Die heerlikheid van ons hoof Christus

Predikant: 
Ds RH Bremmer
Gemeente: 
(onbekend)
Datum: 
2000-01-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 19
Preek Inhoud: 

Vertaalde preek van Dr. R H Bremmer oor Sondag 19 H. K.

Wie is op moedverloor se vlakte?

Lees: Psalm 110
Teks: Sondag 19 H. K.
Sing: Ps. 2: 1, 2, 3
na wet 5: 4 en 6
na belydenis 48: 5
Ps 110: 1, 2, 5, 7, 8
Sb. 2: 1 en 4
Ps. 98: 2 en 4

Geliefde gemeente van onse Here Jesus Christus!

Het die lewe nog sin is 'n vraag wat deur baie jong mense gevra word. In die chaos waar die wereld vandag verkeer met al sy ellende sien hulle geen perspektief meer nie. Ons kan ook vra: Het die geskiedenis eintlik wel sin? Dien dit enig doel? Of is dit 'n klipharde noodlot wat alle dinge regeer? Die ou Indiers het die beeld van die Djaggernoutwa vir die geskiedenis gebruik. Dis 'n grote wa wat deur olifante getrek word en alles in sy pad verpletter. Die geskiedenis is vir hulle so 'n wa wat oor die mensheid wals, en alles plat vee. Die geskiedenis het dan werklik geen enkele sin nie. Dis puur noodlot wat dan regeer. Moet ons die geskiedenis so sien gemeente?

In Sondag 19 bely ons Jesus Christus wat aan die regterhand van God die almagtige Vader sit vanwaar Hy sal kom om te oordeel die lewende en die dode. Dis geen noodlot wat die geskiedenis regeer nie! Dis ook nie chaos nie, Dis Jesus Christus wat die teuels van die wereldbestuur in sy hande het. Vir Hom is alle mag in hemel en op aarde gegee. Die geskiedenis word deur Hom na die grote doel gelei, naamlik die wederkoms op die wolke van die hemel om al sy en my vyande in die ewige verdoemenis te werp.

Tegelyk, om ook ons en al sy uitverkorenes tot Hom in die hemelse blydskap en heerlikheid op te neem. Is dit nie besonder nie? As ons in Hom glo wat aan die regterhand van God ons Vader sit, Hy wat alle dinge regeer, sal ons nooit kan se dat die lewe geen doel dien nie. Ons geskiedenis is die geskiedenis van ons Kurios wat regeer. Ons Heiland is met ons en met heel die wereld, op pad na die ewige heerlikheid. Daar wil ons vandag oor nadink as gespreek word oor:

DIE HEERLIKHEID VAN ONS HOOF CHRISTUS WAT UITKOM IN:

  1. Dat God alle dinge deur Hom regeer;
  2. Sy heerlikheid wat vir ons groot waarde het;
  3. Die geskiedenis wat Hy na die einde lei.

I Vraag 50 is skerp geformuleer. Die leerling vra: "Waarom word daarby gevoeg: En sit aan die regterhand van God? " In die vorige sondag het ons bely dat Christus na die hemel opgevaar het, was dit nie voldoende nie? Waarom moet daar so nodig nog iets bygevoeg word? Waarom het die eerste Christene hierdie sin; oor die sit aan die regterhand van God aan die belydenis toegevoeg? Ja, daar by die eerste Christene, daar is dit dat die oorsprong van ons belydenis le. By die doopfont van die ou christelike kerk, daar het die manne en vroue wat hulle laat doop het, hul geloof bely. By die vir ons oer oue belydenis het hulle direk bygevoeg: en sit aan die regterhand van God. In die oudste formuleringe van die belydenis word hierdie sin al gevind.

Waarom? Wel gemeente, omdat die woord van Dawid in Psalm 110 hulle aangegryp het. Dawid sing daar: "Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete. " So het Dawid al die heerlikheid van die Messias wat kom, onder woorde gebring. Ook in vers vier van die Psalm: " Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisedek" So het Dawid die Messias wat kom reeds gesien. God wat Hom die ereplek aan sy regterhand skenk. Totdat God sy vyande vir Hom 'n voetbank vir sy voete gemaak het. Dis 'n sprekend beeld! Al die vyande word om so te se deur God op 'n hoop gevee om as voetbank te dien.

Daar is afbeeldings uit die ou oosterse geskiedenis op die mure van egyptiese en babiloniese paleise bewaard gebly. In die afbeeldings sien ons 'n koning wat triomfantelik sy voet op die nek van vorste sit wat deur hom verslaan is. Die vorste le plat op die grond. So sal die Messias sy voet op die nek van sy vyande plaas.

Toe ons Heiland voor die hoepriester Kajafas gestaan het, het Hy ook Psalm 110 gesiteer. Kajafas het vir Christus onder eed gevra: "Is jy die Christus die Seun van God? Jesus antwoord hom: U het dit gese. Maar Ek se vir u almal: Van nou af sal u die Seun van die mens sien sit aan die regterhand van die krag van God en kom op die wolke van die hemel. " (Matt. 26: 64)

As 'n rooi draad sien ons Psalm 110 deur die Nuwe-Testament loop. Markus het daarmee sy evangelie so afgesluit: "is Hy in die hemel opgeneem en het Hy aan die regter hand van God gaan sit. " Dink aan Rom. 8: 34 daar is geskryf: "Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons. " En Ef. 1: 20: Daar spreek die apostel van die kragtige werking van God wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. Ja die sit aan die regterhand van God, is inhoud van ons geloof.

In al hierdie Skrifgedeeltes word natuurlik 'n sprekend beeld gebruik. Dis die ereplek; aan die regterhand van 'n koning, daar sal die kroonprins sit of iemand waaraan die koning eer wil bewys. 1 Kon. 2: 19 gee daarvan 'n mooi voorbeeld. Batseba die koninginmoeder het 'n oudiensie by koning Salomo gevra. Salomo laat toe 'n stoel aan sy regterkant naderbring vir die koninginmoeder om op te sit. Nee, die eerste christene het nie met die: "na die hemel opgevaar" geeindig nie. Hulle het geweet van die heerlikheid van die sit aan die regterhand van God wat hul Heiland volgens die Skrif toekom.

Wat 'n heerlik oomblik sal ons Heiland beleef het, toe Hy aan die regterhand van God gaan sit het. Op aarde was daar geen plek vir Hom om sy kop neer te le nie. As 'n vernederde Seun van die mens het Hy daar gewandel en is selfs aan die kruis gehang. Ten laaste in uiterste vernedering in 'n graf weggele. Maar dan kom die paasmore dat God ons Heiland uit die dood opwek. Daarna die dag van hemelvaart dat Christus in heerlikheid aan die regterhand van God het gaan sit.

Aan die gaan sit aan die regterhand van God, het die ou kerk heel mooi "die almagtige Vader" toegevoeg. So het hulle die Here God al in die eerste artikel bely: " Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde". Nou, aan die regterhand van die Almagtige, God en Vader, het Christus toe glorieryk en triomfantelik gaan sit.

Gemeente, die woord gaan sit is vol dinamiek, dit bring tot uitdrukking dat Christus vandaar sy koningskap oor hemel en aarde in alle rus van die oorwinning uitoefen. Soos die kategismus dit ook in antwoord 50 onder woorde bring; "dat Hy Hom daar sou betoon as die hoof van sy Christelike Kerk, deur wie die Vader alle dinge regeer". Hoe groot is hier die heerlikheid van ons Heiland, deur Hom is dit dat die Vader alle dinge regeer. In die wereldregering van God staan Christus sentraal.

Dis nie om dowwe neute nie dat Psalm 110 Hom as ons Priester-koning verkondig. Die Psalm se: "Jy sal altyd priester wees in die priesterorde van Melgisedek. " Volgens Gen. 14: 18 was: "Melgisedek koning van Salem en priester van God die Allerhoogste, " Nou, so is ons Heiland ook priester-koning. Hy het die plek aan die regterhand van God en die regeer oor alle dinge verwerf, deur Homself as priester vir hulle wat van Hom is in die dood oor te gee.

Die profeet Saggaria laat ook die heerlikheid van ons priester-koning, Jesus Christus in Sag. 6: 11-13 sien. Die profeet moet 'n kroon van silwer en goud maak en dit moet, as beeld van die heerlikheid van die priester-koning wat kom, op die hoof van Josua die hoepriester geplaas word. Nou regeer God alle dinge deur Hom, Jesus Christus. Deur sy oe gaan God kyk en deur sy ore gaan God hoor. Deur sy mond spreek God en deur Hom sal God regeer. God het Hom alle mag gegee. Eintlik is dit magsbevoegdheid in die hemel en op die aarde wat in Matt. 28: 18 staan.

Seker, die Seun van die mens, Jesus Christus het as mens na die hemel opgevaar, soos ons in die vorige sondag gesien het. Nou, deur hierdie verheerlikte Seun van die mens, is dit God, die Here, wat alle dinge regeer. Daardie gekroonde hoof van die Seun van die mens mag ons bo elke nuusleser in 'n radio of T V aanbieding sien. Ook bo alles wat koerante oor chaos in hierdie wereld rapporteer. Dis geen klipharde noodlot wat hierdie wereld regeer nie. Geen chaos laat die wereld tot niet gaan nie. Sien jy geen doel in hierdie lewe nie? Gaan dan nou jou oe op Jesus Christus in heerlikheid aan die regterhand van God vestig. Ook al word dit deur alles wat ons in hierdie wereld sien weerspreek.

Dit lyk gewoon ongelooflik, dat daar 'n plan van God met hierdie wereld is. Dat Jesus Christus daardie plan uitvoer, tog is dit werklik so. Die skrywer van die brief aan die Hebreers het dit in 2: 8 en 9 so onder woorde gebring: "Nou sien ons nog nie dat alle dinge reeds aan die mens onderwerp is nie. Maar ons sien Jesus met eer en heerlikheid gekroon. "

Nee die geskiedenis is geen spruit wat rustig afvloei nie. Dit kom met vloedgolwe van geweld, chaos, en terreur en as dit met oorlog af kom kan die vloedgolf alles vernietigend hoog gaan. Tog is dit Jesus Christus wat die wereld gebeure in sy hand hou. Dink maar aan Openb. 5 en 6 waar Christus, die Lam wat soos geslag, voor die troon van God staan, die boek van die geskiedenis uit die hand van God aanneem. Hy alleen is bevoeg om die sewe seels te verbreek.

Die een na die ander seel word dan deur Christus oop gemaak. Dan sien ons die perde van die gerig uitgaan. Vooraan die wit perd van oorwin- ning. Christus self gaan vooraan. Dan volg die vuurrooi perd van die oorlog, die swart perd van die honger en as laaste die vaal perd van die dood met die doderyk wat agter hom aangaan. Deur die Lam, regeer God die rampe en verskrikkings wat in die geskiedenis ondervind word.

God staan nie buitekant die geskiedenis nie, deur Christus word dit na die einde toe gelei. Onder die leiding van ons Heiland kan ons rustig die doel vir oe hou. Sien hoe hierdie antwoord 50 die regering van Christus omskryf: Dat Christus Hom daar sou betoon as die Hoof van sy Christelike Kerk, deur wie die Vader alle dinge regeer. Waarom het Christus aan die regterhand van God gaan sit?

Dat Christus Hom daar vir ons as die Hoof van sy Christelike Kerk sou betoon. So sien ons Hom immers, Hy is tog ons priester-koning, wat ons met sy dierbaar bloed gekoop het? As priester is Hy mos vir ons die dood ingegaan? Daarom regeer Hy nou alle dinge, met die oog op sy gemeente gevestig. In die wereld regering werk Hy nou koninklik uit wat Hy as Priester vir ons verwerf het. Deur alle tye heen is Christus daarop uit, om sy heilige katolieke christelike Kerk te vergader.

Die nadruk wat antwoord 50 op Christus as Hoof van sy Christelike Kerk le, is teen die Roomse kerk gerig. Die kerk het 'n aardse hoof, hy word die opvolger van Petrus genoem. Hy reis die wereld rond en sorg dat die wereld van hom bly praat. Ons, gemeente, het geen aardse kerkhoof nie, ons het 'n Hoof wat in die hemel, in die troon van God is. Vanuit daardie hoofkwartier regeer Hy alle dinge, om sy Kerk ontwil wat Hy met sy bloed gekoop het. Die opstellers van die kategismus en die gemeentes uit hul tyd van aanvegtinge, verdrukking en vervolging het daarin groot troos gevind. Nou in ons tyd mag ons ook dieselfde troos daarin vind.

Wat 'n sprekend beeld is dit dat Christus as ons Hoof geteken word. Seker, Hy is ook ons Koning, maar hier word Hoof gebruik. Daarin kom die noue band uit wat daar tussen Hom as Hoof en ons as die liggaam is. As 'n man oorboord van 'n skip val en dreig te verdrink, maar sy redder kan sy hoof bo die water hou dan bly hy in lewe. Laat die golwe van die tyd maar die gemeente wat God gekoop het aanval, ons Hoof is bo! Ons Hoof is in heerlikheid, niemand, geen duiwel of hel, kan ons, die liggaam, van Hom ons Hoof losruk nie. Hy sal sy Kerk in veiligheid bring.

II Daarmee het ons by die tweede vraag van sondag 19 aangeland. Daar word gevra: Watter nut bring die heerlikheid van ons Hoof Christus vir ons? Die vraag bedoel eintlik wat maak ons in ons lewe van elke dag, met die belydenis van Christus wat aan die regterhand van God sit? Die antwoord is ryk en tweeledig. Eerstelik dat Hy deur sy Heilige Gees die hemelse gawes in ons, sy lede uitgiet. Ons moet nie gering van die hemelse gawes wat ons Heiland vir ons gereed het, dink nie. Hy giet die gawes in ons uit. Die woord uitgiet spreek van oorvloed, op ons as sy gemeente daal strome van hemelse gawes neer.

Psalm 23 spreek daarvan soos volg: "U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor. " Is dit geen skitterend voorbeeld van die oorvloed van gawes wat daar vir ons in Christus is nie? Ook die pinkster-evangelie spreek van die pinkstergawes wat Christus uitgestort het. Soos ons dit ook uit die bekende pinksterprofesie in Jesaja 44 ken: "Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droe grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders, my seen op jou nakomelinge. " Het ons gehoor hoe hierdie profesie in antwoord 51 deurklink? Sien ons die beloftes van die Here raak? Of is ons nog, op moed verloor se vlakte?

Christene kan partymaal moedeloos raak en die oorvloed van gawes wat in Christus is, glad nie meer raak sien nie. Die apostel Paulus som in sy briewe 'n hele klomp "Charismata", gawes wat Christus sy gemeente skenk, op. Gawes van wysheid, kennis, gesondmaking, profesie, onderskeiding van die geeste, tale en uitleg van tale. Party van die gawes het Christus veral in die eerste tyd ryklik gegee om die Christelike Kerk te vestig. Ander gawes word nog volop uitgedeel.

Moet ons nou die "Charismata", die gawes van die Gees aan die pinkstergemeentes oorlaat? Geen sprake van nie. Ursinus het in sy skatboek waarin hy die kategismus verklaar ook 'n opsomming gemaak: Voorbede, kerkvergadering, evangelieprediking. Daarom moet ons nie gering van die geestesgawes van Christus dink nie. In oorvloed stort Hy hulle uit. Met Psalm 81 sing ons mos: "Al wat jul ontbreek skenk Ek as jul smeek mildlik en oorvloedig. "

Gemeente ons het 'n Heiland aan die regterhand van God wat die hemelse gawes in ons uitgiet. Hemelse gawes vind hul oorsprong in Hom in die hemel, soos Paulus in Ef. 4: 7 se: "Aan elkeen van ons is genadegawes gegee volgens die mate waarin Christus die gawes uitgedeel het. " In die gemeente van Christus is so baie werk te doen: ouderling, diaken, jeug- werk, bybelstudieverenigings, siekebesoek. Daarvoor deel Christus gawes uit. Daarmee is dit soos met 'n stort: jy moet daar onder gaan staan!

Daarna vervolg antwoord 51 beteken die sit aan die regterhand van God: "dat Hy ons met sy mag teen alle vyande beskut en bewaar. " In die tyd toe die kategismus opgestel is, was die kerk van alkante bedreig. Die inkwisisie het duisende protestante aan die owerheid uitgelewer om gedood te word. Ons vaders het hul toe aan hierdie belofte vasgeklou: dat Christus sy kerk teen alle vyande beskut en bewaar. ! Die Skrif is daar vol van. Het God vanwee die Christus wat kom, nie die kerk in die ark van Noag bewaar nie? Het Israel nie veilig deur die Skelfsee gegaan nie? Moses het vir Israel gese: "Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red, want soos julle die Egyptenaars nou daar sien, sal julle hulle nooit weer sien nie. Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg. "

So het die Here sy volk die eeue deur bewaar. Dink aan die eerste christene, die bloed van die martelare was die saad van die kerk. Die Keisers het die gemeente van God nie oorweldig nie. Die hel mag raas en tier, dis Christus wat sy kerk beskut. Napoleon, Hitler, Stalin, en al die magtiges van die wereld hou nie stand nie. Christus wat aan die regterhand van God sit sal sy gemeente bewaar.

So bely ons die Christus regering van hemelvaart tot sy wederkoms. Daarom het ons as gereformeerdes ook grondig die leer van die duisendjarigryk verwerp. Die millennialisme leer dat daar nog 'n duisendjarige Christus regering sal kom. Hulle het dit uit Openbaring 20 afgelei, die satan wat duisend jaar gebind word. Daaraan word deur hulle die terugkeer van Israel na die heilige land en herbou van die tempel verbind. Die gelowiges sal dan in dat vrederyk duisend jaar die wereld regeer. Gemeente dis 'n droombeeld wat telkens weer die christene saam-gesleep het.

Ook in ons tyd word hierdie gedagte weer gepropageer. Ons moet ons nie laat mislei nie. Inderdaad die satan is gebind. Dit wil se: Christus regeer die wereld en bewaar en beskut sy gemeente. Dit word in openb 20 in daardie sprekende beeld van die satan wat vasgebind word, vir ons geteken. Die satan het nog tussen hemelvaart en wederkoms 'n sekere ruimte vir sy bose werke, maar ons Heiland het alle mag in hemel en op aarde! Eenmaal by die wederkoms van ons Heiland sal die duiwel vir goed in die poel van vuur en swael gegooi word.

III Nogmaals die geskiedenis is geen klipharde noodlot wat soos 'n djaggernoutwa verpletterend oor die wereld rol nie. Die wereld is nie aan chaos en ontbinding oorgegee nie, ons mag 'n vaste hoop he. Dis wat vraag en antwoord 52 vir ons leer. Vanuit die hemel werk Christus na die einde van die geskiedenis toe. Geen mag in die wereld kan die regering van Christus stop nie. Dis ook nie nodig om vir daardie luisterryke end bang te wees nie. Want die vraag is: Hoe word jy getroos deur die wederkoms van Christus om te oordeel die lewende en die dode? Die sewende geloofsartikel word deur die kategismus in die lig van sondag 1, van die enigste troos, geplaas. Die wederkoms maak nie bang nie, maar vertroos.

Deur die sterke nadruk op die troos van die wederkoms van Christus, het die kategismus hom teenoor die voorstelling van die kerk van die middeleeue gestel. Die Roomse kerk het die dag; "dies irae", dag van toorn, genoem. Die dag van wederkoms is as 'n huiweringwekkende dag vol van skrik en angs afgebeeld. Daarteenoor stel antwoord 52 met krag dat in die wederkoms van Christus vir elkeen wat glo, groot troos le.

In die eerste woorde van die antwoord hoor ons weer die tyd van die opstel van die kategismus deur klink: "Dat ek in alle droefheid en vervolging met 'n opgerigte hoof dieselfde Saligmaker wat Hom tevore om my ontwil voor die strafgerig van God gestel en die vloek geheel en al van my weggeneem het, as regter uit die hemel verwag. " Troosvolle woorde gemeente! Met opgerigte hoof mag ons, ons Heiland tegemoet sien. Ons het nie nodig om bang te wees nie. Seker as Regter sal Hy kom, maar as Regter wat eers my vloek weggeneem het. Hy het in sy bitter lyding en sterwe in my plek voor die regterstoel van God gaan staan.

Ons gaan nou as gemeente wat vry gekoop en verlos is die koms van ons Heiland tegemoet sien. Sal Hy onverwags kom? Vas en seker. Christus het self gese: "Niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. " Geen mens kan vantevore die dag van die wederkoms van Christus voorspel nie. Tog is dit ook nie nodig dat die gemeente van God die dag onvoorbereid tegemoet gaan nie.

In Matt. 24 waaruit ek netnou aangehaal het se ons Heiland ook: "Leer dit van die vyeboom as voorbeeld: wanneer sy takke begin sag word en hy blare kry, weet julle die somer is naby. So moet julle ook wanneer julle al hierdie dinge sien weet dat die tyd naby is, voor die deur. " Die groot somer sal kom, maar dag en uur bly verborge. Voortekens sal daar wees: Oorloe en gerugte van oorloe, by baie sal die liefde verkoel. Deur voortekens maak Christus die tyd vir die einde ryp. Daar sal baie valse profete kom, en hulle sal baie mense mislei.

Gemeente, is dit met vurig verlange dat ons na die wederkoms van ons Heiland uitsien? Leef ons Hom tegemoet? As dit goed is, is die gemeente van Jesus Christus 'n eskatalogiese gemeente. Dit wil se 'n gemeente wat na die "eskata" die laaste dinge toeleef. Dink aan die gelykenis van die tien meisies. Vyf het te min olie vir hul lampe gehad, vir hulle het dit nie om die Bruidegom nie, maar om die fees van die bruilof gegaan. Hoe sal ons Hom ontmoet? Is daar miskien vir jou 'n risiko in, as Hy op die wolke van die hemel verskyn? Aan die koms kan jy jou nie onttrek nie. In Openb. 1: 7 lees ons: Kyk, Hy kom met die wolke, en al die mense sal Hom sien, ook hulle wat Hom deurboor het!

Die koms sal verrassend en totaal onverwags wees. Soos die weerlig sal die koms van die Seun van die mens met skifting en oordeel wees. Twee mense sal op die land werk, die een sal saamgeneem en die ander agtergelaat word. Twee vroue sal by die meul koring maal, die een sal saamgeneem en die ander agtergelaat word. Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet watter dag julle Here kom nie.

So het ons tot die laaste gekom. Pragtig en ontroerend word die wederkoms van ons Heiland geteken. Hy sal dan al sy en my vyande in die ewige verdoemenis werp, maar my met al die uitverkorenes tot Hom in die hemelse blydskap en heerlikheid opneem. 'n Kategismus verklaarder skryf by hierdie woorde dat hierdie vooruitsig vir ons in hierdie tyd, voor die laaste oordeel, amper nie te verwerk is nie. Ewige verdoemenis vir al sy en my vyande.

Daar is christene wat daar niks van wil weet nie. Tog het Christus self daarvan gespreek: Die man sonder bruilofsklere aan word in die diepste duisternis daarbuite gegooi, waar hulle huil en op hulle tande kners. Hierdie waarskuwing moet ons vir oe staan want dit dring ons, om tot die barmhartigheid van God ons toevlug te neem. In die woorde al sy en my vyande le iets van 'n christelike vloek. Met hierdie woorde word alle louheid, hoogmoed en eiegeregtigdheid in sy kerk, deur God vervloek. As God nie al sy haters vir ewig sou vervloek nie, sou Hy geen God wees nie. God is geen goedaardige man waar oorheen geloop kan word nie. Moet ek u haters dan nie haat nie, Here?

Daarlangs kry ons nou die woorde waarmee antwoord 52 eindig: "maar my met al die uitverkorenes tot Hom in die hemelse blydskap en heerlikheid sal neem. " Die kategismus is suinig met die woord uitverkore. Dit word net twee maal, hier en in sondag 21, gebruik. Ons moet daarop let hoe persoonlik ons hier deur die kategismus aangespreek word: My met al die uitverkorenes! Ek en U mag daarby, by die groot skare wat niemand kan tel nie, wees. Is daar nog iemand op moed verloor se vlakte? Gryp dan hierdie heerlike belofte aan en gaan die groot toekoms met vreugde tegemoet.

By die hemelvaart van ons Heiland het die hemelpoort vir Hom oop gegaan. Nog eenmaal sal die hemelpoort oop gaan. Net soos by die hemelvaart, sal hy dan oop gaan om die groot skare wat niemand kan tel nie, in te laat. Elkeen wat in Hom glo, wat hom in die groot Regter wat tegelyk Heiland is, geborge weet, sal daar in gaan. Dit sal ewig bruilof, vir altyd fees word. As die portale van goud is, hoe sal dan die sale wees? Deur die geloof mag ons daarvan vir altyd seker wees!

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)