Hoofmenu

  • 'n Woord vooraf
  • Ontstaan
  • Grondslag
    • Apostoliese Geloofsbelydenis
    • Nicéa
    • Atanasius
    • Nederlandse Geloofsbelydenis
    • Heidelbergse Kategismus
    • Dordtse leerreëls
    • Die Kerkorde
    • Psalms & Skrifberymings
  • Gemeentes
  • Preke
  • Ander
  • Kontakte
  • Klassisse
  • Sinodes
  • English
Home › Grondslag › Nederlandse Geloofsbelydenis

Artikel 32 - DIE ORDE EN TUG VAN DIE KERK

Drukker-vriendelike weergaweDrukker-vriendelike weergaweOns glo verder dat die regeerders van die kerk, al is dit nuttig en goed om onder mekaar 'n bepaalde orde tot instandhouding van die liggaam van die kerk in te stel en te handhaaf, tog noukeurig moet oppas om nie af te wyk van wat Christus, ons enigste Meester, vir ons ingestel het nie. En daarom verwerp ons alle menslike versindsels en alle wette wat mense sou wil invoer om God te dien en om, op watter manier ook al, die gewetens daardeur te bind en te dwing. Ons aanvaar derhalwe slegs wat kan dien om eendrag en eenheid te bewaar en te bevorder en om alles in gehoorsaamheid aan God te onderhou. Daarvoor is nodig die ban en alles wat daarmee saamhang, toegepas ooreenkomstig die Woord van God. 1 Kor. 7:57; Kol. 2:6,7; Matt. 15:9; Jes. 29:13; Gal. 5:1; Rom. 16:17,18; Matt. 18:17; 1 Kor. 5:5; 1 Tim. 1:20.
‹ Artikel 31 - DIE AMPSDRAERS VAN DIE KERKupArtikel 33 - DIE SAKRAMENTE ›
Enige navrae of kommentaar, kontak die Web Administrator