Sb 15

Skrifberyming 15

1.  "Laat jul kinders tot My nader
en geen hindernis hul weer,
want die koninkryk der heemle
is hul erfdeel, " sê die HEER.

2.  "Wie nie needrig soos die kindjie
wat hier tussen julle staan,
so die Godsryk wil ontvang nie,
sal daar geensins binnegaan."

3.  En die Here het sy arrems
koest'rend om hul heen geslaan,
met sy hande op hul hoofde,
hul geseën, en weer laat gaan.

4.  "Sal die herder van die kudde
wat een enk'le skaap maar mis,
hom nie haas en in die berge
opspoor wat verlore is?

5.  "En as hy sy skaap gevind het,
is hy daaroor bly, verras,
meer as oor die hele kudde
waar geeneen verdwaald van was.

6.  "So 's die wil ook van my Vader,
onveranderd bly dit staan,
dat geeneen van die geringes
ooit meer sal verlore gaan."

7.  En die Menseseun op aarde,
soos die Vader hom gelas,
het gekom, en Hy maak salig
hulle wat verlore was.