Lieg is duiwels

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 43
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 43 H. K.

Lieg is duiwelswerk.

Lees: Jakobus 3: 1 - 12
Teks: Sondag 43 H. K.
sing: Sb. 26: 1, 2, 9, 11
na wet Ps. 43: 1
na belydenis Ps 149: 1 en 2
Ps 101: 1, 2, 5, 6
Ps 34: 6 en 7
Ps 119: 24

Geliefde broeders en susters in onse Here Jesus Christus!

Het ons die fraaie rangskikking van die gebooie in die tweede tafel van die wet van die Here wel eens raak gesien. Ons weet dit gaan in die tweede tafel om die liefde tot ons naaste. Ons sal ons naaste met heel ons hart liefhe! Daarom het die Here met ons ouers begin. Hulle is ons eerste naastes en aan hulle sal ons alle eer liefde en trou bewys. Vervolgens word ons met die lewe van die naaste gekonfronteer: Jy mag nie doodslaan nie. In die sewende gebod word die huwelik van ons naaste deur God beskerm. Langs sy lewe is dit vir ons naaste die belangrikste.

In die agste gebod het God die eiendom van ons naaste onder sy heilige beskerming geplaas: Jy mag nie steel nie. Aan die einde van die wet, in die tiende gebod, dring die Here tot ons hart deur: Jy mag nie enig goed wat van jou naaste is begeer nie. Laat jou hart in die omgang met jou naaste suiwer wees. Maar voordat God tot ons hart deurdring gemeente, gaan God eers ons woord onder die beslag van sy gebod le.

Let nou op gemeente, hoe ook hier in die negende gebod, die liefde tot die naaste sentraal staan. Jy mag geen vals getuienis teen jou naaste spreek nie. In hierdie wereld het die woord wat gespreek word grote krag. Dit kan die naaste laat lewe of hom vernietig. God weet dit. Dis daarom dat, na die beskerming van die besit van die naaste, eers ons naaste teen die leuenagtige woord beskerm word, voordat God tot die gesteldheid van ons hart, teenoor die naaste, deurdring. Almal van ons ken mos die geskiedenis van die wingerd van Nabot? Daar het ons 'n sprekend voorbeeld van die mag wat die leuen in die samelewing het.

Twee gewetelose manne het in die volksvergadering van Samaria gese: "Nabot het 'n vloek uitgespreek teen God en teen die koning. " Daarop vat hulle vir Nabot uit die stad uit en gooi hom met klippe dood. Dis maar net een voorbeeld uit die baie wat in die Skrif opgeneem is. Die opstellers van die kategismus was van die mag van die leuen en van die lasterlike woord diep deurdring. Kyk self hoe skerp hulle sondag 43 geformuleer het. Dis die enigste sondag waarin by die verklaring van die tien gebooie die duiwel genoem word. Lieg en bedrieg word duiwelswerk genoem. Lieg is nie maar net minderwaardig nie, nee lieg is duiwels, satanies! Oor die erns daarvan wil ons nou gaan nadink.

Ons spreek oor: LIEG IS DUIWELS

Daarom sal ons

  1. Die leuen haat;
  2. Die waarheid liefhe.

I Gemeente, as ons die diepgang van hierdie gebod reg wil verstaan, sal ons eers die noue verband tussen raad en daad moet raaksien. Onder raad verstaan ons dit wat die mens in sy hart uitdink voordat hy tot die daad oorgaan. Die verskil tussen die twee kom in die verklaring van die gebooie van die tweede tafel van die wet duidelik vorentoe. Telkens word in die gebooie die daad van die mens, doodslag, egbreuk, diefstal, verbied. Ons is egter steeds daarop gewys dat agter die daad die beraad in die hart gele het. Dit word in die gebod ook deur God veroordeel.

Nou kom God in die negende gebod na ons toe, om op ons woord beslag te le. Die woord vorm die skakel tussen ons raad en daad. Dit wat die mens in sy hart oorweeg, sy planne, kom deur die woord buite toe. Die woord wat gespreek word is partymaal die brug van die raad na die daad. Vandaar die besondere plek van die negende gebod na die sesde, sewende en agste gebod en voor die tiende gebod. Ook uit die rangskikking van die gebooie blink die wysheid van God ons teen.

Die woord het in hierdie wereld 'n geweldige mag. Vir dit wat politikusse, filosowe en teoloe wil bereik, word partymaal die pad deur die woord gebaan. Daarin kom vorentoe dat die mens na die beeld van God geskep is. Van ewigheid, nog voor die wereld geskep is het God in sy raad die plan met die wereld beraam. Nou kom God van die raad deur sy Woord tot die daad.

So het die skepping in al sy heerlikheid deur die Woord van God tot stand gekom. Suiwer en helder, omdat die Woord van God suiwer en helder is. As ons so verstaan, watter plek die woord in die skepping van God gekry het, sal ons ook sig op die sataniese wese van die leuen verkry. Want die leuen is nie uit God nie, maar dit het van die duiwel gekom.

Ons het dit sojuis saam gelees dat die kategismus alle lieg en bedrieg die eie werke van die duiwel noem. Soos ons Heiland dit in Joh. 8: 44 so vlymend vir die Jode gese het: "Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil he julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. Hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen. " Kan dit nog duideliker gese word?

Gemeente die oorsprong van die leuen het in die duiwel gele. Laat ons in gedagte terug gaan na die tyd wat voor die rewolusie van die duiwel in die hemel le. Daar het die aartsengele, die serafs en die gerubs rondom die troon van God gestaan. Die magtige troon geeste van God word so mooi in Jesaja 6 vers 2 en 3 beskrywe: "Elkeen het ses vlerke gehad; met twee het hy sy gesig bedek, (om nie oneerbiedig God te sien nie) met twee sy voete (om nie sonder die hoe bevel van God uit te gaan nie) en met twee het hy gevlieg. (om vinnig na die plek te gaan wat God vir hom gewys het) Die serafs het mekaar telkens toegeroep: Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid. " Daar, in die hemel, voor die troon van God, het toe die rewolusie begin.

Se maar, een van die engele het sy vleuel van voor gesig opgetel en vir God geloer. Met 'n blik van jaloesie en afguns het hy na God gekyk. Hy wou soos God so heerlik, majesteitlik en goddelik wees. Daardie einste oomblik het die stryd in die hemel losgebreek. Die engele wat aan God trou gebly het, het hulle agter Migael geskaar. Migael wat so 'n skitterende naam het, dit beteken: Wie is soos God! Hulle het met die Satan en sy engele die stryd aangebind.

Ons weet hoe Satan die stryd verloor het en uit die hemel uitgewerp is. Christus se in Lukas 10: 18: "Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val. " So het Christus dit wat in die hemel gebeur, die verbanning van Satan aarde toe, saamgevat. Die Satan is weggestoot uit die ryk van die puurheid van die waarheid. So het die leuen, naby die troon van God, ontstaan. So is ook die leuen in die harte van mense wat deur God goed geskep is, oorgeplant.

Gemeente, goed en kwaad, waarheid en leuen, is geen teenstellings wat vir ewig langs mekaar staan nie. Dis wat moderne Filosowe ons vandag wil wys maak. Hulle spreek dan nie meer van Satan nie, maar van die sataniese! Die sataniese sou dan 'n ewig bestaande karakter-trek van die kosmos wees wat langs die goeie bestaan. Moenie dit glo nie. God het die wereld goed sonder sataniese karaktertrekke geskep. Die sataniese kom van die duiwel wat goed geskep is maar hom nie binne sy eie magsgebied gehou het nie maar sy aangewese woonplek verlaat het, soos Judas 6 dit vir ons leer. Dis hy wat met alle mag daaraan werk om die mens wat goed geskep is, in die leuen saam te sleep. Kyk maar hoe listig hy daarby te werk gaan.

Hoor, hoe hy vir die vrou vra: "Het God werklik vir julle gese julle mag van geen boom in die tuin eet nie? " Listig word hier gesuggereer dat God die mens maar stief behandel. Asof God die tuin nie juis vir die mens aangele het, om dit vreugdevol te gebruik nie. Eva het eers nog teenstand gebied. Tog oordryf sy in die antwoord, deur te se: "God het net gese ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie. " In die laaste woorde le die oordrywing, wat Satan direk gebruik deur te se: "God weet dat julle oe sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken. " Dis een grote leuen van Satan waarin hy Eva en daarna Adam saamsleep.

Gemeente, ons het gesien: die woord is die skakel tussen raad en daad. Voor die sondeval het Adam puur en suiwer gepraat. Hy het die diere regte name gegee. Wat hy aangaande die dier in sy hart oordink het, het in naamgewing buite toe gekom. Toe God met sy eie hand Eva na Adam gebring het, het Adam in suiwere woorde gese wat Eva vir hom beteken: Hulle sal een vlees wees. Nadat Satan die werklikheid in sy leuenwoord verwring het, sleep hy die mens op daardie pad saam. Van daardie dag af is die mens leuenagtig en verdorwe.

Die Skrif is daarin ook realisties en laat geen twyfel daaraan bestaan, hoe leuenagtig die mens geword het nie. Dink aan die geskiedenis van die aartsvaders. Abraham, Isak en Jakob word as vrome manne beskryf wat die beloftes van God vir die geslagte wat kom gedra het. Maar wat het die leuen telkens weer in hul lewe ingedring. Vir Farao van Egipte lieg hy dat Sara sy suster is. Vir Abimeleg die Filistyn doen hy dit weer.

Die leuen het ook enorme mag in die lewe van Jakob gehad. As hy hoor dat Isak Esou wil seen, bedrieg hy sy vader. Hy word self deur sy seuns in die gebeure met Josef bedrieg. So het die leuen verwoestend in die aartsvaderlike-geslag deurgewerk.

Ons hoef nie te wonder, waarom die Here by die Sinai hierdie negende gebod in sy heilige wet opgeneem het nie. Sorgvuldig het die Here hierdie gebod geformuleer: Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. Wat God by die voorgaande gebooie van die tweede tafel van die wet nie gedoen het nie, dit doen Hy nou: Opsetlik word die naaste in hierdie gebod genoem. Deur die leuen word my naaste direk geraak, daarom neem God die naaste onder sy beskerming.

God het by hierdie gebod ook direk die regspraak betrek. Daarin het die leuen, deur valse getuienis, groot kanse. Die gevolge van 'n valse getuienis kan vreeslik wees. Dit kan oor dood of lewe beslis. Ook al het ons vandag meer verfynde middele om waarheid en leuen te onderken, die getuienis in die hof weeg nog swaar. God het geweet, hoe die getuienis vir ons naaste van deurslaggewende betekenis kan wees. Geld en goed, die goeie naam, ja self die lewe van ons naaste, kan daarby op die spel staan.

Wat is onder Israel hierdie gebod baie vertrap. Die geskiedenis van Nabot het ons al genoem. In die Nuwe-Testament is dit valse getuienis waardeur Stefanis gestenig word. "Hulle het valse getuies laat optree om te se: Die man hou nie op om lasterlike dinge teen hierdie heilige plek en die wet te spreek nie. Want ons het hom hoor se: Hierdie Jesus, die Nasarener, sal hierdie plek afbreek en die sedes wat Moses aan ons oorgelewer het, verander. " (Hand. 6: 13, 14) Wat het die leuen ook 'n verskriklike rol in die proses teen ons Heiland gespeel. Stefanus het dieselfde oorkom wat ook aan Jesus gedoen is. As Jesus voor Kajafas staan, bring die owerpriesters twee valse getuies vorentoe, wat se: "Hierdie man het gese: Ek kan die tempel van God afbreek en dit in drie dae opbou. " (Matt. 26: 61) Hoe kom hier die duiwelse oortreding van die negende gebod na ons toe. Dis Israel, die verbondsvolk, wat die negende gebod skend. Hierdie skending het die eie Seun van God, die Messias van Israel, aan die kruis gebring.

Die leuenagtige woord het Israel, van sy goddelose beraad, om die Heiland dood te maak, tot die bose daad gebring. So het hulle dit reg gekry, om Jesus voor Pilatus se regterstoel te stel. Daar, op Gabbata, het Christus, teenoor almal, getuienis aan die negende gebod gegee, en gese: "Hiervoor is Ek gebore en hiervoor het Ek in die wereld gekom, om vir die waarheid te getuig. Elkeen wat uit die waarheid is, luister na my stem. " So het ons Heiland daar, vorstelik teenoor die leuen, getuienis aan die waarheid gegee. Maar Pilatus het gespot: Wat is waarheid? Hy die Romeinse twyfelaar, het die waarheid verag.

Nou moet ons nie dink, nou ja dit was Israel wat Christus verwerp het, in Hom, ons Heiland, is dit dat ons glo. Het die leuen dan nie in die christelike gemeente van die nuwe verbond deurgewerk nie? Wat het daar kort na Pinkster in die gemeente van Jerusalem gebeur? Ons ken mos die geskiedenis van Ananias en Saffira? Kom in hierdie egpaar nie uit, hoe vinnig die duiwel leuen saai in die harte van die Pinkstergemeente nie.

Juis daar, in die deur die bloed van Christus geheiligde gemeente, wil die vader van die leuen vastrap plek kry. Hoor dan hoe dit deur Petrus met alle krag teengestaan word. Ananias "Jy het nie vir mense gelieg nie, maar vir God. " En vir Saffira se hy dat hulle die Gees van die Here versoek het. (vergelyk Hand. 5: 4 en 9) In die gemeente wat uit die waarheid van die evangelie lewe, moet daar sorgvuldig met die waarheid omgegaan word.

Ons het netnou Jakobus drie met mekaar gelees. Laat die waarskuwing van hierdie dienskneg van God tot ons deurdring. Hy skrywe: "As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte mens. " Dan kry ons die sprekende voorbeelde waarmee Jakobus ons die mag van die leuenagtige tong laat sien. Ons sit stange in die perde se bekke en ons stuur hulle hele liggaam daarmee. 'n Baie klein roer stuur 'n groot skip net waarheen die stuurman wil. Kyk hoe 'n klein vuurtjie 'n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook 'n vuur, 'n wereld vol ongeregtigheid. Dit is 'n rustelose kwaad, vol dodelike gif.

Met die tong loof ons die Here en Vader, en met die tong vloek ons die mense wat as die beeld van God gemaak is. Uit dieselfde mond kom lof en vloek. Dis vir ons 'n kragtige waarskuwing. Die negende gebod kom hier sterk na ons toe. Daarin word ons almal voor God skuldig gestel. Op ons tong, waarmee ons van die raad tot die daad kom, word deur die Here beslag gele. Dis noodsaaklik, want in Rom. 3: 4 skryf Paulus: God is betroubaar en elke mens 'n leuenaar. 'n Mens kan homself, baie geslepe, goed voordoen. Ons dra dan 'n masker waaragter ons leuenagtigheid verberg word.

Wys ons altyd wat ons werklik is? Kan ons die vraag beantwoord sonder skaam te kry? Teenoor ons naaste is ons komplimenteus, maar hoe praat ons oor hom, as die naaste nie by is nie? Hoor nou hoe antwoord 112, in die noem van die oortredings van die negende gebod, ons veroordeel. Ons word opgeroep om niemand se woorde te verdraai nie, geen kwaadspreker of lasteraar te wees nie. Niemand ligvaardig en onverhoord veroordeel of help veroordeel nie. Dink ons nou nog dat geen valse getuienis in die gemeente van Christus in ons lewe voorkom nie? As ons, ons lewe aan hierdie gebod toets, sal ons onsself as sondaars moet aankla.

Daar langs dryf hierdie gebod ons ook na die kruis van Christus toe. Na Hom wat deur al die oortreers van hierdie gebod die dood ingejaag is. Op Hom het die duiwel geen houvas gekry nie. Hy is die weg, die waarheid en die lewe. Daarom moet ons ook, met die sondes teen hierdie gebod, tot Christus ons toevlug neem. Sy bloed sal ons ook van hierdie sondes reinig.

II Antwoord 112 laat ons ook sien hoe die grond wat deur die bloed van Christus bevloei word, vrugbaar vir die waarheid is. Soos dit, in die positiewe eis, ons voorgehou word: Dat ek in die gereg en alle ander handelinge die waarheid moet liefhe, opreg spreek en bely; ook my naaste se eer en goeie naam na my vermoe moet verdedig en bevorder.

Gemeente die negende gebod wil dat ons ons naaste liefhe. Dit kan ons geen oomblik buite ons Heiland volbring nie. Hy is self die waarheid. Die waarheid is nie iets wat abstrak is nie. Baie dink dat waarheid net dit is, om in woorde 'n bepaalde stand van sake weer te gee.

Daarmee is egter glad nie alles oor die diepe inhoud van die waarheid gese nie. Wanneer die Bybel oor waarheid spreek, is daar ook 'n boodskap van bevryding en verlossing in. God is die waarheid en die Woord van God is die waarheid. Dis hierdie waarheid wat ons lewe die onwankelbare fondament gee. Van daardie waarheid het ons in ons spreke getuienis te gee, die waarheid moet bely word. Soos antwoord 112 se: In die samelewing het ons vir die waarheid van God op te kom.

As gemeente van Jesus Christus staan ons midde-in 'n slegte en onbetroubare samelewing. In die samelewing mag ons van die waarheid getuig. Deur die publieke mening mag ons nie beinvloed word nie. Dit het die Here in Exodus 23: 1 en 2 al vir Israel op die hart gebind: "Jy mag nie skinderstories versprei nie. Jy mag nie met misdadigers saamwerk en in sy guns vals getuienis lewer nie. Jy mag nie agter die die meerderheid aan doen wat verkeerd is nie. Wat jy in 'n hofsaak getuig, mag jy nie verdraai nie, al doen die meerderheid dit ook. Wanneer jy regspreek, mag jy 'n arm man nie in sy hofsaak voortrek nie".

Die negende gebod is besonder aktueel, deur teen die mag van die meerderheid en die publieke mening te waarsku. Die leuen kan op 'n heel volk beslag le. Ons kan aan die hoog ontwikkelde Duitsland dink. Die reformasie het as gevolg van Luther se evangelie verkondiging diep spore nagelaat. Tog het Hitler en Goebbels dit reg gekry dat die duitse volk, in die jare dertig, die nasionaal sosialistiese leuenleer aanvaar het. Goebbels het die grote belang van radio en pers, om die publieke mening te beinvloed, raakgesien en daar dankbaar gebruik van gemaak. Ons weet hoe dit gewerk het.

Na die tweede wereld oorlog het die mag van die massa beinvloeding enorm toegeneem. Nie alleen die tegniese moontlikhede van T V nie, maar ook die tegniek van massa beinvloeding is verfyn. Daarom gemeente wees gewaarsku, daar is grond genoeg om ons geestelik te bewapen. In 2 Thessalonisense 2: 11 skryf Paulus dat God die mag van dwaling stuur, sodat hulle die leuen sal glo. En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die ongeregtigheid verkies het, veroordeel word.

Van die tegniese en wetenskaplike moontlikhede van hierdie dae geld dieselfde wat ook destyds van die boekdrukkuns gese is. Dit is 'n tree na die hemel en ook 'n tree na die hel. Dit kan in die diens van die evangelie gebruik word, maar ook om goddelose ideee vir 'n lewe sonder norme te propageer. T V uitsendings oor sake van oorlog en vrede, oor etiese vraagstukke, kan so suggestief gebring word, dat dit massaal as waarheid aanvaar word. Nogmaals wees gewaarsku!

U vra nou wat kan ons daarteen doen? Gemeente die wapenrusting van God aantrek. Vorm jou eie skriftuurlike oordeel, oor wat in die wereld op elke gebied gebeur. Maak gebruik van die skriftuurlike voorligting wat beskikbaar is. Dan sal ons, in hierdie slegte en leuenagtige wereld, die waarheid kan bely. Wat vir koerant en tydskrifte word gelees? Tog nie daardie wat, langsaam maar seker, ons gesinne met die gees van hierdie tyd beinvloed? Ons moet ook die prediking nie aan ons verby laat gaan nie. Dit behoort midde-in die lewe te staan en op die vrae van hierdie tyd in te gaan. Teenoor die leuen moet die waarheid in stelling gebring word. Daar mag ons by ons predikante op aandring. As predikers daarin trou is, sal die gemeente die waarheid heilryk in die samelewing bely.

Tenslotte: Die negende gebod aktiveer ons nie net na die samelewing toe nie, maar ook in die gemeenskap van die heiliges, in die gemeente van Jesus Christus moet ons hierdie gebod uitlewe. Kyk na die slot van antwoord 112. Daar word ons opgewek om die eer en goeie naam van ons naaste na ons vermoe te verdedig en te bevorder. Ons woord, as skakel tussen raad en daad, moet ons naaste in waaragtige liefde dien. Soos die apostel Paulus dit in sy brief aan die Efesiers met krag betuig het.

Hy skryf daar: "Daarom, le die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede. " Toe die Efesiers nog heidene was het die leuen as 'n mantel om hulle gehang. In die leuensfeer het hulle gelewe. Die apostel wek hulle nou op om daardie leuenkleed af te le en teenoor mekaar die waarheid te spreek. In Kol. 3: 9 word dit kaalkop gese: "Lieg nie vir mekaar nie, " en na nog 'n klomp vermanings roep hy ons in vers 15 op: Laat die vrede van God waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers. Weer die verwysing na die eenheid as lede van Christus, ons is aan mekaar gegee. Ons moet mekaar dien deur mekaar se eer en goeie naam te bevorder.

Partymaal kan gemeente-lede mekaar afbreek en kwaad aan doen. Gemeente daardie kwaad moet met alle krag deur ons bestry word! Moet ons dan nie op mekaar toesien nie? Sekerlik die roeping het ons almal, maar word dan die sonde of die sondaar deur ons veroordeel? As ons die sondaar oordeel, moet ons die woord van Christus ter harte neem: "Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met die maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word. Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? " (Matt. 7: 1-3)

Aan een punt moet ons nog aandag gee, daar staan by die onderhouding van hierdie gebod naamlik baie op die spel. In antwoord 112 bely ons dat as ons die lieg en bedrieg nie as die eie werke van die duiwel vermy nie, ons die sware toorn van God op ons laai. Daarby word na Spreuke 12: 22 verwys. Salomo gee daar onderwys in die regte vrees van die Here en se: "Valse lippe is vir die Here 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel. "

Aan die slot van die Openbaring aan Johannes se die Skrif dat buitekant die nuwe Jerusalem die honde, en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen, sal wees. Vergelyk Openbaring 22: 15. Nogmaals gemeente ons is gewaarsku! Daarom haat die leuen en bly in die waarheid. Laat Christus ons Heiland wat die waarheid is, in ons lewe sentraal staan. Dan sal ons in sy krag, die leuen in ons lewe bestry. In sy bloed, vergewing vir ons oortredings van hierdie negende gebod vind. Gemeente, Hou by die waarheid moet daar nie afstand van doen nie! (Spr. 23: 23)

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)