So hard soos diamant en so soet soos heuning

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2015-02-01
Teks: 
Eségiël 2-3 : 15
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 1 Februarie 2015 AD, 10:15

Voorsang: Ps 144:1,2,3,6

Votum

Seën

Ps 66:1,2

Wet

Ps 119:16,19

Gebed

Skriflesing: Esegiël 2 – 3:15

Ps 32:4,5

Teks: Esegiël 2 – 3:15

Preek

Ps 74:1,2,3,7,9

Gebed

Kollekte

Ps 74:11,12,16

Seën

 

 

 

 

Preek: Esegiël 2-3:15

’n Diamant is miskien die mooiste
klippie wat daar bestaan.

Dit reflekteer alle kleure van die
reënboog.

Dit bly mense fassineer, lank gelede en
vandag nog steeds.

Daarnaas is ’n diamant ook die hardste
klip wat daar is.

Dis hoekom mens nie slegs diamante vind
by die juweliersake, waar hulle ’n plekkie gekry het in goue sierade nie,

Maar mens vind hulle ook in fabrieke.

Diamante wat gemonteer is aan die punte
van boormasjiene.

Want hulle is so hard, hulle kan orals
deurboor, sonder dat hulle self beskadig word.

’n Klippie van groot waarde, sowel
esteties as industrieel.

 

Die Bybel, die Woord van God, kan mens
ook wel met ’n diamant vergelyk.

Dit is ’n juweel, so ’n ryk boodskap
vind mens daarin.

’n Boodskap van ongekende diepte wat
jou jou lewe lang bly fasineer.

Maar dit is ook kliphard.

Met sy Woord dring God binne in die
lewens van die mees opstandige, die mees verharde mense.

 

Tema: So hard soos diamant en so soet soos heuning

 

In 
Esegiël hfst 1 kan mens lees hoe die HERE in al sy heerlikheid en
majesteit aan Esegiël verskyn het.

En die gevolg was: Esegiël het soo s’n
dooie op die grond geval.

God se bedoeling was, hoekom hy Esegiël
’n blik gegun het in sy hemelse troonsaal, was sodat hy goed deurdronge sou
wees van wie Hom stuur.

Pleks van dat mense en al hulle
verwagtings lewensgroot vir jou is, en God en sy wil klein op die agtergrond,

Die omgekeerde:

GOD GROOT en mense klein.

In die tweede hoofstuk gaan dit
spesifiek oor Esegiël se roeping.

In hfst 1 word aandag geskenk aan dit
wat Esegiël GESIEN het.

In hfst 2 gaan dit oor wat Esegiël
HOOR.

Vandag gaan God tot hom spreek.

 

Terwyl Esegiël daar op die grond lê,
begin God met hom te praat.

Ja God het hom gekies om profeet te
wees.

Hy lê sy hand op hom.

En Esegiël, wat so geskrik het van Gods
se almag en heiligheid dat hy op die grond geval het en gelê het, hoor nou:

Staan op!

Ek het ’n opdrag vir jou, Esegiël.

Ek het jou nodig.

En Esegiël – heeltemal lam in die bene,
voel skielik hoe die Gees van God in hom kom.

En hoe die Gees hom laat opstaan.

Kyk, dit is nou genade!

As jy voor God se aangesig mag staan.

Staan voor God se aangesig, dit is die
uitdrukking wat ook vir die priesters in die OT gebruik word.

In diens STAAN van God.

Hulle het ’n taak ontvang van God wat
hulle voor sy aangesig mog verrig.

So laat God Esegiël nou opstaan, om vir
Hom aktief te word.

En dan volg die opdrag:

Mensekind.

God noem hom mensekind.

Dit lê die nadruk op sy kleinheid  teenoor die grootheid van God se heerlikheid.

Mensekind, Ek stuur jou na die
Israeliete...

Hulle wat hulle al geslagte lank
skuldig maak aan bondsbreuk.

Wat my genadige afsprake met hulle
gruwelik misbruik het.

Esegiël word na hulle afgevaardig met
die bekende profetiese formule:

‘So sê die Here HERE...’

En Hy berei Esegiël solank daarop voor dat
sy ontvangs nie mild sal wees nie.

Hy gaan na opstandige mense.

Die bejaardes sowel as die jeug.

Stug van aangesig en verstok van hart.

Maar moenie jou laat intimideer deur
die feit dat hulle nie gehoor skenk nie.

Of hulle nou luister of nalaat om te luister:

Of hulle aandag skenk of wegloop,

Hulle sal weet, dat daar ’n profeet in
hulle midde was!

 

Was daar dan glad geen profete meer
nie?

Natuurlik het die ballinge ook
‘profete’ in hulle midde gehad.

‘Profete’ wat op hulle godsdienstige
behoefte ingespeel het.

En eintlik het die ballinge maar net
een wens gehad.

En dit was dat hulle tog so gou as
moontlik kon terugkeer na hulle land toe.

Dat hierdie vernederende ervaring sou
gou as moontlik oor sou wees.

3 tot 4 jaar – hoogstens! – het hulle
‘geprofeteer’, dan gaan ons terug. ‘Gewis en seker’.

 

Maar Esegiël moes met ’n ander boodskap
kom.

’n Onmoontlike opdrag.

Sy taak is nou om te gaan werk aan ’n
mentaliteitsverandering.

Juis wat hulle NIE wil hoor nie, dit
moet hy by hulle inhamer.

Die HERE staan daarop, dat sy volk sal
erken dat Hy hulle nie tekort gedoen het nie.

HY het hulle nie in die steek gelaat
nie.

Geen Godsverduistering nie.

Inteendeel, dis hulle sonde, hulle
halstarrigheid wat die sig op God ontneem.

Selfs wanneer dit so ver kom dat die
tempel in vlamme opgaan – want dit sal gebeur! –

en wanneer hierdie berig tot die
ballinge aan die Kebarrivier deurdring, daar waar Esegiel ook is,

dat dit dan tog vir daardie ballinge
duidelik sal wees – of hulle dit aanvaar of nie –

God HET ONS NIE VERLAAT NIE,

maar ONS het van God se paaie
afgedwaal.

Dit was dus die taak vir Esegiel.

En dit sal nie ’n lekker taak wees nie.

Daarop berei God hom solank voor.

Uiterlik en innerlik is hulle verhard.

Hy sal die gevoel kry of hy aan die
werk is tussen brandnetels,

tussen dorings en skerpioene.

Maar hy moet nie hom laat intimideer
deur hulle bose blikke nie.

Hy moet net aanhou om God se woorde aan
hulle oor te dra.

Dit is nie my boodskap nie,

dit is nie my interpretasie van die
situasie nie,

nee, soos spreek die Here HERE.

Hierdie uitdrukking, gemeente ‘ so
spreek die Here HERE’ kom meer as 200 keer in die boek Esegiël voor.

Gemiddeld 4 keer per hoofstuk.

Tot vervelens toe sal dit mense dit te
hore kry:

“So spreek die Here HERE.”

Nee, de Here swyg nie.

Geen Godsverduistering.

Die Here hét hulle nie verlaat nie.

Dit word hard teen hard, voorspel God.

Jy sal as mens die neiging hy om by te
draai.

Kompromisse aan te gaan.

Maar dit wil Ek nie.

Laat jou nie deur sukses aanmoedig nie.

Laat jouself net so min deur teenstand
en afwysing weerhou.

Jy weet nou wie Ek is.

Jy het My heerlikheid gesien.

Jy kan nou nie meer na regs of links
uitwyk nie.

Ik maak jou gesig, jou voorkop,
kliphard.

Harder as steen.

Ja so hard soos diamant!

 

Moenie vir hulle bang wees nie.

Moenie beangs weer vir hulle blik nie,
want hulle is ’n opstandige geslag.

Hou aan, ook al kry jy die gevoel dat
jou woorde afkets teen hulle harde gesigte.

Hulle verstaan jou wel, moenie ’n fout
maak nie,

Hulle volg jou, al aanvaar hulle nie
die boodskap nie.

Dit is nie mense met ’n vreemde taal
nie,

mense met ’n swaar tongval nie.

Jy praat met die ou volk van God.

Praat gewoon jou eie taal, want dit is
ook hulle taal!

Was dit maar vreemdes, buitelanders.

As Ek jou tot sulkes sou stuur, sou
hulle heel moontlik na jou luister.

Soos die Nineviete na Jona.

Maar hierdie volk vir wie ek só baie
gedoen het,

my woorde kets af op hulle
selfgenoegsaamheid,

hulle materialisme,

hulle onverskilligheid.

 

 

Die woorde gly oor hulle, hulle skud
dit van hulle af soos water van ’n eend se rug.

Maar Esegiël, Ek gee jou ’n voorkop van
diamant.

En jý kry die taak om net so lank aan
te hou,

totdat my woorde ’n bres deur hulle
selfgenoegsaamheid geboor het,

hulle materialisme,

hulle afgodediens,

hulle onverskilligheid.

 

Teenoor die volharding om te weier stel
die HERE die volharding van die prediking.

Teenoor staal voorkoppe ’n voorkop van
diamant.

’n Diamant, wat dit altyd sal regkry om
deur staal te dring, hoe lank dit ook al vat,

maar self vanweë sy eie hardheid nie
van vorm verander nie.

 

 

En net toe by Esegiël die moed
heeltemal in die skoene sink, - is dit regtig wat hy nou moet gaan doen?? – hoe
sal ek in vredesnaam dit oorleef?? – moet hy na sy eie mense gaan wat hy so
goed ken, en hulle hom, moet hy na hulle met hiérdie boodskap?

Sy eie mense onder wie hy woon?

Moet hy die lyde wat hulle ervaar nog
gaan verswaar?

Hulle horison nog meer verdonker?

Liewer gaan hy na vreemdes.

Liewer sê hy die heidene Gods oordeel
aan...

 

Maar net toe die moed hom in die skoene
sak, hoor hy agter hom weer daai gedruis.

’n Geweldige gedruis van magtige
vlerke!

Ja dit was weer die gerubs,

die magtige wesens wat Esegiël in
hoofstuk 1 gesien het.

Net toe die moed heeltemal wegsak, tel
die Heilige Gees hom op.

Geruggesteun deur hierdie magtige
gerubs sal hy slaag,

Esegiël, voortaan die profeet met die
diamant voorkop.

Die hand van die HERE swaar op hom.

God laat hom opstaan, en die uitdaging
aanvaar.

So vertrek hy rigting die ballinge in
Tel-Abib.

 

 

 

In hoofstuk 3 lees ons iets wat baie
besonders is.

’n Soort seremonie.

’n Proef.

Die HERE doen hier iets spesiaals met
Esegiël.

Hy is as profeet op pad na hardekop
mense, opstandige mense.

En die vraag is: is Esegiël self wel
gewillig,

of gaan hy maar net omdat hy moet, met
’n suur gesig?

Is hy self ook opstandig?

As dit die geval is, kan God hom nie
gebruik nie.

Daarom hierdie proef.

Esegiël moes ’n boekrol opeet.

Dis soos jou Bybel wat jy daar by jou
het, opeet.

Droë papier...

Sal dit na iets smaak?

Ek vrees van nie.

In Esegiël se dae het ’n boekrol ook
nie lekker gesmaak nie.

’n Boekrol, dit was meestal van
perkament gemaak,

Dws dierevelle.

Hierdie boekrol was vol letters
geskryf.

Op die voor- en agterkant.

En wat Esegiël se oog gevang het, toe
hy dit ooprol, was dat dit die een klaaglied na die ander was.

Alles gejammer en gekla en gesug.

Geen blye boodskap nie.

Dit gaan oor ondergang, en dood,
verwoesting, en ballingskap.

Hierdie boekrol moes hy dus opeet.

’n Seremonie.

’n Proef.

Die HERE toets of Esegiël self
bereidwillig is.

Met hierdie gesug en gejammer moet hy
na die volk toe.

Hierdie boodskap moet hy aan die
ballinge deurgee.

Watter profeet staan graag bekend as ’n
doemprofeet?

Eet op!! Esegiël!

 

Maar dan lees ons – opvallend, teen die
verwagting in – toe Esegiël begin eet, dat die boekrol glad nie so sleg proe
nie.

Nee, dit was so soet soos heuning.

Skynbaar het die onheilspellende woorde
wat daarin staan ’n goeie uitwerking!

Skynbaar is hulle ’n middel, ’n
medisyne.

’n Bitter medisyne wat jou beter laat
voel.

’n Oordeel wat die weg baan vir genade,

verwoesting wat ruimte skep vir herbou.

En Esegiël het die boekrol opgeëet.

Mens sou kon sê: dit was ’n teken dat
Esegiël gewillig was om die woorde in hom op te neem,

die Gees van God het hom die regte
instelling gegee.

Nie net sy maag nie, ook sy hart en
niere word vervul van hierdie boodskap.

En hoe raar dit mag klink, hierdie
woorde doen hom goed.

Net soos iemand in Psalm 141 kan sing:

‘Laat die regverdige my met liefde
slaan en my tugtig,

Soos hoofsalf vir my hoof is’t my,

As die opregte my kasty…

Aanvaar dat God se Woord – ook as dit
’n boodskap van straf is – tog goed vir jou is.

Dan begin die woorde soet te smaak, ’n
soete pyn.

Vir die profeet wat hom daarna skik.

Vir elke mens wat – deur die diens van
die profeet – die woorde te hore kry.

 

As oudelinge vandag by gemeentelede op
besoek gaan, kan hulle ook nie altyd net met ’n fraai boodskap na mense toe
gaan nie.

Soms sal dit voel dat daar lood in jou
skoene is, as jy op pad is na ’n besoek.

Of lood in jou hande, as jy die
telefoon moet optel om ’n afspraak te maak.

Maar laat die woorde van die Here in
jou eie lewe insink,

Laat dit jouself deurdrenk,

Dan sal jy proe dat ook die moeilike
boodskappe soet smaak.

Dat ook vermaning ’n boodskap van heil
en saligheid is.

En as jy weet dat mense liewers nie
bepaalde goed hoor nie,

Dan kry jy ’n voorkop van diamant,
sodat jy kan aanhou, tydig en ontydig, om God se woorde in die mense se lewens
te laat posvat.

As hulle nie beskikbaar is vir ’n
afspraak nie, as hulle die telefoon nie optel nie,

Dan staan jy op hulle voorstoep.

As God sy kinders nog nie afskryf nie,
dan moet ons ook volhou.

Nie om mense na die mond te praat nie.

Onthou veral, as ampsdraers is jy nie
’n dienaar van die mense nie.

Jy is ’n dienaar van die Woord van God.

Jy mag mense dien met die Woord van
God.

Jy bewys hulle ook ’n guns as jy die
Woord soos ’n tweesnydende swaard hanteer.

Want God se Woord sny alles wat sondig
is uit ons lewe weg, dit is pynlik, maar dit sorg dat ons gesond bly.

 

Toe ons Here Jesus op die aarde gekom
het, lees ons nêrens dat Hy ’n boekrol moes opeet nie.

Tog het dieselfde ook vir Hom gegeld.

Ons lees: Hy moes die beker drink, wat
die Vader vir Hom gegee het om te drink.

Tot die bodem toe.

Die Here Jesus het daarteen opgesien.

In Getsemane het Hy gebid:

‘My Vader, indien dit moontlik is, laat
hierdie beker tog aan My verbygaan...’ (Matt 26:39)

Maar nie my wil nie, maar u wil
geskied.

Die opdrag wat die Here Jesus gekry
het, het nog baie swaarder geweeg as die van Esegiël.

As profeet het Hy die kruisdood in die
oë gestaar, as offerlam moes Hy self daaraan hang.

Hy het dit vir ons gedoen.

Ons noem dit Goeie Vrydag.

Volgende week hoop ons dit weer te
herdenk.

Sy pyn is vir ons soet.

So het God vir ons verlossing gebring,
deur sy Woord wat op aarde gekom het.

Sy Woord in eie persoon, Jesus
Christus, die groot Opvolger van Esegiël.

 

Vandag is u ook profete.

Net soos Esegiël destyds.

Hy moes die woorde van God eers in hom
opneem.

Dit het hom goed gedoen.

En toe het hy daarmee na die mense toe
gegaan,

en met ’n diamant voorkop het hy
volgehou, tydig en ontydig, om die woorde aan die man te bring.

 

Is jy as profeet bereid, gewillig?

Het God se woorde in jou lewe ingang
gevind?

Is jy getransformeer?

God se Woord vertel van ryke seëning,
maar ook van straf en tugtiging.

Net soos by Esegiël doen dit ’n mens
goed, selfs die tugtiging.

Gee jouself gewonne, in alle opsigte,
aan God se wil.

Moenie sy Gees in jou lewe teenwerk
nie.

Hy sal jou laat opstaan, gevoed na
liggaam en siel,

Hy sal jou laat staan voor God se
aangesig,

Gereed om op pad te gaan, in diens van
Hom.

 

Ons is almal profete van Hom.

Deur die Gees van Christus wat ons
bekwaam.

Met sy Woord, so hard soos diamant, en
so soet soos heuning, het God ons oorwin, ja gered.

En met daardie selfde Woord stuur Hy
jou die wêreld in.

 

Amen.

 

 

Liturgie: 

(kyk in preek)