Hoofmenu

  • 'n Woord vooraf
  • Ontstaan
  • Grondslag
    • Apostoliese Geloofsbelydenis
    • Nicéa
    • Atanasius
    • Nederlandse Geloofsbelydenis
    • Heidelbergse Kategismus
    • Dordtse leerreëls
    • Die Kerkorde
    • Psalms & Skrifberymings
  • Gemeentes
  • Preke
  • Ander
  • Kontakte
  • Klassisse
  • Sinodes
  • English
Home › Grondslag › Nederlandse Geloofsbelydenis

Artikel 27 - DIE ALGEMENE CHRISTELIKE KERK

Drukker-vriendelike weergaweDrukker-vriendelike weergaweOns glo en bely 'n enige katolieke of algemene kerk, 'n heilige vergadering van almal wat waarlik in Christus glo, wat almal hulle volle saligheid in Jesus Christus verwag en in sy bloed gewas is, geheilig en verseël deur die Heilige Gees. Hierdie kerk was daar van die begin van die wêreld af en sal tot die einde daar wees, want Christus is 'n ewige Koning, wat nooit sonder onderdane kan wees nie. En hierdie heilige kerk word deur God teen die woede van die hele wêreld bewaar, alhoewel dit soms 'n tyd lank baie klein is en dit in die oë van die mense lyk asof dit tot niet gegaan het - soos die Here vir Hom gedurende die gevaarlike tyd onder Agab sewe duisend mense bewaar het wat die voor Baäl gekniel het nie. Verder is hierdie heilige kerk nie geleë in, gebonde aan of bepaal tot 'n sekere plek of sekere persone nie, maar dit is oor die hele wêreld versprei en verstrooi. Tog is dit met hart en wil en deur die krag van die geloof in een en dieselfde Gees saamgevoeg en verenig. Ps. 46:6; Jer. 31:36; Ps. 102:14; Matt. 28:20; 2 Sam. 7:16; Luk. 1:32; Ps. 89:37; 110:4; Gen. 22; Rom. 11; 1 Kon. 19:18; 2 Tim. 2:19; Luk. 17:21; Matt. 11:25; Hand. 4:32; Ef. 4:4; 1 Pet. 3:20; Gen. 22:18; Matt. 16:18; Jes. 1:9; Rom. 9:29; Joël 2:32; Hand. 2:21.
‹ Artikel 26 - CHRISTUS ONS VOORSPRAAKupArtikel 28 - ELKEEN IS VERPLIG OM BY DIE WARE KERK AAN TE SLUIT ›
Enige navrae of kommentaar, kontak die Web Administrator