'n Woord vooraf
Ontstaan
Grondslag
Gemeentes
Preke
Ander
Kontakte
Klassisse
Sinodes
English
\




Kort Verslag van die Sinode van die
Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika
gehou te Johannesburg
vanaf 29 April tot 3 Mei 2002


 

Opening

Die roepende kerke te Johannesburg het vir Maandag 29 April 2002 ‘n erediens belê om die verrigtinge van die sinode aan die goeie leiding van die Here op te dra. Ds. Kleyn het as konsulent van Johannesburg in hierdie erediens voorgegaan. Hy het die Woord van die Here verkondig vanuit Sagaria 4 met die boodskap dat die bou en instandhouding van die kerk van die Here alleen uit die krag van die Gees van die Here gedoen kan word. Die feit dat die sinode nie die opskrifte van die koerante gehaal het nie, is geen rede vir ons om min te verwag van die werk wat die Here in en deur ons wil doen nie.

Daarna het die voorsitter van die kerkraad van Johannesburg, br. Henk Boessenkool, die vergadering van die sinode geopen met ‘n kort toespraak. In besonder word opgemerk dat ons as kerkverband nou reeds vyftig jaar saam leef in Suid-Afrika, dat ons vir die eerste keer die sinode begin met afgevaardigdes van ses kerke en dat dit ‘n besondere geleentheid is dat twee van die sendingkerke daarna mag uitsien om waarskynlik in die nabye toekoms as selfstandige gemeentes te funksioneer. ‘n Groot deel van die sinode se opdrag is daarom ook om te gaan besin oor die manier waarop daar vorming gegee behoort te word aan die multikulturele kerkverband wat in die een geloof verder met mekaar wil leef.

Hierna is die moderamen verkies met ds C Kleyn as voorsitter, ds E Viljoen as assessor en A. Anhodts as skriba. Alle afgevaardigdes en adviseurs toon hul instemming met die gereformeerde belydenis deur op te staan. Onder die adviseurs was ook br. B. Veenendaal van ons Australiese susterkerke, die Free Reformed Churches of Australia, en ds. F. Bijzet van ons susterkerke in Nederland. Op voorstel van Pretoria-Maranatha word br. F.J. Koning en ds. J. Tempelman wat vanuit Nederland op besoek is met die oog op sendigvisitasie as adviseurs ontvang wat die sendingsake betref.

Groeteboodskappe

Dit is altyd geweldig bemoedigend wanneer ons susterkerke in die buiteland meeleef tydens ‘n sinodesitting. Vanjaar was ons bevoorreg om beide uit Nederland en uit Australië ‘n amptelike afgevaardigde te kon ontvang. Ds. Bijzet kon trouens as afgevaardigde in Nederland na die sinode in Zuidhorn hierheen kom om regstreeks die groete en bemoediging van die kerke daar aan ons oor te bring. Die goeie band wat daar die afgelope paar jaar gevestig is met die kerk in Australie, kon hierdie jaar uitgebou word deur die teenwoordigheid van br. B. Veenendaal. Hy het die sinode kom dien met adviese en ons persoonlik kom verseker van die hartlike meelewing en voorbidding vir ons van die kerke daar.

Instelling van klassisse

Van die kerkraad van Johannesburg was daar ’n voorstel om gesien die uitbreiding van die kerkverband, tog weer te oorweeg om klassisse in te stel. In die oorweging van hierdie voorstel het die besinning rondom die vorming van ‘n multikulturele kerkverband meegewerk, maar is daar in elk geval eenoarig gevoel dat meer gereelde vergaderings van die kerke die meelewing van kerke in die kerkverband met mekaar ten goede sou kom. Verder sal dit redelik eenvoudig word vir sendinggemeentes wat selfstensig word, om eers in te skakel by klassisse waar die sendende kerk reeds is. Verder kan sendinggemeentes selfs voor instituering nou reeds as waarnemers makliker op klassisse meeleef en op hiedie manier ervaring opbou en saam met die ander kerke groei. p te skort totdat ’n beter teen die invoering van gesange in die eredienste

Die klassisse is soos volg ingedeel : Klassis A bestaan uit die kerke van Kaapstad, Pretoria en Springs. Klassis B word saamgestel uit die kerke van Johannesburg, Bethal en Pretoria-Maranata. In die oorweging van die samestelling van die klassisse is uit die aard van die saak geen geografiese indeling gevolg nie. Tog is die samestelling ook nie heeltemal arbitrêr nie. Beide klassisse het een sendende kerk. Een van die jonger kerke in die kerkverband en dan is die oorblywende “ouer” gemeentes oor die twee klassisse verdeel.

In afwyking van die reëling van die Kerkorde Artikel 41, verminder die frekewensie van vergaderings van 4 na twee per jaar. Die oorwegings hiervoor was veral gebasseer op die kosteeffek wat die hoër frekwensie van vergaderings sou hê. Die afspraak is dat beide klassisse voor 1 Novenber 2002 hul eerste vergadering sal afhandel. ‘n Verdere uitwerking van hierdie besluit, is dat die sinodes nou slegs elke drie jaar saamgeroep sal word.

Huweliksbevestigings

‘n Beswaarskrif van Pretoria-Maranata teen ‘n vorige besluit om die huweliksbevestiging nie in ‘n erediens te laat plaasvind nie, is van die hand gewys. Die argument van Maranata was dat die besluit ‘n kerk sou bind bo wat die Skrif van ons vra, indien ons as kerke hierdie afspraak handhaaf. Die sinode het egter geen gronde ontvang wat kon oortuig dat die besluit van 1990 in stryd met die Skrif is nie.

Betrekkinge met Buitelandse kerke

Alle bestaande susterkerkverhoudings met kerke in die buiteland word voortgesit. Deputate het verder magtiging ontvang om na beide die Free Reformed Churches of Australia en die Gereformeerde Kerken in Nederland se volgende sinodes ‘n afgevaardigde te stuur. Die rede vir die afvaardiging na die laasgenoemde kerke se sinode wat nou reeds in sitting is in Zuidhorn, is dat daar ‘n besinnig tydens hierdie sinode sal plaasvind oor die voorstel van Nederlandse deputate om ‘n susterkerkverhouding met die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) aan te gaan.

IKGK

Daar is eenparig besluit om ons lidmaatskap van die Internasionale Konferensie van Gereformeerde Kerke voort te sit. Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid waar bande met gereformeerde kerke van regoor die wêreld onderhou kan word. Die opwindende nuus is dat ons die opdrag het om die volgende konferensie van al die kerke in 2005 te reël en aan te bied in Suid-Afrika.

Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA)

Ongelukkig vir die vordering in ons verhouding met die GKSA, was dit vir ons deputate nodig om besware te handhaaf teen die voorkoms en toleransie van skrifkritiek binne die GKSA. Deputate is in proses om hierdie besware met die deputate van die GKSA in samesprekings te bespreek. Die verslag van deputate was van so ‘n aard dat op grond daarvan besluit is om die gesprek met die GKSA voort te sit met die uitdruklike doel om ons besware teen beweerde skrifkritiek by hulle uit te klaar, die funksionering van die kerklike tug te bespreek en om die GKSA aan te moedig om ‘n meer duidelike antitetiese houding teenoor die openlike leerstellige dwalinge binne die Nederduits Gereformeerde Kerk te openbaar.

Liturgiese musiek

Beswaarskrifte wat die sing van gesange in die erediens as onskriftuurlik beskou, is deur die sinode van die hand gewys. Die sinode het verder gevoel dat die sing van gesange verstaan moet word teen die groter agtergrond van die funksionering van die lied in die Nuwe Testamentiese erediens. Nuwe deputate is aangestel om ‘n deeglike en diepgaande studie te doen oor hierdie saak waarmee die kerke gedien kan word in hul oorwegings rondom die funksionering van die liturgiese musiek en sang. Gesange moet geselekteer word en een jaar voor die volgende sinode reeds aan kerke gestuur word vir hul kommentaar.

Sending, -opleiding en kerkverband

Die besluit om klassisse te vorm het die oorwegings rondom die inskakeling van sendinggemeentes wat uiteindelik selfstandig word, sterk gestempel. Klassisse vergader gereeld en die ideale vergadering waar “nuwe” kerke wat hulle by die kerkverband voeg, ondersteun kan word. Die sinode moedig selfstandige en nie-selfstandige kerke aan om gereeld mekaar te ondersteun en in vergadering bymekaar te kom. Geen druk moet op die sendingsgemeentes uitgeoeffen word ten opsigte van ‘n werkwyse van saamvergader met die bestaande kerke nie. Op die sendigsterrein word die sendingsgemeentes begelei om op ‘n verantwoordelike manier saam met die ander kerke verantwoordelikheid vir mekaar te aanvaar in die bewaring by die evangelie van Christus. In oorleg met die sendende kerk sal die gemeentes wat selfstandigwording nader, uitgenooi word om waarnemers na die vergadering van die klassis te stuur. Hier kan uiteindelik oorleg gepleeg word oor sake waarvan die sendingsgemeentes graag bespreking en ondersteuning verwag.

Wat die opleiding van broeders uit die sendinggemeentes betref, is besluit dat hierdie opleiding ‘n saak is wat die hele kerkverband aangaan. Kerkverbandelike integrasie beteken ook dat die opleiding ‘n saak van die kerke gesamentlik is. ‘n Finale besluit oor die opleiding van die broeders uit die Sothosprekende gemeentes en uit Belhar, sal alleenlik saam met daardie gemeentes geneem moet word. Intussen neem die sinode enkele beginselbesluite ten opsigte van die opleiding en tref interrimreëlings daarvoor. Die huidige opleidingsituasie van die Sothosprekende broeders, word onder beheer van die kerke geplaas. Dit beteken dat kuratore hierin ‘n toesighoudende funksie sal moet vervul. Moontlike samewerking tussen die bestaande opleiding van die kerke en die program van Mukhanyo moet deur die kuratore ondersoek word. Tegelykertyd moet kuratore in samewerking met die Sothosprekende kerke die moontlikheid van een opleiding ondersoek.

Beroepbaarstelling

Laastens, maar verseker nie die minste belangrik nie, was die groot hoogtepunt van die beroepbaarstelling van drie broeders. Twee broeders wat hul opleiding voltooi het aan die Mukhanyo Teologiese Skool onder toesig van die betrokke sendelinge en kerkraad van Maranata is deur die sinode ondersoek en met vrymoedigheid beroepbaargestel met die oog op oorweging van beroepe uit die eventueel selfstandige sendiggemeentes. ‘n Heel unieke toneel het hom afgespeel terwyl br. Magagula sy preekvoorstel in Sotho gelewer het en dit vir die sinode in Afrikaans getolk is. Eweneens is sy eksaminering op dieselfde manier gedoen. Brs. T.K. Mogale en M.P. Magagula is na volledige kerklike ondersoek met ‘n gevoel van groot blydskap en verwagting beroepbaar gestel.

Ewe groot vreugde was daar toe br. Jopie van de Linden, die eerste student van die Teologiese Skool van die VGKSA, geeksamineer kon word en met dankbaarheid en groot vrymoedigheid beroepbaar gestel kon word. In al drie hierdie beroepbaarstellings, sien ons met dankbaarheid en verwondering die sorg en onderhouding wat die Here self gee in die voortgaan van die uitdra van die blye Evangelie.

Sluiting

’n Paar laaste sake was om die opdragte vir die deputate vas te stel, deputate te benoem en ‘n brief aan die president vas te stel. Pretoria-Maranata is verder aangewys om die sameroepende kerk te wees vir die volgende sinode, wat as die Here dit wil in die jaar 2005 gehou sal word. Die kerk van Johannesburg word bedank vir die gasvrye ontvangs en versorging terwyl ds Kleyn bedank word vir die uiters bekwame leiding waarmee hy opgetree het as voorsitter van die vergadering. In ‘n baie goeie en hartlike broederlike sfeer kon al die besluite geneem word. Van die Here verwag ons sy seën sodat hierdie besluite ook werklik sal kan dien tot die groei van sy kerk en koninkryk in Suid-Afrika. Alle eer, dank en lof kom die Here toe vir die hartlike eenheid in die geloof waarin vergader kon word.

ds E Viljoen

Enige navrae of kommentaar, kontak die