'n Woord vooraf
Ontstaan
Grondslag
Gemeentes
Preke
Ander
Kontakte
Klassisse
Sinodes
English



Kort verslag van die ad hoc sinode
van die Vrye Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika
gehou op 11 November 2006
in die kerkgebou van die VGK Kaapstad

  1. Opening

Ds E Viljoen open namens Kaapstad, die sameroepende kerk, met Skriflesing en gebed. Ons sing saam Hymn 4 “Holy, holy, holy, Lord God Almighty”.

  1. Afgevaardigdes & konstituering

Die volgende broers is teenwoordig: Vir Klassis Noord die predikante C. Kleijn, Pretoria; T.K. Mogale, Mamelodi; HH van Alten, Pretoria-Maranata; die ouderlinge P Bouwman, Pretoria-Maranata; MD Makinta, Soshanguve-Noord; J.A. Smit, Pretoria. Vir Klassis Suid die predikante J.A. Breytenbach, Kaapstad; P. Nel, Bethal; E. Viljoen, Kaapstad; die ouderlinge GA Anholts, Johannesburg; M Kruger, Bethal; JF Raimond, Kaapstad.

As predikante is ook teenwoordig: di. C.F. Nicholson en PG Boon. Hulle is as adviseurs toegelaat. Verder is teenwoordig br. HH. Schuring, Pretoria, sameroeper van die deputate Teologiese Opleiding, en enkele besoekers uit die Kaapstad gemeente.

Tot moderamen word verkies: Ds. E Viljoen as voorsitter, ds. C. Kleijn as assessor en ds HH van Alten as skriba. Die sinode oordeel dat Engels die voertaal sal wees, maar dat dit afgevaardigdes vry staan om in hul moedertaal te praat, sou hulle meer gemaklik daarin voel. Waar nodig sal vir ‘n vertolking gevra kan word. Die amptelike handelinge sal in Engels verskyn met ‘n Afrikaanse vertaling daarby.

Die sinode het spesiaal saamgekom om die voorstelle van die deputate teologiese opleiding te bespreek. Die enigste saak op die agenda is dus die teologiese opleiding. Die volgende is 'n weergawe van die belangrikste besluite van die sinode.

  1. Profiel van 'n predikant

Deputate het die profiel wat die Teologiese Universiteit van Kampen opgestel het, vertaal en aangepas by die Suid Afrikaanse omstandighede. Die profiel gaan uit van die taak wat die predikant uiteindelik moet kan doen soos dit ooreenkomstig die Skrif in art 16 van die Kerkorde en in die Formuliere vir bevestiging van predikante en sendelinge verwoord word. Die verskillende aspekte/dimensies van die persoon van die predikant is vervolgens uitgewerk en toegepas op die verskillende taakterreine van die predikant om te kom tot ’n duidelike profiel van die predikant.

Die sinode aanvaar die voorgestelde profiel as die ideale standaarde en doelwitte waarna die kerke moet strewe vir die amp van predikant. Hierdie profiel moet gebruik word wanneer opleidings institute en programme, sowel as aspirant studente en aspirant predikante, geëvalueer word.

  1. Kursus doelwitte

Gebaseer op die profiel van die predikant het die deputate aangegee watter vakke elke teologiese student in die VGKSA tenminste sou moet voltooi. Vir elke vak word duidelike doelwitte gestel en ’n gewig toegeken in die vorm van ’n persentasie van die hele teologiese opleiding. By elke vak is daar ’n koppeling met kompetensies.

Die sinode besluit om die voorgestelde vakke te aanvaar tesame met hul doelwitte as die minimum wat ’n teologiese student moet behaal binne die VGKSA, sodat hy die vereiste bekwaamhede kan besit om toegelaat te kan word tot die bediening. Die sinode aanvaar ook ’n matriks wat die deputate opgestel het om die gewig van elke vak in verhouding met die kompetensies in die predikant se profiel aan te dui. Die sinode besluit tewens om die genoemde vakke verpligtend te stel vir toegang tot die bediening binne die VGKSA.

  1. Ontleding van die huidige opleiding situasie

Deputate het ’n ontleding gegee van die teologiese opleiding van ons twee kleurling studente in Belhar en van die opleiding wat ons Sotho sprekende studente aan die Mukhanyo Theological College (MTC) ontvang. Die verlies aan dosente van die kerke en die sluiting van die TS in 2005 het die opleiding in die Kaap wel baie moeilik gemaak, maar die toewyding en insette van veral dr H Breytenbach het daarvoor gesorg dat die opleiding kon aangaan en dat die studente hooplik in die komende jaar hulle studies op ’n Bth vlak kan voltooi. Daarby is gebruik gemaak van dosente uit die kerke sowel as dosente buite ons kerkverband en die George Whitefield College. Die sinode besluit om sy dank uit te spreek vir die uitstekende werk wat dr H Breytenbach verrig het onder moeilike omstandighede, met betrekking tot die voortsetting van die opleiding aan die teologiese studente in Belhar nadat die TS gesluit is. Die sinode besluit ook om voort te gaan met die opleiding in Belhar soos beplan vir 2006/2007.

Wat die opleiding aan die MTC betref, studeer tans vier studente van die VGKSA by die MTC, naamlik br Thabo Matlaela (4de jaar), br Sam Mathlokoane (4de jaar), br Phinias Kgatle (3de jaar) en br John Mahlangu (1ste jaar). Hoewel die MTC opleiding gewaardeer word, bly dit ’n interdenominatiewe instelling. Dit maak dit noodsaaklik dat ’n MTC-Plus program vir die VGKSA studente aangebied word. Die MTC sukkel ook met ’n strukturele finansiële tekort. Die sinode besluit om die MTC te bly gebruik waar toepaslik, in oorleg met die regionale koördineerders. Daar word ook besluit om die MTC te ondersteun, sowel geldelik as met mannekrag en deur verteenwoordiging op die Beheerraad, soos die deputate teologiese opleiding, in oorleg met sendende kerke en sendingsdeputate, daartoe besluit. Dit mag egter nie ten koste gaan van die plant en opbou van die kerke nie.

  1. Opleidings Instituut

Die teologiese opleiding van studente uit die sending is tans ’n dringende aangeleentheid. Die opleiding in die Kaap moet afgerond word en die MTC-Plus program moet in die Noorde daargestel word vir enkele studente wat by MTC klaargemaak het of binnekort klaarmaak. Trouens die MTC-Plus program moet hom nie uitsluitend rig op studente wat reeds hul studies by MTC voltooi het nie. Dit behoort ook iets aan studente te bied tydens hul studies aan MTC.

Die sinode besluit daarom om die deputate die opdrag te gee om tot die volgende sinode ’n voltydse nasionale koördineerder te benoem om aan te gaan met die nodige teologiese opleiding in lyn met die proses in die rigting van ’n nuwe opleidings struktuur. Hierdie benoeming van die nasionale koördineerder sal op die basis van sekondering deur die sending of deur die betrokke kerkraad gedoen word. Daarmee word bedoel dat die nasionale koördineerder sy bestaande verbintenis met sy kerkraad behou en dat hy deur sy kerkraad uitgeleen word vir die nuwe taak. Die nasionale en regionale koördineerders sal direk aan die deputate kuratore rapporteer oor alle sake wat met hul verantwoordelikhede verband hou.

Die sinode besluit ook om deputate kuratore die opdrag te gee om stappe te doen in die rigting van die implementering van die nuwe opleidings struktuur, inklusief die opdrag van die vorige sinode om die pligte en funksies van die verskillende rolspelers uit te werk, sodat dit deur die volgende sinode finaal goedgekeur of dalk gewysig kan word. Deputate sal dit doen in konsultasie met die regionale en nasionale koördineerders en met die hulp van ’n administratiewe persoon wat hulle mag aanstel. Hierdie nuwe struktuur moet die behoeftes van studente van alle gemeentes in aanmerking neem.

Die sinode versoek die deputate om die kerke te voor te lig? oor die veranderde situasie van die teologiese opleiding en om die kerke driemaandeliks op die hoogte te hou van die ontwikkeling van die teologiese opleiding.

Aangaande die finansies besluit die sinode om van die kerke R100 per lidmaat te vra vir die teologiese opleiding wat met die jaarlikse inflasie verhoog moet word. Die deputate word ook gevra om ondersoek te doen na die moontlikheid vir die verkryging van addisionele fondse om die nuwe opleidings struktuur te finansier.

Die sinode verleen eervolle ontslag aan die deputate AL Boessenkool en G Hagg. As deputate word herbenoem br HH Schuring en die predikante J Mhlanga, P Nel en E Viljoen. Hulle word gemagtig om twee ander deputate te koöpteer, een uit elke klassis.

Namens die sinode,

C. Kleijn

Enige navrae of kommentaar, kontak die