Die straf van God oor die mens sonder feesklere

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2017-12-20
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 4
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 4 H. K.

Die straf van God oor die mens sonder feesklere

Lees: Matt. 22: 1 - 14
Teks: Sondag 4 H. K.
Sing: Ps. 5: 1, 4, 6
na wet Ps 19: 5 vr. 9
na belydenis Ps 9: 8
Ps 142: 1, 4, 6
Ps 119: 30 en 31
Ps 116: 2 en 3

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Een van die boeiendste gelykenisse van ons Heiland is die van die bruilof uit Matt. 22 wat ons netnou gelees het. Ons sien daar die koning wat sy slawe uitstuur, om die gaste vir die bruilofsfees van sy seun te nooi. Uit die vervolg blyk dat dit almal aansienlikes was, rykes, grondbesitters en sakemense, maar hulle het hul glad nie aan die uitnodiging gesteur nie. 'n Skande om nie te kom as jou koning jou nooi nie. Die koning het kwaad geword en 'n strafkommando uitgestuur. Maar die bruilofsaal was nog altyd leeg. Hierdie koning gee dan 'n snaakse opdrag en ek dink dat die dissipels met aandag na die vervolg van die verhaal het gaan luister. Sy dienaars moet nou elkeen wat hulle in die pad vind na die bruilof nooi. Hulle het toe almal ingebring, slegtes sowel as goeies en die bruilofsaal het vol geword.

Daardie moment kom die koning in om sy gaste te verwelkom, maar wat sien hy daar? Iemand wat geen bruilofskleed aan het nie! Vir hom se vra die koning: Vriend hoe het jy hier ingekom sonder bruilofskleed aan? Ek dink dit was muisstil daar in die saal, wat sal die man antwoord? Die man kon geen woord se nie. Toe se die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.

Met die laaste woorde van hierdie wonderlik rojale en tegelyk strenge koning, het ons in die hart van sondag 4, die laaste sondag oor ons ellende te lande gekom. Hier word ons met ontsettende dinge gekonfronteer: Die skuld van die mens; die ewige straf van God en met die regverdigheid en heiligheid van God! Voordat ons die komende sondae die berg van verlossing beklim, moet ons deur 'n diep dal van ellende gaan. Ons moet egter daardeur want die verlossing wink. Ons spreek oor:

DIE STRAF VAN GOD OOR DIE MENS SONDER FEESKLERE

  1. Die straf is verdien
  2. Die straf is ewig
  3. Dit doen niks van die barmhartigheid van God af nie.

I In vraag 9 van die kategismus word die gesprek met die leerling voortgesit. Hy het dit maar moeilik met die onderrig, want uit die vorige sondag het hy aanvaar dat die mens tot enig goed doen onbekwaam is en geneig tot alle kwaad. Die mens het nikswerd geword. En nou, nou eis God van daardie nikswerd mens dat hy tog sy wet volbring! Hy moet God liefhe bo alles en die naaste soos homself, maar hy kan nie, is dit geen puur onreg van God nie?

Se nou, daar is 'n leraar wat op skool 'n toets laat skrywe oor 'n les wat hy glad nog nie bespreek het nie, die leerlinge sal protesteer! Stel nou, u kry 'n belasting aan slag van honderdduisend rand, terwyl u opgegee het dat daar geen inkomste vanwee werkloosheid was nie. Dis mos belaglik. Daar mag mos van 'n lamme nie verlang word dat hy gaan stap, of 'n blinde vra dat hy uit die koerant voorlees nie. Dit sou tog deur en deur onbillik wees!

Die leerling het nogal wat op God aan te merk en die moderne mens stem geheel met hom saam. God? Waar was God toe die Jode in Auschwitz vergas is? Waar was God toe die atoombom op Hirosjima geval het? Waar is God in die derde wereld waar so baie mense van honger sterwe? Waarom is daar soveel onreg en verdrukking in hierdie wereld? Hierdie mense wat die skuld vir die ellende op God pak en ons leerling wat vra: stel God geen onmoontlike eise nie, beweeg in dieselfde vlak.

Hoe kan ons God liefhe en die naaste, terwyl God weet in watter ellende ons gevang is en hoe diep die mens geval het.

Hierdie mense en ons leerling word nou nie gese om stil te bly, omdat hierdie soort vrae nie gestel mag word nie. Nee ons kategismus is pastoraal besig. Die kategismus het self die vrae laat stel, omdat daar mense is wat vrae oor die beleid van God het. Die kategismus wil help en die moeites van die mens serieus neem. Die vraag word gebruik, om aan die kant van God te bly staan, want aanstons moet die verlossing die blye boodskap van redding deur Jesus Christus verkondig word. Daartoe moet egter geweet word hoe diep ons gesink het, op watter afdraende pad ons met die briek los, beweeg.

Hierdie antwoord het ook in die oorspronklike teks: "Nee Hy" Dit staan voor alles vas, soos 'n paal bo water: Nooit sal God enige onreg doen nie! Maar die antwoord stop nie daar nie, want die kategismus weet hoe noodsaaklik dit is om op die vrae wat diep in ons almal se hart lewe in te gaan. Soos in die vorige sondag word ons weer na die paradys saamgevat. In die paradys kan so baie geleer word: Het God die mens so geskape as jy hom vandag ontmoet, as 'n leuenaar, dief, of hoereerder? Was dit die beeld wat God vir oe had toe Hy gese het: Laat ons mense maak na os beeld na ons gelykenis. Was moordenaars, vloekers en veragters van God wat God by die skepping in gedagte gehad het? In die paradys leer ons die teendeel alles wat God gemaak het was baie goed. Daarbo het God daar met die mens die verbond gesluit.

In daardie verbond het God Homself gegee, Hy het teenoor die mens opgetree soos Vader teenoor sy seun en in die aandwindjie met die mens as met 'n vrind gewandel. Alle gawes het die mens ontvang, om God te ken, om omgang met sy Skepper as sy verbonds God te he, en God volkome lief te he. Ook Adam en Eva het mekaar volkome lief gehad, God had hulle aanmekaar as naastes geskenk. Daar in die paradys het die mens homself, as die beeld van God in vervulling van die heilige wet van God, ontplooi. Wie die eerste hoofstukke van die Bybel lees sal met die kategismus moet saamstem: God het die mens so geskape dat hy die wet volkome kon onderhou. In die paradys het die mens die feeskleed waarin God hom geskape het, die beeld en gelykenis van God, gedra.

Nou mag u teenwerp: Adam die eerste mens het God so geskape dat hy dit alles kon onderhou. Maar hoe kan God van ons gevalle mens, wat in sonde ontvang en gebore is dieselfde verwag? Ons wat nie in die paradys, maar in 'n ellendige wereld moet lewe. Die kategismus het ook met daardie vraag rekening gehou en vervolg die antwoord met: maar; Hierdie maar wil se nou gaan ek aanwys waar die onreg in werklikheid le! Maar die mens het homself en al sy nakomelinge deur die ingewing van die duiwel en deur moedswillige ongehoorsaamheid van al hierdie gawes beroof.

Daar het ons nou die oorsaak van al die ellende wat in hierdie wereld is. Nie by God nooit by God nie, God is heilig en regverdig. Luister na Elihu in Job 34: 10 "Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg" Nee God kan geen blaam tref nie Hy is die Heilige God! Dis by die mens self dat die skuld le. Die kategismus se: Jy mens jyself het daardie feeskleed stukkend geskeur. Daardie pragtige kleed wat God self jou op die skouers gele het.

Ja die duiwel het jou verlei, dit is waar en die kategismus aarsel glad nie om dit te noem nie. Hy die vors van die duisternis, het eers die vrou en daarna deur haar ook Adam daartoe gebring, om van die vrug van die boom van die kennis van goed en kwaad te eet. Maar vir jou o mens is dit glad geen verskoning nie.

Daar is geen kans vir ons mense om van ons skuld weg te hardloop nie. Jy se die kategismus, jy is moedswillig ongehoorsaam gewees. In die woordjie moedswillig word ons aan ons skuld vasgepen. Wou jy nie as God wees deur goed en kwaad te ken nie? Die vrou het gesien dat die boom goed was om van te eet en dat hy 'n lus was vir die oe, ja 'n boom wat 'n mens kan begeer om verstand te verkry! Toe het die vrou nie van die boom weggevlug nie, maar van die vrug geneem en geeet en ook vir haar man wat by haar was gegee en hy het ook geeet. Moedswillig geeet!

In die woord moedswillig soos die Bybel dit gebruik is ook die betekenis weerspannig aanwesig. Adam en Eva het geweet: God het die eet van die vrug verbied. Hulle het dus weerspannig moedswillig teen die heilig gebod van God ingegaan. In die enkele woorde: die ingewing van die duiwel en moedswillige ongehoorsaamheid is heel die aangrypende geskiedenis van ons val saamgevat. Daar is geen ontkoming, Jy mens staan teenoor God skuldig. Dit was jou eie moedswilligheid om so te doen en daarmee het jy jou van al die heerlike gawes van God berowe. So word die rekening uitgeskrywe: in die kredit staan: God het jou so geskape dat jy sy wet kon volbring. Daarteenoor die debet: Jy het jouself van die gawes beroof. Daar le nou ons feeskleed totaal flenters in die modder van ons skuld.

Daar is nog een teenwerping wat ons belydenis voorsien het. Is dit reg om die mens van vandag uit vraag 9 teen die eerste mens uit antwoord 9 uit te speel? Die kategismus weet hoe 'n mens teenspartel as dit om skuld erkenning gaan. Daarom is dit dat die antwoord nie alleen na die val van die eerste mens verwys nie, maar daar ook nog iets aan toevoeg wat onttrekking aan die skuld uitsluit. In die een mens Adam was al sy nakomelinge ingesluit. Toe die boom, Adam geval het, het al sy takke en gebladerte saam geval. Adam het nie alleen sy eie feeskleed nie, maar ook die feeskleed van al sy nakomelinge flenters geskeur. Nog skerper moet ons dit stel gemeente, ons het daar ons eie feeskleed opgeskeur. Onsself soos ons dit in sondag 3 gesien het dit kom hier terug. Erger selfs want daar het dit om ons verdorweheid deur Adam gegaan, deur sy val is ons besoedel. Hier word dit op ons skuld toegespits. Ons het onsself deur en in die val van Adam van al die gawes beroof.

Ons weet wat daarteen ingebring word. Baie mense vra: kan die skuld van Adam aan my toegereken word, is ek daardeur vir God skuldig? Ja is die antwoord daardeur is dit dat u vir God skuldig staan. Had u die toets beter, as Adam deurstaan? Gaan jouself nou eens vir die spieel van die Heilige wet van God plaas. Dink aan wat Dawid in Psalm 51: 6 teenoor die Here bely: "Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oe, " Elkeen wat homself vir die heiligheid van God stel moet erken: in my hart woel dieselfde begeerte as wat in die hart van Adam gewoel en gegis het. Nee die mens van vraag 9 is geen ander mens as die mens van antwoord 9 nie. Die belydenis dring ons so na die plek waar ons almal behoort te staan, naamlik: die plek van skuld en ongeregtigheid!

Dis God wat vryuit gaan en ons wat skuldig teenoor Hom staan. In ons eerste voorvader het God ons in die paradys die feeskleed omgehang. Ons het dit in Adam flenters geskeur.

II Nou kom ons in die hart van hierdie sondag en ook van ons ellende. Want die volgende vraag kom reg op ons af: " Wil God die ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly? " Kan God ons boosheid, verdorweheid en skuld nie deur die vingers sien nie? Reguit is die antwoord: "Nee sekerlik nie. " Daar is geen moontlikheid dat God kwaad deur die vingers sien nie, want God is God die heilige en regverdige. Hy vertoorn Hom verskriklik oor die aangebore sowel as die werklike sondes. En dis nie alleen toorn nie, maar die totaal regverdige God gaan die sondes ook in die tyd en ewigheid regverdig straf.

In die loop van die eeue het mense hulle juis teen hierdie uitspraak van die Heilige Skrif versit. Hoe kan dit se hulle is God dan geen God van liefde nie? Se God nie self dat HY menigvuldiglik vergewe nie? Hoe kan God dan toe laat dat mense vir ewig verlore gaan? Ons besef gemeente dat ons kategismus hier oor sake praat wat mense tot in die diepst van hulle siel raak. Daar moet egter oor gespreek word, want in sy heilig Woord het God self daaroor gepraat. Dit gaan in hierdie sondag nie daarom om mense te vernietig, of hulle gruwelike angs aan te ja, soos wel beweer word nie. Dit gaan om die regverdiging van God!

Hier in sondag 4, die dieptepunt van ons ellende, wil ons in ons gelowig bely, God in sy hoogheid en heiligheid regtig God laat. Ons sou daar nie oor kan praat nie, as aanstons nie die heerlike leerstuk van die verlossing sou volg nie. Maar voor alle dinge God bly God ook wanneer Hy regverdig straf. Inderdaad wie sal nie huiwer nie nou ons belydenis oor die ewige straf spreek. Wie dink daarby nie aan homself en sy eie sondes nie? Maar tegelyk wie dank God nie op sy kniee nie dat hy oor hierdie dinge langs die kruis van Golgota mag praat nie? Daar waar ons Heiland die helse smart vir ons gedra het. Ons weet die mens van die twintigste eeu vind dit moeilik, om die Skrif oor die hel en die ewige straf na te spreek. Hulle wil God net sien as die God wat ly, 'n God wat met die mense saam ly. Sou daardie God dan ewig kan straf?

Dit gaan hier egter oor die heiligheid en die regverdigheid van God. Het God nie self direk na die skepping van die mens, oor straf gepraat nie? Toe God die mens in die paradys opgedra het om die hof te bewaar, het Hy daar terstond aan toe gevoeg: van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. Die ou nederlandse statevertaling is hier nader aan die oorspronklike teks, deur te vertaal sal jy die dood sterwe. Die dood ! Daar het die Here nie aan die biologiese dood, die beeindiging van die lewe hier op aarde wat die dokter konstateer, gedink nie. Nee, as God oor die dood spreek, dan is dit die dood in sy volle verskriklike omvang, die ewige dood. Dit is om vir ewig die liefde en barmhartigheid van God te verloor.

Paulus, die uitnemende uitleer van die Skrif, het dit in die slot van Romeine 6 met 'n paar woorde saamgevat, as hy skrywe: "Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here. "

Daar staan hulle teenoor mekaar die ewige lewe deur Christus en daar teenoor die dood, wat volgens die rede beleid nie anders as die ewige dood kan wees nie. Ons dink ook aan Romeine 5: 12 waar die apostel skrywe: "Dat deur een mens die sonde in die wereld ingekom het en deur die sonde die dood, en die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het. "

Dink ook aan ons Heiland, Hy self het vir ons die god-verlatenheid van die ewige dood deur gegaan, toe Hy aan die kruis geroep het: "My God, my God, waarom het U My verlaat? " Hy het geweet wat die ewige dood inhou, juis daarom het Hy nie geaarsel, om veral in sy gelykkenisse ons vir daardie dood te waarsku nie. Lees maar die slot van die gelykenis van die bruilof waarmee die preek begin het. Die man sonder feeskleed word aan hande en voete geboei, in die buitenste duisternis gewerp. Daar sal geween wees en gekners van die tande. En die gelykenis van die talente in Matt. 25: Vir die man wat sy talent in die grond begrawe het se Jesus: "Werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande".

Met reg het die gereformeerde godgeleerdes verklaar dat ons oor die hel en buitenste duisternis, sober en met versigtigheid moet spreek. Dis beelde waarin die Heiland spreek. Die worm wat nie sterf, is die selfaanklag wat die verlorenes vir ewig teister. Die onuitbluslike vuur, is die vuur van die toorn van God wat die verlorenes vir ewig vervolg. God is geen sadis as Hy straf nie. Dit gaan by God daarom, om die rebelle wat nie volgens die wil van God geleef het nie, sy ewige straf te laat voel.

God sou geen God wees nie as hy sy heiligheid in die straf nie handhaaf nie. Ons Heiland spreek juis oor die dinge om ons na Hom, ons Borg toe te dwing.

Omdat bekend is hoe mense hul juis teen hierdie oordeels-prediking van Ons Heiland verset, het die kategismus 'n gedeelte van Gal. 3: 10 woordeliks opgeneem. Dit doen die kategismus nie vaak nie. Meestal word gegewens uit die Skrif saamgevat of net enkele woorde gebruik. In hierdie geval word die aanhaling uit Galate voluit oorgeneem: "Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. "

Gemeente, daarby moet ons bedink dat die vloek van God alreeds in hierdie lewe begin werk. Nadruklik se antwoord tien tydelik en ewig straf! Pleks dat die kategismus die beskuldiging van God oorneem, word die aandag op dit wat ons as mense verdien, gevestig. Onder mense ontstaan partykeer, vanwee die haat pleks van liefde, verskriklike situasies wat die lewe 'n hel maak. Hoe sleg kan dit in sommige huwelike nie wees nie? Hoe werk die vloek van God ook deur in die sosiale lewe waar mense mekaar nie die lig in die oe gun nie. Watter ellende ontstaan daar nie uit dwelmverslawing tot selfvernietiging toe nie. Dis die vloek van 'n heilig en regverdig God wat mense self na hulle toetrek. Gemeente ons spreek vandag nie oor hierdie dinge omdat hel en vloek natuur noodsaaklik is, of dat God lus het om te straf nie. In ons belydenis kom ons vir ons heilige God op. Dis ons wat die feeskleed wat God geskenk het verskeur. Daarom kan ons nie anders se nie: God is regverdig in al sy oordele.

III Tenslotte is dit nie vreemd as ons met vraag 11 dit uitskree: Is God dan ook nie barmhartig nie? Want dit is mos die Skrif wat so oor God spreek? Dink aan Psalm 103: "Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid. " Ja so is God! Die voorgaande doen daar niks van af nie. En antwoord 11 beaam dit volkome: Ja God is wel barmhartig dit gaan voorop en sal tot in alle ewigheid bly staan. Daar word tegelyk, maar Hy is ook regverdig, aan toegevoeg. Altwee is God gelyktydig en tot in ewigheid.

Hoe aanbiddelik heerlik is onse God, want die regverdigheid van God wat ons in Sondag 4 bely, beroof sondag 1 glad nie vas sy krag nie. Inteendeel die enigste troos word in sondag 4 nog verdiep. Want in die enigste troos gaan dit nie oor 'n god wat sy regverdigheid afwater deur ons sondes deur die vingers te sien nie. Nee dit gaan oor onse God wat betroubaar is wat staan vir sy Woord. Ons het 'n heerlike God en Vader wat sowel barmhartig as ook regverdig en in alles betroubaar is!

Het ons dit nou nog moeilik met die straf wat ons in hierdie sondag oor die man sonder feeskleed aan, bely? Kom laat ons dan Golgota toe gaan gemeente en onder die kruis gaan staan. Hoor hoe ons Heiland roep: Dit is volbring! Wat is volbring? Alles wat God Hom as straf op ons sondes te dra gegee het. Toe Jesus oor die man sonder feeskleed wat in die buitenste duisternis uitgewerp is gespreek het, het Hy tegelyk oor Homself geprofeteer! Want Hy het al ons verskeurde, die met ons sondes besoedelde feesklere aangetrek en in die buitenste duisternis weggedra.

Tegelykertyd het Hy 'n nuwe, smettelose kleed van volmaakte geregtigheid vir ons verwerf. Daardie kleed word ons gratis vir niks aangereik. Oor daardie barmhartigheid en regverdigheid gaan ons as die Here wil sewe-en-twintig volgende sondae spreek. Daar sal vir ons die wonder ontvou word wat ons nagmaals formulier so mooi weergee met: Hy is deur God verlaat, sodat ons tot God geneem en nooit meer deur Hom verlaat sou word nie.

Gemeente die feeskleed le gereed volgende week sal ons dit al sien. Ons eindig met die woord van Paulus in 2 Kor. 5: 11: Omdat ons die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)