Agtergrond
In die sendingsbevel van Christus in Matthéüs 28 het die Vrye Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika die stem van God gehoor om die evangelie in die omliggende gebiede rondom Pretoria te gaan verkondig. Die werk is aanvanklik deur die lidmate van die kerk in Pretoria begin. Dit het so gegroei dat voltydse sendingswerkers nodig was. Ook die verskil in taal en kultuur het dit nodig gemaak om sendelinge vir hierdie werk af te sonder en op te lei. Die eerste sendeling het sy werk in Mamelodi in 1964 begin. Daarna is 'n addisionele twee sendelinge beroep vir werk in Soshanguve.
Huidiglik is daar een sendeling werksaam in Akasia, naamlik Ds. Dirk-Maurits Boersma, en vyf sendelinge werksaam in Soshanguve, naamlik Ds. Jerry Mhlanga (WW), Ds. Pieter Boon (XX), Ds. Tjeert de Boer (Sentraal), Ds. Piet Magagula (F4) en Ds. George Mnisi (Uitereidings)
