Sb 25

Skrifberyming 25

1.  Genade en vrede sy oor ons
van God wat in die hemel woon,
wat is, wat was en kom, en van
die sewe Geeste voor sy troon;

2.  van Jesus Christus, ons Heer,
in sy getuig'nis altyd trou;
die Eersgeboorne uit die dood,
wat dood en doodsmag nie kon hou,

3.  wat oor die konings heers tot hul
die krone neerwerp aan sy voet -
Hy wat ons liefgehad het en
ons rein gewas het in sy bloed!

4.  Tot konings het Hy ons gemaak,
tot priesters om sy Vader te eer;
Hom sy vir ewig eer en krag,
wat nou oor alles triomfeer.