As God die Herder is dan is ons die skape

Predikant: 
Ds PG Boon
Gemeente: 
Maranata
Datum: 
2014-10-19
Teks: 
Psalms 23
Preek Inhoud: 

PRETORIA-MARANATA, 19 Oktober 2014 AD, 10:15 (nagmaal)

Voorsang: Psalm
127:1-4

Votum: sing
Psalm 121:1

Seën

Ps 7:1

Wet  

Ps 80:1,10

Nagmaalsformulier

Gebed (uit
formulier), met daarna sing van Onse Vader

Apostoliese
Geloofsbelydenis (sing terwyl tafel in gereedheid)

1e tafel:
lees: Psalm 23, sing: Psalm 23:1 (2e ber)

2e tafel:
lees: Johannes 10:1-21, sing: Psalm 23:2 (2e ber)

3e tafel:
lees: Lofverheffing, sing: Psalm 23:3 (2e ber)

Dankgebed

Teks: Psalm
23

Preek

Ps 28:8

Gebed

Kollekte

Ps 32:4

Seën

Preek: Psalm 23

In hierdie
psalm vergelyk die digter God met ‘n herder.

As mens oor
’n herder praat, dink mens dadelik ook aan skape.

’n Herder
kan nie sonder skape wees nie.

Dan sou dit
nie ’n herder wees nie.

In hierdie
psalm vergelyk Dawid die verhouding tussen God en hom met die verhouding van ’n
herder met sy skape.

In hierdie
verband is dit belangrik om te weet hoe die geaardheid van ’n skaap is.

Mense wat
ervaring met skape het, sal vir jou vertel hoe dom ’n skaap is.

Wat ’n perd,
’n koei of ’n bok kan doen, is vir ’n skaap onmoontlik.

Maar daar is
een ding wat ’n skaap goed kan doen.

Dit is om te
volg.

En om die
stem van die herder te herken.

Dus as Dawid
– die digter – oor ’n herder skryf, leer hy ons nie net iets oor God nie, maar
ook oor homself.

As God die
Herder is, dan is ons skape.

Skape is
diere wat bews is van hulle eie swakheid en magteloosheid.

Hulle wil
eet en drink, maar iemand moet hulle na hulle weiveld toe lei.

’n Skaap het
behoefte aan beskerming, en erken dit ook.

Mens kan dit
in sy hele gedrag sien.

’n Skaap
soek iemand om hom te lei.

Dus as God
die Herder is, dan is ons die skape.

Psalm 23
staan bekend as ’n baie mooi lieflike gedig.

Maar eintlik
is dit konfronterend.

Dit
weerspreek die persepsie wat moderne mense oor hulleself het.

Dawid bedoel
om te sê: hoewel ons mag dink dat ons onsself op baie manier kan beskerm, laat
ons bewus wees van die feit dat werklike beskerming nog steeds afwesig is.

Hoe baie
lewensversekeringe jy ook mag hê, van jou wieg tot jou graf, werklike
beskerming ontvang jy net as jy deel is van God se kudde.

As jy erken
dat jy in die verhouding tot God slegs ’n skaap is.

As jy bereid
is om te volg.

’n Ander
woord wat ons kan gebruik vir God se beskerming soos ‘n herder, is sy
voorsienigheid.

Om deel te
wees van God se kudde, beteken om oortuig te wees dat Hy deur sy
voorsieningheid in jou behoeftes sal voorsien.

Soos ons
bely: dat die almgtige en alomteenwoordige kraag van God, ook my lewe so
onderhou en regeer, dat lower en gras, reën en droogte, vrugbare enonvrugbare
jare, spys en drank, gesondheid en krankheid, rykdom en armoede en alle dinge
nie by toeval nie, maar uit sy vaderlike hand ons toekom.

Daarom kan
ons in teësoed geduldig wees, en in voorspoed dankbaar, en in alles wat nog oor
ons kan kom, ‘n vaste vertroue stel op ons getroue God en Vader, dat geens
kepsel ons van sy liefde sal skei nie, aangesien alle skepsele so in sy hand is
dat hulle teen sy wil hulle nie kan roer of beweeg nie.

Dawid
vervolg: Hy verkwik my siel.

Weer word ons
herinner aan ‘n herder en sy kudde.

In die
bergagtige woestyn van Palestina moet ‘n skaap vir kilometers loop, dikwel op
gevaarlike bergpaadjies met styl afgronde, om 
by rustige en verfrissende waters uit te kom.

Aangesien
dit totaal onmoontlik is vir ‘n skaap om alleen die pad te vind, is dit
heeltemal afhanklik van die herder vir sy oorlewing.

Die herder
ken die regte en die veiligste pad.

As die skape
uiteindelik die koel water bereik het, kan hulle hulleself laaf.

Net die
regte plek om rustig te drink.

Nie ‘n wilde
rivier, wat gevaarlik van ‘n steilte af bulder nie, maar stil rustige waters.

So ‘n
stroompie kan net die herder vind.

En die skaap
sing: Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.

Ek sal Hom
volg, selfs al gaan ek deur ‘n dal van doodskaduwee.

Sonder die
herder sal ek verdwaal voor ek dit weet, of ek sal my balans verloor en by ‘n
steilte aftuimel, of ek sal deur een of ander roofdier gevang word.

Maar ek sal
geen onheil vrees nie.

Want u stok
en staf, die vertroos my.

U stok, wat
die herder gebruik om die wilde diere op ‘n afstand te hou.

En u staf,
om my terug te trek, as ek afdwaal.

Weer dink
ons aan God se voorsienigheid.

Hoe Hy as
Verbondsgod met sy kinders omgaan.

Ons kan dit
God se pastorale sorg noem.

Pastor is die
Latynse woord vir ‘n herder.

God is ons
groot Pastor, on Herder.

Hy lei en
versorg ons, nie net op Sondag nie, maar elke dag van die week, van die wieg
tot die graf.

In vers 5
skakel Dawid oor na ‘n nuwe beeld.

U berei die
tafel vir my in die teenwoordigheid van my teenstanders.

U salf my
hoof met olie.

My beker
loop oor.

Al hierdie
dinge is gebare van gasvryheid.

As in
daardie dae in Palestina iemand ‘n belangrike gas ontvang het, wat ‘n lang reis
agter die rug het deur son ens and, sal die gasheer alles doen om hom te laat
tuis voel.

Nie net sy
moeë voete word gewas en gesalf nie, selfs sy hoof.

Sy beker
loop oor, so volg word dit geskink.

God voorsien
in ons behoeftes, veel meer as net die noodsaaklike.

Sy
voorsienigheid is steeds met ons.

Dit maak ons
dankbaar in voorspoed, en geduldig in teenspoed.

En vir die
toekoms het ons die vaste vertroue dat geen skepsel ons van sy liefde sal kan
skei nie.

Ek sal in
die huis van die HERE bly in lengte van dae.

Dit klink
amper ongelooflik, al die dae van my lewe word ek behandel as ‘n geëerde gas in
die huis van God.

Hy is ons
Gasheer.

Hy bly gul
en vrygewig.

Ou mense wat
terugkyk op hulle lewe, kan hiermee instem.

Elke Sondag
weer het die HERE jou ontvang in sy huis.

En gedurende
die week was Hy altyd aanwesig met sy leiding.

Inderdaad,
God se huis is nie net die kerk nie

Die hele
wêreld is sy huis.

Hoewel dit
tans nog ‘n verdeelde huis is.

Maar die
waarheid bly staan: God is HEER van hierdie huis, dit behoort aan Hom.

Daarom,
hoewel hierdie wêreld verdeeld is, hoewel die magte van die kwaad nog
rondsluip, hoewel ons nog die dood in die gesig staar, steeds bly God my
Skepper en Gasheer.

Nou en vir
altyd.

Amen.

Liturgie: 

(kyk in preek)