Deputate

Die 1996 Sinode het besluit dat Sendingsdeputate (SDSA) gestig moet word om beter koordinasie tussen die verskillende sendende gemeentes asook die VGKSA en internasionale ondersteuningsnetwerk te bewerkstellig. Die SDSA bestaan uit:

Koos Toebes (Voorsitter) koos.toebes@safrich.com
Harm Snijder (Boekhouer) harm@auditworks.co.za
Paul Bouwman pbouwman@freemail.absa.co.za
Gerda van Dijk (Voorligting) gerda.vandijk@up.ac.za
Ineke Hagg (Sekretaresse) ineke.hagg@mweb.co.za

Alhoewel dit enige gemeente of lid van gemeente vrystaan om enige van die sendende gemeentes te kontak, is dit die verantwoorlikheid van die SDSA om toe te sien dat die finansiele bydraes van die ondersteunende gemeentes versprei word tussen die sendende gemeentes van Bellville, Pretoria Maranata and Mamelodi.  Die ondersteuning wat tans ontvang word vanuit Nederland word gebruik om die operasionele kostes van die sendingsgemeentes te finansier.

Die Sendingsdeputate Suid-Afrika bevorder nasionale sendingsamewerking deur te verseker dat voorligting aan alle gemeentes gehou word waartydens die vreugdes en probleme wat ervaar word op die sendingsterreine geïdentifiseer word. Insae in die operasionele and strategiese planne word ook verkry terwyl gemeentes op hoogte gehou word van die finansiële sake op die sendingsterreine. 
Inligting word verder versprei deur nuusbriewe en die volgende nuusbriewe is beskikbaar: 
        • Nuusbrief Vol 1 2005
        • Nuusbrief Vol 1 Maart 2006

Die SDSA poog verder om die samewerking te verbeter deur te vra vir volgehoue voorbidding, asook enige hulp en raad aan beide die SDSA asook die sendende gemeentes direk.

Die fokuspunte van die SDSA vir die komende jaar sluit in: 
     • Uitbreiding van die finansiële draagvlak vir die sendingswerk in Suid-Afrika 
     • Reel van die visitasie saam met afgevaardiges vanuit Nederland 
     • Opstel van meerjarige begrotings vanuit die strategiese planne van die sendende kerke.

Die SDSA poog ook om die finansiele dravlak van sendingswerk uit te brei en enige belangstellendes kan die volgende ingligtingsdokument raadpleeg vir verdere inligting: 
     • Mission work in South Africa: Possibilities for collaboration 
       (let daarop dat die dokument slegs in Engels beskikbaar is)