Jesus is die hoeksteen van ons nuwe bestaan

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2016-04-17
Teks: 
Heidelbergse Kategismus (Sondag 1-52) Sondag 11
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 17 April 2016 AD, 17:30
(nagmaal)

Votum

Seën

Ps 124:1,3

Gebed

Nagmaalsformulier

Gebed

Sb 28:1-4

Aan Tafel: Skriflesing: Handelinge 3:1-10
& Handelinge 4:1-22; Ps 118:8,11,14

Lofverheffing & Dankgebed

Teks: HK Sondag 11

Preek

Amenlied: Sb 8:1,3

Gebed

Geloofsbelydenis: Nicea

Sb 5:1,2

Kollekte

Ps 75:1,2,4

Preek: Heidelbergse Kategismus Sondag 11

As mens die
naam van ‘n bekende persoon hoor, dink mens meestel dadelik aan dit waarvoor
daardie persoon bekend is.

As mens
byvoorbeeld die naam Gorbatsjov hoor, dink mens dadelik aan die voormalige
Sovjet Unie.

As mense,
waar ook al ter wêreld, die naam Mandela hoor, dink hulle dadelik aan
Suid-Afrika.

As mense die
naam Jesus hoor, dink hulle ook aan wat Hy gedoen het.

Jesus, die
Man wat aan ‘n kruis gesterf het.

En toe weer
opgestaan het.

‘n Rukkie
gelede is ondersoek gedoen na die bekendste simbole in die wêreld.

Die
bevinding was dat die bekendste simbool ter wêreld die geel M van MacDonalds
is.

Die tweede
bekendste simbool ter wêreld is die kruis van Christus.

Vanaand het
ons die geleentheid, om vanuit sy eie Woord, dieper te kyk na dit waarvoor die
Naam Jesus staan.

‘n Naam met
‘n betekenis!

‘n Naam
waarin sy lewensmissie reeds opgesluit lê.

Betlehem, Nasaret,
Kapernaüm, Galilea, Jerusalem, Getsemane, Golgotha.

Sy hele
lewenstaak het al in die Naam opgesluit gelê.

Tema: Jesus is die hoeksteen van ons nuwe
bestaan

  1. Hy trek ons uit die moeras op

  2. Hy wil dat ons slegs op Hom bou

  1. Hy trek ons uit die moeras op

    Ons Redder
    dra nie toevallig die naam Jesus nie.

    ‘n Engel uit
    die hemel het spesiaal aan sy ma en sy aardse pa verskyn.

    Hy het met
    ‘n boodskap van God gekom.

    Die seun wat
    Maria verwag het, moes hulle Jesus noem.

    Want, het
    die engel meegedeel, Hy is dit wat sy volk sal verlos van hulle sondes (Matt
    1:21).

    Verlos ook
    van jou sondes.

    Het jy ook
    verlossing nodig?

    Voel jy
    enigsins dat jy gebuk gaan onder jou sondes?

    Wie van ons was
    vandag al bedroef oor ‘n sonde?

    Wie van ons
    was vandag al baie ontstemd oor ‘n sonde, nie wat ‘n ander nie, maar wat jy
    gedoen het?

    Ek dink ek
    is nie ver van die waarheid as ek sê: nie veel van ons nie.

    Dalk ‘n paar
    van die kinders in ons midde.

    Maar dit is
    dus die werklikheid.

    Ek voel, ek
    ervaar nie altyd dat ek gebuk gaan onder sonde nie.

    Hiermee sit
    ons in die kern van die Evangelie.

    Dit is die
    bedoeling van die Evangelie om die mens aan sy diepste ellende te ontdek.

    Die mens het
    homself in ‘n dodelike moeras begeef.

    En nie net
    dit nie, meer nog, terwyl die mens wegsak in die moeras, besef hy nog nie in
    welke gevaar hy homself bevind nie.

    Hy dink dat
    hy maklik nog uit die moeras sal kan uitkom.

    Maar met sy
    eie bewegings en gespartel om uit te kom, veroorsaak hy dat hy net nog dieper
    deur die moeras ingesuig word.

    Ja die mens
    het diep geestelik geval, hy is geestelik dood.

    Maar tog
    besef hy dit nie.

    Dit is vir
    hierdie ellendige  mens wat Jesus te hulp
    snel.

    Hoe?

    Die
    Evangelie diagnoseer die mens se toestand.

    Die
    Evangelie praat die waarheid.

    Die mens is
    geestelik dood.

    Hy is
    verlore.

    Hy sak
    steeds verder weg in die moeras.

    Jy kan nie
    jouself aan jouself uittrek nie.

    Om dit toe
    te gee is die eerste stap na redding toe.

    Die
    Evangelie spoor jou aan: moenie in geestelike hoogmoed jou probleem ontken nie.

    Gee jou oor
    aan Jesus.

    Hy wil jou
    verlos.

    Hy het jou
    hand gevat.

    As Jesus ons
    uit die moeras van ons sondige ellende verlos, dan doen Hy dit grondig.

    God die
    Vader het Hom die taak gegee om elke sonde, hoe groot ook, weg te neem.

    Elke
    hindernis, sodat die verbond heeltemal herstel kan word.

    Die Skrif
    leer ons dat wie tot sy troon in die hemel nader, hoe dikwels ook, dat Hy elke
    keer luister, mits dit gebeur in die naam van Jesus.

    Dat ons in
    sy naam vergewing vra, dat Hy dit skenk.

    Elke dag
    opnuut deel die Vader Jesus se verdienste uit.

    Geliefdes,
    daar is niks so belangrik as om elke dat in Jesus se naam vergewing te vra nie.

    Moenie sou
    sondes laat ophoop nie.

    Erken jou
    foute, kniel voor sy troon.

    Die Skrif
    beloof ons voorts dat Jesus ons nie net bevry van die sonde self nie, maar ook
    van die gevolge daarvan.

    By die een
    gaan dit vinniger as by die ander.

    Maar niemand
    se situasie is so erg dat Jesus daarmee geen raad weet nie.

    En wat kan
    die gevolge van die sonde tog groot wees!

    ‘n Huwelik
    wat op die rotse geloop het.

    Die gevolge
    wat deurwerk tot diep in die kinders se lewe.

    ‘n Ouer wat
    sy kind verloor het, omdat ‘n ander te roekeloos bestuur het.

    Verskriklike
    gevolge van die sonde.

    Maar
    gemeente, ons Redder, die ewige Seun van God, het baie goed nagedink voordat Hy
    besluit het om aarde toe te kom.

    Voordat Hy
    mens geword het soos ons.

    Dink u dat
    Hy nie met alles rekening gehou het
    nie?

    Wie van ons
    kan enigsins vir ‘n oomblik deurgrond waar ons Reeds Hom orals op moes
    voorberei, toe Hy ingewillig het om mee te werk aan sy Vader se verlossingsplan?

    Het Hy nie
    geweet in watter stinkende moeras van menslike sondigheid en sieklikheid Hy Hom
    moes begewe nie?

    Tog het Hy
    dit gedoen.

    Die
    resultaat van sy werk vind ons in die Skrif.

    Gee jou aan
    Hom oor, neem die boodskap van die Evangelie met ‘n dankbare hart aan.

    Hy het
    Homself nie vir niks gegee nie.

    Hy wil ons
    regtig red.

    Red van alle
    angste, verdriet, twyfels, maar veral van die sondes en die ewige dood.

     

    Nou is dit
    ‘n feit dat Jesus se werk by die een persoon meer opspraakwekkend is as by ‘n
    ander.

    Die een
    persoon wat ongeneeslik siek is, genees Hy met een enkele woord.

    Die ander
    persoon gee Hy die krag om sy siekte lewenslang te dra.

    Ons het die
    geskiedenis van die verlamde man by die tempelpoort gelees.

    Hoe baie het
    hierdie man aan die gevolge van die sonde gely!

    Hoeveel jare
    nie al nie?

    Ons sien
    hier die bewys dat die naam Jesus ‘n betekenis het.

    Dat dit nie
    vir niks aan ons Heiland gegee is nie.

    Want Petrus
    het vir die verlamde gesê:

    In die NAAM
    van Jesus Christus, die Nasarener, staan op en loop! (Hand 3:6)

    En die man
    kon loop.

    Dit was deur
    die NAAM van Jesus wat hierdie wonder gebeur het.

    Petrus
    beklemtoon dit as hy voor die Sanhedrin getuig:

    “Laat dit
    bekend wees aan julle almal en aan die hele volk van Israel dat deur die Naam
    van Jesus Christus, die Nasarener, wat julle gekruisig het, maar wat God uit
    die dode opgewek het, dat deur Hom hierdie man gesond voor julle staan.” (Hand
    4:10)

    Ja daar is
    niks te moeilik vir ons Verlosser nie.

    Om dit te
    dink, dat iets vir Hom te moeilik sou wees, dit is op sig al ‘n vorm van
    hoogmoed.

    Gee jou oor
    aan jou Redder.

    Dit is eie
    aan ons ou mens om iets te verdring, as jy geen raad daarmee weet nie, as jy
    nie daarteen opgewasse is nie.

    Dit is eie
    aan ons ou mens om dit wat sondig is normaal te noem, omdat ons magteloos
    daarteenoor staan.

    Maar Jesus
    is altyd magtiger.

    ‘n Stukkende
    huwelik is nie normaal nie.

    Doodslag,
    diefstal, skinder, hebsug, wat ook al, is nie normaal nie.

    En Jesus het
    aarde toe gekom om iets daaraan te doen.

    Die
    belangrikste deurbraak het Hy al gemaak.

    Hy het die
    wortel van alle ellende uitgeroei.

    Naamlik ons
    opstand teen God.

    Nou kan Hy
    van jou ‘n nuwe mens maak.

    Maar moenie
    jy aan Hom voorskryf wat jou wense is vir die nuwe mens nie.

    Hy is Heer,
    Baas, oor jou lewe.

    Hy weet wat
    die beste vir jou is.

    Hy werk aan
    jou ewige geluk.

    Wat baat dit
    dat Hy jou nou miskien dadelik van jou siekte genees, maar dat jy daarna begin
    te dink dat jy Hom nie meer nodig het nie?

    Nie elkeeen
    genees Hy soos die verlamde man by die tempelpoort nie.

    Dit het Hy
    toe ook nie gedoen met alle siekes van sy tyd nie, en dit doen Hy nou ook nie.

    Elkeen van
    ons word geskaaf en gevorm deur ons Redder.

    Elkeen op
    die manier wat vir hom of haar die beste is.

    Persoonlike
    aandag kry ons almal.

    Sy leerskool
    is soms hard, maar dit maak ons gesond.

    In alle
    opsigte.

    Besef tog
    dit: jy het geen oorsig oor jou lewe nie, ook nie as jy al tagtig jaar oud is
    nie.

    Slegs God
    het dit.

    Die
    belangrikste is: erken jou ellende.

    Dat jou
    sonde, jou opstand teen God se gesag, die bron van alle ellende is.

    Moenie na ‘n
    ander wys nie, begin by jouself.

    Dit is die
    boodskap van die Skrif.

    Die
    genesende boodskap.

    Ons eie ek
    moet eers sterf voordat Jesus van ons nuwe mense maak.

    Dit is
    perioriteit nommer een.

    Luther het
    ‘n keer gesê: verdrink jou eie ek.

    En druk
    veral sy kop lank genoeg onder water.

    Want die
    skelm kan deksels goed swem.

    Broer,
    suster, daar is geen ander Naam onder die hemel gegee waardeur ons gered kan
    word nie.

    Maak jou
    hart oop vir Hom.

    Hy is jou
    enigste redding.

    Uit sy
    volheid, wat Hy verdien het, ontvang ons elke dag genade op genade.

    Ons is almal
    sondaars, egbrekers, moordenaars, bedrieërs, onderdrukkers, noem maar op.

    Ons het
    almal net een houvas, net soos die misdadiger langs Jesus aan die kruis.

    Here, dink
    aan my as U in u koninkryk kom!

    En God sy
    dank – dit is ons houvas – Hy het aan ons gedink!

    Hy het ons uit
    die moeras opgetrek.

    (Tema: Jesus
    is die hoeksteen van ons nuwe bestaan

  1. Hy trek ons uit die moeras op)

  2. Hy wil dat ons slegs op Hom bou

    In die
    gedeelte wat ons uit Handelinge gelees het, word die Here Jesus met ‘n
    hoeksteen vergelyk.

    Petrus en
    Johannes staan voor die Sanhedrin.

    Hulle
    getuig.

    En dan
    gebruik Petrus die beeld van ‘n hoeksteen.

    Hierdie
    steen, nl. Jesus, is deur julle, bouers, verag, maar desondanks het dit die hoeksteen
    geword! (Hand 4:11)

    Die
    hoeksteen.

    Hy wil dat
    ons net op Hom bou.

    Dit is ‘n
    onopgeefbare element van die Evangelie: alleen op Hom!

    Niemand
    anders.

    Ook niemand
    naas Jesus nie.

    Dit is die
    mees natuurlike saak vir ons ou mens om nie onder die indruk te wees van ‘n
    Redder soos Jesus nie.

    Net soos die
    bouers sou ons hierdie Hoeksteen oor die hoof gesien het.

    Jesus het na
    die aarde gekom sonder wêreldse pretensies.

    Jesus was
    nie aantreklik nie.

    Hy was nie
    ‘n ‘motivational speaker’ soos daar deesdae is nie.

    Hy het uit
    ‘n agtergeblewe omgewing gekom, uit Nasaret.

    Hy was nie
    ryk nie.

    Hy het geen
    politieke aspirasies gehad nie.

    Dat ‘n
    sondige mens in Hom geen belang gestel het nie, blyk al vanaf die eerste begin.

    Daarna
    verwys Petrus.

    Hierdie
    Jesus, wat die Hoeksteen geword het, is selfs deur die bouers oor die hoof
    gesien.

    Nou help dit
    om iets oor ‘n hoeksteen te weet om hierdie beeld te kan verstaan.

    In Palestina
    het die mense hulle huise gebou met klippe uit die natuur.

    Soos ons
    weet lyk elke klip anders.

    Die
    hoeksteen was altyd die grootste klip, met ‘n geskikte vorm om as fondament te
    dien.

    Bouers het
    verstand van en ervaring met klippe gehad.

    Waar jy elke
    klip die beste kon inpak of inmessel in die muur, dit het hulle geweet.

    Met hulle
    oog kon hulle, gesien hulle ervaring, die regte klip vir die regte plek
    uitsoek.

    Maar, sê
    Petrus, selfs die deskundige bouers, hy verwys na die geestelike leiers in
    Israel, selfs hulle het die hoeksteen oor die hoof gesien.

    Meer nog,
    hulle het vir Jesus verag.

    Hulle het Hom
    laat lê.

    Volgens
    hulle was Hy nie eers geskik om in die muur ‘n plek te kry nie, laat staan om
    as hoeksteen te dien.

    Hulle het
    Hom aan die kant gegooi.

    Dit is
    tekenend hoe ons as mense is.

    Dit het nie
    net vir die Sanhedrin gegeld nie, maar selfs vir Petrus.

    Ook hy het
    aanvanklik geen heil in die optrede van Jesus gesien nie.

    Petrus wis
    wel veel beter wat Jesus moes doen.

    Hy het
    Malgus se oor afgekap en ook nog sy Heiland drie maal verloën.

    Ons almal,
    gemeente, van nature, ons verag die Seun van God.

    Ons het
    elkeen sy eie beeld van die ideale Redder.

    As Jesus ons
    nie met sy Gees wakker geskud het nie, dan sou ons in ons waanbeelde net verder
    weggesink het in die moeras en uiteindelik verdrink het.

    En van
    hierdie neiging om die verlossingswerk van Jesus te verag, te minag, word ons
    as mense helaas ook nie in een keer bevry nie.

    Mens sou kon
    praat van ‘n genetiese afwyking.

    Hierdie
    afwyking steek elke keer weer sy kop op.

    Deur die
    hele geskiedenis van die mensheid, selfs van die kerk, kan mens dit nagaan.

    Dit het al
    in die Nuwe Testament begin.

    Ons lees daar
    oor ‘n groot twis wat betref Jesus se verlossingswerk in die boeke Handelinge
    en Galasiërs.

    Sommige
    mense uit Judea het gemeen dat jy, behalwe om in Jesus Christus te glo, ook nog
    besny moes word volgens die gebruik van Moses.

    Anders was
    dit nie moontlik om gered te word nie.

    Selfs Petrus
    het begin twyfel.

    In hierdie
    gebeurtenis sien mens die sondige geaardheid van die mens, selfs van bekeerde
    mense, weer boontoe kom.

    Die mens wil
    so graag iets naas Jesus stel.

    Iets
    ekstras.

    Om net,
    alleen, op Jesus te vertrou, is so moeilik!

    Hierdie
    boodskap is ook vandag aktueel.

    Vandag mog
    ons aan die nagmaal vier dat Jesus die enigste hoeksteen van ons bestaan is.

    Ons is aan
    tafel genooi, slegs as ons bereid was om op Hom alleen te bou.

    Ons vra
    onsself soms af: hoekom altyd so eksklusief?

    Liewerste is
    ons ook self bietjie aan die roer van ons lewe.

    Liewerste
    wil ons self ons lewensbootjie en die bootjie van die kerk bestuur.

    Maar Jesus
    sê: wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit terugkry.

    Maar wie sy
    lewe self in sy eie hande wil hou, sal dit juis verloor.

    Dit vra
    natuurlik van jou ‘n bewuste keuse.

    Net Hy kan
    jou uit die moeras uittrek.

    Alle ander
    mense, jyself, of ander godsdienste, of ander denksisteme, of waar ‘n mens ook
    al op vertrou, ook nie enige geld of besit, kan jou red nie.

    Dit alles
    sak uiteindelik saam met jou in die moeras in.

    Die moeras
    van sonde en verganklikheid.

    Gemeente,
    maak van Christus die hoeksteen van u bestaan.

    Wie Hom,
    Jesus, die enigste Redder, ignoreer, vir daardie persoon sal Hy ‘n steen des
    aanstoots word.

    Niemand kan
    om Hom heen nie.

    Maar as jy
    Hom eer as jou Redder, Hy alleen, dan kry jy ‘n onwankelbare hoeksteen om jou
    toekoms op te bou.

    Amen.

     

Liturgie: 

(kyk in preek)