God is groot en mense klein

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2015-01-25
Teks: 
Eségiël 1
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA,
25 Januarie 2015 AD, 10:15

Voorsang: Ps 142:1-4

Votum

Seën

Ps 18:1,5

Wet

Ps 119:49

Gebed

Skriflesing: Esegiël 1

Ps 99.1,2,5

Teks: Esegiël 1

Preek

Ps 148:1,2,3,5

Gebed

Kollekte

Ps 8:1,3,4,5

Seën

 

 


Preek: Esegiël 1

Daar is ’n boek met die titel: When
people become BIG and God small...

As mense GROOT word en God klein...

Dit konfronteer jou met ’n paar vrae.

Wie is God vir jou?

Watter beeld draai jy in jou kop rond
oor God?

Watter plek neem God in jou persoonlike
lewe in?

Watter plek neem God in jou gesinslewe
in?

In jou skoollewe, of jou beroepslewe?

In jou afgetrede lewe?

Watter plek neem God in die kerklike
lewe in?

Orals waar ons kom, elke dag van jou
lewe, kry jy te make met mense.

En met hulle verwagtings.

Verwagtings wat dikwels as druk ervaar
word.

Groepsdruk, familiedruk, werksdruk,
pretasiedruk, psigologiese druk, druk vanuit die samelewing, ens.

Mense sal seker dink dit gaan nie so
goed met die besigheid nie, as ons in hierdie area bly woon.

Mense sal seker dink ons het skuld, as
ons hierdie jaar weer nie met vakansie gaan nie.

Mense sal seker hulle wenkbroue lig, as
ons direk na ons huwelik verwag...

Mense sal seker dink ons is snaaks, as
ons in die restaurant ook ’n gebed doen...

Wat sal my baas dink, as ek vir hom sê
ek wil nie op Sondag ver reis nie...

Wanneer mense groot word, en God klein.

 

Tema: God is groot en mense klein

 

As ons hier in hfst 1 oor Esegiel lees,
dan bevind hy homself onder die ballinge in Babel in ’n plek met die naam
Tel-Abib (Es 3.15)

Tussen hakies, die huidige hoofstad van
Israel – Tel-Aviv – is na hierdie plek vernoem.

Dit was die verblyf van die ballinge in
ballingskap.

Dit het aan die Kebarrivier gelê, ’n
sytak van die Eufraatrivier, naby die stad Babylon.

Ons sou vandag sê ’n township of getto
naby die groot stad.

As ons op die hedendaagse kaart kyk,
dan het dit ongeveer 100 km ten Suide van Bagdad gelê, die hoofstad van Irak.

 

In vers 1 van die hoofstuk vind ons ’n
presiese datering:

In die dertigste jaar.

Die bedoeling is hier waarskynlik om te
sê dat Esegiel toe 30 jaar oud was.

Dit is nie onbelangrik om te noem nie,
as mens besef dat Esegiel ’n priester was.

Volgens Numeri 4:3 kon iemand slegs
vanaf sy dertigste jaar as priester aangestel word.

Eintlik nogal wrang, want Esegiel het
die regte ouderdom bereik om priester te word, maar nou kan hy nie.

Hy sit in Babel, duisende kilometers
vanaf die tempel.

Wel sien ons baie aandag vir die tempel
in hierdie boek.

 

Wat was naamlik die geval: Esegiel is
in ballingskap gevoer isaam met koning Jojachin.

Dit was die sogenaamde eerste
ballingskap, in 597 vC.

Dit was dieselfde deportasie toe bv.
ook Daniel en sy vriende na Babel geneem is.

Die groot ballingskap sou eers 15 jaar
later gebeur, in 586 vC.

Eers toe is die tempel verwoes deur die
Babiloniers.

 

In elk geval, hier in die vreemde roep
God Esegiel nie as priester nie, maar as profeet.

Hy het ’n belangrike boodskap om aan sy
volk oor te dra.

Hy is naamlik van plan om voorlopig sy
tempel te verlaat,

Vanwee al die ontrou en afval van die
volg.

En om hierdie boodskap oor te dra, wil
Hy Esegiel gebruik.

Vers 3: die hand van die HERE was daar
op hom.

Hierdie uitdrukking wil se: God neem
Esegiel in diens, Hy wil iets aan hom openbaar.

Tog is die uitdrukking hier nog
intenser bedoel: Soos die profete soms ge

E het: u hand rus swaar op my.

U opdrag neem my hele lewe in beslag.

God vat Esegiel hier vas aan sy nekvel,
sodat hy nerens heen kan gaan nie.

 

Wie is God vir jou?

Watter beeld het jy van God?

’n Anonieme Persoon op die agtergrond?

Of die Een wat elke stap in jou lewe
bestuur?

 

God het aan Esegiel verskyn.

Die res van hfst 1 is eintlik ’n
uitwerking van hierdie sin: die hand van die HERE het daar op Esegiel gekom.

En wat Esegiel daar gesien het, het hom
heeltemal in beslag geneem!

Hy gee ’n beskrywing van hierdie
visioen:

Stormwind, swaar wolke, flikkerende
bliksem wat die visioen inlui.

Meer dikwels in die Bybel vind ons die
Here se verskyning soos dit hier beskryf word – om ons klein mens onder die indruk
te bring van sy almag.

Dink maar aan God se verskyning op die
berg Sinai!

 

Nou beskryf Esegiel wat hy sien:

Sy blik begin onder en soos hy
versigtig sy kop optel, kyk hy al hoe hoër.

Eers val sy ook op vier wesens.

Elke wese het vier vlerke en vier gesigte.

Die vier gesigte was nie dieselfde nie.

Aan elke kan van hierdie wese was ’n
ander gesig: ’n mens, ’n leeu, ’n bees, en ’n arend.

Watter rigting hulle ook gevlieg het,
orals het hulle dus reguit vorentoe gekyk – nooit hoef hulle om te draai nie,
nooit kan hierdie wees onverwags van agteraf betrap word nie.

Kortom, geweldig indrukwekkend, hulle
het voortbeweeg soos bliksemstrale.

Dink maar net bietjie hoe vinnig dit
moet wees!

Pylsnel het hulle afgeskiet op hulle
doel,

waar ook al die Gees hulle heenstuur.

Hierdie wesens word ook wel gerubs
genoem.

Dit sê Esegiel bv. in hfst. 10:20: ek
merk toe dat dit gerubs was.

Boodskappers van God, ’n soort engel
dus.

En dit is ook die bedoeling van hierdie
visioen:

 

God is almagtig, Hy regeer oor die
lengte en breedte van die aarde.

Hierdie gerubs is as’t ware sy hande.

In alle windrigtings strek sy hande uit
om te sorg vir hierdie aarde.

Hy is orals teenwoordig.

Sy voorsienigheid sorg vir mens en
dier.

Vier gesigte – mens, leeu, bees, en
arend.

 

Dit is ’n verwysing na die feit dat God
se heerskappy hom uitstrek oor alle lewende wesens:

Die mense, en ook alle diere op aarde –
die wilde diere (dink aan die leeu), en ook die mak diere (dink aan die bees),
en ook al die voels in die lug.

God is groot.

Mense moet nie dink dat God opgesluit
sit in die hemel nie.

Vanuit die hemel is Hy direk en
onmiddelik op aarde betrokke.

Sy mag strek hom uit na alle uithoeke
van die aarde.

 

Esegiel sien nog iets: voor elk van
hierdie wesens was daar ’n wiel.

Hierdie wiele het baie vernuftig
inmekaar gesit.

Dit was as’t ware wiele in wiele.

Die binnenste wiel was dwars in die
buitenste wiel geposisioneer.

Hierdeur kon die wiele beweeg in al
vier windrigtings, sonder om eers te hoef omdraai.

Kortom, uiters beweeglik.

Waarheen die Gees ook maar wou gaan,
daarheen het hulle gesnel.

Die wiele is aangestuur deur die
lewende wesens agter hulle.

Nog ’n detail oor hierdie wiele word
genoem:

Op die velg van die wiele was almal oë.

Ons sou vandag dalk se: orals was
sensors, om alle bewegings rondom dop te hou.

Nog ’n bewys dat God orals aanwesig is.

Hy sien alles, Hy sorg vir alles.

Geen blinde noodlot bepaal ons
lewensloop nie.

Die wiele was vol oë – niks ontgaan God
se heerskappy nie!

 

As die wesens die lug ingestyg het,

Het die wiele ook in die lug ingegaan.

Esegiel het hulle sien vlieg en hy’t
die geklapper van hulle vlerke gehoor – ’n magtige geluid.

Een en al gewilligheid.

Waar God hulle ook al heenstuur, hulle
skiet daarop af.

Altyd staan hulle gereed, nooit die
verkeerde kant op nie.

Die ultieme boodskappers van God – een
en al gewilligheid.

 

En soos Esegiel verder op kyk, sien hy
nog iets.

Bo hulle koppe was ’n soort uitspansel
of gewelf.

Dit het ’n diep indruk op Esegiel
gemaak – dit het gelyk soos verblindende yskristal.

’n Soort hemelkoepel.

 

En toe Esegiel nog hoër kyk, sien hy ’n
soort troon, heeltemal van saffiersteen.

Saffier is ’n baie helder en diep blou
kleur, ’n baie kosbare edelsteen.

En op die troon het iemand gesit wat
lyk soos ’n mens.

In v27-28 vind ons ’n poging om sy klere
te beskryf, hoewel dit vir Esegiel moeilik was om in woorde uit te druk.

Dit het hom veral laat dink aan die
glans van ’n reenboog, na ’n onweersbui.

En dan eindig Esegiel sy beskrywing met
wat hy gesien het met die volgende opmerking in vers 28:

 

So het die verskyning van die
heerlikheid van die HERE gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig
geval, en die stem gehoor van Een wat spreek...

 

Wie is God vir jou?

Watter beeld het jy van God?

 

Wat Esegiel gesien het, het hom
heeltemal in beslag geneem.

En dit was maar goed ook!

Hy het dit nodig gehad, gesien wat hom
te wagte gestaan het!

 

Want waarom kry Esegiel eintlik hierdie
visioen?

Gemeente, dit is om hom voor te berei.

Sodat in die lewe van hierdie profeet
die prioriteite reg sou wees:

GOD GROOT EN DIE MENSE EN HULLE
VERWAGTINGE KLEIN.

Die verwagtinge van die ballinge daar
aan die Kebarrivier, tussen wie Esegiel op daardie oomblik gesit het.

Hulle verwagting was naamlik – hierdie
vreeslike en vernederende ervaring moet so gou as moontlik afgelope wees!

Almal wou terug na hulle land, na
Jerusalem.

En onder hulle daar in Tel-Abib was
daar ook ander profete – kom ons se maar – valse profete.

En hulle boodskap het voldoen aan die
mense se verwagtinge:

Luister, nog drie of hoogstens vier
jaar, en dan is dit verby.

Dan keer ons weer terug na Jerusalem.

Jerusalem sal standhou!

En van daar af sal hulle selfs kom om
ons te bevry!

 

Maar nou kom die HERE na Esegiël met ’n
ander boodskap, die omgekeerde boodskap!

Nee, se die HERE, Jerusalem sal nie
standhou nie.

Die mense daar sal ook hierdie kant toe
kom, net soos julle – as ballinge!

Altans die deel wat dit oorleef.

En die stad self sal in rook opgaan.

Selfs die tempel!

Vanaf Esegiel hfst. 10 lees ons ’n
visioen dat die HERE in ’n wolk die tempel verlaat!

Dit sluit aan by die geskiedenis van 1
Konings 8:10-11:

‘n “wolk het die huis van die HERE
vervul. En die priesters kon vanwee die wolk nie staan om diens te doen nie,
want die heerlikheid van ide HERE het die huis van die HERE vervul.”

Dus nou na eeue is God se geduld op, en
sy heerlikheid gaan die tempel weer verlaat, op dieselfde wyse soos dit daarin
gekom het.

 

Maar dit was dus in kort Esegiel se
opdrag:

Hy moes alle hoop op die herstel van
Jerusalem uitdoof!

Jy sou maar as profeet so ’n opdrag
kry!

Die mense sien jou al aankom...

Maar Esegiel dan?

Het hy hiervoor kans gesien?

Het hy gedurf om met hierdie boodskap
na sy volksgenote te gaan?

Wat hy vir hom die swaarste geweeg?

Is die mense groot en God klein?

 

Gemeente, na hierdie visioen het
Esegiel soos dood op die grond geval.

As dit die heerlikheid van God is, as
God so groot is, wie durf dan nog teen sy besluit in te gaan?

Hoe absurd die boodskap wat hy aan die
mense moet bring ook mag klink, Esegiel het nie ’n keuse nie.

Want God se hand rus op hom!

 

Pas baie later – minstens 70 jaar – sal
daar verandering in hulle lot kom –

Dit sal ons sien in die profesie in
Esegiel 43:

Die heerlikheid van die HERE wat ’n
nuwe tempel vul.

DIT was God se plan.

SO sou dit gebeur.

DIT was sy wil.

En die mense sal weet, dat Hy die HERE
is!

Die ballinge aan die Kebarrivier sal
moet hoor wat aanstaande is.

En as dit gebeur – as Jerusalem
inderdaad in rook opgaan – ja selfs die tempel – sal dit  nie hulle onkant moet vang nie,

Sal daardie vernederende gebeurtenis
nie hulle geloof soos ’n matjie onder hulle voete moet uittrek nie.

Nee, dit is nie ’n nederlaag vir die
HERE nie – want let wel:

Sy heerlikheid het al jare daarvoor die
tempel verlaat.

God is nie onkant gevang nie.

Dit is juis God se straf oor ’n
ongehoorsame volk.

En eers op Sy tyd sal God weer nuwe
opbloei skenk.

 

Wie is God vir jou?

Besef jy dat jy ook ’n profeet van God
is?

Maar hoe is dit by jou?

Is mense vir jou GROOT, en God op die
agtergrond klein?

 

Wat Esegiel gesien het, het hom
heeltemal in beslag geneem.

En dit was maar goed ook.

Hy het dit nodig gehad, gesien wat hom
te wagte gestaan het!

Hierdie visioen het hom – dalk vir die
eerste keer – onder die indruk gebring van wie God regtig is.

En gemeente, dit is nie toevallig dat
ons die beskrywing van hierdie visioen vandag in die Bybel vind nie.

Dit was God se bedoeling sodat jy ook
onder die indruk sal kom van sy almag, en heerlikheid, en majesteit!

God is groot, baie groot, en by die
sien daarvan word mense baie klein.

 

So what as mense dink ons is snaaks as ons eers in die restaurant
’n gebed doen?

So what as ons nie in die bed spring voor ons troudag nie.

As God se wil vir ons swaar weeg, dan
sal Hy vir ons ook die moed gee om anders te wees, heilig te lewe.

As God se gebod vir jou saak maak, dan sal
jy na jou baas gaan en verduidelik dat Sondag vir jou ’n rusdag is, nie net vir
jouself nie, maar dat jy ander ook nie op Sondag vir jou wil laat werk nie.

 

En moenie dink predikante en ouderlinge
se prioriteite is outomaties reg nie.

Ook ons as ampsdraers moet reëlmatig
vir onsself die vraag vra:

Is God nog groot in my ampswerk?

Staan Christus in die middelpunt?

Dit wat ek sê op huisbesoeke, is dit
wat die mense graag wil hoor, of is dit wat God van my verlang?

Dit wat ek sê op kerkraadsvergadering, is
dit wat God van my verwag?

Vaar ek net op die kompas van sy Woord?

Of probeer ek om mense te beïndruk?

Of probeer ek om te kompenseer?

Is ek bereid om vir die waarheid van
God se Woord op te staan, ook al gaan dit my onpopulêr maak?

Die satan probeer om dit reg te kry dat
die leiers van die kerk nie meer ’n reguit koers vaar nie.

 

Mense groot en God klein?

Nee, God is groot, en mense piepklein.

As God iets so wil, hoe durf ons
twyfel?

God wil dat ons sy naam op aarde eer,

Of jy tuis is, of jy op skool is, of jy
by jou werk is, of jy in die restaurant is,

Die hele aarde behoort in elk geval aan
hom.

As God wil dat ons trou is in die
huwelik, for better and worse, wie is
jy om anders te maak?

Asseblief, besef hoe klein jy is, en
hoe groot God is.

Draai om op jou spore, keer terug en
gaan doen in jou lewe wat goed is in God se oë.

Moenie kanse met God vat nie.

 

Sien jy wel nog die majesteit van God?

Neem jy sy Woord nog ter harte?

Kom jy onder die indruk van Hom, wat
Hom in die Bybel aan jou openbaar?

Of speel mense so ’n groot rol in jou
lewe, dat God se stem op die agtergrond verdwyn?

Gaan jou lewe ook die kant op dat die
mense en hulle verwagtings,

dat mense en hulle eise, hulle modes,
hulle voorkeure en afkeure,

dat dit die hele tyd so ’n groot rol in
jou lewe speel,

dat eendag plotsklaps jou sterfdag
aanbreek,

en jy dan skielik voor God se troon,
voor sy regterstoel verskyn,

oog in oog met sy ontsagwekkende almag.

En dan, as dit te laat is,

Wat sê jy dan?

Here... mense het in my lewe ’n belangriker
rol gespeel as U...

Wat hulle oor my gedink het, het vir my
baie swaarder geweeg as u wil.

Te lig bevind, sal God dan sê.

Kaf wat vir die vuur bestem is.

Werp hom uit in die buitenste duisternis, om Jesus se
woorde te gebruik.

“wanneer die Seun
van die mens in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan
sal Hy op sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel
word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke
afskei” (Mattheüs 25:31-32)

Daarom het ons die Bybel ontvang,
gemeente.

God het sy Seun na die aarde gestuur.

Nou ken ons die Vader beter as ooit, sy
almag, sy wysheid, sy liefde.

God breek deur in ons bestaan en claim
sy regmatige plek.

Hy lê sy hand op jou.

Hy wil GROOT wees in jou lewe.

Wat mense wil en wat mense vind, dit
kom op die tweede plek.

God groot, mense klein!

 

Esegiel het God se heerlikheid gesien.

Sy heerlikheid wat binnekort die tempel
sou verlaat.

Dit was ’n harde boodskap om aan die
mense te vertel.

Hoe is dit met jou gesteld?

Het God se heerlikheid jou lewe ook al
verlaat?

Is God se heerlikheid in hierdie
kerkgemeenskap te sien?

God se heerlikheid soos dit so
manjifiek verskyn het in sy Seun, ons Here Jesus Christus?

Draai alles om Hom in hierdie kerk?

Om sy wil?

Sien u Jesus op die troon van blou
saffier, in al sy skitter glans?

’n Kerk waaruit Christus se heerlikheid
straal,

dit begin by elke gemeentelid
persoonlik.

Kerklike lewe ontstaan as elkeen van
ons die Here Jesus in ons persoonlike lewe lewensgroot op die troon sien.

Dat Hy ’n werklikheid is in jou
daaglikse lewe.

Sy hand rus op jou lewe.

Hy is groot en mense klein.

Hoe jy dink, en wat jy doen, dit hang
af van sy mening!

Broer, suster, u ontvang hierdie
visioen via die profeet Esegiel.

Die heilige Gees het dit in die Bybel geplaas
ook vir jou beswil.

Laat dit op jou inwerk!

Want dit is die werklikheid.

Dit is hier, dit dit beheers die aarde,

Meer nog as alle mense saam.

Dit is God se wil dat jou lewe vervul
word met vrees vir Hom.

Aanbidding.

Lofprysing.

Dank.

En nie te vergeet – gehoorsaamheid!

Om die Prediker aan te haal, ’n man wat
nooit ’n woord te veel gesê het nie:

‘Vrees God en hou sy gebooie, want dit
geld vir alle mense. Want God sal elke werk bring in die gerig wat kom oor al
die verborge dinge, goed of sleg.” (Prek 12:13-14).

God is groot, sy wil is nommer 1 in jou
lewe,

En mense is klein,

Hulle wense kom op die laaste plek.

 

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)