Ons Here Jesus Christus vertel ‘n skokkende verhaal met ‘n barmhartige bedoeling

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2016-03-13
Teks: 
Matthéüs 25 :1-13
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 13 Maart 2016 AD, 10:15

Seën

Ps 43:1,2

Wet

Sb 38:1-3

Gebed

Skriflesing:
Mattheüs 24

Ps 59:1-3

Teks:
Mattheüs 25:1-13

Preek

Ps
59:4,5,6,10

Gebed

Kollekte

Ps 43:3-5

Seën

Preek: Mattheüs 25:1-13

Ons teks
gaan oor die jongste dag.

As dit goed
is staan die gewone lewe van elke dag, met al sy vreugde en verdriet, in die
perspektief van die jongste dag.

Bedoelende,
dat daardie toekomstige dag sy glans oor die hede uitstraal.

Dat daardie
dag ook beslissend is vir die keuses wat ons vandag maak.

Dat daardie
dag veroorsaak dat ons vandag al heel anders in die lewe staan,

geheel
anders as die wêreld rondom ons.

Die feit dat
ons na die jongste dag toe leef, maak dat ons vandag alreeds anders leef.

Gelowige mense
behoort goed op die hoogte te wees van die jongste dag.

Sê maar die
teorie.

Maar die
feit dat hierdie dag in die praktyk werklik ‘n groot rol in ons lewe behoort te
speel, die praktyk is dikwels minders sterk as die kennis.

Verlange na
daardie dag skiet dikwels nog tekort.

Vir baie van
ons sal dit beter uitkom as die Here Jesus liewerste nog ‘n bietjie sou wag.

En die feit
dat die nuwe aarde mooier word as dit wat ons hier het, dit maak dikwels nog so
min indruk op ons.

Die teks vir
vandag kom uit ‘n preek wat die Here Jesus self oor die jongste dag gehou het.

‘n Preek
vlak voor sy laaste lyde en sterwe.

Tema: Ons Here Jesus Christus vertel ‘n skokkende
verhaal met ‘n barmhartige bedoeling

Hierdie
gelykenis vorm ‘n onderdeel van ‘n preek wat Jesus vir sy dissipels gehou het,
Mattheüs 24 en 25..

Dit staan
bekend as sy profetiese rede.

Sy
profetiese rede oor die laaste dinge.

Hierin berei
Hy sy dissipels voor op wat gaan kom.

In die
eerste plek profeteer Hy oor God se oordeel wat op koms is oor sy afvallige
volk.

Sy volk wat
die Messias sou verwerp.

In reaksie
daarop sal God sy tempel verwerp.

Die
profetiese rede kyk vooruit na die dramatiese jare wat op koms was, die tyd
rondom die verwoesting van die stad Jerusalem deur die Romeine, asook die
verwoesting van die tempel.

Jesus
profeteer oor sy Vader se straf oor ‘n afvallig volk, en hoe Hy juis hierdeur
vir die gelowige res uitkoms sou berei.

Maar in lyn
met hierdie aanstondse gebeure, profeteer Jesus ook al oor die jongste dag.

Die dag
waarop die Bruidegom defnitief gaan kom om altyd saam met sy bruid te bly.

Die dag
waarop die bruilofsfees sal begin.

In ons teks
gebruik die Here Jesus die praktiese voorbeeld van ‘n bruilof, en die
voorbereidings wat daaraan vooraf gegaan het.

Die Here
Jesus se preke was deurspek van praktiese voorbeelde, gelykenisse.

Ons teks
begin met die woordjie “Dan”.

Hiermee word
terugverwys na hoofstuk 24, wat gegaan het oor die koms van die Seun van die
mens.

Sien
byvoorbeeld vers 37: “En net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van
die Seun van die mens wees.”

En sien
byvoorbeeld vers 44: “Daarom moet julle ook gereed wees, want die Seun van die
mens kom op ‘n uur dat julle dit nie verwag nie.”

Hier
verduidelik Jesus dat sy koms onverwags sal wees.

En dit
illustreer Hy nou met ‘n gelykenis.

‘n
Gelykenis.

‘n Gelykenis
is ‘n verhaal wat nie regtig gebeur het nie, maar wat wel herkenbaar was, ‘n
voorbeeld uit die alledaagse lewe.

‘n Voorbeeld
van iets wat die mense in Jesus se tyd om hulle heen kon sien gebeur.

Byvoorbeeld
die gewoontes en tradisies rondom ‘n troue, ‘n bruilof.

Nou het ‘n
gelykenis altyd ‘n bepaalde fokuspunt.

‘n
Bedoeling.

‘n
Spesifieke boodskap.

Nie alles
wat in die gelykenis genoem word het ‘n spesiale betekenis nie.

In die
verlede is die gelykenisse wel soms so uitgelê, geëksegetiseer, in die
sogenaamde allegoriese tradisie, waarby agter elke element uit die gelykenis ‘n
verborge betekenis gesoek is.

Dit was
egter nie die bedoeling van ‘n gelykenis nie.

‘n Gelykenis
het ‘n hoofboodskap bevat, en alle elemente van ‘n gelykenis moet in lyn
daarmee uitgelê word.

Wat is nou
eintlik die hoofboodskap van hierdie gelykenis?

Wat wil
Jesus met hierdie verhaal aan ons leer?

Gemeente,
mens kan dit kortliks in drie sinne saamvat:

1 – Dat
julle waaksaam moet wees, gereed omdat die Bruidegom enige oomblik kan opdaag.

2 – Dat
julle te laat is op die oomblik as Hy kom, en julle moet dan nog voorbereidings
tref.

3 – Dat daar
wel deeglik ‘n beslissende skeiding op koms is tussen mense.

Dit is,
kortliks, die spits van hierdie verhaal.

Die orige
elemente moet mens nie oorvra nie.

Hulle het
nie ‘n spesiale betekenis, vir sover dit nie met die hooffokus saamhang nie.

Om ‘n
voorbeeld te noem.

Ons lees hier
oor 5 wyse en 5 dwase maagde.

Hier word
bedoel jong ongetroude meisies, die vriendinne van die bruid.

Maar sou
mens hieruit kon aflei dat ongeveer die helfte van die mensheid hemel toe gaan
en die ander helfte hel toe?

Nee dus.

Dit was nie
Jesus se bedoeling om met hierdie verhaal te vertel hoe baie mense daar hemel
toe sal gaan en hoe baie hel toe nie.

Maar wel is
dit sy bedoeling dat julle waaksaam moet wees.

In die
verlengde van hierdie boodskap sou mens kon aflei:

dit is dus
deegliks so dat sommiges hemel toe gaan en ander hel toe.

Dit kan mens
wel konkludeer op grond van hierdie
gelykenis.

Dit hou
naamlik verband met die hooffokus.

En juis
omdat dit ‘n feit is, behoort jy en ek nou, in die hede, waaksaam te wees.

Die mensdom
word dus vergelyk met tien meisies.

5 wys en 5
dwaas.

Dit verwys
terug na waar Jesus reeds in hoofstuk 24 oor gepreek het.

Dat daar ‘n
dag sal kom waarop daar ‘n skeiding sal plaasvind.

Nou is al
tien nog by mekaar.

Saam wag
hulle op die koms van die bruidegom, om saam met hom na die feessaal te gaan.

Maar die wag
het bietjie baie langer geduur as wat hulle verwag het.

Dus het almal aan die slaap geraak.

Ons ken die
afloop van hierdie gelykenis.

Dit is
eintlik nogal ‘n skokkende afloop.

Wie maak
eintlik die deur van die bruilofsaal toe vir mense wat bietjie laat is?

Mens sou
eerder ‘n opmerking – mog jy self te laat wees – van die kant van die
bruidspaar verwag, iets soos: Wel, ons is in elke geval bly dat julle tog nog
gekom het!

Beter laat
as nooit!

Of: ag, dis
nie so erg nie.

Ons was mos
ook laat!

Veral in die
gasvrye Midde-Ooste maak mens nie sommer die deur toe nie.

Daarom het
hierdie gelykenis dus ‘n skokkende afloop.

‘n
Onherroeplike skeiding tussen die 5 wyse en 5 dwase meisies.

Geen tweede
kans vir die dwases nie.

Hoekom doen
Jesus dit?

Hoekom
vertel Hy so ‘n gelykenis?

‘n Gelykenis
wat heel herkenbaar begin.

Maar wat
eindig met so ‘n bisarre afloop.

Dit was nou
werklik die laaste wat die dissipels sou verwag het, dat die gelykenis so sou
eindig!

Deur toe,
gesluit.

Maar tog
vertel Jesus dit.

Dit is sy
bedoeling dat sy luisteraars hewig geskok is.

Hoekom
eintlik?

Gemeente,
dit het te make met die doel, hoekom Jesus dit vertel.

Die spits
van hierdie gelykenis.

Wees
waaksaam, wees gereed, besef die erns!

Die tien
meisies het lampe gehad.

Mens moet
hier dink aan feeslampe of feesfakkels.

Elektrisiteit
het toe nog nie bestaan nie.

Lampe en
fakkels het op olie gebrand.

Olyfolie.

En net soos
‘n kers ‘n paar uur kan brand en dan op is, so ook die olie.

Nou is daar
mense wat aan die olie ‘n spesiale, ‘n allegoriese betekenis geheg het.

Die olie,
dit sou dui op jou goeie werke.

Op die
oomblik toe die bruidegom opdaag, het geblyk dat die dwase meisies te weinig
goeie werke gehad het.

En toe was
dit dus te laat.

Toe was daar
nie meer tyd vir nuwe goeie werke nie.

Nou weet ons
gelukkig dat ons nie deur goeie werke gered word nie.

Was dit die
geval, dan sou die vyf wyse meisies ook veel te min gehad het.

Dit gaan
inteendeel nie oor goeie werke nie, maar oor jou verhouding met God.

Is jy gereed
om God te ontmoet, elke oomblik, as Hy kom?

Is daar niks
tussen jou en God nie?

Of is daar
‘n hele klomp dinge wat nog bely moet word?

Opgebieg
moet word?

Die
aankondiging dat die bruidegom op koms is, het pas midde in die nag geklink.

Dan klink
daar skielik geroep.

Dit wil sê:
op ‘n tydstip waarop niemand dit meer verwag het nie.

Die vyf
dwase meisies nie, maar net soveel die vyf wyse meisies ook nie.

Ja Hy kom
beslis, maar onverwags!

Gelowiges
kan nie bereken wanneer ons Hom op die wolke kan verwag nie.

Sy koms sal
vir ons net so onverwags wees as vir die ongelowiges.

En die feit
dat Hy ons sal oorval, sal verras, dit maak nie saak nie.

Dit is God
se bedoeling.

Maar, en dit
is die fokuspunt van die gelykenis, die defnitiewe beslissing val nie in die
toekoms nie.

Dis nie dan
eers dat daar beslis gaan word of jy saam met Hom die bruilofsaal mag binnegaan
nie.

Nee, die
beslissing val in die hede.

Is jy
voorbereid in die hede?

Die vyf wyse
meisies het ekstra olie in kanne, of kruikies, saamgevat.

Tien teen
een is hulle uitgelag daaroor.

Dink julle
nou regtig dat dit so lank gaan duur?

Wat is julle
tog pessimisties!

Nee wat, so
veel ekstra moeite doen ons nie.

So word
gelowiges vandag ook uitgelag.

Lank gelede
is ook iemand oor dieselfde rede uitgelag.

Dit was
Noag.

Jesus het al
na hom in sy preek verwys – hoofstuk 24:37.

Noag het ‘n
ark begin bou.

Op droë
land, ver van die see of ‘n dam af.

Dink net hoe
die mense hom moes uitgelag het.

Noag, het jy
mal geword?

Staan en
timmer die hele dag in die warm son ...

‘n Kolossale
boot – wat wil jy daarmee maak?

Maar toe
blyk dit dat Noag nie mal was nie, maar juis baie wys.

Dit het kort
daarna geblyk, toe dit onophoudelik begin reën het.

Hierna
verwys Jesus in sy preek: “net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms
van die Seun van die mens wees.”

“Want net
soos hulle was in die dae voor die sondvloed toe hulle geëet en gedrink het,
getrou en in die huwelik uitgegee het, tot op die dag dat Noag in die ark
gegaan het, en dit nie verstaan het voordat die sondvloed gekom en almal
weggevoer het nie, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.” (vers
38-39)

Gemeente,
gebeur dit nie ook nog vandag nie?

Op ‘n warm
Sondagmiddag, dan trek julle netjiese klere aan, om vir die tweede keer in ‘n
warm kerkgebou te gaan sit.

Terwyl die
res van die woonbuurt almal in hulle swembad is, of dalk op hulle bed, of dalk
in ‘n restaurant.

Is dit nie
dwaas, om twee keer op ‘n Sondag kerk toe te gaan nie?

Ja wie is
eintlik wys?

Die wyse
meisies het ook aan die slaap geraak.

Maar toe die
bruidegom opdaag, het hulle wel olie gehad.

En hulle kon
direk met hom saamgaan.

Ja die
jongste dag sal onverwags aanbreek.

Ons lees dat
die deur daarna gesluit is.

Gemeente,
volgens die destydse gewoontes sou dit nooit gebeur het by ‘n bruilofsfees in
Israel nie.

Tog vertel
Jesus die gelykenis juis so.

Want dit is
wel die werklikheid van die hemelryk.

Dit is die
oomblik waarop die skeiding homself voltrek.

Net soos by
Noag en die ark.

God het die
deur toegemaak.

Die deur van
die ark.

Die deur van
die bruilofsaal.

En so ook op
die jongste dag.

Jesus eindig
sy gelykenis met ‘n gevolgtrekking – vers 13:

“Waak dan,
omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.”

Nou klink
dit dalk teenstrydig.

Want van die
tien meisies was daar geeneen wat bly waak het nie.

Al tien het
aan die slaap geraak.

Ja so is dit
wel.

Die vyf wyse
meisies het dit nie aan hulle eie waaksaamheid te danke gehad, dat hulle mog
saamgaan in die bruilofsaal in nie.

Toe die
bruidegom aankom, het hulle ook daar gestaan en hulle oë uitgevryf.

Nie werklik
‘n feestelike opgewekte stemming nie.

Maar ondanks
dit, ondanks hulleself, mog daardie vyf tog binne gaan.

Want hulle
het olie op voorraad gehad.

Nie vir niks
sê Jesus kort daarna vir sy dissipels: waak én bid!

Jesus weet
hoe dit met die waaksaamheid van sy dissipels gesteld is.

Binnekort
sou Hy dit pynlik ervaar in die tuin van Getsemane, toe al sy dissipels aan die
slaap geraak het.

Ja in
geestelike opsig val ons so maklik aan die slaap!

Wie sal
Christus by sy koms aantref, wat volledig waaksaam is?

Waarskynlik
nie een nie.

Al vyf die
wyse meisies het ook aan die slaap geraak.

Waak én bid!

Die olie kan
mens sien as ‘n simbool vir jou gebed.

Gelukkig het
daardie vyf olie by hulle gehad.

Oftewel,
hulle het ekstra maatreëls vooraf getref.

En toegepas
op vandag, gemeente:

Moenie sê:
ag, môre sal Hy waarskynlik nie kom nie.

Môre sal ek
wel weer bid.

Want van
uitstel kom afstel.

Maak dinge
vandag reg tussen jou en Hom.

Bid vir Hom,
bely jou skuld.

Bid, voordat
jy weer aan die slaap raak.

Want as Hy
kom, dan kan daar nie skielik nog van alles gebeur nie.

Dan is dit
regtig te laat.

Gemeente,
dit lyk of hierdie gelykenis baie onbarmhartig eindig.

Maar so is
dit nie.

Die
bruidegom deel van te vore mee, dat Hy onverwags gaan kom.

En dat dit vir jou gevoel ook wel baie laat sou kon wees.

Vir die vyf
dwase meisies in die gelykenis was dit te
laat.

Maar laat
ons wel wees, gemeente.

Hierdie is
maar ‘n verhaal, ‘n gelykenis.

Hierdie is
vyf fiktiewe dwase meisies.

Hulle het
nooit geleef nie.

Maar vir u,
vir jou en my, gemeente, is dit nie te laat nie.

So vra
jouself af: by watter groep hoort jy?

By die vyf
wyse meisies?

Of by die
vyf dwase meisies?

Miskien moet
jy wel so eerlik wees om vir jouself te sê: ek hoort eintlik by die dwase
meisies.

Soos ek nou
op hierdie oomblik lewe, is ek baie dwaas besig.

Wat sal God
wel nie van my dink nie?

Sê nou maar
Jesus kom vandag terug, wat sal daar dan met my gebeur?

Ja, ek is
ook dwaas!

Beteken dit
dus dat dit vir my te laat is?

Dat dit sou
beteken dat die deur ook voor my oë gesluit gaan word, en ek buite bly?

Gemeente, ek
het al aan die begin genoem:

Die spits,
die fokus van Jesus se verhaal is nie om bekend te maak hoeveel mense in die hel en hoeveel
daar in die hemel gaan kom nie.

Nee, die
doel is om jou wakker te skud.

En dan kom
ons dus nou van die gelykenis na die werklikheid.

Vandag dus.

In die
gelykenis was dit te laat.

Maar in die
werklikheid, nou vandag, is dit nog nie te laat nie.

Ja, jy is
miskien nou dwaas.

Maar jy kan nou nog winkel toe gaan om olie te
gaan koop.

Verstaan jy?

Olie ...
simbool vir gebed.

Maak dinge
goed tussen God en jou.

Bid tot Hom,
gaan op die knieë.

Bely al jou
sondes.

Reken af met
wat tussen jou en Hom staan.

Maak jou
oliekruik vol.

Vul jou lewe
met genade.

Doen dit
vandag, want môre is dit te laat.

Môre,
Maandag, het jy miskien weer aan die slaap geraak, en word jy eers wakker as Hy
daar is!

Onbarmhartig,
hierdie gelykenis?

Nee, juis
nie.

Juis omdat
dit so skokkend is, is dit barmhartig.

Jesus is
begaan oor jou lot.

Hy wil dat
jy nou maatreëls neem.

Dat dit vir
jou nie te laat sal wees nie.

Hoeveel
mense sien mens nie in hierdie wêreld, wat op sig wel in God wil glo, maar wat
dit steeds voor hulle uitskuif.

Omdat hulle
eers nog self wil leef, self wil doen wat hulle wil doen.

En van uitstel
kom afstel.

En as dit
dan ‘n keer werklik moet, dan kry hulle dit nie meer reg nie.

Omdat hulle
geestelik al so ver heen is, so diep ingeslaap het.

Weet u,
gemeente, dat die duiwel wat dit betref die beste narkotiseur is?

Sorg dat jy
dinge goed maak met God.

Want die
kans dat u, jy, ek, weer inslaap, is groot.

Net soos by
die vyf wyse meisies.

Dit leer die
gelykenis ons net so goed.

Moet die
Here Jesus nog ‘n rukkie wag, met die jongste dag?

Nee, as ons
besef hoe mooi die nuwe aarde sal wees, hoe skoon en rein, dan sien ons juis
daarna uit.

Jesus moet
nie wag nie, nee, u moet Hom verwag.

Hoe vinniger
hoe beter!

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)