Die doopwater leer ons om te lewe van die bloed en Gees van Christus

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2014-02-23
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) 26
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 23 Februarie
2014 AD, 17:30

Voorsang: Ps 41:4,5,6

Votum

Seën

S: Ps 12:1,6

Gebed

Skriflesing:
1 Petrus 3:18 – 22

S: Ps 12:7

Skriflesing:
Openbaring 7:9-17

S: Ps 56:1

Skriflesing:
Johannes 16:1-14

S: Ps 56:3

Teks:
Heidelbergse Kategismus Sondag 26

Preek

S: Sb 14:1,2

Gebed

Geloofsbelydenis
(Nicea)

S: Ps 105:5
(die HEER wat van geen wankel weet nie, sal nimmer sy verbond vergeet nie)

Kollekte

S: Sb 36:4,5
(sing ons oor die 144 000, die skare van die kerk van Christus)

Seën

Sondag 26

Laasweek se
Kategismuspreek was ‘n inleiding op die sakramente.

Waar kom
daai woord vandaan?

Wat is
sakramente, is die vraag wat toe gevra is.

Vandag kom
die eerste sakrament, die doop, aan die orde.

Die doop was
in die tyd toe die Kategismus geskryf is, ’n omstrede onderwerp.

Daarom word
daar uitgebreid aandag aan bestee.

Maar liefs
twee vol Sondae.

Vergelyk dit
met ’n ander onderwerp, byvoorbeeld die Drie-eenheid van God.

Net ’n kort
vragie en antwoord word daaraan spandeer.

Dit wil nie
sê die doop is volgens die Kategismus belangrik as die Drie-eenheid nie.

Die
Drie-eenheid was toe nie in die tyd van die Reformasie ’n kontroversiële
onderwerp nie.

Op daardie
punt het Roomses en Protestante saamgestem.

Maar wat die
doop betref moes die hervormers posisie kies tussen verskillende partye.

Hulle het
hierby so goed moontlik na die Bybel probeer luister.

Want die
Bybel is die toetssteen, die ykpunt van alles wat ons glo.

En so het
dit gebeur dat die Reformasie bewus vasgehou het aan die kinderdoop, in die
naam van God Drie-enig, net soos in die Roomse kerk.

Wel het die
Reformasie aan die doop sy publieke karakter terugegee, as ’n handeling wat
tydens die erediens moet plaasvind, dit in teenstelling tot die Roomse kerk,
waar mense hulle kinders ook deur die week kan laat doop, met net die priester
en die ouers aanwesig.

Na die ander
kant toe het die Reformasie duidelik standpunt ingeneem ten opsigte van die
wederdopers.

Ook vandag
sien ons dat daar verskillende opvattings oor die doop heers.

Daarom is
dit belangrik dat ons ook vandag sal moet teruggaan na die Bybel.

Tema: Die doopwater leer ons om te lewe van die bloed en Gees van Christus

1                  
Die water
wat oordeel en red

2                  
Die bloed
wat skoonwas

3                  
Die Gees wat
transformeer

1                  
Die water
wat oordeel en red

In antwoord
71 word twee tekste genoem waaruit blyk dat dit Jesus was wat beveel het om
mense te doop.

Uit hierdie
twee tekste – Mattheüs 28 en Markus 16 – is duidelik dat die doop ’n konneksie
lê met die Drie-enige God.

En ten
tweede, ook ’n konneksie met die redding wat Jesus verwerf het.

Hierdie twee
tekste kom van kort voor Jesus se hemelvaart.

Nou is dit
nie so dat Jesus toe eers die doop ingestel het nie.

Dit het veel
vroeër gebeur.

Dit het
eintlik al begin met die doop van Johannes die Doper.

Sy doop kan
mens ’n voorbereiding noem op Jesus se doop.

Die Bybel
dui self ’n gradasieverskil aan tussen die twee.

Johannes het
met water gedoop, maar die Messias sal met die Heilige Gees doop.

Wat Jesus se
doop presies is, word duidelik in hierdie twee tekste.

Dit is
naamlik ’n doop in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees.

Hierdie doop
moet voortaan elkeen ontvang wat deel word van die kerk.

Die
Kategismus praat oor die waterbad van die doop.

Hiermee
herinner die opstellers van die Kategismus aan die oorspronklike manier hoe die
doop plaasgevind het.

Onderdompeling.

Die apostels
het dikwels gesinspeel op hierdie manier van doop.

So noem
Paulus byvoorbeeld in Romeine 4:6 die doop ’n afbeelding van die dood.

Dit het met
die feit te make dat jy ondergedompel word.

Kop onder
die water beteken, jy sal verdrink, tensy iemand jou weer optrek.

 

Nou was dit
in die tyd van Ursinus en Olevianus, wat die Kategismus geskryf het, nie meer
die gewoonte om by die doop onder te dompel nie, maar om te besprinkel.

Deesdae is
dit ons gewoonte om water oor die koppie te sprinkel, in daardie tyd was dit die
gewoonte om water oor die baba se rug te giet.

In elk
geval, toe net soos vandag by ons, was dit nie meer ’n doopbad nie, maar ’n
doopvont.

Die hervormers
het nie ’n punt daarvan gemaak dat die doopbad per sé in die kerk moes
terugkeer nie.

Hulle
redenering was dat as die betekenis van die seremonie maar goed duidelik is,
dat die manier waarop van sekondêre belang is.

Vandag kan
ons hierdie mening nog steeds onderskryf.

Onderdompeling
of besprenkeling – soos die doopformulier sê – dit maak nie saak nie.

Laat ons ’n
ander of ’n ander ons nie bekritiseer, omdat die een onderdompel, en die ander
een besprinkel nie.

Dit is nie
die moeite werd dat gelowiges oor ’n punt soos hierdie baklei nie.

Laat ons
eerder fokus op die inhoud.

Dat ek net
so seker met Christus se bloed en gees gewas is van al my sondes, as wat ek
uitwendig gewas word met water.

 

Die
Kategismus praat van die uitwendige waterbad.

Die woordjie
uitwendig beklemtoon dat die doop ’n
teken, ’n illustrasie is.

’n
Illustrasie van die boodskap van die Evangelie.

Die
Evangelie soos ons dit in die Ou en Nuwe Testament vind.

Petrus
vestig ons aandag hierop as hy skryf:

“waarvan die
teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as ’n aflegging van die vuilheid van
die vlees nie, maar as ’n bede tot God om ’n goeie gewete – deur die opstanding
van Jesus Christus”

Die apostel
Petrus verduidelik hier dat ons in die sondvloedgeskiedenis al ’n
voorafskaduwing van die doop vind.

Die woord
‘teëbeeld’ beteken soiets soos voorafskaduwing.

Iets in die
verlede wat alreeds op die koms en betekenis van die doop dui.

En dan dink
Petrus veral aan al die baie water wat die aarde met die sondvloed bedek het.

Waardeur
mense verdrink het.

Water as
straf op die goddeloosheid van die mense.

Maar, staan
daar, Noag en sy gesin is deur die water heen gered.

Elke keer as
iemand in die kerk gedoop word, en as ons die HERE dank vir die doop, dan klink
die volgende woorde in die formuliergebed:
“almagtige, ewige God, U het volgens u regverdige oordeel die ongelowige en
onboetvaardige wêreld met die sondvloed gestraf. Maar U het die gelowige Noag
met sy gesin, slegs agt mense, deur u groot barmhartigheid gered en bewaar.”

Met hierdie
sinnetjie word daar nie net gesê dat Noag, danksy sy plekkie in die ark, nie
verdrink het en op die water bly dryf het totdat dit weer gesak het nie.

Petrus
bedoel hier eintlik nog meer.

Hy bedoel:
Noag en sy gesin is eintlik deur die water gered.

Of laat ek
dit anders stel: hulle is DANKSY die water gered.

Juis deur
die oordeel van God, hierdie waterramp, het die HERE uitkoms gegee aan die
gelowiges.

Nuwe kanse
vir hulle, omdat ’n gelowige lewensstyl deur al die goddeloosheid op aarde voor
die sondvloed haas onmoontlik geword het.

Kortom dus:
die oordeel oor die ongelowiges bring terselfdertyd redding vir die gelowiges.

Dis die
ander kant van die muntstuk.

Dit herinner
aan die woorde wat Jesus later sou sê:

Tot ’n
oordeel het ek op aarde gekom.

Juis deur die
oordeel heen red Hy hulle wat aan Hom getrou gebly het.

Diegene wat
nederig by die Here Jesus skuil.

En net so –
bely ons as ons daardie bekende gebed bid uit die doopsformulier – net so red
die Here vandag mense deur die doop.

Die water
bring skeiding tussen die ongelowiges en die gelowiges.

Water wat
oordeel en red.

Dis wat die
water van die sondvloed gedoen het.

En so doen
ook die water van die doop.

Deur die
doop ontvang die persoon ’n plekkie in die ark, die plek van veiligheid.

Die ark in
die Nuwe Testament is die kerk van Christus.

 

So vind ons
die Evangelie, die goeie boodskap, in die Ou en Nuwe Testament.

Die redding
van Noag en sy gesin – dit was Evangelie in die Ou Testament.

Die redding
vir elkeen wat skuiling vind in die kerk – dit is Evangelie in die Nuwe
Testament.

As jy in die
kerk is, dan begin daar met jou dit te gebeur waarvoor die doop ’n teken is.

Naamlik dat
jy – net soos water jou uitwendig was – jy nou inwending gereinig word.

Die Gees
werk naamlik in die kerk, en sy reiniging duur jou hele lewe.

Die effek
van sy reiniging is – soos Petrus skryf – dat jy steeds meer ’n rein gewete
kry.

Ook dat jy
al hoe afhankliker word van God.

Ook dat jy
daagliks in gebed tot Hom nader.

Dat jy
daagliks jou lewe laat reinig deur die bloed van Christus.

Dat jy
daagliks bid vir die Heilige Gees.

Gewas word
deur die bloed en Gees van Christus, soos antw. 69 dit omskryf.

Mens kan ook
sê:

Die
regverdiging en die heiliging van ’n sondaar.

Die
transformasie van ’n sondaar.

 

2          Die bloed wat skoonwas

Hoe sondare
soos ons getransformeer word op aarde, hier in die kerk van Christus, daaroor
het ons gelees in Openbaring 7.

Waar dit
gaan oor die 144 000.

’n
Simboliese getal vir ’n groot skare wat niemand kan tel nie.

Almal
sondaars, wat gereinig is deur die bloed en Gees van Christus.

Vers 14 sê
dit in beeldspraak:

“Dit is
hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul
klere wit gemaak in die bloed van die Lam.”

Wat word
hier bedoel met die groot verdrukking?

As u
Mattheüs 24 sou lees, sou u daar dieselfde term terugvind.

Eerstens
dink ons dan aan die verdrukking van die vroë kerk, wat in Jerusalem begin het,
tot die dag dat Jerusalem verwoes is in 70 nC.

Die HERE
bewaar ’n gelowige res uit Abraham se nageslag, ’n gelowige res wat die Lam
volg.

Hierdie
oorblyfsel, ons kan onder andere dink aan Stefanus, die eerste martelaar,

hulle het
hul klere gewas in die bloed van die Lam.

Uit die Ou
Testament weet ons dat die was van klere ’n simboliese betekenis gehad het.

Kultiese
reinheid, wat toegang verleen het tot die verbondsgemeenskap.

Ontsondiging.

Dit is wat
sondaars nou ontvang van die Lam, Jesus Christus.

Met die
bloed van die Lam word sondaars se klere gewas.

Hy bring
reiniging vir elkeen wat Hom volg.

Hierdie groot
skare het almal wit klere aan.

Dit dui op
reinheid.

Deur die
bloed van die Lam word die klere silwerskoon.

Onthou u die
geskiedenis van die hoëpriester Josua?

In die
Bybelboek Sagaria kan mens lees dat Josua deur die Satan by God aangekla is,
omdat hy vuil klere gedra het.

Wat was God
se antwoord toe vir Satan?

Want die
Satan was reg, Josua se hoëpriesterlike klere was onrein.

Maar wat was
God se reaksie toe?

Hierdie man
is ’n brandhout wat uit die vuur geruk is.

Kyk, Ek neem
die ongeregtigheid van hom af weg, en Ek trek vir hom feesklere aan.

Hierdie is
eintlik ’n skitterende profesie van Jesus se toekomstige middelaarswerk.

Deur sy
offer aan die kruis, sy bloed wat gevloei het, het nie net die hoëpriester nou
rein feesklere aan nie,

maar ’n ontelbare
menigte – 144 000!

Almal staan
nou rein – net soos die hoëpriester – in diens van Hom.

En Hy, wat
op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.

Waar vroeër
net die priesters in die tent, die tabernakel mog kom,

staan almal
van ons – gelowiges – nou in diens van Hom.

 

Ons het tot
dusver in hierdie preek aandag geskenk aan twee Bybelgedeeltes – 1 Petrus 3 en
Openbaring 7.

Dit is twee
gedeeltes wat baie te make het met die betekenis van die doop.

Maar eintlik
sou mens die doop in verband kon bring met enige hoofstuk uit die Bybel.

Die doop is
’n teken en seël van dit wat in die Bybel tot ons kom.

God se
boodskap aan ons word uitgebeeld en verseël.

Dat God
redding bring.

Dink aan die
sondvloed – daar het die massas water juis redding gebring vir die gelowige
Noag.

En dat God
reiniging bring.

Dink aan die
wit klere uit Openbaring 7 – dat ons rein voor God kan verskyn.

 

Tydens ’n
diens soos vandag, as Sondag 26 aan die orde is, oor die doop,

dan kan
elkeen van ons terugdink aan die dag toe ons gedoop is.

Vir sommiges
van ons is dit al bitter lank gelede, dalk al voor die Tweede Wêreldoorlog.

Vir ander
was dit nou die dag, in die 21e eeu.

Ons kan
terugdink aan daardie dag, toe – dit geld vir die meeste van ons – jou ouers
jou kerk toe gevat het om gedoop te word.

Maar
gemeente, as ons die boodskap van Sondag 26 reg verstaan, behoort ons vandag
nie net terug te dink aan die dag van ons doop nie.

Ons behoort
veral ook terug te dink aan ALLES WAT SEDERT DAARDIE DAG MET ONS GEBEUR HET.

 

 

3          Die Gees wat transformeer

Wat het
alles met jou gebeur vanaf die dag van jou doop?

Dink terug
aan al die bewyse dat God in jou lewe aanwesig was sedertdien.

Hoe Hy jou
nie met rus gelaat het nie, maar in liefde en met geduld, maar ook met ’n ferm
hand, jou lewe gevat het en dit gelei en gereinig en getransformeer het om meer
en meer aan Hom toegewy te wees.

Dink veral
terug aan die baie ja baie bewyse dat God sy verbond gestand gedoen het in jou
lewe.

Die HEER hou
sy verbond in stand.

Die HEER wat
van geen wankel weet nie, sal nimmer sy verbond vergeet nie.

Het jy al
ooit getel hoeveel keer die HERE jou sondes vergewe het?

As jy vandag
weer gaan bid vir vergewing van sondes, dink jy daaraan hoeveelste keer dit is
dat jy dit nou al weer van Hom vra?

Dank jy Hom
ook vir die heilige Gees?

Wat jou
vernuwe, heilig maak, toewy, transformeer?

Ons wonder
soms, hoe voel jy nou eintlik die heilige Gees?

Hoe ervaar
jy dat Hy in jou werk?

Gemeente,
daar kan baie oor die heilige Gees gesê word, en hoe jy Hom in jou lewe kan
ervaar.

Maar die
mees basiese sien ons dikwels oor die hoof, en dit is wat die Here Jesus gesê
het, die oomblik toe Hy aan sy dissipels beloof het dat die Heilige Gees gaan
kom.

Hy het gesê in
Johannes 16 (:8vv) dat as Hy – die Trooster – kom, dat Hy die wêreld sal oortuig
van sonde en van geregtigheid en van oordeel ... en Hy sal julle in die hele
waarheid lei.

Die Heilige
Gees oortuig van sonde.

Die Heilige
Gees bring jou sover dat jy erken dat iets sondig is.

Kom ek stel
dit anders: die Heilige Gees gee jou ‘n gewete.

En Hy slyp
jou gewete hoe langer hoe meer.

Gemeente,
dit is dus hoe jy daagliks die Heilige Gees in jou lewe ervaar.

Natuurlik is
daar ook ander maniere, maar hierdie een is fundamenteel:

As jy self
iets doen of sê of dink wat teen God se gebooie is, dan maak dit jou seer.

En as jy
sien of hoor of meemaak hoe iemand anders iets teen God se wil doen, maak dit
jou ook seer.

Dit is ’n
basiese vrug van die Gees.

Dat ons hoe
langer hoe meer die sondes afsterwe, en in ’n godsalige, onberispelike lewe wandel.

 

Ek sluit af.

Kom ons dank
God vir die teken en seël van die doop.

Kom ons dank
God vir al vir dit wat die doop be-teken.

Dat die doop
– net soos die water van die sondvloed – jou afsonder van die ongelowige
wêreld, en jou ’n veilige plek in die kerk gee.

Dat die doop
staan vir die bloed van Christus, wat jou silwerskoon was.

Dat die doop
staan vir die transformasie van die Heilige Gees, wat jou al hoe meer die sonde
laat haat, en jou al hoe meer aan onberispelik en toegewyd laat lewe.

 

Amen.

 

 

 

Liturgie: 

(kyk in preek)