'n Woord vooraf
Ontstaan
Grondslag
Gemeentes
Preke
Ander
Kontakte
Klassisse
Sinodes
English




Kort Verslag van die ad hoc Sinode van die
Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
gehou op 12 Maart 2005 in die
Bergtuinkerk van die VGK Pretoria-Maranata


Br. F.J. van Dijk open namens Pretoria-Maranata, die roepende kerk. Hy lees Galasiërs 6:1-18 en laat sing Psalm 1:1 en 4. Hierna hou hy 'n toespraak en verklaar die Sinode as geopen.

Afgevaardigdes & konstituering

Die volgende broeders is teenwoordig: Vir Klassis A: Di. C. Kleijn, Pretoria; R.M. Retief, Springs; E. Viljoen, Kaapstad; Oudl'e. J.A. Smit, Pretoria; J. van der Linden, Kaapstad; H. Schuring, Pretoria. Vir Klassis B: Di. M.P. Magagula, Soshanguve-N; T.K. Mogale, Mamelodi; P. Nel, Bethal; Oudl'e. C.P. du Preez, Bethal; H. Snijder, Johannesburg; F.J. van Dijk, Pretoria-Maranata. Oudl. H. Schuring, van Pretoria vervang oudl. F. Müller van Springs.

As predikante is ook genooi en teenwoordig: di. J. Bosman, J.A. Breytenbach, J. Mhlanga, C.F. Nicholson. Hulle is adviseurs toegelaat. Verder is teenwoordig br, H. de Jager, voorsitter van die kuratore van die Teologiese Skool (TS) en ds. K.J. Kapteyn, wat hulpdiens verrig in Pretoria-Maranata. Ds. vd Linden kan as gevolg van swak gesondheid nie teenwoordig wees nie.

Moderamen & voertaal

Die vergadering word gekonstitueer en tot moderamen word verkies, Ds. C. Kleijn as voorsitter, ds. P. Nel tot assessor en br. J.A. Smit tot skriba. Nadat die afgevaardigdes en adviseurs gaan staan het, as blyk van instemming met die drie Formuliere van Eenheid word besluit oor die voertaal. Die sinode oordeel dat beide Afrikaans en Engels gebesig sal word, dat dit afgevaardigdes vry staan om enige een van die twee tale te praat, soos die spreker gemaklik daarin voel. Waar nodig sal vir ‘n vertolking gevra kan word. Die amptelike handelinge sal in Afrikaans en Engels verskyn.

Voorstelle i.s. Teologiese Opleiding

Kaapstad word geleentheid gegee om te motiveer waarom hulle die sinode aangevra het en wat die gedagte is met hulle konkrete voorstelle. Hulle verduidelik dat die besluit van 2002 oor die Teologiese Skool (TS) verskillend verstaan en uitgevoer is deur verskillende betrokke partye. Kaapstad wou met die aanvra van die ad hoc sinode die onduidelikhede help opklaar, veral aan die hand van konsensus wat reeds op die bosberaad van 28 en 29 Januarie gehou was. Ook die voorlopige kuratoreverslag lyk vir Kaapstad of dit dalk ‘n ander roete opgaan. Bydraend tot die verstaan en uitvoering van die besluit van 2002 het die werklas op die dosente 'n verdere krisis geskep. Met die vertrek van twee van die vyf dosente moes die bestaande leraars veel harder werk. Kaapstad het gevolglik besluit om hulle leraar te ontrek as dosent, sou daar nie ‘n oplossing kom nie. Kaapstad spreek hulle spyt uit dat die vergadering so laat eers kon realiseer.

Na 'n besinning, of die saak van Kaapstad verder behandel moet word en of dit nie die besluite van 2002 en die opdragte aan kuratore gaan vooruitloop nie, word besluit dat die voorstelle van Kaapstad wel bespreek kan word. Tog bly die vergadering ook huiwer of hulle nie die sinode van Mei 2005 vooruitloop nie. Party voel dat daar nie ‘n besluit geneem kan word sonder die verslag van die kuratore nie en dat die beraad dinge reeds uitgeklaar het. Wat 'n sterk rol in die Kaap se pleidooi blyk te wees is die praktiese probleme wat hulle tans met die funksionering van die TS bevind.

Daar is uiteindelik drie voorstelle op tafel, naamlik: Eerstens om Kaapstad se besluite verder op die huidige ad hoc sinode uit te werk of, tweedens, om dit met wysigings op te neem en dan verder uit te werk op die ad hoc sinode of , derdens, om geen beslissing te neem op hierdie sinode nie. Die laaste is die mees ingrypende en word dus eerste gestel. Dit word aanvaar met 7 teen 5 stemme. Die voorstelle van die Kaap word dus van die tafel geneem. Die advies is dat die praktiese probleme, soos dit deur die Kaap ondervind word, in samewerking met die senaat en kuratore uitgestryk word.

Nadat die vergadering herinner is dat die gewone Sinode op 23 Mei 2005 begin en die deelnemers bedank is sluit die assessor met 'n dankgebed.

Ds. C. Kleijn, voorsitter,
Oud. J.A. Smit, skriba,
Ds. P. Nel, assessor.

Enige navrae of kommentaar, kontak die