Hoofmenu

  • 'n Woord vooraf
  • Ontstaan
  • Grondslag
    • Apostoliese Geloofsbelydenis
    • Nicéa
    • Atanasius
    • Nederlandse Geloofsbelydenis
    • Heidelbergse Kategismus
    • Dordtse leerreëls
    • Die Kerkorde
    • Psalms & Skrifberymings
  • Gemeentes
  • Preke
  • Ander
  • Kontakte
  • Klassisse
  • Sinodes
  • English
Home › Grondslag › Nederlandse Geloofsbelydenis

Artikel 4 - Die Kanonieke Boeke van die Heilige Skrif

Drukker-vriendelike weergaweDrukker-vriendelike weergaweOns vat die Heilige skrif in twee dele saam: die Ou en die Nuwe Testament. Dit is die kanonieke boeke waarteen niks ingebring kan word nie. Hulle getal in die kerk van God is soos volg: Die boeke van die Ou Testament, nl. die vyf boeke van Moses: Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium; die boeke Josua, Rigters, Rut, 1 en 2 Samuel, 1 en 2 Konings, 1 en 2 Kronieke (genoem Paralipomenon), Esra, Nehemia, Ester, Job, die Psalms van Dawid, drie boeke van Salomo: Spreuke, Prediker en Hooglied; die vier groot profete: Jesaja, Jeremia, Esegiël en Daniël; en vervolgens die twaalf klein profete: Hosea, Joël, Amos, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk, Sefanja, Haggai, Sagaria en Maleagi; die boeke van die Nuwe Testament, nl.: vier evangeliste: Matteus, Markus, Lukas en Johannes; die Handelinge van die apostels; die veertien briewe van die apostel Paulus: aan die Romeine, twee aan die Korintiërs, aan die Galasiërs, die Efesiërs, die Filippense, die Kolossense, twee aan die Tessalonisense, twee aan Timoteus, aan Titus, Filemon en die Hebreërs; die sewe briewe van die ander apostels: die brief van Jakobus, twee van Petrus, drie van Johannes en die brief van Judas en die Openbaring van die apostel Johannes.
‹ Artikel 3 - Die geskrewe Woord van GodupArtikel 5 - Die gesag van die Heilige Skrif ›
Enige navrae of kommentaar, kontak die Web Administrator