Eerbiedig God se skeppingsorde op die gebied van seksualiteit

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2014-08-03
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 41
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 3 Augustus 2014 AD, 10:15

Voorsang: Ps
102:1,2,8

Votum

Seën

Ps 119:33

Wet

Ps 119:34

Gebed

Skriflesing:
Levitikus 18

Ps 45:9,10

Skriflesing:
1 Thessalonisense 4:1-8; 1 Korinthiërs 6:12-20; Romeine 13:8-14

Ps 45:14,16

Teks: Heidelbergse
Kategismus Sondag 41

Preek

Ps 128:1,2

Gebed

Kollekte

Ps 128:3,4

Seën

Preek: Sondag 41 – 7e gebod

Ons ervaar
vandag groot kultuurverskuiwings ten aansien van die sewende gebod.

’n Huwelik
tussen ’n man en ’n vrou is nie meer die enigste soort ‘huwelik’ nie.

Seksuele
omgang is wydverbreid buite die veilige omheining van die huwelik.

As Christene
moet ons ’n bewuste keuse maak hoe ons self lewe.

Ons kan nie
net saamdryf met die heersende kultuur nie.

Soos die
volk Israel destyds die land Kanaän ingetrek het om die land te suiwer van al
sy losbandige praktyke,

en soos die
apostel Paulus die Christene in die Griekse stede opgeroep het om anders te
lewe,

om ’n sout
vir die samelewing te wees,

so word ons
vandag opgeroep om ’n soutende sout te wees.

Tema: Eerbiedig God se skeppingsorde op die gebied van seksualiteit

1                  
Vlug weg vir
alles wat jou seksualiteit kan besoedel

2                   
Bedink
steeds dat jy ’n tempel is van die Heilige Gees

1      
Vlug weg vir
alles wat jou seksualiteit kan besoedel

God het die
huwelik ingestel tussen ’n man en ’n vrou.

In daardie
verhouding was dit sy bedoeling dat die seksuele aanleg van mense tot
ontplooing kom.

Die sewende
gebod het God gegee om die huwelik, en alles wat met seksualiteit te make het,
te beskerm.

Sodat
hierdie gawe nie misbruik word nie.

Want na die
sondeval het al gou geblyk dat mense geneig was om te ontspoor.

In Genesis 4
lees ons die eerste keer oor iemand, Lameg, wat homself skuldig gemaak het aan
misstappe op seksuele gebied.

Net soos hy
nie daarvoor teruggedeins het om iemand eiehandig dood te maak as hy dit nodig
geag het nie, so het hy ook sy eie kop gevolg en vir homself twee vroue gevat.

Die eerste
keer wat ons dus in die Bybel lees oor die oortreding van die sewende gebod.

God het man
en vrou as ’n eenheid geskape, maar Lameg het sy eie behoeftes gevolg en nog ’n
vrou gevat.

So het hy
God se skeppingsorde oortree.

Die
skeppingsorde ten aansien van ‘n monogame huwelik het hy nie in ere gehou nie.

 

Sondag 41
sê: alle onkuisheid is deur God vervloek.

Die woord ‘onkuisheid’
gebruik ons nie meer so baie nie.

Mens kan ook
sê: alle misplaaste gedrag op seksuele gebied.

Ons het saam
Levitikus 18 gelees.

Daarin word
‘n aantal voorbeelde genoem van praktyke wat God nie in sy skepping tolereer
nie.

‘n Paar
voorbeelde word genoem wat toe aktueel was, soos:

-         
Geen seksuele omgang met ‘n familielid nie;

-         
Geen seksuele omgang met aangetroude familie
nie;

-         
Ook geen seksuele omgang met iemand van
dieselfde geslag nie;

-         
Ook geen seksuele omgang met ‘n dier nie.

Hierdie is
voorbeelde wat God noem en waarmee die Israeliete ongetwyfeld in aanraking sou
kom sodra hulle die land Kanaän binnetrek, waarnatoe hulle oppad was.

En die HERE
sê dan baie duidelik wat die konsekwensie van hierdie onkuisheid is:
verontreinig julle nie deur dit alles nie, want hiermee het die nasies wat Ek
voor julle uitdryf hulleself verontreinig. Die land is deur hulle
verontreining, sodat die land sy inwoners uitgespuug het.

Julle moet
egter my insettinge en verordeninge in ag neem en geen van hierdie gruwels bedryf
nie, sodat die land nie julle ook uitspuug nie.

 

Hierdie
woorde, wat God aan die Israeliete gerig het, is ook vandag nog aktueel.

Wie ‘n
seksuele lewensstyl het wat nie God se wette in ag neem nie, vernietig op den
duur homself.

God se wette
is naamlik juis bedoel om mense se seksualiteit in goeie bane te lei.

 

‘n
Soortgelyke wêreld waarmee die Israeliete in aanraking gekom het toe hulle
Kanaän binnegetrek het, vind ons ook terug in 1 Thessalonisense.

Daar gaan
dit oor mense in die Griekse stad Thessalonika wat Christen geword het.

Ons lees in
hoofstuk 4 dat hulle omring is deur heidense praktyke op seksuele gebied.

In 1
Thessalonisense 4:3 staan: julle moet julle onthou van die hoerery.

Hoerery was
algemeen aanvaarbaar in daardie maatskappy.

Dit was selfs
gekoppel aan die gebruike by die tempels.

Ons lees
meer in die Nuwe Testament dat die bekeerde heidene hulle ver moes hou van
tempelhoerery.

Op hierdie
punt, skryf Paulus in opdrag van die HERE, moet Christene anders wees.

Sommige
pasbekeerde Christene het nog nie ingesien wat alles op seksuele gebied
onbetaamlik was nie.

Hulle het
nog nie genoeg sig gehad op God se goeie wette en skeppingsorde nie.

Dis hoekom
Paulus baie konkreet aan hierdie mense skryf.

Ook al word
julle omring deur losbandige praktyke, as Christen neem jy nie daaraan deel
nie.

Paulus gee
in hierdie verband duidelike positiewe instruksies.

Soos in vers
4:

“dat elkeen
van julle moet weet om sy eie vrou te verkry in heiligheid en eer”.

“nie in
hartstogelike begeerlikheid soos die heidene wat God nie ken nie”.

Dit gaan
hier oor die eise wat ‘n gelowige stel as hy ‘n lewensmaat soek.

Die
kwaliteite wat vir die wêreld op nommer 1 staan, is nie waarna Christene eerste
kyk nie.

In die
wêreld soek mans ‘n vrou wat mooi is volgens wêreldse maatstawe, soos die
heersende ideaalbeeld dit voorskryf soos mens daagliks in tydskrifte, op televisie
en internet kan sien.

En in die
wêreld soek vroue veral vir ‘n man wat ryk is.

Maar as ‘n
Christen ‘n lewensmaat soek, lê sy of haar prioriteite egter anders.

Ons soek in
die eerste plek iemand wat die HERE vrees.

Ons hou
rekening met die doel hoekom die HERE die huwelik ingestel het.

 

Die huwelik
is ‘n eerbare saak, soos daar staan in Hebreërs 13:4.

God het
naamlik die huwelik ingestel.

En daaruit
volg dat jy ook die huwelik van ‘n ander respekteer.

Jy meng jou
nie daarin nie.

Al is dit
gebruiklik in die wêreld om te flirt, as Christene bly ons ver daarvan.

Ons het
respek vir die huwelik.

Want ons weet
watter ellende en verdriet dit meebring as ‘n huwelik op die rotse loop.

 

Dit is vir
ons meestel ‘n groot skok as ons hoor dat iemand gaan skei.

Tog raak

mens na ‘n ruk daaraan gewoond.

Ook
Christene kan al hoe meer gewoond raak, hoe meer dikwels dit plaasvind.

Dit neem
egter nie weg wat die Bybel ons leer, naamlik dat God egbrekers sal oordeel
nie.

God weet
watter ernstige gevolge dit het.

 

Daarom: geen
misplaaste gedrag op seksuele gebied nie, nie met dade, nie met woorde, nie met
gedagtes nie.

Eerbiedig
God se skeppingsorde.

Soos die
Israeliete in Kanaän anders moes wees,

Soos die
Christene in Thessalonika anders moes wees,

So ook ons
vandag in Suid-Afrika.

As jy
uitgaan met ‘n vriend of vriendin, en hy/sy is nie in staat om te wag tot na
julle troudag nie, kan jy die verhouding liewers dadelik beeïndig.

Dit is ‘n
teken, ‘n bewys dat daardie persoon nie geleer het om sy of haar seksualiteit
in goeie bane te lei nie.

Dit is ‘n
bewys of iemand betroubaar of onbetroubaar is, of dit moontlik is dat jy met
hom of haar ‘n lewe lank kan deurbring in wedersydse trou, as jy wag tot na die
huweliksdag.

As iemand
nie kan wag nie, watter waarborg het jy dat hy / sy binne die huwelik nie ook
met ‘n ander om sal gaan nie?

Elkeen van
ons moet leer om ons seksualiteit in goeie bane te lei.

Laat ons nie
blind wees vir die gevolge nie.

Nie vir niks
sê die HERE in die Bybel: Ek haat egskeiding.

Maleagi
2:16.

 

Soos gesê,
die 7e gebod gaan oor meer as egskeiding.

Wanneer daar
egbreuk plaasvind, het daar dikwels daarvoor al heelwat gebeur.

Laat ons
elke dag suiwer leef, ook in woorde en gedagtes.

Laat ons nie
geniet van wat verkeerd is nie, ook nie as dit op televisie kom in die vorm van
sepies nie.

Soos Jesus
in Mattheüs 5 sê: “Julle het gehoor dat ... gesê is: Jy mag nie egbreek nie.
Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in
sy hart met haar egbreuk gepleeg het.”

Egbreuk is
die eindstasie.

Een van die
eerste tussenstasies is as jy grappies maak oor die seksuele.

Dit is een
van die subtiele wyses waarop die duiwel werk.

Hy maak eers
iets bespreekbaar, daar word grappies oor gemaak.

Jy raak
daaraan gewoond om te praat oor en te geniet van wat verkeerd is.

En so sit jy
al in die trein wat oppad is na die eindstasie.

Soos daar in
Efesiërs 5 staan: “maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder
julle selfs nie genoem word nie, ... ook nie dwase of lawwe praatjies wat nie
pas nie” (v3-4).

Vuil
grappies dus, of tydskrifte, of TV programme, of webwerwe, alles wat by mense
verkeerde begeertes opwek, moet ons die rug toekeer.

Daar is nie
‘n tussenoplossing nie.

As jy dink
dat jy sterk genoeg is, om die een te doen maar die ander te laat, dan bedrieg
jy jouself.

Die
Spreukedigter verwoord dit heel nugter:

“kan iemand
op gloeiende kole loop, sonder dat sy voete brandwonde kry?” (6:28)

 

Die
Kategismussondag oor die 6e gebod het verduidelik dat jy nog nie klaar is as jy
nie iemand vermoor het nie.

Want daar is
ook ‘n positiewe kant, naamlik dat jy jou naaste moet liefhê.

Dit geld net
so vir die 7e gebod.

Jy is nie klaar
as jy nog nie egbreuk gepleeg het nie.

Elke dag
plaas hierdie gebod jou voor ‘n positiewe uitdaging:

As jy
getroud is, om steeds digter na jou eggenoot toe te groei.

As jy nie ‘n
eggenoot het nie, of as hy al oorlede is, om die taak wat God jou tog in die
lewe gegee het, dankbaar te volbring.

Of as jy nog
op soek is na ‘n lewensmaat, om dit met die regte kriteria te doen – in alle
eerbaarheid soos die Bybel sê.

Dit is
waarna ons nou in die tweede punt gaan kyk: wat Christus ons met hierdie gebod gebied.

Hoe Christus
ons met hierdie gebod wil transformeer.

 

2          Bedink steeds dat jy ’n
tempel is van die Heilige Gees

Kom ons
begin met 1 Korinthiërs 6, wat ons gelees het.

julle
liggaam is ‘n tempel van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God
het, en julle behoort nie aan julleself nie. Want julle is duur gekoop.
Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

Die woorde aan
die begin van antwoord 109 van die Kategismus is duidelik aan hierdie vers
ontleen.

Omdat ons
liggaam en siel tempels van die Heilige Gees is, wil Hy dat ons altwee suiwer
en heilig moet bewaar.

Wat word
eintlik bedoel met: ‘n tempel van die Heilige Gees?

Ons moet
hierby terugdink aan die tempel in die Ou Testament.

Die tempel
was die mooiste gebou wat in Jerusalem gestaan het.

Logies, want
dit was God se woning.

Die
priesters wat in die tempel diens gedoen het, mog dit net kaalvoet doen.

Dit was in
die Midde-Ooste ‘n teken van respek.

Daarmee het
jy aangedui dat die gebou nie aan jou behoort nie.

Ook moes die
priesters spesiale pragtige wit klere dra, wat heeltemal skoon en rein moes
wees.

Dit alles
omdat hulle in God se huis was.

Nie dat God
slegs aan die tempel gebonde was nie.

God die
Skepper is naamlik alomteenwoordig.

Sy eintlike
woonplek is die hemel.

Maar
spesifiek in die tempel wou Hy ook wees, te midde van sy volk.

As ons dan
hier in 1 Korinthiërs hoor dat ons liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is,
dan kan ons verskillende dinge daaruit leer:

In die
eerste plek dat ons liggaam mooi is, so mooi dat God self daarin wil woon.

Daaruit volg
dat jy lief kan wees vir jou unieke liggaam, ook al voldoen jou liggaam nie aan
die skoonheidseise wat die samelewing stel nie.

Elke liggaam
is deur God geskape, goed en mooi genoeg vir die Heilige Gees om ‘n tempel te
wees.

Daaruit volg
dat ‘n Christen sy liggaam met sorg en respek behandel, omdat dit ‘n tempel is.

Dis nie net
jou siel wat ‘n tempel is nie, ook jou liggaam.

Dink aan hoe
die priesters kaalvoet in die tempel hulle werk moes doen.

Uit respek
vir die gebou waarin hulle was.

Hieroor kan
mens soveel dinge sê.

Dit gaan oor
hoe jy lewe.

Jou eet en
drinkgewoontes.

Hoe jy
aantrek.

Waarmee jy
jouself besig hou.

Die
Kategismus sê: ons liggaam en siel is tempels van die Heilige Gees, en dus wil
Hy dat ons altwee suiwer en heilig moet bewaar.

Sondag 41
spits dit dan toe op die 7e gebod, op die gebied van die seksuele.

Bedink
steeds dat jy ‘n tempel is van die Gees van Christus.

 

Juis daarom
staan ons selektief in die lewe.

Verkeerde
seksuele woorde, dade of gedagtes vermy ons.

Of, soos
iemand gesê het: ons behandel dit soos ‘n doring of ‘n glasskerf.

Trek jy uit
jou liggaam uit, uit jou lewe, uit jou gedagtes.

En gooi dit
op ‘n plek waar dit nie iemand anders ook kan seermaak nie.

Ons lees nie
skewe boeke nie; kyk ook nie sulke programme nie.

Ons sorg ook
dat die manier waarop ons aantrek nie ‘n verkeerde boodskap oordra na ander
nie.

Ons gee ons
hart ook nie in verliefdheid aan iemand wat nie die HERE opreg dien nie.

So staan ons
selektief in die lewe.

Jy is steeds
daarvan bewus dat jy ‘n tempel is van die Heilige Gees.

 

Dit is iets
waarop jy trots mag wees.

In Christus
is jy ‘n nuwe mens, ‘n nuwe skepping.

‘n Pragtige
tempel, waarin sy Gees woon.

So wil God
dit hê, so sien Hy dit graag.

 

En dan gaan
ons nou nog kyk na Romeine 13, wat ons ook gelees het.

Daar staan:
“Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag.”

Die woordjie
‘welvoeglik’ kan mens op verskillende maniere vertaal, afhangende van die gebod
waaraan jy dink.

Dink jy
byvoorbeeld aan die 5e gebod, dan wil ‘welvoeglik’ sê: gehoorsaam aan jou ouers
en die owerheid.

Dink jy aan
die 6e gebod, dan wil ‘welvoeglik’ sê: nie aggresief nie, maar met respek vir
‘n ander se lewe.

Dink mens
aan die 8e gebod (ons kom nounou by die 7e), dan wil ‘welvoeglik’ sê: nie oneerlik
nie, nie skelm nie, maar betroubaar.

Dink mens
aan die 9e gebod, dan wil ‘welvoeglik’ sê: respek vir die naam van jou
medemens.

En dan, wat
betref die 7e gebod, wil ‘welvoeglik’ sê: nie ‘n misplaaste seksuele lewenswyse
nie, maar op ‘n manier wat ooreenstem met die skeppingsorde.

Paulus noem
‘n paar voorbeelde in Romeine 13: “Laat ons welvoeglik wandel soos in die dag,
nie in brassery en dronkenskap, nie in ontug en ongebondenheid, nie in twis en
nydigheid nie. Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen
voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie” (v13-14)

 

Oor hierdie
vers nog enkele opmerkings:

“beklee
julle met die Here Jesus Christus”

Dis soos
wanneer jy pragtige nuwe klere aantrek en sommer ‘n ander mens voel.

As Christus
in jou lewe gekom het, kan jy nie dieselfde bly nie.

Hy verander
jou.

Karaktereienskappe
soos wellus, losbandigheid, twis of nyd verdwyn.

Hy maak van
jou ‘n mens wat eerbaar leef, wat geduldig is, wat vriendelik en betroubaar is.

So kan ons
hierdie uitdrukking verstaan: beklee jou met die Here Jesus Christus.

Besef dat jy
‘n tempel van die Heilige Gees is.

‘n Tempel
wat skoon en rein, gesond en aantreklik is.

Hierdie
besef bepaal die manier hoe ons in die lewe staan.

Dit gee ook
rigting aan die manier hoe ons seksualiteit beskou en uitleef.

As ‘n
kosbare skeppingsgawe van God.

‘n Gawe wat
sedert die sondeval gruwelik misbruik word.

Maar die 7e
gebod leer ons opnuut hoe ons hierdie skeppingsgawe moet
hanteer.

Ook wat
hierdie gebod betref, kom die oproep vandag tot julle:

Soos Josua
gesê het: kies vandag wie julle gaan dien.

Eintlik het
ons geen keuse.

Christus het
jou reeds gekoop, jy IS sy kosbare eiendom.

Die oproep
om suiwer te lewe, ook wat die 7e gebod betref, klink daarom des te sterker.

Christus
transformeer jou.

Hy het jou
‘n tempel gemaak van sy Gees.

 

Amen.

 

 

 

 

 

 

 

Liturgie: 

(kyk in preek)