Jesus Christus maak ons kinders en erfgename van God

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2016-05-01
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) Sondag 13 Vraag en antwoord 33
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 1 Mei 2016 AD, 17:30

Votum

Seën

Ps 145:8,10

Gebed

Skriflesing:
Lukas 15:11-32

Sb 19:1-4

Skriflesing:
Mattheüs 21:33-46

Sb 19:5-7

Teks:
Heidelbergse Kategismus Sondag 13 v/a 33

Preek

Ps 80:6-8

Gebed

Geloofsbelydenis

 Ps 80:9,10

Kollekte

Ps 145:11,12

Seën

Preek: HK Sondag 13 v/a 33

Om ‘n kind
aan te neem, is ‘n bekende verskynsel.

In ons land
is daar miljoene weeskinders wat op aanneming wag.

Aanneming is
‘n edele daad.

So ontvang
ouers, al is dit nie langs die natuurlike weg nie, ‘n kind van die Here.

En die kind
ontvang weer ouers.

‘n Kind wat
gedoem was om as weeskind, of straatkind deur die lewe te gaan, of dalk nog
erger, om te sterf omdat niemand in hom belang stel nie, so ‘n kind ontvang van
God ‘n pa en ‘n ma.

Ons is almal
aangenome kinders van God.

In hierdie
preek gaan ons kyk wat dit presies beteken.

Ons gaan kyk
na hierdie edele daad, dat God ons as sy kinders aangeneem het.

Tema: Jesus Christus maak ons kinders en
erfgename van God

  1. Hy is die eniggebore Seun van God

  2. Ons is as kinders aangeneem

  1. Hy is die eniggebore Seun van God

    Christus is die
    eniggebore Seun.

    Hy is self
    ook God.

    In Sondag 6
    is uitgebreid daaraan aandag geskenk.

    Christus is
    deur die Joodse Raad ter dood veroordeel vir hierdie rede.

    Toe hulle
    Hom gevra het: wie is U, is u die Christus, die Seun van God? het Hy
    geantwoord:

    Ek verklaar
    dat Ek dit is.

    En julle sal
    dit sien.

    Van nou af
    sal Ek sit aan die regterhand van God almagtig.

    Deur die
    hele Nuwe Testament word Goddelike eer aan Jesus bewys.

    Eer wat geen
    mens toekom nie.

    As mense vir
    Jesus as God aanbid het, het Hy hulle nie gekeer nie, soos Paulus wel gedoen
    het as mense vir hom wou kniel, nadat hy ‘n wonder verrig het.

    Jesus het
    reg op aanbidding.

    In
    teenstelling tot die apostels.

    Die Romein
    Cornelius het knielend voor Petrus neergeval.

    Petrus se
    reaksie was: staan op, ek is self ook ‘n mens.

    Maar Jesus
    is God almagtig.

    Ek noem nog
    een voorbeeld uit die Bybel waaruit blyk dat Jesus ook God almagtig is.

    In Johannes
    6 skryf Johannes dat die profeet Jesaja oor Jesus gespreek het.

    En dan
    verwys Johannes na Jesaja 6:3.

    Daar staan:
    “Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy
    heerlikheid vol!”

    Jesaja noem
    hier die naam van die HERE, Jahwe, HERE met vier hoofletters, die almagtige
    Verbondsgod.

    Die apostel
    Johannes pas hierdie teks op Jesus toe.

    Ook Jesus is
    God, ja die almagtige en betroubare Verbondsgod, die HERE.

    Die Bybel is
    dus duidelik: Jesus moet as God self aanbid word.

    In
    aansluiting hierop kom nou die volgende vraag.

    Wat beteken
    die uitdrukking dan: Seun van God?

    Jesus word
    in die Nuwe Testament verskeie kere Seun van iemand genoem.

    Met sy intog
    in Jerusalem, het almal geroep: Seun van Dawid.

    Ook staan
    daar in die Nuwe Testament: Seun van die mens.

    Wat word
    hiermee bedoel?

    Gemeente, seun van ... is ‘n taalkundige
    uitdrukking.

    ‘n Stylvorm
    eie aan Hebreeus en Aramees, die tale wat die Jode gepraat het.

    As mens in
    Hebreeus die woord seun gebruik, dan word dikwels meer bedoel as net ‘n biologiese
    konneksie.

    In Afrikaans
    sê ons soms: Adamskind.

    Daarmee
    bedoel ons nie net dat iemand biologies kind van Adam is nie, want Adam is al
    lank al oorlede, en die persoon is dus nie ‘n direkte kind van Adam nie, maar
    ‘n verre afstammeling.

    Met
    Adamskind bedoel ons: hierdie persoon is ook maar ‘n gewone mens.

    ‘n Mens met
    dieselfde streke en sondes as Adam.

    ‘n Regte
    egte Adamskind.

     

    As Jesus sê:
    Ek is die Seun van die mens, word daarmee bedoel: Ek is ook ‘n gewone mens.

    Net so
    kwetsbaar en sterflik as alle ander mense.

    En as daar
    gesê word: Jesus is die Seun van Dawid.

    Dan word
    daarmee bedoel, nie net dat hy ‘n afstammeling van Dawid is nie, maar dat Hy
    iemand net soos Dawid is.

    Dit wil sê:
    Hy is self ook Koning.

    En as daar
    gesê word: Jesus is die Seun van God, dan word daar in die eerste plek nie ‘n
    biologiese verhouding bedoel nie.

    Daarmee word
    primêr bedoel dat Hy net soos God is.

    Hy is ook
    self God.

    Nou gaan ons
    verder.

    Want die
    feit dat Jesus Seun van God genoem word, beteken nog meer.

    Dit leer ons
    ook uit die Bybel.

    As Jesus die
    Seun is, dan is God die Vader.

    Die woorde  Seun en Vader dui op ‘n gesagsverhouding.

    Die Vader
    besluit wat die  Seun moet doen.

    Die Seun
    moet die Vader gehoorsaam.

    Dit is iets
    wat ons baie duidelik in die Nuwe Testament sien.

    Jesus
    onderwerp Hom as Seun aan die wil van sy Vader.

    Laat nie my
    wil nie, maar u wil geskied, sê Hy steeds.

    Nêrens lees
    ons dat die Vader aan sy Seun gehoorsaam is nie.

    Wel lees ons
    die omgekeerde.

    Dit is dus
    die tweede wat ons moet weet, met betrekking tot die term: Seun van God.

    Hoewel
    albei, Vader en Seun, God is, hoewel albei almagtig is, is die Seun ondergeskik
    aan die Vader.

    Hy onderwerp
    Hom aan die Vader.

    Vervolgens
    staan daar nog iets in die Kategismus, en dit is die derde aspek.

    Jesus is nie
    net ‘n Seun van God nie.

    Hy is die eniggebore Seun van God.

    Die
    Kategismus noem dit baie bewus, omdat dit ook in die Bybel staan.

    In Johannes
    1 staan: “Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die
    boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.” (vers 18)

    En in 1
    Johannes 4 staan: “Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy
    eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.” (vers
    9)

    In beide
    verse vind ons die woord eniggebore.

    Wat word
    daarmee bedoel?

    Wil dit sê
    dat Jesus ooit ‘n keer gebore is?

    Ja, Jesus is
    ooit ‘n keer gebore, as seun van Maria.

    Maar dit
    word nie hier bedoel nie.

    Die vraag
    is: is Jesus ooit as God gebore?

    En uit wie
    is Jesus dan ooit as God gebore?

    In die Bybel
    lees ons nêrens dat daar iets soos godinne bestaan, wat geboorte skenk aan
    godekinders nie.

    Maar as daar
    staan: eniggebore Seun van God, wat word dan wel bedoel?

    Gemeente, as
    ons hierdie vraag wil beantwoord, moet ons goed luister na wat die Bybel
    presies sê.

    Die Bybel sê
    naamlik dat Jesus, net soos God die Vader, ewig is.

    Die feit dat
    Hy God is, dit wil per definisie ook sê dat Hy geen begin of einde het nie.

    Geen
    geboortedag of sterfdag nie.

    Jesus het
    nie eers begin bestaan toe Hy uit Maria gebore is nie.

    Deur die
    eeue was daar wel teoloë wat hierdie stelling, hierdie dwaling, probeer
    verdedig het.

    Dink aan die
    teoloog Arius uit die vroeë kerk.

    Volgens hom
    is Jesus as ‘n gewone mens gebore.

    Maar danksy
    sy voorbeeldige lewe het God Hom beloon deur van Hom ook ‘n god te maak.

    Vandag is
    daar nog steeds teoloë wat min of meer dieselfde beweer.

    Hulle
    redenasies, hulle dwalinge, kom telkens daarop neer dat Jesus nie werklik ewig
    God is en was nie.

    Maar wie die
    Bybel onbevange lees, kom op ander gedagtes.

    Nie dat ons
    dit rasioneel kan verstaan nie.

    Nie dat ons
    dit logies kan uitpluis nie.

    Nie dat ons
    dit histories kan plaas nie.

    Tog word dit
    wel so in die Bybel aan ons voorgehou.

    Jesus is God
    van ewigheid af.

    Dink net aan
    die volgende voorbeeld:

    Jesus is ‘n
    halwe jaar na Johannes die Doper gebore.

    Johannes was
    dus ‘n halwe jaar ouer as Hy, sy hele lewe lank.

    Die Here
    Jesus was die jongste van die twee.

    Tog sê
    Johannes die Doper oor Jesus:

    Na my kom ‘n
    Man, wat voor my was, want Hy was eerder as ek (Joh 1:15).

    Hoe is dit moontlik?

    Jesus self
    het later ook gesê:

    Voorwaar,
    voorwaar, Ek sê vir julle, voordat Abraham was, Is Ek. (Joh 8:58)

    En in
    Kolossense 1 staan:

    “alle dinge
    is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge” (Kol 1:16-17)

    Hoe kan dit?

    Dit kan
    omdat Jesus die Seun van God is.

    Hy bestaan
    net soos sy Vader van ewigheid tot ewigheid.

    Deur Hom, sê
    die evangelis Johannes, is die wêreld geskape.

    Ja, Jesus
    Christus was al daar by die skepping van die wêreld.

    En die tyd
    wat Hy op aarde was, het Jesus ook God gebly.

    Hoewel Hy
    dit nie uit sy dade altyd laat blyk het nie, hoewel Hy dit nie uitgebasuin het,
    dat Hy self God was nie.

    Hy het die
    mense self tot die gevolgtrekking laat kom.

    Mens sou kon
    sê: Hy het Homself op aarde gedra soos ‘n koning of ‘n president, wat incognito
    reis.

    Soms doen
    konings of presidente dit, as hulle in die buiteland is, waar nie almal hulle
    herken nie.

    Dan loop
    hulle op straat in gewone klere net soos ander mense.

    Hulle word
    nie omring deur ‘n klomp lyfwagte, altans nie opvallend nie.

    Geen erewag
    nie.

    Hulle wil
    nie opval nie.

    Jesus se
    aardse lewe kan mens enigsins hiermee vergelyk.

    Hy het
    tydens sy verblyf op aarde sy Goddelike majesteit grootliks verborge gehou.

    Selfs toe Hy
    in groot nood was en Homself met een enkele beroep op sy almag kon bevry van
    die kruis.

    Die apostel
    Paulus skryf die volgende hieroor:

    “Hy, wat in
    die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie,
    maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan
    die mense gelyk geword.” (Fil 2:6-7)

    Hy het sy
    godheid nie gebruik om sy lewe op aarde vir Homself gemakliker te maak nie.

    Hy het ‘n
    harde lewe gehad, sodat Hy kon invoel hoe die gebroke bestaan op aarde is.

    Hy het selfs
    ‘n veel harder lewe gehad as welke mens ook.

    Hy het sy
    taak op aarde trou volbring, Hy het sy taak nie ontwyk deur misbruik te maak
    van sy godheid nie.

    Sy almag om
    Homself te red het Hy verberg tydens sy lydensweg.

    Want Hy wou
    nie net Homself red nie, maar ook ons!

    Sy almag het
    Jesus eers by sy opstanding geopenbaar.

    Maar nou
    moet ons nog die vraag beantwoord:

    Hoekom heet
    Hy die eniggeborene?

    Die woord
    eniggebore laat mens onwillekeurig aan ‘n begin dink.

    Elkeen wat
    gebore word, het ‘n begin.

    Hoe was dit
    met Jesus?

    As ons dit
    wil verstaan, is dit belangrik om daarop te let hoe hierdie woord in die Bybel
    gebruik word.

    Hierdie
    woord word naamlik net in die Bybel gebruik as dit oor ons gaan.

    Ons, wat ook
    kinders van God mag wees.

    Alleen in
    hierdie verband word die woord eniggebore
    gebruik.

    Om naamlik
    die onderskeid aan te dui tussen hoe Jesus Kind van God is, en hoe ons kinders
    van God is.

    Die
    onderskeid naamlik: Jesus is die enige natuurlike Kind van God.

    Natuurlik
    wil sê: van dieselfde wese – ook goddelik.

    Jesus is
    soos die Vader ook self God.

    En dit geld
    nie vir ons nie.

    As ons
    kinders van God is, wil dit nie sê dat ons ook gode is nie.

    Ons bly
    skepsel, terwyl God Skepper is.

    Maar Jesus
    is nie skepsel nie, Hy is self ook Skepper.

    Dit is dus,
    gemeente, die betekenis, die bedoeling, van die woord eniggebore.

    Meer moet
    ons nie daaragter soek nie.

    Want as jy
    daaruit wil aflei dat Jesus self ook gebore is, en dat Hy dus nie ewig is nie,
    dan is dit nie in ooreenstemming met die Bybel nie.

    En net so
    min as jy daaruit sou wou aflei dat daar ook godinne bestaan wat godekinders
    baar.

    Die Bybel
    gebruik die woord eniggebore NET in
    hierdie konteks: om die verskil aan te dui tussen ons kindskap van God, en dit
    van Christus.

    Hierdie is
    die antwoord op die vraag wat dit beteken dat Jesus God se eniggebore Seun is.

    Nou gaan ons
    vervolgens kyk hoe dit gekom het dat ons deur God as kinders aangeneem is.

    (Tema: Jesus
    Christus maak ons kinders en erfgename van God

  1. Hy is die eniggebore Seun van God)

  2. Ons is as kinders aangeneem

    Ook hier
    moet ons goed luister na hoe die Bybel hieroor praat.

    Wat word
    presies bedoel met die uitdrukking dat ons aangenome kinders is?

    Aangeneem,
    of geadopteer, vandag definieer ons dit soos volg: ‘n kind waarvan die pa en ma
    dood of onvindbaar is, of wat wetlik afstand gedoen het van sy ouerskap, so ‘n kind
    word juridies aan ‘n nuwe egpaar verbind.

    Die kind kry
    selfs die van van sy nuwe ouers.

    Nou is die
    vraag of dieselfde bedoel word as die Kategismus sê: ons word deur God as
    kinders aangeneem.

    En dan is
    die antwoord: slegs ten dele.

    Kom ons kyk
    eers na die ooreenkomste.

    Net soos by
    aanneming geld dat die feit dat ons deur God aangeneem word, ‘n geweldig blyk
    van genade is.

    Ons het geen
    oomblik verdien om God se kinders te wees nie.

    Net soos by
    ‘n aangenome kind, het ons ineens uit die bloute verneem dat daar Iemand is wat
    in ons belangstel.

    Dit is dus
    die ooreenkoms.

    Pure suiwer
    genade.

    Maar daar is
    ook ‘n verskil.

    Adopsieouers
    is nie verantwoordelik vir die biologiese begin van die lewe van die kind wat
    hulle aanneem nie.

    Maar by God
    is dit wel die geval.

    Dit is nie
    so dat ons altyd vir God vreemdelinge was nie.

    Daarom sê
    die Bybel: ons was van God vervreemd.

    God is wel
    verantwoordelik vir die biologiese begin van ons lewe.

    Met die oog
    hierop het ons die gelykenis van die verlore seun gelees.

    Die seun het
    homself bewus van sy vader vervreem.

    Hy het bewus
    die band met sy vader verbreek.

    Hy het bewus
    sy eie koers gekies.

    En dit geld
    ook vir ons.

    Uit onsself,
    as mense, het ons die band met God verbreek.

    Ons het die
    verbond verbreek.

    Dit is pure
    genade dat God ons weer aanneem.

    Iets waar
    ons lewenslank dankbaar voor kan wees.

    En dan geld
    vir ons nie eers soos wat die geval was met die verlore seun nie, wat self op
    ‘n keer besluit het om sy vader weer op te soek.

    Vir ons geld
    dat God ons opgesoek het.

    Die
    gelykenis handel eintlik oor twee verlore seuns.

    Want die
    broer wat altyd tuis gebly het, was ook van sy vader vervreemd.

    Hoewel hy
    elke dag geniet het van sy pa se goedheid en beskerming.

    Vir hierdie
    seun het gegeld, net soos vir ons, dat die pa ook vir hom bewus gaan opsoek
    het.

    Die vader
    het na hom toe uitgegaan en het hom gesmeek, om tog in te kom en saam te kom
    feesvier.

    Besef jou
    voorregte!

    ‘n Vader
    duisend, wat ‘n geduld!

    Daarom het
    ons ook die gelykenis van die onregverdige landbouers gelees.

    Die
    Kategismus sê: ons word om Christus’ wil uit genade tot God se kinders
    aangeneem.

    Ons het nou
    al gesien wat dit beteken dat God ons uit genade aanneem.

    Suiwer
    onverklaarbare genade.

    Iets wat
    mens stil van verwondering maak.

    Ons het nie
    na die Vader teruggekeer nie, Hy het ons kom opsoek.

    Maar wat
    beteken dit dat ons om Christus’ wil aangeneem
    word?

    Hierdie
    gelykenis kan ons help om dit te begryp.

    Die
    onregverdige landbouers, hoewel hulle op die landgoed van hulle Heer gewoon en gewerk
    het, hoewel hulle elke dag geprofiteer en geniet het van sy besit,

    het hulle
    desondanks van hom vervreemd geraak.

    Uit egoïsme
    en hebsug het hulle teen Hom in opstand gekom.

    Hulle moes
    rentmeesters wees, maar het hulle gedra of hulle die Heer self was.

    Dit is
    tipies hoe ons almal, ons mense, ons hier op aarde gedra.

    Die aarde,
    God se landgoed, waarvan ons daagliks profiteer.

    Desondanks
    het die mensdom teen die wettige Eienaar in opstand gekom.

    Gawes en
    voorregte het ons begin beskou as regte.

    Ons het onsself
    willens en wetens van Hom vervreem.

    En nou blyk
    ook uit hierdie gelykenis God se ondeurgrondelike genade.

    En verder
    blyk nog meer.

    Die
    Kategismus sê: Christus sorg daarvoor dat ons weer kinders van God word.

    Dat die
    verhouding goed is, dat die verbond herstel is, dat God sy skepping weer aan
    ons as rentmeesters toevertrou.

    Dat ons
    selfs erfgename word!

    Erfgenaam,
    dit is nie net Jesus Christus, die eniggebore Seun nie.

    Dit word ons
    ook, ons aangenome kinders!

    Christus
    laat ons deel in sy erfenis.

    Die onregverdige
    landbouers, wat op ‘n slinkse en wrede wyse geprobeer het om die erfenis in te
    palm, vervreemd was van hulle Heer, na sy knegte nie meer wou luister nie, wat
    selfs vir sy eie  Seun nie ontsag gehad
    het nie, hulle – ja ons – onregvedige landbouers, kry tog genade!

    Eintlik is
    dit ironies, gemeente.

    Die
    onregverdige landbouers het geprobeer om die erfenis in te palm deur die
    wettige erfgenaam te vermoor.

    Hoe ironies
    is dit nie.

    Want juis as
    hulle Hom sou laat leef het, sou hulle kon gedeel het in die erfenis.

    Maar nou
    gaan die hele erfenis aan hulle verby.

    In hierdie
    gelykenis merk mens dat Jesus se hart bloei vir sy mede-volksgenote, mede-Jode.

    Volk van
    God, kinders van die verbond.

    Aan hulle
    het die oproep geklink, en so ook aan ons:

    Luister na Hom,
    sy eie Seun wat Hy gestuur het!

    Hy kom namens
    God!

    As jy na Hom
    luister, dan ontvang jy die erfenis.

    Maar as jy
    die Seun kruisig, as jy geen berou toon nie, dan gaan die erfenis aan jou
    verby.

    Luister na
    Hom.

    Luister na
    sy Woord.

    In sy Woord
    hoor jy die woorde van die hemelse Vader.

     

    Gemeente,
    hopelik is dit nou vir u duidelik wat die Kategismus bedoel.

    Dat ons, om
    Christus’ ontwil, as kinders van God aangeneem is.

    Ook jy en ek
    lewe op hierdie aarde.

    Ook ons
    profiteer van alles.

    Maar dit is
    slegs danksy Christus dat ons weer kinders van God mag heet.

    Ons wat van
    God vervreemd was.

    Dit is slegs
    danksy Christus dat daar ‘n erfenis op ons wag, soos Jesus gesê het in die
    Bergrede:

    die
    sagmoediges, hulle sal die aarde beërwe, hulle ontvang die erfenis (Matth 5:5).

    Hoe erg sal
    dit nie wees as met ons dieselfde gebeur as met die landbouers.

    Laat ons,
    daarenteen, die Seun van God, deur die Vader persoonlik gestuur, ontvang en na
    Hom luister.

    Soos Jesus
    sê: wie sy lewe wil behou, sal dit verloor.

    Maar wie sy
    lewe om My ontwil verloor, sal dit behou.

    Wil jy ook
    deel in die erfenis?

    Luister na
    die eniggebore Seun van God.

    Slegs deur
    Hom kan jy deel in die erfenis.

    Die
    vergewing van sondes, die herstel die verbond, die opstanding uit die dood, die
    nuwe ewige lewe, die Heilige Gees, die nuwe hemel, die nuwe aarde.

    Amen.

     

Liturgie: 

(kyk in preek)