Slotartikels

Artikel 83 Geen heerskappy
Geen kerk mag oor ander kerke, en geen ampsdraer oor ander ampsdraers, op watter manier ookal, heers nie.

Artikel 84 Nalewing en wysiging van die Kerkorde
Al hierdie artikels is, wat die wettige orde van die kerk betref, in gemeenskaplike oorleg vasgestel en in eensgesindheid aanvaar.

As dit in die belang van die kerke is, behoort hulle gewysig, aangevul of verminder te word. 'n Kerkraad, klassis of partikuliere sinode mag dit egter nie doen nie; hulle sal hulle daarop toelĂȘ om die bepalings van hierdie Kerkorde na te leef solank hulle nie deur die algemene sinode verander is nie.