Hoofmenu

  • 'n Woord vooraf
  • Ontstaan
  • Grondslag
    • Apostoliese Geloofsbelydenis
    • Nicéa
    • Atanasius
    • Nederlandse Geloofsbelydenis
    • Heidelbergse Kategismus
    • Dordtse leerreëls
    • Die Kerkorde
    • Psalms & Skrifberymings
  • Gemeentes
  • Preke
  • Ander
  • Kontakte
  • Klassisse
  • Sinodes
  • English
Home › Grondslag › Nederlandse Geloofsbelydenis

Artikel 20 - GOD SE REGVERDIGE EN BARMHARTIGHEID IN CHRISTUS

Drukker-vriendelike weergaweDrukker-vriendelike weergaweOns glo dat God, wat volkome barmhartig en regverdig is, sy Seun gestuur het om die natuur waarin die ongehoorsaamheid begaan is, aan te neem. Hy moes in die menslike natuur aan die geregtigheid voldoen en die straf vir die sondes deur die allerbitterste lyding en sterwe dra. So het God sy regverdigheid teenoor sy Seun betoon toe Hy ons sondelas op Hom gelê het en so ' sy goedheid en barmhartigheid uitgestort oor ons, wat skuldig was en die ewige vervloeking verdien het. Hy het immers sy Seun deur die mees volmaakte liefde vir ons in die dood gegee en Hy het Hom tot ons regverdiging opgewek, sodat ons deur Hom die onsterflikheid en die ewige lewe kan hê. Heb. 2:14; Rom. 8:3,32; 4:25.
‹ Artikel 19 - DIE TWEE NATURE VAN CHRISTUSupArtikel 21 - DIE VERSOENING DEUR CHRISTUS ›
Enige navrae of kommentaar, kontak die Web Administrator