Die eer van God se Naam in die eed

Predikant: 
Ds FJ van Hulst
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 37
Preek Inhoud: 

Ps 62: 5, 6, 8
Ps 86: 3, 5, 6
Geloofsbel
Skb 30: 1-6
Lees: Matt 5: 17-37
Teks: Sondag 37 H.K.

Brs en srs,

Ek kan my goed indink dat u u vanaand sit en afvra: wat moet ons met 'n sondag soos hierdie in die Kategismus. Of eintlik nog dringender, wat moet ons met hierdie sondag in die erediens van vanaand?

Mag 'n mens ook godvresend by die Naam van God 'n eed sweer?

Seker maar moontlik om in christelike kring so 'n vraag 'n slag aan die orde te stel, maar dit is tog eintlik maar 'n detail. As ons dan oor konkrete vrae wil praat, dan is daar tog heel wat belangriker en meer aktuele kwessies om te bespreek.

Boonop sit ons met die gevoel, ons is vanmiddag om die evangelie van Jesus Christus te hoor. Ons is hier tog nie om ons besig te hou met splinterige morele kwessies nie.

As ons hoierdie sondag vergelyk met die eerste sondag van die kategismus dan is die verskil ongelooflik groot.

Daar gaan dit oor jou enigste troos in lewe en in sterwe. Hier gaan dit oor die vraag of die owerheid in noodgevallle van sy onderdane mag vra om 'n eed af te le.

Maar laat ons nie te vinnig ons boeke sluit en loop nie. Miskien kom hier tog sake aan die orde wat dit die moeite werd maak om oor na te dink.

Want dit gaan hier vanmiddag werklik nie alleen oor die regmatigheid van 'n eed nie. Dit is inderdaad maar 'n splinterkwessie. Maar dit gaan om die saak wat daaragter le.

Kyk die Kategismus vra die vraag na die eed in verband met die derde gebod. Ons is mos besig met die verklaring van die betekenis van die Tien Gebooie in die lewe van 'n christen vandag.

As ons dan kyk na die antwoorde wat in hierdie sondag gegee worddan blyk dit skielik te gaan oor sake wat terdee ons belangstelling verdien.

Die saak waaroor dit volgens die Kategismus gaan in die eed is volgens antwoord 101: Dit moet gedoen word tot eer van God en tot heil van ons naaste.

Tot eer van God en tot heil van ons naaste.

Hoor u hoe naby ons hier by die kern van die evangelie is?

Waaroor gaan die lewe van dankbaarheid van 'n gelowige anders as om te leef tot eer van God en tot heil van die naaste.?

Daaroor sal dit gaan in die woordbediening van vanaand.

Ons tema is:

Die eer van God se Naam in die eed

  1. Dit is 'n voorreg om 'n eed te kan gebruik
  2. Dit is 'n skande om die eed te moet gebruik

Met Sondag 37 val ons middein 'n brandende kwessie uit die 17e eeu. Op die punt van die eed het die sogenoemde Wederdopers en die Gereformeerdes hard met mekaar gebots.

Vandag ervaar ons die punt as 'n ondergeskikte detail. Maar toe was dit 'n groot vraag gewees. Kan jy as gelowige 'n eed sweer, ja of nee?

As ons nie meer weet as dit, se ons, wat 'n vraag. Die een voel so en die ander so, maar daaroor gaan mense mekaar mos nie veroordeel nie?

Vir 'n bietjie meer begrip wil ek tog iets meer daarvan vertel. Want die manier van dink van die Wederdopers wat die Gereformeerdes so sterk afgewys het is ons tog ook nie heeltemal vreemd nie.

Waar dit oor gaan is dit: Die wederdopers het 'n groot verskil gemaak tussen die kerk en die wereld. Hulle het daarvan twee heel afsonderlike dinge gemaak. Hulle het die kerk beskou as die Koninkryk van God en daarteenoor die wereld as die Ryk van die Satan.

Die gelowiges in die kerk is nou 'n klomp gereddes. En wat daarbuite is is in elk geval verlore. Dit is ook nie die moeite werd om jou daarmee besig te hou nie. Hulle het ook min respek vir 'n owerheid of 'n regering gehad, want wat se vrede kan hulle nou bring? Hulle kan hulle maar net besig hou met die dinge bvan hierdie wereld. En die werled gaan in elk geval velore, dus is dit maar beter om jou daarvoor nie teveel noeite te getroos nie.

Vir verloste mense maak hierdie aardse lewe glad nie meer saak nie. Wat jy in die wereld doen is glad nie belangrik nie. As jy binne die kerk maar leef uit die Heilige Gees.

Wel dit is teenoor hierdie visie op die wereld dat die Gereformeerdes teenoor die Wederdopers 'n duidelike Nee laat hoor het.

En dit is op hierdie punt dat hulle die eer van die Naam van God in geding gesien het.

Die Gereformeerdes het gese: God is die Skepper van hierdie wereld met al die mense daarop. God gee dan ook om vir al die mense. Seker, hierdie wereld le onder die mag van die Bose, maar daarom is dit vir God met hierdie werled nog nie klaarpraat nie. God het sy skepping nie definitief opgegee nie.

En daarom mag die gelowiges hulle nie terugtrek uit hierdie wereld nie. Hulle mag nie alleen nog maar met mekaar omgaan en die res van die mensheid as vullis beskou waaraan jy geen woord mag vuilmaak nie.

Nee die gelowiges moet juis in die wereld staan en daar die Naam van God hooghou. Hulle moet juis omgaan met mendse van allerhande soort. Gelowiges is wel nie van die wereld nie maar hulle is daarom wel in die wereld. Hulle moet. Die wereld is mos die saaigrond vir die evangelie.

'n Gelowige moet opkom vir die eer van die Naam van God in die wereld. Want ook daar wil God sy bevrydende Woord laat hoor.

Wel dit is juis hier waar die saak van die eed inkom.

By die eed gaan dit oor die betroubaarheid van 'n mense woord.

Een van die mees besondere gawes wat 'n mens ontvang het by sy skepping is dat hy 'n tong het waarmee hy kan praat.

Dit is nou regtig 'n wonderlike geskenk. Probeer 'n slag indink dat ons tussen mense nie meer kon praat nie, dat ons nie meer ons gedagtes aan mekaar kon oordra nie. WAt sou dan van ons menswees oorbly?

Met ons mond kan ons met mekaar kommunikeer, met ons tong kan ons die Here prys. Watter geskikter gawe is dinkbaar om God te eer en ons naaste se heil te bevorder?

Maar ongelukkig het juis hierdie gawe die kwaaiste deurgeloop toe ons deur die sonde die goeie skepping van God bederf het.

Vanwee die sonde is die woord van 'n mens nie meer betroubaar nie.

As iemand praat watse waarborg het ons dat hy die wwrheid praat?

As iemand iets belowe, wie gaan ons verseker dat hy sy belofte sal hou?

Die onbetroubaarheid van 'n mensewoord is so algemeen aanvaar dat ons gewoonlik maar eis dat allerhande sake eers op skrif moet staan voor dat ons iets glo. Mense kan enigiets belowe, maar of hulle dit sal nakom is iets anders. En dit dompel die lewe in 'n groot onsekerheid en is dikwels die bron van groot frustrasies.

Wel dit is in hierdie situasie dat God in sy genade die mens te hulp wil kom.

God het namelik in situasies waarin werklik die woord van 'n mens van lewensbelang is, sy eie Naam ter beskikking gestel om daardeur die waarheid te bevorder.

Ons onthou van Sondag 36 dat die Naam van God sekerheid, vastheid, betroubaarheid uitdruk. In hierdie leuenagtige werled staan alles op los skroewe, maar nie die Naam van God nie. Hy doen wat Hy belowe. Op Hom kan jy altyd aan.

Hierdie God stel nou Sy Naam beskikbaar om sekerheid terug te wen waar ons dit self verloor het.

Enige mense woord wat gespreek word blyk dikwels 'n ydele woord te wees. Maar as die Naam van God daaraan verbonde word dan raak dit anders. Dan word die wankele mensewoord ondersteun sodat dit meer vastheid kry. Want God Self het daarby gestaan as 'n Getuie.

Ons ken die gebruik van 'n Getuie by 'n huweliksluiting. Die aanwesigheid van getuies word vereis om seker te maak dat die bruid en bruidegom werklik die onderlinge beloftes gemaak het.

Hulle moet daarby staan en kan daarop ook aangespreek word.

Wel, so laat die Hewre Hom as 'n Getuie aanroep in die geval dat daar 'n eed gesweer word.

Verstaan u nou dat dit 'n groot voorreg is dat ons die eed mag gebruik. Dit is nie God se skuld dat 'n mensewoord onbetroubaar is nie. Dit is ons skuld en tog laat God Hom daarby roep om die skade wat onsself veroorsaak het te beperk.

So kan daar 'n begin gemaak word met herstel van die waarheid in die wereld.

Herstel van die waarheid in die wereld.

Daarmee is ons terug by die verset van die Wederdopers teen die eed. Hulle se herstel van die waarheid in die wereld? Glad nie nodig nie! Die wereld gaan in elk geval verlore. Daarmee wil God niks meer te doen he nie.

Die wereld is klaar afgeskryf.

Nee se die Kategismus. God gee nie op nie.

God wil veg vir herstel van reg en van eerlikheid.

Hy wil die stryd teen die leuen aanbind. Want dit is 'n stryd teen die Satan wat die aatrsleuenaar van die begin is.

In daardie stryd werp God sy eie Naam in as 'n wapen.

En daarom is dit vir God 'n saak van eer as Sy Naam genoem word op punte waar die betroubaarheid van 'n mensewoord inderdaad van lewensbelang is.

Daarom sweer ons 'n eed as ons moet getuig voor die regbank.

Daarom word dokters en verpleegsters beedig.

Daarom word hoe amptenare in die regering ingesweer.

God wil as Getuie aangeroep word, want Hy is die Bekermer van die lewe. So wil Hy ook geeer word.

2. Dit is 'n skande dat ons die eed moet gebruik

Ons het in die Skriflesing van vanmiddag 'n gedeelte uit die Bergrede gelees.

Op sigwaarde geneem stel die woorde wat ons in Matt 5: 34 kry die Wederdopers sonder meer in die gelyk.

Maar Ek se vir julle: Sweer hoegenaamd nie- jou ja moet ja wees jou nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.

Om die woorde te verstaan moet ons weer terug na die eerste punt. Daar het ons gesien dat dit 'n voorreg is om die Naam van God in beslissende situasies te kan gebruik.

So is die eed 'n redmiddel in 'n onbetroubare wereld. Pragtig.

Maar wat het nou gebeur onder die Jode?

Hulle het ook hierdie redmiddel bederf!

Die eed was bedoel as 'n middel in die stryd teen die leuen!

Maar deur die veelvuldige gebruik van allerhande ede onder die Jode het die middel eerder die leuen bevorder as gekeer!

En die Skrifgeleerdes het dit ook nog goedgekeur!

Want wat het hulle gese? Lees maar in vers 33. Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou!

Nou ja goed, maar wat het hulle toe gedoen? Hulle het nie gesweer by die Naam van die Here nie, maar hulle het byvoorbeeld gesweer by die hemel.

Ek sweer jou by die hemel, ek sal dit of dat doen.

Maar as iemand dan meen dat die persoon wat soiets sweer hom ook gebonde ag omn dit te doen, dan maak hy 'n vergissing want sal die persoon later se: Maar ek nie gesweer by die Here nie, ek het net gesweer by die Here ! Dus is ek vir die Here nie gebonde aan my woorde nie.

En daarmee kon die bedroene maar gaan.

Hy het afgegaan op 'n eed waaraan die ander hom nie werklik wou bind nie. En so het die eed die leuenagtigheid onder die mense bevorder!

Teenoor daardie misbruik van die eed se die Here Jesus: Sweer hoegenaamd nie, want al sweer jy by die hemel en jy doen dit nie, dan is jy in elk geval 'n leuenaar. En daarby die hemel is die woonplek van God, dus jy het Hom terdee aangeroep by jou eedswering!

En die ergste van al was dat die Skrifgeleerdes hierdie tipe leuenagtigheid ondersteun het deur 'n lys op te stel van ede wat werklik ede is en 'n lys van wat as skynede beskou moes word en die eedsweerder nie werklik 'n meinedige laat wees nie.

Daarteen protsteeer die Here hier kragtig.

As julle so jul ede sweer is dit elke keer misbruik van die heilige Naam van God.

Julle ja woord moet 'n jawoord wees. En julle nee 'n egte nee!

Al wat meer aass dit is, is uit diue Bose.

Gewoonlik word hierdie woord ook misverstaan. Dit het selfs 'n uitdrukking geword Iets is uit die bose, daarmee bedoel ons dis nou heelte mal verkeerd.

Maar Jesus bedoel veel meer. Tereg staan in ons vertaling die woord Bose met 'n hoofletter.

Al wat meer is as 'n gewone ja, het te doen met die Bose. Met die Satan, met die teestander van God.

Waarom is 'n gewone ja van 'n mens in talle situasies onvoldoende? Dit het te doen met die mag van die Bose!

Vir ons almal geld, jou ja moet altyd ja wees. In watter situasie ook al.

Maar soms is meer nodig. Vanwee die werklikheid van die sonde moet byvoorbeeld die owerheid soms vra om jou jawoord met 'n eed te bevestig.

Gemeente dit is werklik nie n'n eer nie, maar dit is eerder 'n skande. Niemand van ons kan op sy woord sonder meer betroubaar geag word nie. Selfs opregte christene nie.

Dit is erg genoeg natuurlik. Maar dit is maar so.

Daarom mag ons onsself nie verhef en aan die owerheid 'n eed weier nie.

As u sou se my woor d is in elk geval betroubaar sou dit 'n vorm van selfverheffing wees.

Ongelukkig is julle woorde ook nie betroubaar nie. Jammer dat ek dit moet se. Ek sluit hierby nadruklik myself in.

As iemand meen dat dit met die betroubaarheid van ons woorde wel 'n bietjie meeval, moet hy homself eerlik afvra of hy bereid sou wees om al die bewerings wat hy gemaak het, alles wat hy as feit e verkondig het, al die beloftes wat hy ooit gedoen het, met 'n eed voor God te bevestig. Hoeveel halwe waarhede het jy nie in die wereld ingestuur? Sou jy van al die woorde wil se God mag my verdoem vir altyd as ek nie die volle waarheid gespreek het? Ek dink as jy so begin nadink weet jy wat ek bedoel. Ongelukki g is ons woorde nie so betroubaar nie.

Laar ons ons daarom liewers verootmoedig en erken: dit is inderdaad 'n skande dat die feit dat ek byvoorbeeld aan die kerk behoort vir die owerheid nie voldoende rede is om my woord sonder meer vir betroubaar aan te merk nie.

Ongelukkig bly die eed in hierdie gebroke wereld nodig.

Maar tegelykertyd staan hierdie roeping vir julle almal:

Jou ja moet ja wees en jou nee nee.

Gemeente Julle as verloste kinders van God moet daarmee 'n begin maak in die kerk en ook daarbuite.

Ons besef tog wel dat elke woord wat ons spreek, ons dit altyd ook vir die ore van God spreek?

Daarvoor hoef jy Hom werklik nie eers as 'n getuie aante roep nie. Hy is akl daar. Hy hoor wat jy se. Hy neem kennis van die beloftes wat jy doen.

Hy weet van die stories wat jy rondvertel.

Julle is verlos van die dienshuis van die sonde!

Begin dit wys deur van nou af aan in die waarheid te wandel.

Want van kinders van Hom wat in hul lewe die stryd teen die leuen opneem ontvang God veel eer.

Daarby word deur christene wat betroubaar is in woorde en dade die heil van die naaste bevorder.

En dit is al waaroor dit gaan in 'n lewe van dankbaarheid. Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)