Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2016-02-28
Teks: 
Matthéüs 10 : 29-34
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 28 Februarie 2016 AD,
10:15 (doop)

Votum

Seën

Ps 25:6,7

Wet

Ps 25:2,4

Gebed

Doopsformulier
& Gebed

Bediening
doop: Nileah van der Veen

Ps 105:5

Dankgebed

Skriflesing:
Mattheüs 20:17-21:11

Ps 22:1,5

Teks: Mattheüs
20:29-34

Preek

Ps 22:10,12

Gebed

Kollekte

Sb 8:2,4

Seën

Preek: Mattheüs 20:29-34

Miskien het
u al ooit die volgende woorde in ‘n lied gehoor: Kurie eleison. Christe
eleison.

Dit is
Griekse woorde wat afkomstig is uit vandag se teks.

In die
Grieks, die oorspronklike taal van die Nuwe Testament, staan daar in vers 30 en
31:

Of: Wees ons
barmhartig, Here.

Of: Betoon
medelye met ons, Here.

Kurie
eleison.

Dit was die
woorde wat die twee blinde bedelaars geroep het.

Tema: Wees ons barmhartig, Here, Seun van
Dawid!

  1. Jesus stop ter wille van die
    bedelaars

  2. Jesus stop ter wille van die
    skare

  1. Jesus stop ter wille van die
    bedelaars

    In ons teks
    vind ons ‘n episode uit die laaste groot reis wat Jesus gemaak het voor sy
    kruisiging.

    Reeds in
    Mattheüs 16 het Hy sy dissipels al begin voorberei op wat sou kom.

    In Mattheüs
    16:21 vind ons die eerste aankondiging van sy lyde:

    “Van toe af
    het Jesus begin om sy dissipels te toon dat Hy na Jerusalem moes gaan en veel
    van die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes moes ly, en gedood en op
    die derde dag opgewek word.”

    Hierdie
    laaste opmerking, dat hy opgewek sou word op die derde dag, het Petrus
    waarskynlik nie meer gehoor nie.

    Want hy het
    Jesus begin bestraf: “Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!”
    (vers 22)

    Maar dit was
    ‘n feit dat die omstandighede in Jerusalem gevaarlik vir Jesus begin word het.

    Dit was
    beslis gevaarlik vir Jesus om na daardie stad terug te keer.

    Die
    dissipels het verkies om in die noorde te bly, in Galilea.

    En, soos
    Petrus waarskynlik geredeneer het, ons sal eers na Jerusalem terugkeer, as ons
    ‘n magtige leër om ons heen versamel het.

    Nietemin het
    Jesus tog besluit om met die reis rigting Jerusalem te begin.

    Die reis het
    wel redelik lank gevat.

    Want orals
    is Hy opgehou.

    Orals het Hy
    genesings verrig, gepreek, wonders gedoen.

    Tog het
    Jerusalem steeds nader gekom, en die spanning het gestyg.

    Aan die
    ander kant, en dit het die dissipels in ‘n mate gerus gestel, het Jesus se
    aanhang eksplosief toegeneem.

    ‘n Steeds
    groter skare het agter Hom aangeloop.

    En wanneer
    die episode in ons teks plaasvind, is hulle eintlik al behoorlik naby
    Jerusalem.

    Ons lees dat
    Jesus met sy dissipels uit Jerigo vertrek het.

    Jerigo na
    Jerusalem, dit is ongeveer 20 km.

    Jerigo lê in
    die Jordaandal.

    Jerusalem
    hoog op die berge.

    ‘n Bergpas
    wat steil opgaan.

    Maar dit kon
    die skare nie keer nie.

    Hulle was
    vasbeslote om saam te gaan tot in Jerusalem.

    Maar dan,
    dan ontstaan daar oponthoud.

    Langs die
    pad sit daar naamlik twee bedelaars.

    Twee blindes.

    Jesus en die
    skare het by hulle verbygekom.

    Ja Jesus se
    aanhang onder die volk was groot.

    Dit sien ons
    veral in die volgende hoofstuk, met die intog in Jerusalem.

    Die mense
    wou Hom kroon as hulle koning.

    Hulle het
    Hom begelei op weg na die koningstad, waar Hy sou gaan plaasneem op die troon.

    Die skare
    het dit al voor hulle sien gebeur.

    Hulle kon
    hulle dit al duidelik voorstel.

    Hulle het
    dit al in hulle gedagtes gesien – so sou dit gebeur!

    Maar dan
    opeens die twee blinde bedelaars langs die pad.

    Hulle wat
    niks gesien het nie.

    Hulle het
    maar net daar langs die pad sit en bedel.

    Logies dat
    hulle nuuskierig geword het.

    Want nie
    elke dag het so ‘n groot skare mense verbygekom nie.

    En toe hulle
    hoor dat dit Jesus was, het hulle hulle kans gegryp.

    Want Jesus is
    mos die Man wat kan genees!

    Hulle het
    nie ‘n oomblik gewag nie, maar dadelik uitgeroep:

    Here, wees
    ons barmhartig!

    Kyrie!
    Eleison!

    Dan lees ons
    die reaksie van die skare.

    Die skare
    het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly.

    Die skare
    het gedink: Aggenee, alweer oponthoud!

    Bly stil.

    Kan julle
    nie sien Wie hier verbykom nie?

    Kan julle
    nie sien waarheen ons oppad is nie?

    Nee, dit kon
    die blinde bedelaars nie sien nie.

    Die skare
    het dit egter gesien.

    Jesus, die
    nuwe Koning, is op pad na Jerusalem.

    Daar gaan Hy
    aanspraak maak op die troon.

    Hulle het
    dit al sien gebeur.

    En daarom
    bestraf hulle die bedelaars: moenie ons ophou nie!

    Ons moet
    verder, daar wag belangrike dinge vir ons.

    Maar ja, dit
    alles kon die bedelaars dus nie sien nie.

    En hulle kon
    ook nie saam met die skare nie.

    Maar een
    ding het hulle wel geweet: nou is dit ons kans!

    Nou is die
    Heiland naby!

    En dus het
    hulle weer geroep, en nog harder:

    Here, Seun
    van Dawid, wees ons barmhartig!

    Toe het
    Jesus stilgestaan.

    Hierdie keer
    het Hy die bedelaars beslis gehoor, bo die rumoer van die skare uit.

    Ons ken die
    naam van een van hulle – dit was Bartimeüs.

    En Jesus het
    hulle nader geroep.

    Noudat Jesus
    dit gedoen het, het die skare die bedelaars nie weer durf bestraf nie.

    Dus het
    hulle na die blindes gegaan.

    Luister,
    julle het geluk gehad.

    Kom, Hy roep
    julle.

    En so het
    die twee blindes by die Here Jesus gekom.

    Op die vraag
    wat Jesus vir hulle moes doen, het hulle direk geantwoord:

    Here, dat
    ons oë geopen mag word!

    En ons lees
    dat Jesus hulle innig jammer gekry het.

    Hy het
    medelyde met hulle gehad.

    Nie vir niks
    het hulle geroep: Here, het medelye met ons nie.

    En toe het
    Jesus hulle oë aangeraak, en onmiddelik daarna kon hulle sien en – lees ons –
    het hulle Hom gevolg.

    Hulle het
    geroep: Jesus, Seun van Dawid.

    Hierdie
    uitdrukking dui daarop dat hulle Hom as Koning erken het.

    En as
    onderdane het hulle hom dadelik begin volg, na die wonder.

    Ja, ‘n skitterende
    wonder!

    Indrukwekkend,
    dat Jesus so ‘n wonder kon verrig.

    Almal was
    uitermate verbaas.

    Almal was
    bly.

    Die blindes,
    omdat hulle nou kon sien.

    En die
    skare, omdat die oponthoud verby was, en hulle verder kon gaan rigting
    Jerusalem.

    Maar
    gemeente, was werklik almal bly?

    (Tema: Wees
    ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!

  1. Jesus stop ter wille van die bedelaars)

  2. Jesus stop ter wille van die
    skare

    Daar was
    naamlik een persoon wat op daardie oomblik nie so bly was nie.

    En dit was
    die Here Jesus self.

    Dit sal nog
    duideliker word in die volgende hoofstuk.

    Want toe Hy
    onder die gejuig en Hosanna-geroep Jerusalem binnegekom het, het Hy nie vrolik
    gekyk nie.

    Toe Hy in
    die hoofstad aangekom het, het Hy ook nie iets vroliks gedoen nie.

    Inteendeel,
    ons lees dat Hy kwaad geword het.

    Dat Hy die
    mense en diere weggejaag het van die tempelplein af.

    Die skare
    was egter bly.

    Hulle het
    dit al voor hulle gesien: Jesus, hulle nuwe Koning.

    En nou is
    hulle stewig oppad na Jerusalem.

    Vanaf nou
    kan dinge net mooier word.

    Maar,
    gemeenete, Jesus het ‘n totaal ander prentjie voor Hom gesien.

    Ja, die
    skare was siende blind.

    Want daar
    sou iets heel anders gebeur!

    Nogmaals,
    skitterend dat Jesus hierdie wonder verrig het.

    Twee blindes
    is genees.

    Maar,
    gemeente, laat ons nie vashaak by die blote feit dat Jesus hierdie wonder verrig het nie.

    Maar laat
    ons ons veral ook afvra: hoekom het
    Jesus hierdie wonder verrig?

    Hoekom het Jesus hierdie wonder juis op hierdie
    oomblik verrrig?

    Soos ons
    weet uit die res van die Evangelie, het Jesus nie net wonders verrig ter wille
    van die wonders nie.

    Hy het altyd
    ‘n bedoeling daarmee gehad.

    Hy wou die
    mense altyd iets daarmee leer.

    Die wonders
    het altyd sy prediking onderstreep.

    So laat ons
    die vraag vra: hoekom het Hy juis nou hierdie wonder verrig?

    Wat wou Hy
    die skare daarmee leer?

    Soos ek
    genoem het, die skare het dit al voor hulle gesien.

    Die feit dat
    hulle nou oppad was na Jerusalem, en dat Jesus daar hulle koning sou word.

    Hulle was
    haastig.

    Die
    bedelaars het hulle lastig geval.

    Kon die
    bedelaars dan nie sien wat besig was om te gebeur nie?

    Nee, die
    bedelaars kon nie sien nie.

    Tog het
    Jesus stilgehou.

    Want wie was eintlik blind?

    Was dit net
    die bedelaars?

    Was die
    skare nie self siende blind nie?

    Dit skare
    het nie besef wat op koms was nie.

    Jesus het
    stilgehou, om twee blindes te genees.

    Die skare
    het ongeduldig hule afgevra, hoekom Hy nog meer tyd moes mors om nog mense
    gesond te maak.

    Was daar nie
    meer prioriteit dat Hy nou so gou moontlik die troon moes bestyg nie?

    Gemeente,
    die skare was siende blind.

    Hulle het
    nie mooi na hulle Heiland geluister nie.

    Hulle het na
    hulle eie verwagtings geluister.

    Al meer
    dikwels het Jesus die mense daarop gewys.

    Naamlik dat
    Hy oppad is na Jerusalem, nie om Koning te word nie, maar om te ly en te sterf.

    Maar net
    soos Petrus het die skare daardie opmerkings van die hand gewys.

    Moenie so
    pessimisties wees nie, Here!

    Alles sal
    regkom!

    Die wens was
    die vader van die gedagte.

    Die skare,
    en ook die dissipels, hulle het groot dinge verwag.

    Dink aan die
    gedeelte voorafgaande aan ons teks.

    Die ma van
    Johannes en Jakobus, twee dissipels, was ook al voorbereid.

    Sy het Jesus
    daaraan herinner.

    Onthou,
    Here, dat my seuns wel ‘n vooraanstaande plek kry in u koninkryk.

    Skare en
    dissipels, hulle was siende blind.

    En juis
    daarom, gemeente, het Jesus stilgehou.

    Hy het
    gestop ter wille van die skare.

    Nie in die
    eerste plek omdat hy opgesien het na die intog in Jerusalem, in teenstelling
    tot die skare.

    Dit ook.

    Daar het
    verskriklike dinge vir hom gewag in Jerusalem.

    En Hy het
    baie daarteen opgesien.

    As Hy dit
    sou kon uitstel, as die beker aan Hom sou kon verbygaan...

    Tog het Hy hier
    primêr stilgehou ter wille van die skare.

    Hierdie
    wonder was ‘n teken.

    Twee blindes
    wat begin sien.

    Maar sien
    die skare wel?

    Gemeente,
    sien ons wel?

    Is ons nie
    dalk ook blind nie – siende blind nie?

    Dus, nie
    toevallig het ons Here Jesus Christus hierdie wonder verrig, en juis op hierdie
    oomblik nie.

    Die
    evangelis Mattheüs sien hierdie wonder nie oor die hoof nie.

    Hoewel Jesus
    geweldig baie wonders verrig het, en baie nie beskryf is nie, hierdie wonder
    wel.

    Dit staan
    hier as ‘n oponthoud, vlak voor Jesus se intog in Jerusalem.

    Om die
    skare, en ook ons, tot besinning te bring.

    Dat ons sal
    besef: Jesus moet eers blindes se oë open.

    Voordat Hy
    verder gaan.

    Voordat Hy
    gaan doen dit wat Hy moet doen.

    En ons hoort
    ook daarby.

    Op die
    oomblik van die oponthoud het die skare nog nie saam met die blindes geroep:
    Here, wees ons barmhartig, nie.

    Die skare
    het dit nie nodig gevind nie.

    Hulle sou
    eerder geroep het, saam met die ma van Sebedeüs se seuns:

    Here, moenie
    ons vergeet nie!

    As u op die
    troon plaasneem.

    As u ministers
    gaan aanstel.

    As u mense
    nodig het vir u hofhouding.

    Here, ons
    stap saam met U.

    Here, hooplik
    sien U ons raak!

    Hooplik word
    ons hiervoor beloon!

    Gemeente, in
    die maand wat kom gaan ons weer Goeie Vrydag herdenk.

    Dit wat met
    Jesus sou gebeur in Jerusalem.

    Die
    lydensgeskiedenis.

    As ons die
    komende maand weer hierdie geskiedenis gaan lees, vra jouself af of jy ook
    blind is.

    Soek u, soek
    jy ook hulp by Dawid se Seun?

    Durf jy ook
    te roep saam met die bedelaars:

    Here, Seun
    van Dawid, wees my barmhartig!

    Here,
    ontferm U!

    Here, U is
    my Koning.

    Maar nie ‘n
    gewone aardse koning nie.

     

    Jesus het
    gestop ter wille van die skare.

    Terwille van
    u ook.

    Laat ons nie
    blind wees vir ons eie ellende nie.

    Onbewus van
    die feit dat ons siende blind is nie.

    Die Messias
    is nie die Koning van die sterkes nie.

    Hy het gekom
    om sondaars te roep.

    Vir blindes
    wat vir genade smeek.

    Hoe pynlik
    moes dit nie vir die Here Jesus gewees het nie.

    Dat sy eie
    volk volslae blind was vir die eintlike doel van sy koms.

    Sy koms na
    Jerusalem.

    Sy koms na
    die aarde.

    Blind vir
    hulle eie ellende.

    Blind vir
    hulle eie sonde.

    Blind vir
    hulle eie voorbarige gedrag.

    Blind vir
    hulle eie skuld.

    En toe dit
    ‘n paar dae daarna duidelik geword het wat eintlik in Jerusalem sou gebeur, toe
    het die skare belangstelling verloor.

    Van die
    skare wat uit Jerigo vertrek het, het net ‘n handjievol dissipels oorgebly.

    Hulle het
    nog saam met Hom nagmaal gevier.

    Maar in die
    nag daarop het hulle Hom ook verlaat.

    Hulle het
    Hom nie tot die einde toe gevolg nie.

    Gemeente, om
    Jesus te volg, dit is die enigste medisyne vir ons blindheid.

    Om Jesus te
    volg, dit sorg dat ons siende bly.

    Daardeur kan
    ons dinge skerp sien.

    Is jy bereid
    om Jesus te volg?

    Ook as dit
    moeilik word?

    As die weg
    agter Hom aan beteken dat jy aardse gemakke agter jou moet laat?

    Ook as Jesus
    beheer wil hê oor jou beursie, jou kredietkaart?

    Ook as Jesus
    deur sy Woord aan jou karakter skaaf?

    Ook as Jesus
    beheer wil hê oor jou vrugbaarheid?

    Ook as Jesus
    beheer wil hê oor jou tydsindeling?

    Bly jy dan
    volg?

    Destyds was
    die skare entoesiasties.

    Hulle wou
    nie net vir Jesus volg nie, hulle wou selfs voor Hom uit loop.

    Hulle het
    geweet waarheen, en Jesus moes eintlik vir hulle volg.

    En veral ook
    vinnig genoeg.

    Maar Jesus
    het demonstratief stilgehou.

    Hy het tyd
    geneem vir twee blinde bedelaars.

    Die skare se
    blindheid is ook vandag baie van ons se blindheid.

    Ja, ons glo
    in God.

    Ja, ons wil
    Hom dien.

    Ja, ons wil
    kerk toe gaan.

    Maar wie
    volg?

    Moet Jesus ons volg.

    Of volg ons Jesus?

    Waarheen Hy
    ook gaan.

    Nie na die
    triomf nie, nog nie, eers na Golgota.

    “As iemand
    agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.”
    (Matth 16:24)

    Hierdie
    soort volg is ons nie aangebore nie.

    Die ouers
    wat vanoggend hulle doopbelofte afgelê het, kry daarom ook ‘n belangrike taak.

    Hulle dogter
    sal nie outomaties haar Heiland begin volg nie.

    Die vra
    geloofsopvoeding.

    Elkeen van
    ons moet ons eie wil eers kruisig, voordat ons ons Heiland kan volg.

    Laat ons in
    ‘n tyd waarin soveel aandag geskenk word aan selfontplooing, jou loopbaan, jou
    regte, jou sukses, laat ons nie vergeet om in die eerste plek te volg nie.

    Ja ook jy en
    ek, en ook Nileah, moet leer om te roep:

    Here, wees
    ons barmhartig!

    Here, maak
    ons oë asseblief oop!

    Here, het
    medelye met ons!

    Ontferm u
    oor ons!

    Kyrie, eleison!

    Dikwels is
    ons bereid om te volg, vir Jesus te volg, maar ons stel wel ons b’s en v’s –
    ons bepalings en voorwaardes.

    Ja ek sal
    Jesus volg, ja ek sal kerklid wees, maar bepaalde kamers van my lewe los hulle
    uit.

    My sekslewe.

    My
    rokerslewe.

    My dranklewe.

    My rassisme.

    My geld en
    my bates.

    Gemeente, is
    daar ook bepalings en voorwaardes wat jy stel vir die volg van Jesus.

    In daardie
    geval volg jy nie vir Jesus nie.

    In daardie
    geval moet Jesus vir jou volg.

    Maar ons
    teks vandag leer ons:

    Kurie
    eleison!

    Here, wees
    ons barmhartig!

    As jy volg,
    moet jy 100% volg.

    Anders bly
    jy siende blind.

    As jy volg,
    dan sal sy nie siende blind raak nie.

    As jy volg,
    dat bly jou oë gerig op die koninkryk van die hemele.

    As jy volg,
    dan sal jy die heerlikheid sien wat ons te wagte staan.

    ‘n
    Heerlikheid wat ons mag beërf, deur lyde en verdrukking heen.

    Sukses in
    hierdie lewe is nie ons hoofdoel nie.

    Lank gelede
    het Jesaja geprofeteer: “in dié dag sal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit
    donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien.” (Jes 29:18)

    Jesus het
    hierdie profesie vervul.

    Ten aansien
    van die blindes.

    Later ook
    ten aansien van sommige uit die skare.

    En ook ten
    aansien van jou en my?

     

    O Here
    Jesus, maak ook my oë oop!

    Here Jesus,
    leer my ook om verder te kyk!

    Om goed te
    kyk.

    Om te sien
    wat u sien.

    Om my oë
    gerig te hou op u koninkryk.

     

    Amen.

     

Liturgie: 

(kyk in preek)