ons lewe: die sonde waarin ek ontvang en gebore is. Daar is Christus al Middelaar. In sondag 6 is al uitvoerig oor die Middelaarskap gespreek. Hier word die Middelaarskap al op die allereerste begin op die vuile bron van ons lewe self toegespits.

Wat spreek ons hier in volle geloofssekerheid. Wat 'n skatte kom daar met die derde geloofsartikel vir ons saam. Ons mag ons verbly in die geboorte van ons kinders, want die Middelaarskap was al by hulle begin diep in die moederskoot aan die werk.. Ons mag ons in ons eie bestaan in hierdie wereld verbly, want ons lewe hier is nie sinloos nie. Dit is 'n lewe in Christus van die eerste aanvang af. Jong mense kan met vrae worstel, soos: Waarom het ek in hierdie wereld gekom? Het my lewe wel enige betekenis? Daar is meer mense wat met hierdie vrae moeite het as ons wel dink. Ons mag nou ons lewe in geloof aanvaar as 'n lewe waarin die Kind van Maria daardie Kind van God ook al in die allereerste begin ingegaan het. Bly mag ons ons verjaarsdae vier, want ons lewe is tot in die wortel deur Hom ons Middelaar verlos en geheilig. Daarom het die engele hul lied afgesluit met die blye boodskap: Vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het.

Ere aan God in die hoogste hemel. Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)