Hoofmenu

  • 'n Woord vooraf
  • Ontstaan
  • Grondslag
  • Gemeentes
  • Preke
  • Ander
  • Kontakte
  • Klassisse
  • Sinodes
  • English
Home

Kerklike Kontakte

Drukker-vriendelike weergaweDrukker-vriendelike weergawe

Die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika strewe na eenheid in leer, diens en tug met die kerke elders in die wêreld wat die kenmerke van die ware kerk (soos aangedui in Art.29 van die Nederlandse Geloofsbelydenis) nie net op papier handhaaf nie, maar ook in die praktyk van die kerklike lewe vertoon.

Daar is susterkerk verhoudings met:

  • De Gereformeerde Kerken (vrijgemaakt) in Nederland
  • The Canadian and American Reformed Churches
  • The Free Reformed Churches of Australia

Verder word daarna gestrewe om kontakte op te bou met gereformeerde kerke in Afrika. Op hierdie stadium word broederlike kontakte onderhou met:

  • The Free Church of Southern Africa (Suid Afrika)
  • The Church of Central Africa Presbyterian (Malawi & Zimbabwe)
  • African Evangelical Presbyterian Church (Kenia)
  • Reformed Church in East Africa (Kenia)
  • Church of Christ in Sudan amongst the Tiv

Die Vrye Gereformeerde Kerke wil hulle beywer vir reformasie in Suid Afrika.  In verband hiermee is daar 'n deputaatskap aangestel wat hulp en begeleiding verleen aan verontrustes reg oor die land.

Die Vrye Gereformeerde Kerke is ook lid van die International Conference of Reformed Churches (ICRC), waarvan tientalle gereformeerde kerke van dwars oor die wêreld lidmate is. Hierdie Internasionale Konferensie is in die lewe geroep deur kerke wat geen moontlikheid (meer) gesien het om lid te wees van die Gereformeerde Ekumeniese Raad (GER) nie. Broederlike kontakte word onderhou met die ICRC lidmate, spesifiek met:

  • The Free Church of Scotland
  • The Orthodox Presbyterian Church (VSA)

  • The Reformed Churches of New Zealand
Enige navrae of kommentaar, kontak die Web Administrator