Sb 2

Skrifberyming 2

1.  Loof nou die God van Israel
wat op sy volk se roepstem merk,
wat na sy vaste bondsbestel
vir ons verlossing wil bewerk.
Hy het 'n horing opgerig:
'n sterkte in Dawids huis gestig,
tot heil van al sy knegte.
Profetestem het dit geprofeteer
van aanbegin af, altyd weer,
totdat die raad vervul was van die Heer.

2.  Die Heer hou sy verbond in stand
en maak ons van ons vyand vry,
Hy red ons van die harde hand
wat ons wil kneg in slawerny -
om aan ons vaders te gedenk
en hul barmhartigheid te skenk.
Aan sy verbond gedagtig,
kan nooit sy eed Hom immermeer berou,
maar sal Hy, aan sy woord getrou,
aan Abraham al sy beloftes hou.

3.  Hy maak na sy beloftenis,
dat ons - verlos van bande en vrees,
verlos van wie ons vyand is -
sy knegte immermeer sal wees;
om, tot 'n hoër diens bereid,
Hom reg te dien in heiligheid
in al ons lewensdae.
En jy, o kindjie, aan die Heer gewy,
die Hoogste se profeet is jy,
herout van Hom wat groot is en naby.

4.  Jy sal, o kind, vooruit moet gaan
om voor die Heer se aangesig
die weë voor sy voet te baan:
jy sal sy volk eers moet verlig
met kennis van die saligheid;
want God skeld nou die sondes kwyt
uit innerlike erbarming. 
Nou rys 'n ligglans aan die donker boog,
nou sal die Heer op hart en oog
die lewenslig laat neerstraal van omhoog.

5.  Die ligstraal sal hul ook verlig
wat nou nog woon in duisternis;
dit sal ons wank'le voetstap rig
op paaie waar dit vrede is.